MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to...

38
171 Gerhard B. van Huyssteen 1 INLEIDING Is ’n hondehok ’n hok vir honde? 1 Of is dit ’n hok vir ’n hond? Indien laasgenoemde, hoekom sê ons dan hondehok? Of as dit eersgenoemde is, is ’n eendekamp dan ’n kamp vir ’n eend? Of eerder iets waar eende aangehou word? En as ons praat van hondebloed, moet ons dan praat van eendbloed, of tog wel van eendebloed? Naas hondehok (en hondeoor, hondesiekte en hondeweer) ken ons in Afrikaans ook nog hondsgetrou, hondsdolheid en hondstong, sowel as hondlelik, hondmak en hondhaai. Dit lyk dus asof hond as eerste deel in ’n woord soms ’n -e- agteraan kry (hondehok), soms ’n -s- (hondsgetrou) en soms nie een van die twee nie (hondlelik). Sodra jy dink dat jy dalk sistematiek sien, dan vind jy naas hondetand ook hondstand (beide beteken “tand van ’n hond”) en naas hondstrou ook hondgetrou (beide met die betekenis “getrouheid soos die van ’n hond”). Die vraag is of daar enige sistematiek in die voorkoms van hierdie sogenaamde tussenklanke is. Hierdie vraag, en vele ander soortgelykes, is die soort vrae wat op die terrein van die morfologie lê. In leketerme kan ons sê morfologie is die beskrywing en bestu- dering van die struktuur en sistematiek van komplekse woorde soos honde (hond-e), hondmak (hond+mak) en hondetand (hond-e+tand). Waar die fonologie geïnteres- seerd is in die feit dat die “d” in hond uitgespreek word as [t], en waar die sintaksis die voorkoms van hond in frases en sinne bestudeer (soos byvoorbeeld dat hond ’n nomen of selfstandige naamwoord is in die hond blaf), en waar die leksikologie geïnteresseerd is in simplekse woorde (soos hond) of vaste uitdrukkings en idiome (soos hond se 1 Inleiding 2 Beknopte historiese oorsig en invloedryke morfoloë 3 Die terrein van die morfologie 4 Morfologiese komponentstrukture 4.1 Morfeem en woord 4.2 Onafhanklike eenhede 4.3 Afhanklike eenhede 4.4 Affiksoïede 5 Morfologiese komposisiestrukture 5.1 Kombinasieprosesse 5.2 Reduksieprosesse 5.3 Omskakelingsprosesse 5.4 Versmeltingsprosesse 6 Vooruitskouing MORFOLOGIE 6

Transcript of MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to...

Page 1: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

171

Gerhard B. van Huyssteen

1 INLEIDING

Is ’n hondehok ’n hok vir honde?1 Of is dit ’n hok vir ’n hond? Indien laasgenoemde, hoekom sê ons dan hondehok? Of as dit eersgenoemde is, is ’n eendekamp dan ’n kamp vir ’n eend? Of eerder iets waar eende aangehou word? En as ons praat van hondebloed, moet ons dan praat van eendbloed, of tog wel van eendebloed?

Naas hondehok (en hondeoor, hondesiekte en hondeweer) ken ons in Afrikaans ook nog hondsgetrou, hondsdolheid en hondstong, sowel as hondlelik, hondmak en hondhaai. Dit lyk dus asof hond as eerste deel in ’n woord soms ’n -e- agteraan kry (hondehok), soms ’n -s- (hondsgetrou) en soms nie een van die twee nie (hondlelik). Sodra jy dink dat jy dalk sistematiek sien, dan vind jy naas hondetand ook hondstand (beide beteken “tand van ’n hond”) en naas hondstrou ook hondgetrou (beide met die betekenis “getrouheid soos die van ’n hond”). Die vraag is of daar enige sistematiek in die voorkoms van hierdie sogenaamde tussenklanke is.

Hierdie vraag, en vele ander soortgelykes, is die soort vrae wat op die terrein van die morfologie lê. In leketerme kan ons sê morfologie is die beskrywing en bestu-dering van die struktuur en sistematiek van komplekse woorde soos honde (hond-e), hondmak (hond+mak) en hondetand (hond-e+tand). Waar die fonologie geïnteres- seerd is in die feit dat die “d” in hond uitgespreek word as [t], en waar die sintaksis die voorkoms van hond in frases en sinne bestudeer (soos byvoorbeeld dat hond ’n nomen of selfstandige naamwoord is in die hond blaf), en waar die leksikologie geïnteresseerd is in simplekse woorde (soos hond) of vaste uitdrukkings en idiome (soos hond se

1 Inleiding

2 Beknopte historiese oorsig en invloedryke morfoloë

3 Die terrein van die morfologie

4 Morfologiese komponentstrukture 4.1 Morfeem en woord 4.2 Onafhanklike eenhede 4.3 Afhanklike eenhede

4.4 Affiksoïede

5 Morfologiese komposisiestrukture 5.1 Kombinasieprosesse 5.2 Reduksieprosesse 5.3 Omskakelingsprosesse 5.4 Versmeltingsprosesse6 Vooruitskouing

MORFOLOGIE 6

Page 2: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

172

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

gedagtes), is die morfologie juis gemoeid met daardie vlak tussen klanke en frase, te wete die woordstruktuur (soos dat hond-e uit twee dele bestaan).

Die doel van hierdie hoofstuk is om ’n paar basisbegrippe in die morfologie te definieer en dit te illustreer aan die hand van Afrikaanse voorbeelde. Die doel is om ’n “gereedskapstel” (begrippe, konvensies, voorbeelde, ensovoorts; sien ook Schmid, 2011: 95) te bied vir die beskrywing van Afrikaanse morfologiese konstruksies. Behal-we dat die omvang van ’n hoofstuk soos hierdie ’n mens nie toelaat om eers naastenby die belangrikste temas in die morfologie aan te raak, of om enigsins teoretiese onder-werpe te verken nie, laat dit mens ook min ruimte om interessante of belangrike Afri-kaanse morfologiese konstruksies te bespreek. Hiervoor word die leser na die werke van invloedryke morfoloë wat in die volgende afdeling bespreek word, verwys. Uiter- aard bied talryke internetbronne (soos http://en.wikipedia.org of http://www.sil.org) ook goeie afskopplekke.

In afdeling 3 word die terrein van die morfologie en wat morfologie is, in meer detail bespreek. Daar sal aangetoon word dat morfologiese komponentstrukture (dit is woordonderdele) met mekaar kombineer om morfologiese komposisiestrukture (dit is komplekse woorde) te vorm; in afdeling 4 word die belangrikste komponentstrukture bespreek, terwyl afdeling 5 na enkele prototipiese komposisiestrukture (soos fleksie, afleiding en samestelling) in Afrikaans kyk. In afdeling 6 word enkele temas vir toe-komstige navorsing bespreek. Benewens die gegewens van bronne waarna in die loop van hierdie hoofstuk verwys word, is daar in die hoofstuk se bronnelys (afdeling 7) ook ’n spesifieke afdeling van bronne wat van 1989 tot 2012 gepubliseer is; dié dien as aanvulling tot die uitstekende lys van Afrikaanse morfologiebronne wat Combrink (1990a: 427–435) aanbied.

2 BEKNOPTE HISTORIESE OORSIG EN INVLOEDRYKE MORFOLOË

Die term morfologie word toegedig aan die Duitse digter, romanskrywer, dramaturg en filosoof, Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832), wat die term aan die einde van die 18de eeu in ’n biologiese konteks gebruik het. Die term kom uit Grieks en verwys na die “studie van vorm”; so byvoorbeeld kry ons selmorfologie in die bio- logiese wetenskappe, morfologiese analise van artefakte in argeologie, morfologiese klassifikasie van sterrestelsels in astronomie, ensovoorts. Al het Pāṇini reeds in die sesde eeu v.C. die morfologie van Sanskrit beskryf, word dié term vir die eerste keer in 1859 in ’n linguistiese konteks gebruik deur die Duitse linguis August Schleicher (Salmon, 2000: 15). Hoewel die studie van woordstruktuur ’n baie ou tradisie is, het moderne morfologie sy wortels in die werk van die Amerikaanse strukturaliste (waar-onder Leonard Bloomfield, 1933, Eugene Nida, 1949 en Charles F. Hockett, 1958), terwyl dit eers werklik sedert die 1970’s begin floreer het (Bauer, 2003: 5).

Breedweg beskou, kan drie algemene paradigmas in morfologieteorie onderskei word, te wete:

• morfeem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Arrangement”-benadering)• lekseem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Process”-benadering)• woord-gebaseerde morfologie (“Word-and-Paradigm”-benadering)

Page 3: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

173

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Die eersgenoemde twee benaderings het veral vóór die 1970’s hoogty gevier, terwyl laasgenoemde oor die afgelope 40 jaar morfologieteorie domineer het (Booij, 2010: 3). Spencer (1991: 49–53) gee ’n bondige en toeganklike oorsig oor dié drie benaderings, terwyl Beard (1995: 1–18) ’n breër oorsig oor die geskiedenis van morfologieteorie (ten minste tot 1995) bied. In hierdie hoofstuk word die konvensies en uitgangspunte van die kognitiewe grammatika (Langacker, 2008) en konstruksiemorfologie (Booij, 2010) in ’n groot mate gevolg, en die hoofstuk kan dusdanig as deel van ’n woord-ge-baseerde benadering tot Afrikaanse morfologie beskou word.

