Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om...

16
Afther seven years of spiritual growth we can testify we serve a wonderful and awsome God! So....... when Christ brings His people outh of death there will be no trace of death left on them. They will be COMPLETELY delivered from its power. Familia Christi 7 2 7 JAAR VAN GETROUHEID: alle eer aan ons Koning SEVEN YEARS OF TESTIMONIES I AM, YESTERDAY, TODAY AND TOMORROW, I AM 5 NEW GENERATION: we don’t only drink coffee 11 LIVING IN SAUDI ARABIA: the Lord has been good 10 OUR OLDEST MEMBER: our proper walk with God

Transcript of Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om...

Page 1: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Afther seven years of spiritual growth we can testify we serve a wonderful and awsome God!So....... when Christ brings His people outh of death there will be no trace of death left on them. They will be COMPLETELY delivered from its power.

F a m i l i a C h r i s t i7 2 7 JAAR VAN GETROUHEID: alle eer

aan ons Koning

SEVEN YEARS OF TESTIMONIESI AM, YESTERDAY, TODAY AND TOMORROW, I AM

5 NEW GENERATION: we don’t only drink coffee

11 LIVING IN SAUDI ARABIA: the Lord has been good

10 OUR OLDEST MEMBER: our proper walk with God

Page 2: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

7 JAAR VAN GETROUHEID

Alle eer aan ons Koning vir Sy liefde vir ons en vir Sy grootheid. Ons sou Hom graag in Sy grootheid en volmaaktheid wou beskryf, en die beste manier is om die Skrif daarvoor te gebruik.

Paulus gebruik 7 titels vir Jesus wanneer hy die Hebreërs-brief skryf nl: “Heir of all things’” (Hebrews 1:2), “Captain of our salvation” (2:10), “Apostle” (3:1), “Author of salvation” (5:9), “Forerunner” (6:20), “High Priest” (10:21) and the “Author and finisher of our faith” (12:2).

Deur Vader se genade het ons meer as 22 jaar ondervinding in bediening, maar die afgelope 7 jaar saam met ons ge-loofsfamilie in Queenstown en omgewing tot so wyd as Hofmeyr, Dordrecht, Tweespruit, Fort Beaufort en so ver as Parys in Frankryk was lewensveranderend. Ons kan nie anders as om opgewonde te wees en met verwagting uit te sien na wat Vader vir ons beplan in die toekoms nie.

Vandag is werklik ‘n geleentheid om fees te vier met lof tot eer van God. Daar is soveel getuienisse. Ons het beleef hoe 1 Kor 1:30 waar geword het, deurdat “God made Jesus Christ our Righteousness (putting us in the right standing with our Father), our Consecration (making us pure and holy), and our Deliverance (providing our ransom from eternal penalty for sin and from the bondage of satan)”.

Ons is nie bekommerd oor die toekoms of wat onbekend mag wees nie. In ons “onbekende” toekoms is ons bekende Vader, ons Getroue Herder en Padaanwyser, ons Beskermer, ons Rock of Salvation en ons Strong Right Arm of the Lord which is raised in victory!

Niemand kyk immers na die pad wat voorlê sonder om terug te kyk na die pad wat reeds geloop is nie. Ons kyk nie terug om aan die verlede vas te hou nie, maar ons kyk terug om onsself te herinner aan hoe Jesus ons vrygemaak het van die binding van godsdiens, hoe Vader die vloeke wat oor ons gespreek was tot niet gemaak het, en hoe Heilige Gees ons be-magtig het om te doen waarvoor ons geroep is.

Die afgelope sewe jaar het ons gesien hoe die liggaam groei in volwassenheid en die regte begrip van kerkwees. Die dae van dinge “vir God doen omdat dit is wat die kerk doen”, is finaal verby. Ons doen wat ons doen omdat ons gedryf word deur ons liefde vir ons Koning en vir mense. Ons kan nie meer ons lewens leef in kompartemente nie, maar is vrygemaak om te verstaan dat ons in ‘n intieme vriendskap behoort te wees met Jesus.

7 Jaar herinner ons aan die volmaakte getal ‘7’. Dit staan vir die volmaaktheid van God en Sy volmaakte skepping. Dit herin-ner ons aan wie ons is in Jesus! Dit herinner ons aan Sy volmaakte liefde vir ons. Ons kan niks doen wat Hom vir ons meer of minder lief sal maak nie, NEE, Hy het ons in Sy goddelikheid totaal en volmaak lief!

Ons getuig dat niks wat die afgelope sewe jaar gebeur het uit menslike krag was nie. Alle eer aan ons Koning uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge bestaan. Hy het die grond voorberei en gereed gekry, en Hy sal in stand hou en tot volmaaktheid bring want Hy het dit ook begin!

Ons kan met groot opgewondenheid getuig dat ons met groot verwagting leef oor wat Jesus nog gaan doen in die toe-koms. Ons het ervaar dat ons die reënboog moes gebruik as teken op ons embleem vir hierdie naweek. Daar is tog ‘n ryk boodskap in die reënboog.

• Die reënboog herinner aan God wat Sy getrouheid aan ons beloof het. • Dit het sewe kleure en herinner aan die volmaaktheid van God. • Die kleure het elkeen ‘n bepaalde boodskap en herinner ons daardeur aan die beskerming en voorsiening van Vader. • Die ramshoring is vir ons simbolies van die aankondiging van ons Koning wat ons sal kom haal. • Dit herinner ons ook aan die beloofde land waar ons kon loop en Jesus ons op spesiale manierenkom ontmoet het en mense se lewens radikaal kom aanraak het met Sy goddelike afsprake wat Hy in plek gestel het. • Dit motiveer ons ook om te bly by ons groot verantwoordelikheid om ander mense lief te hê en te dissipel - of hulle gelowig is of nie! • Dankie vir elkeen van julle wat tot nou toe hierdie pad in gehoorsaamheid saam met Vader geloop het.

Ons wil julle aanmoedig om te volhard op hierdie opwindende pad saam met ons. Ons het mekaar nodig en wanneer ons in eenheid vir Vader en ander mense dien, sal ons die koninkryk laat deurbreek. Ons wil jou ook op die hart druk om by Jesus te hoor waar jy vir Hom meer effektief bruikbaar kan wees met jou gawes en passie!

Velle en Lizette

Lewe met verwagting

2

Page 3: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

The number SEVEN expresses COMPLETENESS through union of earth and heaven.