Binne die bestek van ’n hoofstuk soos hierdie is dit onmoontlik om erkenning te gee aan al die invloedryke morfoloë wat hierdie dissipline oor die afgelope dekades help vestig het. ’n Mens moet egter ten minste kennis dra van die werk van prominente morfoloë wat in Engels gepubliseer het, soos byvoorbeeld (in alfabetiese volgorde): Stephen Anderson, Mark Aronoff, Harald Baayen, Laurie Bauer, Robert Beard, Geert Booij, Joan Bybee, Andrew Carstairs-McCarthy, Wolfgang Dressler, Martin Haspelmath, Francis Katamba, Rochelle Lieber, Peter Matthews, Ingo Plag, Sergio Scalise, Andrew Spencer, Richard Sproat, Pavol Štekauer, Gregory Stump, David Tug-gy en Arnold Zwicky.

Talle inleidende (e-)boeke oor die morfologie is beskikbaar; hier is ’n drietal wat die moeite werd is om as vertrekpunte te gebruik:

• Aronoff, M. & Fudeman, K. 2011. What is morphology? 2nd edition. Hoboken, NJ: Wiley-Blackwell.

• Booij, G. 2012. The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press.

• Lieber, R. 2010. Introducing morphology. Cambridge: Cambridge University Press.

Laurie Bauer se A glossary of morphology (2004) is ook onontbeerlik vir enige student of navorser wat geïnteresseerd is in morfologie. ’n Meer omvattende ensiklopedie is die twee volumes Morphologie / Morphology (2004) wat deur Booij, Lehman en Mug-dan saamgestel is (met sommige gedeeltes in Engels en sommiges in Duits). Die twee belangrikste vaktydskrifte is Word structure (Edinburgh University Press) en Morphol-ogy (Springer; voorheen Yearbook of morphology).

As die moderne morfologie internasionaal ’n relatief jong en klein studieterrein is, dan geld dit des te meer vir Afrikaans. Combrink (1990a: 427–435) gee ’n omvattende bibliografie van alle publikasies oor die Afrikaanse morfologie (of losweg verband-houdende publikasies, uitgeslote publikasies uit die rekenaarlinguistiek) tot en met Julie 1989; hy lys ’n totaal van 213 publikasies, waarvan die oudste uit 1932 dateer en handel oor die gebruik van die verkleinwoord in Afrikaans (Hoge, 1932). ’n Soek-tog op die Digitale bibliografie van die Afrikaanse taalkunde (http://library.nwu.ac.za/dbtw-wpd/textbases/dbat.htm) bring aan die lig dat 45 publikasies oor die Afrikaanse morfologie vanaf 1990 tot 2012 verskyn het, met ’n verdere tien wat verband hou met Afrikaanse rekenaarmorfologie (“computational morphology”). ’n Lys van hierdie re-sente publikasies verskyn aan die einde van hierdie hoofstuk (afdeling 7.1.2).

Die twee belangrikste (en omvattendste) publikasies oor die Afrikaanse morfologie is sekerlik Willem Kempen se Samestelling, afleiding en woordsoortelike meerfunk-

Page 4: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

174

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

sionaliteit in Afrikaans (1969) en Johan Combrink se Afrikaanse morfologie: capita exemplaria (1990a); hierdie twee werke kan sonder meer as dié standaardwerke oor die Afrikaanse morfologie beskou word. Naas die werk van dié twee skrywers, kan die bydraes van die volgende Afrikaanse morfoloë / taalkundiges ook as vertrekpunte vir verdere studie dien (in alfabetiese volgorde): Rudie Botha, Anna Coetzee, Jac Con-radie, Gert de Klerk, Meyer de Villiers, Alf Jenkinson, Francois Odendal en Marthinus Posthumus.

Ten slotte moet opgemerk word dat daar ’n lang tradisie in die Nederlandse mor-fologie bestaan, met name soos Harald Baayen, Geert Booij, Anton Reichling, Henk Schultink, M.C. van den Toorn, C.B. van Haeringen, Jaap van Marle en Ariane van Santen as prominente leiers. Benewens dele uit die Algemene Nederlandse spraak-kunst (http://ans.ruhosting.nl/e-ans/index.html), bied die volgende drie publikasies ’n goeie blik op die Nederlandse morfologie:

• Booij, G. 2002. The morphology of Dutch. Oxford: Oxford University Press.• Booij, G. & Van Santen, A. 1998. Morfologie: de woordstructuur van het Neder-

lands. 2de druk. Amsterdam: Amsterdam University Press.• De Haas, W. & Trommelen, M. 1993. Morfologisch handboek van het Nederlands.

‘s-Gravenhage: SDU Uitgeverij.

3 DIE TERREIN VAN DIE MORFOLOGIE

In die inleiding hierbo het ons morfologie voorlopige gedefinieer as die beskrywing en bestudering van die struktuur en sistematiek van komplekse woorde. Meer pre-sies sou ons kon sê morfologie is die studie van die vorm-betekenissisteem van kom- plekse (Combrink, 1990a: 13; De Klerk, 1968: 169; Aronoff & Fudeman, 2005: 1–2; Haspelmath, 2002: 2–3). Uit hierdie definisie moet ons twee konsepte beter verstaan: (a) komplekse (dit is gelede woorde); en (b) vorm-betekenissisteem.

Eerstens, ’n kompleks (ook genoem gelede woord) is ’n woord wat ’n interne morfologiese struktuur het en dus uit meer as een deel of lid (vandaar die byvoeglike naamwoord “gelede” in “gelede woord”) bestaan (Bauer, 2004: 32). Voorbeelde van komplekse sluit in tafels (tafel-s), tafeltjie (tafel-tjie), tafelblad (tafel+blad) en kom-buistafelpoot (kombuis+tafel+poot). Teenoor ’n kompleks staan ’n simpleks (oftewel ongelede woord), ’n woord wat geen morfologiese struktuur het nie (Bauer, 2004: 95); dit sluit voorbeelde in soos tafel, blad en kombuis. Die onderskeid tussen komplekse en simplekse moenie verwar word met die onderskeid tussen meerlettergrepige woorde (dit is woorde wat uit meer as een lettergreep bestaan, soos tafel bestaan uit “ta” en “fel” of kombuis uit “kom” en “buis”) en eenlettergrepige woorde (dit is woorde wat uit slegs een lettergreep bestaan, soos blad en poot) nie (Van Schoor, 1983: 350). Oor die algemeen gesien, is meerlettergrepige en eenlettergrepige woorde nie per se van belang in die morfologie nie.

Tweedens, taal is ’n simboliese tekensisteem, waar woorde ’n bepaalde vorm het (genoem die fonologiese pool; byvoorbeeld klanke soos [swεm], of letters soos “s-w-e-m”), asook ’n geassosieerde betekenis (genoem die semantiese pool; byvoorbeeld ’n mentale beeld van iets of iemand wat voortbeweeg deur water). As ons die vorm in gewone kleinletters ([swem]) en die betekenis in klein hoofletters ([swem]) skryf, kan

Page 5: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

175

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

ons die simboliese teken (oftewel woord) swem soos in voorbeeld (1) voorstel, waar die simbool 1 die ooreenkoms tussen die fonologiese en semantiese pole aandui (dit is die simboliese verhouding), en die i optree as indekseringsteken om aan te toon dat [swem] en [swem] na dieselfde woordi verwys.2

1 [swem]i 1 [swem]

i

Om dit korter voor te stel, kan ons ook sê [[swem] / [swem]] is ’n representasie van swem, waar die skuinsstreep dieselfde funksie vervul as die pyltjie in voorbeeld (1). Wanneer ons na woorddele wil verwys, kan ons dieselfde konvensie gebruik; so byvoorbeeld is [[pst] / [ge...]] ’n representasie van die verledetydsmorfeem ge-, waar pst = past (dit is verlede tyd).3 Ons interpreteer hierdie voorstelling dus soos volg: ge- (wat nie op sy eie kan staan nie – daarom “...”) het die betekenis verlede tyd.

So ’n vorm-betekenispaar (oftewel konstruksie) kan op enige vlak van abstrakt-heid voorgestel word. [[pst] / [ge...]] en [[swem] / [swem]] is volledig gespesifiseer in terme van vorm én betekenis – hulle het beide ’n duidelike vorm (ge- en swem) en albei beteken iets (ge- wys dat iets iewers in die verlede plaasgevind het, en swem verwys na die handeling om in water voort te beweeg).

Dit is nou vir ons moontlik om te sê dat ’n morfologiese konstruksie (as voorbeeld van ’n grammatikale konstruksie) ’n komplekse simboliese struktuur is (dit bestaan uit twee of meer vorm-betekenispare) wat gevorm word deur die kombinering van mor-feme en / of groter uitdrukkings. Ons beskryf sulke morfologiese konstruksies in terme van die dele waaruit dit bestaan (genoem die komponentstrukture; sien afdeling 4), die manier waarop hierdie dele met mekaar kombineer, asook die uiteindelike resultaat van hierdie kombinasieproses (genoem die komposisiestruktuur; sien afdeling 5). Die term “morfologiese konstruksie” word dan gebruik om na hierdie hele ensemble te verwys: die komponentstrukture, die wyse van komposisie / integrasie en die resul-terende komposisiestruktuur (Langacker, 2008: 164–167).

Vergelyk byvoorbeeld die voorstelling van die morfologiese konstruksie swembad-jie in Figuur 6.1, waar v ’n werkwoord (voortaan verbum4) is, n ’n naamwoord (voort-aan nomen) is, en dim op verkleining (voortaan diminutief) dui. As ons swembadjie wil beskryf, dan sê ons dat dit uit drie komponentstrukture bestaan, te wete die verbum swem, die nomen bad en die diminutiefaanduidende -jie. Dan moet ons iets sê oor die wyse van komposisie: swem en bad verbind eers met mekaar (in plaas van byvoor-beeld bad en -jie) om die nomen swembad te vorm, waarna swembad met -jie verbind om vir ons die resulterende komposisiestruktuur swembadjie (wat ’n nomen is) te gee.

[[N]/[swembadjie]] komposisiestruktuur

konstruksie

[[N]/[swembad]]

wyse van komposisie

[[V]/[swem]] [[N]/[bad]] [[DIM]/[...jie]] komponentstrukture

Figuur 6.1 swembadjie

Page 6: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

176

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

’n Morfologiese konstruksie bestaan dus uit die komponentstrukture, die wyse van komposisie én die uiteindelike komposisiestruktuur.

Indien daar nie van grafiese voorstellings soos in Figuur 6.1 gebruik gemaak word nie, kan die wyse van verbinding ook met behulp van blokhakies aangedui word. So byvoorbeeld kan swembadjie volledig voorgestel word soos in voorbeeld (2), waar die “+”-simbool tussen twee woorde wat alleen kan staan, gebruik word en die “-”-sim-bool voor ’n nie-alleenstaande deel. Om dit makliker leesbaar te maak, kan ons dit voorstel soos in voorbeeld (3), waar die linkerkant ’n representasie van die vorm (die fonologiese pool) en die regterkant die betekenis (semantiese pool) van die morfo- logiese konstruksie is. In internasionale literatuur sal ’n mens in sommige kontekste swembadjie soos in voorbeeld (4) voorstel deur gebruik te maak van sogenaamde in-terliniêre morfeemvertaling waar die woorde en betekenisse in Engels vertaal word (Comrie et al., 1993).

2 [[[[v] / [swem]]+[[n] / [bad]]]-[[dim] / [tjie]]]

3 [[[swem]V[bad]N]Ni jie]Nj 1 [dim van semNi]Nj

4 swem+bad-jie swim+bath-dim

“small swimming pool”

Reëlmatighede in die vorming van grammatikale konstruksies word in die gramma-tika as konstruksieskemas voorgestel, dit is ’n skematiese simboliese montering (“assembly”) wat enige vorm van gemeenskaplikheid in ’n stel komplekse simboliese uitdrukkings verteenwoordig (Langacker, 2008: 167). As ons byvoorbeeld die verle-detydskonstruksie in Afrikaans wil beskryf, veralgemeen ons oor spesifieke gevalle heen (byvoorbeeld geswem, gespeel, gewerk, geloop) om die konstruksieskema (ook genoem ’n patroon / templaat / reël)5 te identifiseer. So ’n konstruksieskema kan dan ge-formuleer word as [[[pst]-[proses]] / [[ge...]-[...]]], oftewel soos dit in konstruksiemor-fologie (Booij, 2010) voorgestel word:

5 [ge [x]Vi

]j 1 [pst van prosesi]j

waar [x]Vi

enige verbum kan wees en die geheel j die verlede tyd (pst) van daardie ver-bum (proses) uitdruk. Sulke konstruksieskemas dien dan as template vir die konstru-ering en evaluering van ongekende uitdrukkings. Deur van hierdie templaat gebruik te maak weet ons dat die verledetydsvorm van die verbum google dan gegoogle sal wees.

Om te illustreer hoe ons konstruksieskemas moet “lees”, vergelyk die konstruk-sieskema vir samestellings (voortaan komposita) soos boekwinkel (Booij, 2010: 51).

6 [[a]Xk [b] Yi ]Yj 1 [semi met verhouding r tot semk]j

| | [αE] [αE]

Hierdie konstruksieskema kan soos volg gelees word:• Op die fonologiese pool (aan die linkerkant van die pyltjie): In ’n samestelling

verbind twee komponente [a] en [b]. [a] kan enige woordsoort wees, kom ons sê

Page 7: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

177

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

x, en [b] kan enige woordsoort wees, kom ons sê y. As [a] en [b] verbind, dan gaan die geheel (die komposisiestruktuur) dieselfde woordsoort hê as [b], te wete y. Ons sien dus dat [b] en die komposisiestruktuur dieselfde woordsoorteienskappe deel (dit is y), asook alle ander subklaseienskappe (byvoorbeeld geslag, of die feit dat dit ’n attributiewe -e moet kry, ensovoorts; ons dui hierdie subklaseienskappe aan met [αE] (waar E = eienskap). Dus: [b] se subklaseienskappe is gelyk aan [αE], en die komposisiestruktuur se subklaseienskappe is gelyk aan [αE]. As [b] dus nie meervoud kan neem nie, dan kan die geheel ook nie meervoud neem nie.

Kom ons maak dit konkreet: In ’n samestelling verbind twee komponente [boek] en [winkel]. [boek] se woordsoort is in dié geval n, en [winkel] se woordsoort is in dié geval ook n. As [boek] en [winkel] verbind, dan gaan die geheel (die kompo-sisiestruktuur) dieselfde woordsoort hê as [winkel], te wete n. Ons sien dat [winkel] en die komposisiestruktuur dieselfde woordsoorteienskappe deel (dit is n), asook alle ander subklaseienskappe (byvoorbeeld dat dit ’n konkrete n is en dus meervoud kan neem; ons dui hierdie subklaseienskappe (hipoteties) aan met [αKonkreet]. Ons stel dan [winkel] se subklaseienskappe gelyk aan [αKonkreet], en [boekwinkel] se subklaseienskappe gelyk aan [αKonkreet]. As [winkel] meervoud kan neem, dan kan [boekwinkel] ook meervoud neem.

• Op die semantiese pool (regterkant van die pyltjie): In die samestelling staan die betekenis van die regterkantste komponent in die samestelling (dit is [b] se beteke-nis: SEMi) in ’n bepaalde verhouding (r) tot die betekenis van die linkerkantste komponent (dit is [a] se betekenis: semk). Die geheel (komposisiestruktuur) het ook dan ’n eie unieke betekenis: j.

Weereens meer konkreet: In die samestelling staan die betekenis van die regter-kantse komponent in die samestelling (naamlik [winkel] se betekenis: koopplek) in ’n bepaalde verhouding (vir) tot die betekenis van die linkerkantste komponent (naamlik [boek] se betekenis: leesware). Die geheel ([boekwinkel]) het ook dan ’n eie unieke betekenis wat méér is as net die betekenis van die dele, byvoorbeeld koopplek vir leesware, geskenke en skryfbehoeftes.

In die morfologie gebruik ons konstruksieskemas om produktiewe prosesse en gram-matikale patrone in taaldata te beskryf – in dié sin is konstruksieskemas dus niks an-ders as beskrywende hulpmiddels nie. Let daarop dat die manier waarop reëlmatighede in die data voorgestel word van teorie tot teorie wissel en dat dit in verskillende teo-rieë ander name (byvoorbeeld reëls) kan hê; in konstruksiemorfologie en kognitiewe grammatika word die term konstruksieskema gebruik.

4 MORFOLOGIESE KOMPONENTSTRUKTURE

4.1 Morfeem en woord

Daar is ’n lang tradisie (en vele voortslepende debatte) in die morfologie om die kon-septe morfeem en woord teoreties te definieer (Beard, 1995: 1). Vir die doeleindes van hierdie hoofstuk sien ons morfeme en simplekse as komponentstrukture, en kom-plekse as die resulterende komposisiestrukture. Boaan Figuur 6.2 word aangedui dat ’n morfeem plus ’n morfeem ’n komplekse woord skep. (Sommige van die konsepte

Page 8: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

178

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

en afkortings in Figuur 6.2 mag op hierdie stadium nog onbekend wees; dit word alles deur die loop van die hoofstuk verduidelik.)