C O N T E N T S2

4

5

5

6

7

8

9

9

10

10

11

11

12-14

7 Jaar van getrouheid

Soveel getroue genesing vir ons vroue

Woord vir Familia Christi - 2016

Be part of the New Generation

Hoekom Huiskerk?

Getuienis

Vas & Gebed

Bevryding & Healing Room

Eagle’s Wing Ministries

Worship unto Him!!

Testimony of our oldest member

Living in Saudi Arabia

Getuienis

Israel Journeys

SEVEN also symbolizes SPIRITUAL PERFECTION. All life revolves around this number.SE

VEN

IS

U

SED

73

5 tim

es

in

the

Bibl

e,

and

is

used

54

tim

es

in

the

Book

of

R

evel

atio

n.

SEVE

NFO

LD

is

men

tione

d 6

times

an

d SE

VEN

TH

IS

FOU

ND

11

9 tim

es. The

whole

Word

of G

od is

founded upon

the num

ber SEVEN

It stands

for the

SEVENTH

day

of the

Creation

week,

and speaks

of the

Millennial

Rest

Day.

Page 4: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Na ons bediening, “Familia Christi” begin, praat die Here een aand in die badkamer met my. Hy sê vir my: “Dinkie ek gee vir die Vroue ‘n NUWE naam.” Ek vra opgewonde: “Here wat is die naam?” Hy sê toe vir my: “Van nou af word jul ‘Die Dogters van Sion’ genoem.”Vader gee vir my die skrif Je-saja 62 as bevestiging.

Oor die volgende 7 jaar word ons deur wonderlike Dogters van God besoek. Deur hul leiding, getu-ienisse en leringe kon ons soveel ko-sbaarhede en wysheid van God leer. Kom stap nou saam met my en die ‘Dogters van Sion’ ons paad-jie van 7 goue jare vol van die won-derwerkende krag en seëninge.

31 Julie 2010 te Roydon, hou die vroue ‘n middag met Hannetjie Ma-lan. Ons tema is “Tea with the King”.Hannetjie lei ons met haar praatjie oor die Tabernakel die Allerheilig-ste in. Mariette Pittou sing vir ons “Jerusalem” en ons raak almal stil en ‘n Heilige Salwing omvou ons!

Einde Januarie 2011 hou ons piekniek in Positano se tuin. Marinda en Louis sing vir ons en Marlize Bek-ker bring die Woord. Die vroue verdeel in groepies onder die lowerryke bome, elk met hul eie piekniekmandjie. Die vroue wil nie huistoe gaan! Dit is mos “Heaven on earth” hier by Positano!16 April 2011 hou ons “A day of Mira-cles” en Jean Bradfield kom deel haar getuienis oor haar boek. ‘n Markiest-ent word voor Positano se tuin opges-laan! Die Saterdagoggend is koud, die tent is stampvol en die Heilige Gees kom trek ‘n warm kombers oor ons. Op 2-3 Nov 2011 hou ons ‘n Ester-kon-ferensie met die vroue van Morele-tapark. Die naweek heel Vader baie vroue se harte, seer en teleurstellings. Hy praat met ons, en Sy Gees sny diep om geestelike, emosionele en liggaam-like genesing te bring. God kom vernu-we en herstel. Ons Proklameer – en die duiwel sidder! God alleen kry al die Eer! Soekie Krog kom twee keer kuier. Sy kom deel oor die twee koninkryke van lig

en donker, en sy leer ons van die sleu-tels van die Koninkryk. Met haar tweede besoek, kom bemoedig sy ons profeties. Leigh Price van “Water of Life Ministries” kom bemoedig ons met God se waarhede en sy ver-tel ons staaltjies van haar lewe. Soms lag ons, soms huil ons. Daar-na bedien sy die vroue profeties.

Christiana van Zyl besoek ons ook twee keer. Sy het ‘n profetiese be-diening, maar is ‘n kragtige stryder en

“Intercessor” in God se Koningkryk. Sy het ‘n hart vir Israel en sy mense, en besoek Israel dikwels. As ek Christi-ana sien, is dit nederig op haar knieë in aanbidding. Sy leer ons van Die Tab-ernakel. Met haar tweede besoek leer sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel!Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n profeet en doen ook “Inner healing”. Sy vertel ons van haar lewe en hoe om in oor-winning te staan oor elke situasie in jou lewe. Sy leer ons om te vergewe! Joelene Botha besoek ons hi-erdie jaar Februarie 2016. Sy vertel ons van die gevare van Satanisme, sowel as die alledaagse dinge soos die internet, tydskrifte, spe-letjies en ‘n klomp dinge wat ons kan

DOGTERS VAN SION / DAUGHTERS OF ZION

SOVEEL GETROUE GENESING VIR ONS VROUE!

weglei van God se waarheid af. Ons leer oor sintuie, sowel as dade wat ons doen, waar ons die duiwel ‘n oop deur gee en toelaat om ons te mis-lei en ons afvallig van God te maak.

Jacques, ‘n vorige satanis wat tot bekering gekom het, deel sy getuienis en visie oor die Hemel met ons. Ons het geleer dat jy nie ‘n sa-tanis hoef te wees om God te verloën nie. Om ongehoorsaam te wees lei jou op die verkeerde pad… volg God en wees gehoorsaam en jy sal die Ewige Lewe hê! 20 Augustus 2016 het 3 vroue in ons gemeente hul ge-tuienisse, wat in boekvorm uitgebring is, met ons kom deel. Die oggend begin reeds met n salwing en seën van God! Sy teenwoordigheid is tas-baar. Hulde en eer word aan God gebring en die vroue is aangeraak deur elkeen se getuienis. Weereens huil die vroue oor God se aanraking!

Marlize Bekker deel haar ge-tuienis: sy het namens Marinda haar boek geskryf. Marinda Griebenouw vertel ons van God se genesende krag wat haar telkemale van kanker genees het. Jean Bradfield het vier boeke van getuienisse geskryf en met ons gedeel. Sy deel oor verskillende won-derwerke en hoe God met ons praat

en Hom aan ons toon deur verskillen-de dinge en gebeurtenisse. Lea Roodt deel ook haar getuienis en wat Vader haar geleer het, om Hom te vertrou te alle tye! Hul gebeure en lewensverhale getuig van vroue wat baie lief is vir die Here, Hom vertrou te alle tye en nederig met God wandel! Hul lewens is waarlik vir ons ‘n getuienis van ‘n Lewende God wat ons dien! Ons Tema is “Geseënd is hulle wat genooi is na die Bruilofsfees van die Lam”. Geskenke van tafelmat-jies of potstaanders is vir elke vrou, met Openbaring 19:9 uitgedeel: om ons te herinner elke keer as ons dit gebruik, dat ons ’n lewende verhouding met God het en dat ons geseënde kinders van God met ‘n erfenis van die Ewige Lewe het, ons is die Bruid van die Lam! Halleluja en alle Eer aan God ons Kon-ing! Maranata, kom Here Jesus Kom!

deur Dinkie Landman

“Isaiah 62: 11 : “The Lord has made Procla-mation to the ends of the earth ‘Say to the daugh-ters of Zion’, See your Saviour comes! See His reward is with Him, and His recompense ac-companies Him. They will be called The Holy People, the Redeemed of the Lord!” Amen!”

4

Page 5: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

The youth of Familia Christi come together on a Sunday evening at Velle’s house. We don’t only drink coffee and socialize, we also discuss matters that the youth of today might face or struggle with. Over the years our group has grown to include high school stu-dents from different schools and church congregations. Our current youth leaders are Renier De Bod, Cor-nelie Jacobson and Bella Voges, along with Velle Potgieter. Our aim is to build relationships with the young

Be part of the NEW GENERATION!Mighty Youth Familia Christi

adults. We want to create an environment for them to feel comfortable in to talk about everyday issues as well as to explore the word of God and lay firm founda-tions in their lives, so that when they leave school they will be equipped to handle varsity life and life after school. We have a lot more exciting plans for the youth group, which includes a camp in 2017 and more exciting discussion topics. We are looking forward to see how Abba will use each high school student and pour His blessings out on them!

“But you are a chosen generation, a royal priesthood, a holy nation, His own special people, that you may proclaim the praises of Him who called you out of darkness into His marvellous light!”

1 Peter 2:9

WOORD VIR FAMILIA CHRISTI - 2016

Terwyl ek een oggend sit en Bybelstudie doen, het die volgende verse ewe skielik vir my uitgestaan en Abba het dit in my gees laat val dat dit vir ons kerk bedoel is:

So ek loof die Here en sien met opgewondenheid uit na ‘n nuwe seisoen waar mense sal aankom om vry en nuut en heel te word! Waar hulle sal kom soek na die Here en sy teenwoordigheid kragtig sal ervaar. Miracles and signs and wonders will follow those who believe! Be blessed Familia Christi! Be blessed!

Isaiah 35:5-7“5 Then will the eyes of the blind be opened and the ears of the deaf unstopped.6 Then will the lame leap like a deer, and the mute tongue shout for joy.Water will gush forth in the wilderness and streams in the desert.7 The burning sand will become a pool, the thirsty ground bubbling springs.In the haunts where jackals once lay, grass and reeds and papyrus will grow.”

5

by Cornelie Jacobson

deur Retha Malan

Page 6: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Die vraag op baie lippe is of huiskerke enigsins ‘n betekenisvol-le rol in die moderne gemeentelewe speel. In die Ou Testamentiese kerke en in vervolgde kerke was dit die enigste model, bloot as gevolg van die situasie waarin hulle was. Eers moet ons dalk vra wat ver-staan ons met die term “huiskerk” soos dit tans in ons gemeente geimpliteer word. Onder die term huiskerke word algemeen verstaan dat dit “volledig kerk” is, en dat alle aktiwiteite wat in die kerngemeente plaasvind, onafhanklik in die huiskerk voortleef en geimplimen-

teer word. Alle geleenthede, uitreike, belewenisse in die huiskerk vind onaf-hanklik plaas onder die versorging van die huiskerkleier, alhoewel dit steeds die breë beleid en verstaan van die ge-meente onderskryf en navolg. Daar is egter ‘n groot mate van vryheid en be-weegruimte om volledig kerk te wees en ten volle die bediening te ervaar. In so ‘n geval mag dit wees dat ‘n lidmaat die huiskerk as sy enigste, volledige en ware kerk ervaar. Lidmate wat wyer en persoonlike bediening wou ervaar, gaan dit binne die huiskerke opsoek. In huiskerke sal die volgende kenmerke van kerkwees volledig ervaar kan word: Kononia (onderlinge gemeenskap), lering, aanbidding, diens en getuienis. Die sukses van huiskerke sal afhang daarvan of dit werklik voldoen aan die behoeftes van modern gelow-iges in die komplekse wêreld waarin ons bly. In Familia Christi het ons dit

waarna lidmate sou smag in huisk-erke, gaan ondersoek, ten einde te verseker dat huiskerke suksesvol is. Die verwagtinge van ge-meentelede tov huiskerke sou kortliks die volgende behels: Eerstens soek lidmate na ‘n lewende organisme waar kerkwees in sy vol-heid beleef kan word. Dit moet ‘n plek wees waar ‘n omgee familie in meka-ar se persoonlike, emosionele, fisiese en geestelike behoeftes kan voors-ien. Daarby sou pastorale versorging kon aansluit.Die huiskerk moet die aanbiddingsomgewing skep waar lid-

mate in die teenwoordigheid van God sou kon kom, te kon wag op die Here, Sy wil te hoor en gelei te word deur die Heilige Gees. Ander aspekte van aanbidding soos lofprysing, gebeds-geleenthede, Woordontdekking en bediening van die Sakramente sou noodwendig ook deel hiervan uitmaak. Die huiskerk moet die omge-wing skep waarin die lidmaat sy Skep-per sou ontmoet, geestelik kan groei en verskeie bedieninge soos genesing, vergifnis, belydenis, dissipelskap en getuinenislewering ten volle kan be-leef. Geleentheid om al die bedieninge na buite uit te leef, sou die kroon span op die gemeentelid se kerkbelewenis. Hoe gaan dit met die huiskerke in Familia Christi? Tans funksioneer daar 9 huiskerke in die gemeente, waar dit voorheen tot dertien was. Same-komste vind op verskeie dae van die week plaas, afhangend van die spesi-