’n Morfeem is die kleinste simboliese eenheid in die taalsisteem en sluit voorbeelde soos hart, hardloop, ge-6 en -jie in.7 Klanke soos [ɦ], [a], [r] of [t] is wel kleiner een-hede as hart, maar klanke het normaalweg nie betekenis nie en is dus nie simboliese eenhede nie (dit is hulle het vorm, maar nie betekenis nie). Morfeme, daarenteen, spe-sifiseer wel op die een of ander manier betekenis, selfs al is dit redelik abstrak. So sou ons kan sê dat ge- aandui dat ’n proses iewers in die verlede plaasgevind het, terwyl -jie weer dui op ’n klein weergawe van een of ander ding.

’n Morfeem soos -e is interessant, aangesien dit uit slegs een klank bestaan (en dus lyk op klanke soos [ɦ] en [a]), maar wat ’n verskeidenheid van betekenisse kan hê. Soms dui dit op die meervoud (hart-e), soms op ’n ding (vertrou-e of groen-e in Kan ek die groene kry?), soms dat iemand ’n vrou is (kaptein-e), ensovoorts. Die betekenis kan egter ook besonder skematies en abstrak wees, soos wanneer dit as ’n grammati-kale merker optree.

Dink byvoorbeeld aan die infinitiefvorm van sekere verba (drink-e soos in iets te drinke), of wanneer dit by sommige byvoeglike naamwoorde (voorts adjektiewe) gevoeg word as dit voor ’n nomen staan (interessant-e in interessante mense). Alle grammatikale morfeme is gevolglik ook betekenisvol en funksioneer in groter sintak-tiese konstruksies juis as gevolg van hulle (abstrakte) betekenisse (Tuggy, 2005: 235). Morfeme is dus altyd betekenisvol: van konkrete, omskryfbare betekenisse, soos in die geval van hart en hardloop, tot abstrakthede wat slegs grammatikaal betekenisvol is, soos in die geval van die attributiewe -e.8

’n Woord kan gedefinieer word as ’n simplekse of komplekse simboliese eenheid in die taalsisteem wat groter as ’n klank / sillabe en kleiner as ’n frase is (Evans & Green, 2006: 485). Woorde kan simplekse strukture – dieselfde as morfeme – wees, of kom-plekse strukture wat bestaan uit verskeie morfeme (Evans, 2007: 28). ’n Woord soos [[hart] / [hart]] kan nie verder verdeel word in kleiner onderdele nie en is dus ’n sim-plekse simboliese struktuur. In Figuur 6.2 word simplekse dan ook aangedui as ’n tipe morfeem, naamlik as ’n onafhanklike eenheid. Daarenteen is hart-e en hart+kramp beide komplekse wat elk uit twee simplekse simboliese eenhede bestaan (dit is onder-skeidelik [[[hart] / [hart]]-[[pl] / [...e]]] en [[[hart] / [hart]]+[[kramp] / [kramp]]]).

Ten einde ’n woord nader te probeer beskryf, kan ons sekere kriteria vir woordsta-tus probeer identifiseer. Dis belangrik om te onthou dat hierdie kriteria nie as absolute kriteria beskou word nie, maar eerder as maatstawwe om die prototipiese woord te probeer identifiseer en definieer. Haspelmath (2011) toon breedvoerig aan dat daar nie ’n lys van kriteria opgestel kan word waarmee ’n mens ’n woord oor tale heen, in beide morfologie en sintaksis, kan identifiseer en definieer nie. ’n Universele definisie van ’n woord blyk dus onmoontlik te wees. As riglyn kan ons egter sê dat ’n prototipiese woord ’n (relatief) stabiele, promiskue fonologiese struktuur met integriteit het, wat met ’n (relatief) stabiele semantiese struktuur geassosieer word (Taylor, 2002: 173–175). ’n Woord is ook fonologies en semanties onafhanklik. Elk van hierdie kriteria kan soos volg verduidelik word:• ’n Prototipiese woord soos brug is fonologies stabiel aangesien dit die betekenis

[brug] behou, ongeag of dit uitgespreek word as [brœx] of [brəx].

Page 9: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

179

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Para

mor

feem

Zero

mor

feem

Skim

stam

Inte

rfiks

Affik

s

Ambi

fiks Af

leid

ing

Flek

sie

Pref

iks

Afha

nklik

eee

nhei

dAf

fikso

ïed

Onaf

hank

like

eenh

eid

Mul

tiwoo

rdee

nhei

d

Kom

pone

ntst

rukt

uur

(mor

feem

)Ko

mpo

nent

stru

ktuu

r(m

orfe

em)

Kom

posi

sies

trukt

uur

(kom

plek

s)

Suffi

ks

NR VR ADJR

4.3.

3

4.3

4.3.

2

ADVR

SPEC

Afha

nklik

e st

am

Onve

rand

erd

+=

Allo

mor

f

Onve

rand

erd

Allo

mor

f

Allo

mor

f plu

s

Allo

mor

f min

us

Allo

mor

f plu

s

Allo

mor

f min

us

Vrye

sta

m

Onve

rand

erd

Allo

mor

f

Allo

mor

f plu

s

Allo

mor

f min

us

Gere

duse

erde

sta

m

PL DIM

CMPR

SUP

ATTR

PRTT

.GEN

PST

PART

INF

RLCT

4.3.

1

4.4

4.2

4.2.

3

4.2.

14.

.2.2

Fig

uu

r 6.

2M

orfo

logi

ese

kom

pone

ntst

rukt

ure

in A

frik

aans

Page 10: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

180

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

• Dit het fonologiese integriteit deurdat die woord nie opgebreek kan word deur an-der taalmateriaal (soos morfeme of ander woorde) nie, of dat die verskillende dele nie in ’n ander volgorde kan verskyn nie. Ons kan met ander woorde sê dat dit nie uiteenplaasbaar en omstelbaarbaar is nie. ’n Burg is iets anders as ’n brug, wat daar-op dui dat beide woorde is. Daarteenoor is Piet se bruggie naastenby dieselfde as die bruggie van Piet, wat daarop dui dat dié twee dele nie woorde is nie, maar eerder frases.

Daar is twee uitsonderings op hierdie kriterium. Die eerste het betrekking op die ingewikkelde saak van die sogenaamde skeibare, saamgestelde verbum (ook ge-noem ’n samekoppeling, deeltjiewerkwoord of partikelverbum), soos af+skryf, neer+skryf, op+skryf, in+skryf, oor+skryf, ensovoorts. Hierdie woorde kan soms geskei en soms in ’n ander volgorde aangebied word, sonder dat die betekenis ver- ander (vergelyk byvoorbeeld Om dit neer te skryf, is moeilik of Hy skryf dit neer). Aan die ander kant laat dit toe dat ander materiaal in die middel van die woord in-gevoeg word (byvoorbeeld Hy het dit neergeskryf). Vergelyk Booij (2010: 118–145) en Booij en Van Santen (1998: 163–168) vir ’n uitgebreide bespreking van die kom-pleksiteit van dié fenomeen.

Die tweede uitsonderingsgeval het betrekking op vloekwoordinlywing (Feinau-er, 1981). Ten spyte van die feit dat ons in Afrikaans maklik kan verwys na ’n flambo-blêddie-jante brug-blêddie-speler, is en bly flambojant en brugspeler beide woorde in Afrikaans. Meer hieroor in afdeling 5.1.3.

• Die fonologiese struktuur is promisku in die sin dat dit saam met ’n groot verskei-denheid ander woorde kan voorkom, hetsy in komposita (soos brug+speler) of in frases (onder die brug). Affikse, daarenteen, is minder promisku – so byvoorbeeld verbind [[dim] / [...ie]] slegs aan bepaalde tipes konkrete nomina.

• Die fonologiese struktuur van ’n woord word geassosieer met ’n (relatief) stabiele semantiese struktuur in die sin dat die betekenis van die woord brug naastenby die-selfde in verskillende kontekste is (tipies [kaartspel] of [konstruksie]).

• Woorde soos brug en brugspeler en selfs is en kan is fonologies en semanties on-afhanklik – hulle kan alleen staan in taalgebruik sonder om afhanklik te wees van ander taalmateriaal. ’n Morfeem soos [[dim] / [...ie]] is daarenteen fonologies af-hanklik van ’n woord (tipies ’n konkrete nomen) om in taalgebruik te kan voorkom. Die ellips (“...”) in die representasie dui juis op hierdie fonologiese afhanklikheid.

Laasgenoemde kriterium (onafhanklikheid) is dan ook een van die belangrikste kri-teria wat gebruik word om tussen verskillende morfeme te onderskei. In Figuur 6.2 word drie hoofsoorte morfeme onderskei: onafhanklike eenhede (soos brug), afhank-like eenhede (soos -ie) en sogenaamde affiksoïede, dit is morfeme wat iewers tussen afhanklike en onafhanklike eenhede lê (byvoorbeeld hond- in hondmoeg, hondsleg of hondnaar, of -arm in kaliarm, loodarm of stikstofarm). Elk van hierdie tipes en hulle subtipes word in die res van hierdie afdeling bespreek.