fieke behoeftes. Voorsiening word ge-maak vir lidmate met klein kindertjies, ander huiskerke sou dalk fokus op vrouegroepe, terwyl daar twee huisk-erke is wat spesifiek fokus op jonges, getroude paartjies en loslopers. Dit is veral die jongklomp wat die toon aan-gee en die samekomste word aktief by-gewoon. Tans is tussen 40 – 50 % van die gemeente by huiskerke betrokke. Huiskerkleiers kom maandeliks byeen vir bespreking, opleiding en koinonia. Dit bly egter ‘n feit dat huisk-erke nie vanself gebeur nie en harde werk, toewyding van die huiskerklei-

ers en lede benodig word om daarvan ‘n sukses te maak. Die besige wêreld waarin ons funksioneer bly een van die grootste vyande van huiskerke. Om lid van ’n huiskerk te wees verg “commitment “ van jou en jou gesin. Weeklikse bywoon van byeenkomste, gereelde en aktiewe deelname aan ak-tiwiteite na buite, sal verseker dat kerk-wees vir jou ‘n lewende ervaring bly. Die uitdaging aan die gemeente bly staan. Word deel van hierdie won-derlike belewenis van kerkwees en voeg daardeur waarde toe tot jou menswees!!

“HOME CHURCH - JOIN US – BEING PART OF A HOME CHURCH, MAKES YOU FAMILY”

HOEKOM HUISKERKE?deur Daan Jonker

6

Page 7: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Op die 13 Februarie 2014 het ek en ‘n vriendin, Suzette Lee, van Queenstown af gery terug Fort Beaufort toe in hulle Izuzu bakkie. By die Nico Malan pas het dit begin bewolk raak en het dit baie hard begin reën. Naby Seymore het Suzette vir my gesê: “Tannie Retha, ek dink dit gaan begin hael.” Ek sê toe vir haar dat sy nie bekommerd moet wees nie, want ek glo die Here gaan met ons wees en ek gaan teen dit bid, en ek het saggies in tale begin bid, min wetende wat voorlê. In die dippie net voor Seymore se uitdraai het daar ‘n geweldige stroom water oor die pad geloop. Net toe ons deur die water is het die bakkie oor die pad begin gly en sy het heeltemal beheer verloor oor die voertuig. ‘n Groot vragmotor met ‘n sleepwa (vol stene gelaai hoor ons na die tyd) het van voor af aangery gekom. Ek het besef dat die bakkie heel moontlik die vragmotor gaan tref en het in my benoudheid aangehou bid en Jesus se naam hardop aan-geroep. Die bakkie het weer geswaai en het ons met Sy genade nie kop aan kop met die vragmotor gebots nie, maar die voorkant van ons voertuig het onder die sleepwa se wiele beland. Die lugsak het uitgeskiet en die plastiek voor-kant moes my teen die kop getref het want ek het eers weer bygekom toe die bakkie tot stilstand gekom het. Suzette het gevra of ek reg is en het gesê ons moet uitspring want dalk kan die bakkie aan die brand slaan.

Die kajuit lê alleen aan die eenkant van die pad – so asof Vader sy engele gestuur het om ons te kom optel en veilig neer te sit.

Die onderstel met die bak aan is ver oorkant die pad geslinger.

GETUIENISdeur Retha Malan

Sy het eerste uitgeklim en vir my gesê dat dit nie nodig was om uit te klim nie want die voertuig is in drie stuk-ke. Daar was nie ‘n enjin of onderstel of bak meer aan die kajuit vas nie. Dit was soos ‘n kokon waarin die Here ons toegevou het en aan die kant van die pad kom neersit het. Nie ek of Suzette het enige ernstige beserings opgedoen nie. Ek het net ‘n erge knop bokant my regter oog gehad, en was bietjie naar. Suzette het haar knieë gestamp en die lugsak van die stuurwiel se plastiek deel het haar op die borsbeen getref. Die veiligheidsgordel het haar ook bietjie beseer. Niks is egter gebreek en daar was geen bloeding nie. Die barmhartige Samaritane wat by ons gestop het was ongelooflik. William het toegelaat dat ons vir Danie en Gerhard op sy selfoon bel om ons te kom haal en Hannes du Plessis van die Baai het ons bygestaan, gespook om die polisie in die hande te kry en by ons gebly totdat ons mans ons kon kom haal. Die een man het gesê dat hierdie ‘n wonderwerk was want hy was nog nooit by so ‘n ernstige ongelukstoneel waar die mense niks oorgekom het nie, want hulle was of dood of baie ernstig beseer. So dit was genade onbeskryflik GROOT en ek eer ons hemelse Pappa dat Hy ons beskerm en bewaar het. Ek besef net weereens dat ons nie weet wanneer ons tyd daar is nie, so kom ons gryp ons Here aan met alles wat in ons is!

Die enjin van die bakkie het 15-20m ver van ons af tot stilstand gekom.

Die wrak in Swannie se erf, kajuit weer op die wiele geplaas……en ons veilige kokon waarin die Here ons toegemaak het!

7

Page 8: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Om gelyktydig te vas en te bid is meer intensief as om net te bid. Dalk bid jy al jare lank vir ’n sekere saak met geen sigbare antwoord of oplossing nie. Deurbrake kom dik-wels wanneer ons vas én bid. Vas en gebed lei altyd tot groter persoonlike heiligmaking en dit is juis gebed vanuit ’n rein hart waarvan God die meeste hou. As jy vas en bid wys dit ook vir God hoe ernstig jy oor die saak is. Sommige situasies vra dikwels van voorbidders om te vas en te bid. Die geskiedenis is vol bewyse dat vas en gebed in die verloop van landsgebeure, maar ook in ander sake, positiewe gevolge gehad het. Vir baie Christene is dit vandag vreemd om te vas en te bid. Maar dit is nie vreemd in die Ou of Nuwe Testament nie. Dit was ook nie iets vreemds in die vroeë Christelike kerk nie en ook nie in die tyd van die Hervorming en die eeue daarna nie. Moses, Elia, Esegiël en Daniël het gevas en gebid. Jesus het vir 40 dae lank gevas en Paulus het dikwels gevas. Die vroeë Christene het twee keer per week gevas.

VAS EN GEBED“ Help me to walk this journey of set-apart in holiness while living in this world. Teach me how to walk with You, give me a first love heart, take away my pride and restore our relationship to what You desire to be”

Vas En Gebed

Hoe vas 'n mens?