Page 11: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

181

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

4.2 Onafhanklike eenhede

4.2.1 Vrye stamme

’n Vrye stam (ook genoem leksikale morfeem) is ’n fonologies en semantiese onaf-hanklike eenheid wat korreleer met ’n simpleks, en die betekeniskern van ’n kompleks vorm, soos byvoorbeeld brug, hart, lessenaar, swem, hardloop, ensovoorts. Let op dat woorde wat, diachronies gesien, dalk voorheen komplekse was, soos lessenaar, hard-loop, skoenlapper, paddastoel, appelkoos en nagmerrie, sinchronies as vrye stamme gesien word. Al hierdie voorbeelde word vrye stamme genoem om dit te onderskei van afhanklike stamme. Dit word verder onveranderd in komplekse gebruik en is dus on-veranderde vrye stamme wanneer dit in sulke komplekse gebruik word (byvoorbeeld hart-e, hart-jie, hart+seer, ensovoorts).

As gevolg van sekere morfonologiese prosesse kan dit gebeur dat ’n vrye stam binne bepaalde morfologiese kontekste ’n ander fonologiese of grafemiese vorm (skriftelike vorm) kan hê. Ons noem so ’n veranderde vorm of variant ’n allomorf. Ten opsigte van fonologiese variante kan ons byvoorbeeld dink aan afgod wat uitgespreek word as [afxɔt], maar in die meervoud word die [ɔ] ’n [o:] en die [t] ’n [d] om vir ons [af- xo:də] te gee. Soms word hierdie fonologiese veranderinge ook in die grafemiese vorm gereflekteer. Die meervoud van wolf is wolw-e en ons kan dus sê dat wolw- ’n allomorf is van wolf; dink ook aan sterw- in sterw-e as allomorf van sterf, of stow- in stow-e as allomorf van stoof.

As gevolg van historiese fonologiese prosesse, het dit ook gebeur dat sekere sim-plekse van Germaanse herkoms hulle finale -t of -d in Afrikaans verloor het. Dink byvoorbeeld aan die Afrikaanse gas teenoor die Nederlandse gast, of die Afrikaanse lei teenoor die Nederlandse leid(en). Wanneer vrye stamme soos gas en lei met sommige morfeme verbind, word hierdie diachroniese allomorwe gebruik: een gas, maar twee gast-e, of lei teenoor leid-ing.

’n Belangrike beginsel van die Afrikaanse ortografie (dit is die skriftelike realise- ring van ’n woord) is dat, as ’n stam uitgaan op ’n kort, beklemtoonde [a], [ɛ], [ɔ], [ə] of [œ] plus ’n konsonantletter, daardie konsonant verdubbel word (reël 11.26 in die Af-rikaanse woordelys en spelreëls (AWS) (Taalkommissie, 2009: 71; sien ook reëls 11.28 en 11.29 vir ander kontekste waar so ’n verdubbeling ook gebeur). Die meervoud van bal is dus ball-e, van hek hekk-e, van pot pott-e, ensovoorts. Vorme soos ball-, hekk- en pott- word in Figuur 6.2 allomorf plus genoem. Dié term is nie ’n algemeen gebruikte term nie, maar word hier gebruik om spesifiek prominensie te gee aan die produktiewe ortografiese proses van konsonantverdubbeling.

Teenoor allomorf plus staan allomorf minus, wat eweneens ’n ongebruiklike term is, maar wat hier gebruik word in terme van reël 16.2 in die AWS (Taalkommissie, 2009: 152–153) vir gevalle waar die klanke [ɑ:], [e], [o] en [y] in ’n oop begin- of binnelettergreep van ’n kompleks met ’n enkele vokaalletter (a, e, o of u) weergegee word. In skap-e is skap- dus ’n allomorf minus, soos ook del- in del-er, bom- in bom-e, of minut- in minut-e.

4.2.2 Gereduseerde stamme

As gevolg van reduksieprosesse in Afrikaans (sien afdeling 5.2) kry ons afkortings (byvoorbeeld a.g.v. vir as gevolg van, of b.v.p. vir been voor paaltjie), akronieme

Page 12: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

182

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

(byvoorbeeld ATKV vir Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, of Saskok vir Suid-Afri- kaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee) en knipsels (byvoorbeeld avo vir avokadopeer, of admin vir administrasie) wat ook as fonologies en semanties onaf-hanklike eenhede optree. Wanneer sulke afkortings, akronieme en knipsels as deel van komplekse optree, word dit benoem as gereduseerde stamme. Voorbeelde sluit in b.v.p.’s (soos in Kallis kon spog met drie b.v.p.’s, as inkorting vir b.v.p.-beslissings), of ATKV-oord, of admingebou. Gereduseerde stamme kan afgelei wees van simplekse (byvoorbeeld alg. vir algebra, of iem. vir iemand), komplekse (byvoorbeeld drs. vir doktors, of mynw. vir mynwese), eiename (Nampo vir Nasionale Mielieprodusente- organisasie) of multiwoordeenhede (r.p.m. vir rewolusies per minuut).

4.2.3 Multiwoordeenhede

Wanneer meer as een simpleks sintakties met mekaar verbind, kry ons multiwoordeen-hede soos been voor paaltjie, of ter aarde bestel, of op die stoep sit, of kry my jammer. Sommige outeurs (De Haas & Trommelen, 1993: 3; Taalkommissie, 2009: 576) sien woordgroep as sinoniem vir multiwoordeenheid – al die genoemde voorbeelde sal dus volgens hulle woordgroepe wees. Ander outeurs tref weer ’n onderskeid tussen woordgroepe en frases, waar woordgroepe vaster verbindings is (met ander woorde, sterker geleksikaliseerd is), terwyl frases losser verbindings is (vergelyk die bespre-king in Booij & Van Santen, 1998: 214). Voorbeelde soos been voor paaltjie en ter aarde bestel sal hiervolgens tipies woordgroepe wees omdat dit dikwels in hierdie kombinasie met ’n spesifieke betekenis voorkom, terwyl op die stoep sit en kry my baie jammer frases is (dit is die spesifieke kombinasies kom minder voor en die betekenis kan afgelei word uit die onderdele).

In Figuur 6.2 word die onderskeid tussen woordgroep en frase nie behou nie, maar word beide gesien as voorbeelde van multiwoordeenhede. Sulke multiwoordeenhe-de kan as basis dien vir afleidings (byvoorbeeld op-die-stoep-sittery), samestellende afleidings (byvoorbeeld teraardebestelling) of komposita (byvoorbeeld been-voor-paaltjie-beslissing of kry-my-baie-jammer-gesig). Die feit dat multiwoordeenhede prototipies as basis dien vir reduksievorme word in Figuur 6.2 gereflekteer met ’n stippellyn tussen multiwoordeenheid en gereduseerde stam; die stippellyn tussen mul-tiwoordeenheid en onafhanklike eenheid dui daarop dat simplekse prototipies as basis dien vir multiwoordeenhede.

4.3 Afhanklike eenhede

Teenoor onafhanklike eenhede staan afhanklike eenhede, en ons onderskei hieronder afhanklike stamme, affikse en paramorfeme. Hierdie morfeme het dit almal met me- kaar gemeen dat hulle nie onafhanklik in Afrikaans voorkom nie, maar altyd in verbinding met ander morfeme.

4.3.1 Afhanklike stamme

Afhanklike stamme word ook soms wortels genoem (De Klerk, 1968: 710; sien ook Booij & Van Santen, 1998: 24–25), maar in die tradisie van Combrink (1990a), wat

Page 13: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

183

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

geen wortels onderskei nie, noem ek hierdie komponentstrukture afhanklike stamme. ’n Afhanklike stam is ’n fonologies afhanklike en semanties onafhanklike komponent, wat altyd die betekeniskern van ’n kompleks vorm. Die oorgrote meerderheid afhank-like stamme kom uit Afrikaans se woordeskat van klassieke herkoms (die sogenaamde uitheemse stratum), soos elektr- in elektr-ies, elektr-isi-teit, elektr-on, elektr-isi-ën, ensovoorts, of sekretar- in sekretar-is, sekretar-esse, sekretar-i-aat, sekretar-i-eel, ensovoorts.

’n Handjievol kom ook voor in woorde van Germaanse herkoms (die sogenaamde inheemse stratum), soos -bruik- in ge-bruik, bruik-baar, bruik-leen, ensovoorts, of -send- in ver-send, send-e-ling, beeld+send, ensovoorts. Vergelyk ook lood- in lood-s, wat diachronies verwant is aan leid-/ lei, of -paal in be-paal, wat diachronies verband hou met peil.

Onder afhanklike stamme word ook spesifiek tegnostamme ingesluit (Combrink, 1990a: 27; in Engels soms “combining forms” of “neo-classical stems” genoem en in Nederlands soms “confixen”). Tegnostamme is dikwels moeilik te onderskei van affikse, maar ons onderskei hulle tog van affikse op grond van die feit dat hulle seman-ties meer gewig dra as affikse. Voorbeelde van aanvangstegnostamme sluit in bio- in bio+diesel, tegno- in tegno+logie, of Serwo- in Serwo-+Kroaties, terwyl voorbeel-de van slottegnostamme insluit -grafie in bio+grafie, -logie in bio+logie, of -noom in bio+noom (vergelyk ook Bauer, 1983: 213). Dit gebeur soms dat tegnostamme as selfstandige woorde ontwikkel, soos byvoorbeeld kilo in Ek het een kilo tydens die vakansie opgetel; in so ’n geval word kilo dan gesien as ’n gereduseerde stam (dus as onafhanklike eenheid).

’n Voorbeeld van ’n allomorfiese afhanklike stam is aks- in aks-ie, as variant van akt- in akt-eur. Die -krat- in demo+krat-ies (as variant van -kraat), of die -graf- in leksiko+graf-ies (as variant van -graaf) is voorbeelde van allomorf minus, terwyl -gramm- in pro-gramm-e (as variant van pro-gram) as voorbeeld van allomorf plus gesien kan word.

4.3.2 Affikse

Die term affiks word as oorkoepelende benoemer gebruik vir afhanklike komponente wat verpligtend aan ’n stam moet verbind en wat nooit die meeste semantiese gewig in ’n kompleks dra nie. Prefikse verbind aan die linkerkant van ’n stam, suffikse aan die regterkant, en ambifikse gelyktydig aan die linker- en regterkant. Volgens Combrink (1990a) is daar in Afrikaans 70 prefikse, 250 suffikse en 15 ambifikse. In Tabel 6.1 word enkele prototipiese voorbeelde van elk gegee; vergelyk Combrink (1990a: 37–50) en Kempen (1969: 403–590) vir uitgebreide lyste van voorbeelde.

Tabel 6.1 Prototipiese prefikse, suffikse en ambifikse

Prefikse Suffikse Ambifikse

anti- anti-depressant -aar dien-aar be-...-s be-tyd-s

ge- ge-speel -e oulik-e ge-...-d ge-ïnteresseer-d

ver- ver-bou -loos reuk-loos be-...-e be-ampt-e

Page 14: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

184

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Soos in die geval van vrye en afhanklike stamme kan ons by affikse ook allomorfie waarneem. So byvoorbeeld is -iew- ’n allomorf van -ief in administr-at-iew-e, of im- ’n allomorf van in- in im-mor-eel. Ons kry gevalle van allomorf plus in -inn- soos in held-inn-e, of -skapp- soos in agent-skapp-e, en allomorf minus in -nar- soos in ampt-e-nar-e, of -sam- soos in buig-sam-e.

’n Belangrike onderskeid wat by affikse getref moet word, is die onderskeid tussen fleksie en afleiding. Oor dié onderwerp is al baie geskryf in sowel die internasionale literatuur as in Afrikaans, en tot vandag toe is daar nog geen eenstemmigheid oor wat presies die onderskeid is nie. Stump (2005) kom tot die gevolgtrekking dat ons waarskynlik “... a thorough rethinking of the relation of inflection to word-formation within the coming decade” sal sien. Dit is egter hier voldoende om van die algemene standpunt uit te gaan dat die onderskeid tussen fleksie en afleiding nie absoluut is nie, maar eerder op ’n kontinuum gesien moet word (vergelyk byvoorbeeld Booij, 2007; Bybee, 1985; Tuggy, 1985).

Afleiding word gesien as ’n woordvormingsproses waar nuwe woorde gevorm word deur middel van affiksering (dit is deur affikse aan ’n stam te verbind), terwyl fleksie gedefinieer kan word as die morfologiese markering van eienskappe op ’n woord wat ’n aantal vorme (grammatikale woorde) van daardie woord tot gevolg het (Booij, 2007). Fleksie neem dus as invoer ’n woord en gee as afvoer ’n vorm van dieselfde woord wat gepas is binne ’n bepaalde grammatikale konteks, terwyl verskil-lende nuwe woorde gevorm word deur die proses van afleiding.

Ons kan skol-e en skool-tjie beskou as twee verskillende geflekteerde vorme van die woord skool; geeneen van hierdie twee vorme het hulle eie inskrywings (lemmas) in ’n Afrikaanse woordeboek soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT) nie. In plaas hiervan word albei vorme onder die inskrywing vir die lemma skool genoem. Daarteenoor kan skool-agtig, skool as verbum, en skool-s beskou word as produkte van afleiding, aangesien dit nuwe lemmas tot gevolg het.

In Groenewald en Van Huyssteen (2008) word aangetoon dat daar in die literatuur geen eenstemmigheid is oor die kriteria vir fleksie nie. In Tabel 6.2 word ’n opsom-ming gegee van kriteria vir fleksie wat deur enkele leidende teoretici geïdentifiseer is en waaruit duidelik blyk dat daar geen klarigheid is oor watter kriteria vir fleksie aangelê moet word nie. Ook uit die Afrikaanse taalkundeliteratuur blyk dit dat die kriteria vir fleksie in Afrikaans steeds ’n kontroversiële saak is (Jenkinson, 1993; Sa-vini-Beck, 1993). Hierteenoor verwerp Combrink (1974: 29–30) die term fleksie vir Afrikaans geheel en al wanneer hy skryf:

Die term “fleksie”, soos dit tot dusver in die tradisionele en strukturele beskry-wings van Afrikaans gebruik is, is ’n nikswerd Latinisme. Die onderskeidings van afleidings en sogenaamde fleksievorme dek nie die feite van Afrikaans nie en het buitendien geen verdere toepassing wat insiggewend of selfs net interessant is nie ...

Page 15: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

185

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Tabel 6.2 Kriteria vir fleksie

Booij (2007)

Booij (2006)

Bauer (2003)

Tuggy (1985)

Stump (2005)

Sproat (1992)

Aronoff & Fudeman

(2005)

Fleksie is ten volle produktief x x x x

Fleksie is periferaal in vergelyking met afleiding (dit is: fleksie kom ná afleiding voor)

x x x x x

Fleksie gebruik ’n geslote stel affikse

x

Fleksie verander nie woord-soortkategorie nie

x x x x x x

Fleksie is relevant tot die sintaksis / grammatika

x x x x x x

Fleksie is verpligtend x x

Die paradigma is essensieel tot fleksie

x x x x

Geflekteerde vorme kan nie deur monomorfemiese vorme vervang word nie

x

Fleksie is beperk in beteke- nisskopus

x x

Fleksieaffikse het reëlmatige betekenis

x x x

Fleksie veroorsaak geringe verandering in betekenis

x x

Geflekteerde vorme word oor die algemeen nie in die leksikon gestoor nie

x x

Bron: Groenewald & Van Huyssteen (2008)

Om praktiese redes is die eenvoudigste kriterium dat fleksie nie die woordsoortkate-gorie van ’n woord verander nie, terwyl afleiding wel die woordsoort kan verander. In voorbeelde soos skool, skol-e en skool-tjie is almal nomina, terwyl skool-s (afgelei van skool) ’n adjektief is. Die uitsondering op hierdie reël is die partisipium (deelwoord), wat byna deurgaans in die internasionale literatuur as fleksie beskou word, maar wel soms die woordsoort verander (van verbum na adjektief of adverbium; byvoorbeeld ge-trek in Hy is getrek, of ge-organiseer-d in Sy is goed georganiseerd, of huil-end en ras-end in Die huilende babas maak die dagmoeder rasend).

Ook toon Groenewald en Van Huyssteen (2008) dat Afrikaanse taalkundiges dit nie met mekaar eens is oor fleksiekategorieë in Afrikaans nie en dat hulle ook dikwels van mening verander, soos geïllustreer word in Tabel 6.3. Let op dat Combrink (1974) eksplisiet daardie fleksiekategorieë wat met ’n o-teken in die tabel gemerk is, verwerp en dus geen fleksie in Afrikaans erken nie.

Page 16: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

186

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Tabel 6.3 Fleksiekategorieë vir Afrikaans

Post- humus (1964)

De Klerk (1968)

Post- humus (1968)

De Villiers (1983)

Jen-kinson (1983)

Jen-kinson (1986)

Du Toit (1982)

Van Schoor (1983)

Baden-horst et al.

(1992)

Com-brink (1974)

PL x x x x x x x o

DIM x x x x o

CMPR x x x x x x x o

SUP x x x x x x x o

PST x x x x x x o

PART x x o

ATTR x x x x x x o

GEN x x x x o

INF x o

NEG o

TR x

Op grond van hierdie kategorieë en met inagneming van die internasionale literatuur, sou ons wel die fleksiekategorieë in Tabel 6.4 vir Afrikaans kon identifiseer. Die een idiosinkratiese kategorie wat ek toevoeg (en waarvan ons nie in die literatuur lees nie), is die reliktekategorie (rlct), wat ons gebruik vir versteende fleksieuitgange wat in vaste uitdrukkings oorleef het. ’n Mens hoop dat teoretiese debatvoering in die Afri-kaanse taalkunde in die toekoms meer lig op die onderskeid tussen fleksie en afleiding in Afrikaans sal werp.