Hoe om te vas

Gewone vas: Om vir ’n ruk lank geen vaste kos in te neem nie en net water te drink.Algehele vas: Om vir ’n ruk lank geen water of enige kos in te neem nie. Gedeeltelike vas: Om vir ’n ruk lank sekere voedselsoorte uit te skakel (byvoorbeeld lekkernye) en/of minder te eet en te drink. Met ’n gedeeltelike vas kan iemand byvoorbeeld besluit om net brood te eet en water te drink.

Indien jy nog nooit gevas het nie, kan jy die eerste keer 24-36 uur lank vas. Hou reeds die vorige dag op om vloeistowwe te drink wat kafeïen bevat. Die onttrekking van kafeïen veroorsaak gewoonlik hoofpyn. Mense wat gewoond is daaraan om baie suiker te gebruik, vind vas gewoonlik baie moeilik. Hou egter vol met jou vas en wanneer jou vastydperk verby is, kan jy probeer om minder suiker te gebruik. Moenie vir langer as drie dae sonder vloeistof vas nie. Probeer soveel moontlik tyd maak vir gebed. ’n Mens hoef nie op te hou met al jou ander aktiwiteite nie. Jy kan vas al werk jy heeldag. Jy kan selfs met ligte vorme van oefening voortgaan. Jy kan dan etenstye neem vir gebed en in die geheel soveel moontlik tyd vir gemeenskap met God opsysit. Die normale artikels wat jy nodig het tydens vas en gebed is ’n Bybel, ’n pen, ’n notaboek en miskien ’n geestelike boek waarmee jy besig is. Maak aanteke-ninge van dit wat die Here op jou hart lê en skryf nuwe gedagtes neer. Moenie ander slaafs navolg nie. Vas is ’n saak tussen jou en die Here.

8

deur Renier de Bod

Page 9: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Bevryding / Deliverance Wat is bevryding? Genesing van ons emosies. What is deliverance? Deliverance is emotional healing.This healing takes place in all parts of our body, soul and mind. Die bevryding bediening is die uitvoering van die opdrag van Jesus.Matt 10:1, Matt 10:8, Mark 3:15, Mark 16:17 en Luk 9:1+2The deliverance ministry has been very active in several towns over these last 2 years.By the grace of God and the authority given by Christ, many people have experienced the freedom given by the Trinity. Die Naam van Jesus Christus is kragtig.Ons as mens moet vashou aan wat Petrus ons meedeel in 1Petrus 2:24“Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtig-heid lewe, deur wie se wonde julle genees is.”

BEVRYDING & HEALING ROOM“MY BRIDE IS NOT PERFECTED BY HOLINESS, SHE IS NOT PERFECTED BY PURITY, BUT SHE IS PERFECTED IN MY LOVE AND IN MY GRACE, REST IN MY PEACE AND BE WHO I CREATED YOU TO BE “ BE HEALED AND DELIVERED – I LOVE YOU MY BRIDE! I AM WAITING ON YOU!”

Healing Room Die ‘Healing room’ het sy ontstaan gehad omdat daar n behoefte is aan genesing. Dit is nie net liggaamlike genesing nie, maar ook emosioneel en geestelike genesing. Daar is deurbrake, wonderwerke en genesings be-leef, byvoorbeeld: Ledemate wat gegroei het, finansies wat reggekom het, pyn wat weg is van beserings en siekte en nog vele meer. God is die Geneesheer en ons as span die in-trumente in Sy hande. In Matt 10:8 staan: “Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig melaatses en dryf dui-wels uit.” In Jesus Christus se Naam. God gee die mens die outoriteit. Een keer per maand is dit ‘Healing room’ by 8 Link Road, Blue Rise.Dit is interkerklik en enigeen is welkom. Niks is te klein of te groot vir God nie.Dit is konfidensieel. Alle Eer aan God ons Vader!

deur Sonja Roodt

A few of our members had the privilege of attending a seminar held in East Londen 9-11 September :“Healing begins with sanctification of the heart”, held by dr MK Strydom herself. This was a life-changing experience!To learn and know that our Father created our body to be in total health if we are in a righteous relationship with Him.We ARE wonderfully and fearfully made by our Creator!As we were prompted by God that Sunday evening, Lizette, Marinda, Hester, Ronel and myself, we decided to join in doing the 9 month course.We wanted to be part of having the knowledge to enable people battling with sickness to be helped and healed. This is the Fathers’ heart for His children.Back in Queenstown there were more members excited to join in, Elissa, Heinrich and Babsie.Please pray with us to be strong and to be encouraged to continue on this journey of knowledge and growth in our relationship with our Father.

EAGLE’S WING MINISTRIES“HEALING BEGINS WITH SANCTIFICATION OF THE HEART” GOD HAS AL-READY DIVINELY PROVIDED FOR US TO STAY IN PERFECT HEALTH!!

by Marina Mills

9

Page 10: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

‘Open Heavens’ is a praise and worship evening which is held at the beginning of every 2nd month, where we as a church can enter into the presence of God and allow the Holy Spirit to come and minister to us. These worship evenings are open to anyone and everyone, including other churches and denominations.

The vision in my heart for Open Heavens goes beyond just a song, it’s a place where individuals can come and ex-press themselves to God, through song and dance or how-ever you choose to express yourself to the King of Kings; it’s a place where you can just be you in front of God and let Him minister His love and power through the Holy Spirit.

God expects us to worship Him as an expression of rever-ence and thanksgiving to Him. But God also expects us to be obedient to Him. He wants not only for us to love Him; He wants us to act justly toward each other and to show love and compassion to others. In this way, we present ourselves to Him as a living sacrifice, holy and pleasing to Him. This glorifies God and is our “reasonable service” (Romans 12:1). When we worship with an obedient heart and an open and repentant spirit, God is glorified, Chris-tians are purified, the church is edified, and the lost are

WORSHIP UNTO HIM!!OPEN HEAVENS

evangelized. These are all the elements of true worship.Jesus says in John 4:23-24, "But the hour is com-ing, and now is, when true worshippers will worship the Father in spirit and in truth, for the Father is seek-ing such to worship Him. God is a spirit and they that worship Him must worship Him in spirit and in truth."As a team we desire to be a generation of extravagant wor-shipers, ushering in the glory of God with one heart, one voice and one song and we desire to see our community unified as we worship the Lord together. Our primary goal is to glorify God, whether it is through our instruments or even when writing our own songs, we desire to see God move in our midst and we desire to see the lost come to Jesus. We welcome you to Open Heavens and we encourage you to come and worship with us. Bring your flags and come and dance before the Lord if you wish to do so; bring your canvas if you wish to paint during these services- this is a time for you to worship Him and glorify Him the way He deserves to be glorified! Yours in worship forever,

By The Open Heavens Team

TESTIMONY OF OUR OLDEST MEMBER I grew up in a Christian home, got married and raised my four children in what I thought was a Christian home. The Anglican Church minister and the Methodist Church minister in Queenstown (the church that we belonged to), started studying together and speaking to us about the Holy Spirit. We had never heard about being “born again” or about the Holy Spirit of God. Our minister started an evening fellowship, where he was teaching about the Holy Spirit and also about speaking in tongues. We became interested and attended these meet-ings.My husband was a very down-to-earth man and he was not easily influenced. He would say, “Don’t rush in whereangels fear to tread!” I started to buy books on the Holy Spirit and even-tually we bought every Holy Spirit book that we could find! We were taught about being “born again” and committing our lives to the Lord. After much studying and praying we de-cided that we would like to be “born again”, so we asked our minister to come to our farm and pray with us. On the 22nd October 1968 we both committed our lives to the Lord. After more studying we wanted to be bap-tised in the Holy Spirit. On Monday 18th May 1970, praying with our minister, I was baptised in the Holy Spirit and I spoke in tongues. My husband wanted this too, so he was baptised on Thursday 21st May 1970.

This is where our proper walk with God began. After my husband passed away I continued this walk and the Holy Spirit strengthened me and helped me through many sad and hard days. Praying in tongues helped me so much. I walk with the Holy Spirit and He advises me, warns me, provides for me, protects me and guides me through each day. He is constantly with me, that ‘still small voice’ that I love. I joined “Familia Christi” church three years ago and how I love it! I call it my “Love Church”, because I have never experienced such kindness and friendship and love as I feel here. The concern for one another is so encouraging. Our worship with our music teams is wonderful and of course I am so proud of my son who is part of the music ministry! Our minister is an excellent teacher, with an amazing and capable wife and, I try, never to miss a Sunday service. Unfortunately I am no longer able to take part in all the activities that are offered. I did that at my previous church while I still could and I’m glad I did. My 90th birthday was so amazing – the kindness and love that was shown me by my church family, I will always treasure.

by Peggy Dawn Bowes - 90

10

Page 11: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

We moved to Saudi Arabia in May 2012. We are situated in Jed-dah, the Western province of the Kingdom, next to the Red Sea. When we came here we heard a lot of sto-ries about the killing of Christians.

Saudi Arabia is a Muslim country governed by a strict interpre-tation of Sharia law. This governs vir-tually all facets of life, with customs and traditions in Saudi based on the tenets mentioned in the Quran. This means that freedom of religion and worship in Saudi Arabia is severely limited, with Islam being the only reli-gion allowed to be practiced in public.

We struggled to adapt to the fact that we could not openly talk about and live out our faith, and we had to cre-ate our own way of worshiping within the compound where we stay. Not long af-ter we started worshiping at our home, we started meeting more South Afri-cans in the compound, who were in the

LIVING IN SAUDI ARABIAOur family members

same boat as us. Quickly we formed a bond and started to fellowship together.

Later we were invited by one of my British colleagues to join them at the British consulate for a Friday morning service. It felt strange to go to church on a Friday as we have al-ways been used to going to church on a Sunday morning. But it felt good to have fellowship with all the new Christians friends that we had met.

Things have become easier in Saudi as the time has gone by, despite facing a lot of new challenges. Work-ing with different nationalities is a huge challenge as all of them speak differ-ent languages and have their own re-ligions. But every morning, before I go to work, we pray that the Lord will guide and protect us during the day. And till today the Lord has done exactly that.

There are many women work-ing in Saudi Arabia as teachers and

nurses. If you are here on a family visa you are not permitted to work at all. Ladies have to wear their Abaya if they leave the compound; they are not allowed to drive within the Kingdom of Saudi Arabia, but all the neighboring GCC counties allow woman to drive with their South African driver’s licenses.

The Lord has been good to us and we have managed to make many new friends and also touch people’s hearts by the way that we live and speak about our Lord. It doesn’t matter were life takes you…if you have the Lord by your side, you can conquer the world!

Dit is vir my ‘n besondere voorreg om in kort my getuien-is op skrif te stel en ek vertrou Abba Vader dat dit tot Sy eer sal strek en dat iemand daarby sal baat. Ek het grootgeword in een van die Tradisionele Kerke, Sondag-skool en Kerk bygewoon, maar nooit as kind ‘n oorgawe aan Jesus gemaak nie. Ek was egter voortdurend be-wus dat die Heer met my besig was. Toe ek as jong dogter begin werk het, het ek na die AEB dienste gegaan en daar my hart aan Jesus gegee. Daar was egter steeds ‘n leemte binne in my. Een aand het ek die Woord gelees en kry die Skrif in Handelinge 22 vers 16: “En nou waarom versuim jy, laat jou doop en jou sondes afwas nadat jy die Naam van die Here aangeroep het.” Ek het nog nooit tevore ‘n Pink-sterdiens bygewoon nie en was eintlik baie verbaas. Ons Vader is so getrou. Op 19 Oktober 1953 het ek die voor-

GETUIENISreg gehad om ‘n huisdiens (Pinkster) by te woon en kennis te maak met die doop en Heilige Gees vervulling. Ek kon ook Jesus gehoorsaam deur Hom te volg deur die doopwater en daar-na die wonderlike ondervinding van die doping met Sy soet Heilige Gees. Die Here het wonders in my lewe gedoen deur die jare heen, maar ‘n uitstaande gebeurtenis was geduren-de Junie 2013. Ek was in Pretoria by my dogter en het net skielik siek geword en was onbewus van my omstandighede. Ek is per ambulans na die Akademiese hospitaal. My mond was skeef getrek en blykbaar is ‘n bloedklont deur my brein. Vir ‘ n paar dae was ek in ‘n an-der wêreld. Baie gebede het na die Ge-nade Troon opgegaan en Abba Vader het geantwoord. Gedurende daardie dae het ek ‘n ondervinding gehad wat my altyd sal by bly. Terwyl ek gestaan het, het ek gevoel iemand hou my styf vas en sê vir my “moenie bang wees

nie, Ek is by jou, jy behoort aan my.” Ek weet dit was die stem van Jesus. Ek eer Hom vir my gespaarde lewe en die geleen-thed wat Hy my bied om ‘n getuie vir Hom te wees en met siele te deel. Hy is ‘n wonderbare Heiland vir my. Wanneer ek Hom teleeurstel en ongehoorsaam is, kan ek na Sy Woord gaan en daar bemoediging kry. Hy het my nog nooit gefaal nie en bly altyd getrou.