Tabel 6.4 Voorbeelde van fleksie in Afrikaans

Kategorie Afkorting Voorbeelde

Pluralis (meervoud) PL tafel-s, hond-e, med-ici, stad-ia, kwajong-ens

Diminutief (verkleining) DIM tafel-tjie, hond-jie, boom-pie, kass-ie

Komparatief (vergelykende trap) CMPR interessant-er, lelik-er

Superlatief (oortreffende trap) SUP interessant-ste, lelik-ste

Attributief ATTR interessant-e persoon of lelik-e meisie

Deelsgenitief PRTT.GEN iets interessant-s of iemand lelik-s

Imperfektum (verlede tyd) PST ge-skop, om-ge-kantel

Partisipium (deelwoord) PART ge-kwalifiseer-d, tuimel-end

Infinitief INF iets te drink-e of iets te et-e

Relikte RLCT steen des aanstoot-s, in dier voeg-e

Bron: Groenewald & Van Huyssteen (2008)

Page 17: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

187

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Gebaseer op die woordsoort wat gevorm word deur die afleidingsproses, onderskei ons vier kategorieë van afleidingsaffikse, te wete nominaliseerder (wat nomina vorm; nr), verbaliseerders (wat verba vorm; vr), adjektiveerders (wat adjektiewe vorm; adjr) en adverbialiseerders (wat adverbiale vorm; advr).9 In Tabel 6.5 word prototipiese voor-beelde van elk gegee, verder ingedeel volgens inheemse of uitheemse stratum. Stra-tuminligting is van besondere belang vir afleidingsaffikse, veral met betrekking tot die verbindingsmoontlikhede (oftewel promiskuïteit) met ander morfeme.

Ons kan byvoorbeeld veralgemenend sê dat uitheemse affikse (byvoorbeeld -êr) slegs met uitheemse stamme verbind (byvoorbeeld in element-êr, prim-êr, sekond-êr, ensovoorts), terwyl inheemse affikse (byvoorbeeld her-) met beide inheemse en uit- heemse stamme verbind (byvoorbeeld her-skryf (inheems) of her-organiseer (uit-heems) (Booij, 2002: 95). Sommige affikse is ongemerk ten opsigte van stratuminligting en word gesien as hibriede (Booij, 2002: 96). Dink byvoorbeeld aan -eer in Afrikaans wat ewe maklik met inheemse stamme (byvoorbeeld fout-eer, drein-eer, blokk-eer, ensovoorts) as met uitheemse stamme (byvoorbeeld kommun-ik-eer, formul-eer, moral-is-eer, ensovoorts) verbind.

Hiernaas kan ons ook ’n spesiale kategorie (spec) van kategorie-neutrale afleidings- affikse onderskei wat nie die woordsoort van die stam verander nie. Hierdie affikse dui dikwels op negatiwiteit (on-moontlik, mis-daad, wan-hoop, a-seksueel; neg), incho-atiwiteit (ont-staan, ont-dooi; inch), intensiwiteit (oer-oud, aarts-vreemd, ver-slaap, be-hamer; ints) en kousatiwiteit (be-vaar, be-gaan; caus). By hierdie reeks sou ons ook nog die vroulikepersoonsvormer (kelner-in, werk-ster, orrelist-e; f) en die gene- risiteitsuffiks (die -e in Ek hou van hond-e, waar dit nie beteken dat ek van verskillende honde hou nie, maar eerder van die soort Hondagtiges, Canis lupus familiaris; gnr), kon voeg.

Tabel 6.5 Voorbeelde van afleidingsuffikse

NR inheems -heid (skynheilig-heid)

uitheems -isme (snob-isme)

VR inheems -ig (kruis-ig)

uitheems -eer (prospekt-eer)

ADJR inheems -agtig (skouspel-agtig)

uitheems -iel (stab-iel)

ADVR inheems -weg (stil-weg)

uitheems -abel (respekt-abel)

SPEC inheems nie- (nie-nakoming)

uitheems a- (a-sosiaal)

4.3.3 Paramorfeme

Die laaste kategorie wat onder afhanklike eenhede in Figuur 6.2 onderskei word, is sogenaamde paramorfeme, dit is afhanklike morfeme wat in verskillende opsigte

Page 18: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

188

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

eintlik nie ten volle aan die definisie vir morfeme voldoen nie. Zeromorfeme het byvoorbeeld geen vorm nie (daarom “zero-”, voorgestel met die “ø”-simbool), maar wel betekenis. Dink aan die verledetydsmorfeem ø in [[[pst]-[beplan]] / [[ø]-[beplan]]] (soos in Sy het die vakansie deeglik beplan), die meervoudsmorfeem ø in [[[jaar]-[pl]] / [[jaar]-[ø]]] (soos in drie jaar lank), of gevalle van sogenaamde zeroafleiding, soos die ø in [[[google]-[vr]] / [[google]-[ø]]] (byvoorbeeld Sy google elke dag).10

’n Skimstam is eintlik die teenoorgestelde van ’n zeromorfeem, aangesien skim-stamme vorm het, maar geen betekenis nie. Skimstamme lyk ook soos morfeme, maar kom net in een of twee ander woorde voor. In Engels word skimstamme “cranberry morphemes” genoem, aangesien cran- lyk soos ’n morfeem (dit verbind met -berry in cran-berry), maar nie eintlik ’n volwaardige morfeem is nie (dit kom in geen ander woord voor nie). In Afrikaans is boe- in boe-pens ’n goeie voorbeeld, asook tjoep- in tjoep-stil, aal- in aal-bessie en wal- in walvis. Vergelyk Combrink (1990a: 28) vir nog voorbeelde.

Die interfiks11 is ’n morfeem met minimale vorm en in beginsel eintlik sonder bete-kenis, en dit kom voor tussen stamme in komposita (byvoorbeeld -e- in hond-e+oor, of -s- in wild-s+boud), of tussen ’n stam en ’n suffiks (byvoorbeeld -e- in maand-e-liks), of tussen ’n prefiks en ’n stam (byvoorbeeld -n- in a-n-organies). Volgens Combrink (1990: 30) is daar sowat 30 interfikse in Afrikaans. Die status van al hierdie interfikse is egter te bevraagteken.

As so ’n interfiks byvoorbeeld wél betekenis het, kan dit nog as interfiks gesien word? ’n Eendekamp is redelik duidelik ’n kamp vir eende (en nie vir ’n eend nie); is die -e- daar dus liewer ’n meervoudsmorfeem as ’n interfiks? En is ’n hondehok ’n hok vir ’n hond, vir meer as een hond, of vir honde as tipe dier? Op hierdie stadium is daar nog geen duidelike navorsing vir Afrikaans gedoen om die een of die ander interpretasie te bevestig nie. In hierdie hoofstuk huldig ek dus die standpunt dat dit wel as interfikse gesien kan word, aangesien die betekenis onduidelik / vaag is. Verdere navorsing sou ander perspektiewe kon oplewer.

4.4 Affiksoïede

Ten slotte, in Figuur 6.2 word daar naas afhanklike en onafhanklike eenhede ook nog melding gemaak van affiksoïede (ook genoem half-affikse; sien Meesters, 2004: 40–41). Affiksoïede is komponentstrukture wat onafhanklike eenhede (simplekse) is, maar wat soos affikse begin lyk wanneer dit in komposita ’n gespesialiseerde betekenis be-gin kry. Hulle is dus nog nie affikse nie, maar is in die proses van grammatikalise- ring (vergelyk Breed, 2012) waarskynlik besig om affikse te word.

Dink hier aan gevalle met hond-: in hond-s+getrou kan ons nog sê dat die kom-positum “so getrou soos ’n hond” beteken, maar hond+moeg beteken “baie moeg”, hond+siek “baie siek” en hond+snaaks “baie snaaks”. Ons kan dus sê dat hond- in komposita sistematies ’n gespesialiseerde betekenis begin kry en dat dit as intensive- ringsprefiks funksioneer. Ander voorbeelde van affiksoïede sluit in dol- in dol+graag, dol+verlief, dol+gelukkig, of wel- in welvaart, welriekend, weldeurdag, of kuns- in kunsbeen, kunstande, of sekresievorme (Schmid, 2011: 130) soos die Engelse -gate in Nkandlagate, Camillagate, Bladegate, ensovoorts.

Page 19: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

189

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Die posisie van affiksoïede in Figuur 6.2 dien ook as illustrasie om ’n belangrike tekortkoming van taksonomieë soos hierdie te illustreer. Affiksoïede kan eintlik nie gesien word as ’n afsonderlike kategorie met duidelike grense nie – dit is juis ’n ver-skynsel wat iewers tussen die ander kategorieë val, nader aan onafhanklike eenhede as affikse.

In die geval van Figuur 6.2 is die taksonomie gewoon ’n hulpmiddel wat ons help om al die inligting beter in kaart te bring. Dit skep dus misleidend die indruk van diskrete kategorieë en kategoriegrense, terwyl taalverskynsels eintlik vae grense het en dikwels eerder op ’n kontinuum voorgestel moet word (Schmid, 2011: 93–94). Dit geld des te meer in die volgende afdeling, waar ons ook ’n taksonomie van komposisie- strukture gaan opstel (sien Figuur 6.3).