deur Babsie Smith

11

by Lizelle Mostert

Page 12: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

SPORE IN JERUSALEM

Ek stap in die strate van JerusalemEn ek voel U leef hier binne myEk sien jou loop oppad na die klaagmuurJou oë soek na die waarheid hier rondom jouEn ek wonder hoe kan dit wees dat jy nie gloDie mure rondom jou roep dit uit.Weet jy dan nie Hy is is die Koning van die koningsOns is Sy volkHy heers vir ewig

Ek staan by die bad van BatesdaJy’t hier gewag vir die watertekenEk sien U volk in Israel steeds wagVir ‘n teken van die Messias wat sou komMaar weet jy nie Hy het reeds gekom om ons te redSy lewende Water vloei deur ons.Hy roer in ons harte met Sy liefdeEn Hy maak ons vry.

In die tuin van Getsemane wys U myDit is hier waar U die Deur vir ons oopmaakIn die stilte sien ek U staanIn die Deur van Hoop na U Koningkryk.Op U knieë het U gepleit en huilVader laat U wil geskiedMet ‘n judassoen is U verraaiMaar steeds bring u

ISRAEL JOURNEYSA JOURNEY APPOINTED BY GOD!

As ek terugkyk op die afgelope 7 jaar… sien ek soveel wonderwerke, soveel beloftes wat die Here gestand gedoen het. Soveel seëninge wat Hy oor ons as geloofs-familie uitgestort het. Dit vul my met ‘n vreugde en vrede wat te groot is om te beskryf. Daar was baie trane van blydskap en trane van toetse op ons pad. Ek kan getuig: God is getrou! Hy het elke keer bevestig: I WILL NEVER FAIL YOU AND NEVER ABANDON YOU. Soveel jare het ek gebid vir die redding van my ges-in en God het geantwoord. My man en kinders is almal ge-doop in die Jordaanrivier in Israel. My hart roep uit ‘DANKIE KONING JESUS!’ Ek en my gesin, ons sal die Here dien! Ek dank die Here dat Hy ons waarlik vry gemaak het en dat ons Hom in Gees en Waarheid kan dien. Hy het vir ons die Profetiese woord gegee dat Hy iets nuut gaan doen en dat Hy ons gaan vul met nuwe wyn. Maar hierdie ou wynsakke moes eers nuut en heel gemaak word…..

Tydens ons besoek aan die Tuin van Getsemane in Israel het ek een van my kosbaarste oomblike beleef toe die Here vir my ‘n visie wys dat Jesus in die deur staan wat reeds oopgemaak is. Dit is die deur van Hoop na Sy Kon-ingkryk. Ek was so opgewonde en het ‘n lied “SPORE IN JERUSALEM” geskryf wat die Here vir my gegee het. Nooit het ek geweet dat met ons volgende besoek aan Israel ek hierdie lied sou sing tydens die “Gospel Gig” in die Tuin-graf. Ek kon daardie aand in die tuingraf getuig dat God my volkome genees het van bloedkanker. Die dokter wat my toe 10 jaar gelede gediagnoseer het en gesê het, ek het ‘n maand om te leef, het in die gehoor gesit en kon dit alles bevestig. Dit was ‘n groot oorwinning en die vlae het gewapper in oorwinning! In my donkerste uur het God my geroep, gehoor en my genees. Hy het my op ‘n rots gep-laas en baie sal daarvan hoor…..

Genesing in die tuin van GetsemaneEk stap die VIA DOLOROSADis hier waar my Koning geloop hetDie Houtkruis roep tree vir tree die boodskap uitDis vir jou my kind , Ek betaal jou prys

Golgota se gebeure kan niemand uitwisEn die lee graf is getuieWant ons Koning leefEn Hy heers steeds in IsraelNou kan jy weetHy is die Lam van God

Baie spore in Jerusalem sal altyd weesMense opsoek na UJesusalem is nou in ons harteU vrede heers in ons leweNou kan jy loopWaar ons Koning geloop hetDIS HIER BINNE JOU

SHALOM SHALOM JERUSALEMMY KONING LEEF IN JOU

MY ‘JOURNEY’ MET GOD DIE AFGELOPE 7 JAAR

deur Marinda Griebenouw

12

Page 13: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

The country that blew me away and exceeded all my expec-tations. What an amazing tour we went on!! There is no de-nying that God is real once you have been to the Holy Land! All the evidence is there and it is absolutely breath taking. The Bible comes alive right in front of your eyes! We serve an awesome God! Our group that we toured with was wonderful and our tour guide, Yehuda, was amazing! His testimony really touched my heart. My eyes were opened to the persecution that Christians and Messianic Jews still face in this modern day and age.

On 30 September 2012, I was privileged and blessed to be at the opening of 'The Feast of the Tabernacle’ at Ein Gedi. This was on the banks of the Dead Sea in the Wilderness Desert. They had dancers and singers from all over the world. Our very own Uncle Angus was the main speaker for the opening celebration. It was a beautiful evening, warm and not a breath of wind.

Uncle Angus started to read from Acts and it was about the Holy Spirit visiting the disciples in the upper room. He had just finished reading when a wind from nowhere started to blow! It was a wind I cannot explain, the wind’s direction would change constantly. The overhead screens were ripped to shreds, dust was everywhere and it started to rain. It had not rained in this spot for years!

The intensity of the wind grew as Uncle Angus started welcoming the Holy Spirit and saying "Come Holy Spirit", and the structure he was standing on started to shake. The Spirit of the Lord was Tangible! His presence was so strong! It was mind blowing to understand what we were experienc-ing! Wind like a hurricane in a sheltered valley and rain in the desert? God was there and He was showing His pres-ence to us all!! We serve an awesome God!!

God is so good! Prior to leaving for this trip, we were in Johannesburg waiting to check our luggage in, when my Dad met Uncle Angus and he told my Dad that he would see him at Ein Gedi. I was awestruck when after the service had finished: Uncle Angus walked up to my Dad and greeted him by name! There were over four and a half thousand people there! That just showed me how good our God is!

This tour to Israel was life changing for me and more than I ever dreamed of! I think that everyone should experience this Holy Land at least once in their life time. I can’t wait to go back again! Many thanks to Velle and LIzette Potgieter for making this tour possible for us and all the hard work they put in! I appreciate you both so much! May God bless you both abundantly as you have blessed us all!

With much love.

ISRAEL JOURNEY

by Sheree Edwards

Esmarie en ek het die voorreg gehad om in 2011 Israel te besoek. Ons het nie gedink dat nadat ons in 2010 in Suid Amerika was dat ons sommer die volgende jaar weer oorsee sou kon gaan nie. Die Here het voorsien en ons kon bekostig om te gaan. Israel is 'n land van kontras: aan die een kant groen wingerde, katoenlande, granate en dadelpalms en dan WOESTYN aan die ander kant. Aan die een kant so 'n opgewonde gevoel van afwagting van wonderlike dinge wat nog hier gaan gebeur en aan die ander kant 'n hartseer van vreeslike dinge wat alreeds hier gebeur het.

Wanneer jy die ou Testament lees, veral Konings, dan ruk dit aan jou dat daar soveel goed (wonderwerke en seëninge) hier gebeur het en dan dat daar ook soveel ver-skriklike onheil in hierdie klein land al plaasgevind het. Van wonderwerke en ballingskap. Dat die langste tydperk van vrede net tagtig jaar was en verder is daar vir al die ander tydperke een of ander konflik.

ISRAEL JOURNEY

deur Esle Steyn

Dan die voorreg om te loop waar Jesus geloop het, waar Hy gemartel was en dan by die plek waar hulle dink die kruisiging plaasgevind het. Die LEë graf. Al hierdie ervarings is iets wat 'n mens eintlik nie kan beskryf nie. Dit vul 'n mens met baie emosies. Om te ervaar hoe op die see van Galilea 'n storm kan opsteek binne minute soos in die boeke van die apostels geskrywe staan en die volgende oomblik jy sopnat reën in daardie storm.

Van die stilte en wonderlike fotos wat 'n mens in die woestyn kan neem. Masada - hoe kan 'n mens verstaan wat hierdie klompie Joodse rebelle moes deurgaan; die besluit op selfmoord te pleeg moes verskriklik gewees het.

Ek is baie dankbaar dat ek die toer kon meemaak. Wanneer 'n mens nou jou Bybel lees is daar 'n prentjie wat 'n mens kan bysit by die Woord. Die kersie op die koek was om in die Rooi See te kon swem.

13

Page 14: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Dit is vir my en Aleta ‘n groot voorreg om die afgelope 7 jaar deel te kon wees van Familia Christi en ons sien met verwagting uit na nog baie geseënde jare. Ons kan ons Hemelse Vader nie genoeg dankie sê nie dat Hy ons weë so bepaal het, dat ons kan deel wees van ‘n geloofs-gemeenskap waar ons Hom kan loof en aanbid. Asook deur middel van die Bybelstudie vir vroue en die Manne Gebeds-groep wat vir ons ‘n groot 'blessing' is.

Ons gebed vir Familia Christi, asook Velle en Lizette is Psalm 1:3: "Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak."

En dan die Israeltoere saam met Velle en Lizette! Wat ‘n belewenis was dit nie vir ons, ons kinders en kleinkinders nie, en vir altyd sal dit vir ons groot betekenis hê. Vroeër jare kon ons nie verstaanhoekom mense elke jaar Israel toe wil gaan nie - nou ver-staan ons - want elke toer is ‘n nuwe geestelike ervaring en jy wil net meer en meer in Jesus se voetspore stap! Ek sluit n dankie-sê briefie van ‘n kleindogter in, wat sy namens haarself en die ander kleinkinders geskryf het, en ons eer Abba Vader dat ons op so ‘n manier kan belê in ons kleinkinders se lewens.

Liewe Oupa en Ouma! Ek tik hierdie brief met baie groot dankbaarheid in my hart. Ek wil dankie sê vir alles wat julle vir my doen, maar my grootste dankie gaan omdat ek die voorreg gehad het om saam met julle Israel toe kon gaan het. Dit was vir my’ n absolute wonderlike ervaring. Dankie dat julle, julle kennis met my gedeel het. Dankie dat julle sulke wonderlike groot-ouers is wat ons as kleinkinders van Christenskap leer en dankie dat julle ons op die regte pad hou.

Ek dink nie ek besef elke dag wat se groot voorregte ek het nie, maar een ding is verseker: ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid om Israel toe te kon gaan. Dit het dit net soveel meer spesiaal gemaak om dit saam met julle te kon beleef - iets wat ek vir altyd in my hart sal bewaar. Ek dink nie ek het al genoeg dankie gese daarvoor nie - baie dankie vir alles!! (2012) Groete

ISRAEL JOURNEYdeur Nico en Aleta Corbett

14

Page 15: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

ONBESKAAMD

Live

VIR BESPREKINGS:

[email protected]

+27 (83) 344 3226 (Elanie)

WWW.ONBESKAAMD.CO.ZA

PLEK: FAMILIA CHRISTI QUEENSTOWN

DATUM: 22 OKTOBER 2016

TYD: 18H00

KOSTE: R50.00 - ADULTS

R30.00 - SKOLIERE

KONTAK: HEINRICH +27 (82) 560 4536

THEUNS +27 (82) 373 1391

15

Page 16: Familia 7 · sy ons van gebed en om ons Bybelse Name op te neem. Sy leer ons “Re-pent” en om ernstig met God te wandel! Jenny-May Hudson besoek ook ons kerk in 2015. Sy is ‘n

Seënbede / Priestly Blessing

Mag die Here julle seën en julle beskermMag die Here Sy aangesig oor julle laat skyn

En julle genadig wees.Mag die Here Sy aangesig na julle ophef en julle vrede gee.

The Lord bless you and keep youThe Lord makes His face to shine upon you

And be gracious to youThe Lord lift up his countenance upon you

And give you peace.

Yevhārēkh-khā Adhōnāy veyishmerēkhāYāʾēr Adhōnāy pānāw ēlekhā viḥunnékkā

Yissā Adhōnāy pānāw ēlekhā viyāsēm lekhā shālōm.

e-mail: [email protected]

Office: +27 (45) 838 5709

f: familiachristichurch | w: www.familiachristi.com

Simply Abiyah Design | +27 (82) 739 7907 | [email protected]