5 MORFOLOGIESE KOMPOSISIESTRUKTURE

In die inleiding tot hierdie hoofstuk het ons gesê dat die morfologie die ontstaan van komplekse woorde bestudeer. As sodanig is ons geïnteresseerd in woordvormings-prosesse (“word-formation”) en nie noodwendig in ander prosesse waardeur die woor-deskat uitgebrei word nie.

So byvoorbeeld word nuwe woorde (neologismes) van tyd tot tyd deur nuutskep-ping gemaak. In sulke gevalle is dit die kombinasie van klanke wat meestal ’n simpleks tot gevolg het en daarom het ons in die morfologie nie eintlik so ’n groot belangstel-ling in nuutskepping nie. Nuutskeppings word dikwels gebaseer op klanknaboot- sing (byvoorbeeld ghoef, boggom, doef-doef(-musiek), tjoek-tjoek, ensovoorts), of is in sommige gevalle die produk van een of ander bemarkingsveldtog (dink byvoorbeeld aan Ayoba, wat oënskynlik geen ekwivalent in enige taal het nie).

Deur die wysiging van ’n grondwoord se klanke of struktuur kan nuwe woorde ook gevorm word. Hier kan ons veral drie prosesse onderskei, te wete:

• Volksetimologie, dit is die proses waardeur ’n woord gevorm word op die basis van ’n ingedinkte of verbeelde ander woord (gewoonlik uit ’n ander taal). Die woord katjiebotter vir “grondboontjiebotter” is waarskynlik ’n vervorming van die Ma-leise katjang (“grondboontjie”) + Nederlandse boter (“botter”) en het niks met die produsent Black Cat te doen nie. So ook kom spinnerak uit die Nederlandse spin-nerag, waar ’n spin ’n spinnekop en ’n rag ’n netwerk is; om spinnerak dus op een of ander wyse as kompositum te ontleed, sou futiel wees.

• Verdraaiing, dit is die verandering van klanke of woorddele om krag- en skelwoor-de of taboewoorde te vermy. So byvoorbeeld is blikskottel of bliksement verdraai-ings van bliksem, of maggies, magistraat en mapstieks verdraaiings van allemagtig (as verwysing na God), net soos ook gits (<Gods) en jissie of jislaaik (<Jesus).

• Transliterasie, dit is die omsetting van een skrifsisteem na ’n ander. Daar is talle voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoor-beeld glasnost en perestroika (uit Russies), sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn), of informele slengwoorde soos enniewei (<anyway), oukei (<okay) en naais (<nice) uit Engels. Naas transliterasie is daar ander leenprosesse waarmee die woordeskat van ’n taal uitgebrei kan word. Met betrekking tot morfologie moet ’n mens veral

Page 20: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

190

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

ook kennis neem van leenmorfologie, waar die morfologie uit die brontaal oorge-neem word in Afrikaans. ’n Woord soos werkswinkel is nie ’n oorspronklike Afri-kaanse kompositum nie, maar die woord én sy morfologiese struktuur is oorgeneem uit die Engelse “workshop”.

Geen van hierdie prosesse van nuutskepping of wysigings (of nog ander, aangedui met die stippelblokkie in Figuur 6.3) staan sentraal in die bestudering van die morfologie van ’n taal nie. Dit is egter wel noodsaaklik om bewus te wees van prosesse soos hier- die, ten einde uitleg te kan gee van moontlike historiese prosesse, of om fyn te trap vir foutiewe analises.

In die volgende afdeling word ’n breë oorsig gegee oor die woordvormingspro- sesse wat algemeen en produktief in Afrikaans voorkom om komposisiestrukture te skep, te wete kombinasieprosesse (afdeling 5.1), reduksieprosesse (afdeling 5.2), om-skakelingsprosesse (afdeling 5.3) en versmeltingsprosesse (afdeling 5.4). Vergelyk die taksonomiese voorstelling in Figuur 6.3, wat weereens – soos Figuur 6.2 – slegs as ’n heuristiese hulpmiddel gesien moet word. Eweneens moet die grenslyne tussen die kategorieë in die meerderheid van gevalle gesien word as vaag en dinamies; lidmaat-skap word nie bepaal deur alles-of-nikswaardes nie.

5.1 Kombinasieprosesse

Kombinasieprosesse behels dat komposisiestrukture gevorm word deur komponent-strukture op verskillende wyses met mekaar te kombineer. Dit sluit in affiksering, samestelling, vloekwoordinlywing en reduplikasie.

5.1.1 Affiksering

Affiksering is die mees algemene proses van kombinasie, en soos ons in die vorige afdeling gesien het, kan affiksering plaasvind deur middel van prefikse, suffikse of ambifikse, om afgeleide of geflekteerde vorme te skep. Let op dat fleksie nie as ’n woordvormingsproses gesien word nie, maar dat dit eerder gesien word as ’n pro- ses waardeur verskillende grammatikale woordvorme geskep word; nogtans is ge- flekteerde vorme ook komplekse komposisiestrukture en word dit daarom in hierdie taksonomie ingesluit.

By fleksie kan ons ’n addisionele gespesialiseerde proses onderskei, naamlik sup-plesie. Supplesie is die proses waardeur ’n woord wat etimologies gesproke nie ver-band hou met die grondwoord nie, optree as die woord se meervoud, verledetydsvorm, ensovoorts (Bauer, 2004: 98). Die beste voorbeelde in Afrikaans is beter en beste as die komparatief- en superlatiefvorme van goed, asook veel as supplesievorm van baie. Vergelyk ook wees en was as supplesievorme van is, of ambagslui as meervoud van ambagsman.

In ’n paar uitsonderlike gevalle sou ’n mens ook sommige afleidings as supplesie-vorme kan beskou (met ander woorde dat supplesie nie suiwer ’n fleksieproses is nie); vergelyk byvoorbeeld dat ’n inwoner van Madrid ’n Madrileen is, of iemand wat van Monaco kom ’n Monegask is. Vir beide hierdie gevalle sou ander argumente ook kon geld en bly dit debatteerbaar of ’n mens dit as supplesievorme moet beskou.

Page 21: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

191

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Woo

rdes

katu

itbre

idin

g

Woo

rdvo

rmin

gspr

oses

seNu

utsk

eppi

ngsp

rose

sse

Wys

igin

gspr

oses

se

Omsk

akel

ings

pros

esse5.

3Re

duks

iepr

oses

seVe

rsm

eltin

gspr

oses

seKo

mbi

nasi

epro

sess

eVo

lkse

timol

ogie

Verd

raai

ing

Tran

slite

rasi

e

Inko

rting

Truv

orm

ing

Afko

rting

Redu

plik

asie

Sam

este

lling

Vloe

kwoo

rdin

lyw

ing

Affik

serin

g

Knip

sel m

etin

agne

min

g va

nm

orf.

stru

ktuu

r

Knip

sel s

onde

rin

agne

min

g va

nm

orf.

stru

ktuu

r

Lette

rkla

nk-

woo

rd(A

kron

iem

)

Lette

rnaa

m-

woo

rd(A

kron

iem

)

Egte

afko

rting

Afle

idin

gFl

eksi

evor

mSu

pple

siev

orm

Attri

buut

-ko

mpo

situ

m

Fras

ekom

posi

tum

Basi

skom

posi

tum

Basi

skom

posi

tum

Verb

um-n

eksu

s-ko

mpo

situ

mBa

sisk

ompo

situ

mFr

asek

ompo

situ

m(N

eo)k

lass

ieke

kom

posi

tum

Appo

sisi

e-ko

mpo

situ

mNe

wes

kikk

ende

kom

posi

tum

Onde

rski

kken

deko

mpo

situ

mSa

mes

telle

nde

kom

posi

tum

Sam

ekop

pelin

gSa

mes

telle

nde

afle

idin

g

Ekso

sent

ries

Endo

sent

ries

Ekso

sent

ries

Endo

sent

ries

Ekso

sent

ries

Endo

sent

ries

Endo

sent

ries

Endo

sent

ries

Rand

vers

kyns

els

ATAP

5.4

5.2

5.1

5.1.

15.

1.3

5.1.

35.

1.3

5.2.

15.

2.3

5.2.

2

5.1.

2.2

5.1.

2.3

5.1.

2.1

5.1.

2.4

5.1.

2.5

Fig

uu

r 6.

3 M

orfo

logi

ese

kom

posi

sies

truk

ture

in A

frik

aans

Page 22: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

192

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

5.1.2 Samestelling

Naas affiksering is samestelling die mees produktiewe woordvormingsproses in Afri- kaans. Samestelling kan gedefinieer word as die proses waardeur ’n kompleks ge-vorm word wat uit ten minste twee stamme (vrye, afhanklike of gereduseerde stamme) bestaan. Dink aan voorbeelde waar twee vrye stamme verbind, soos boom+wortel, geel+wortel of geel+rys, teenoor gevalle waar twee afhanklike stamme verbind, soos bio+logie, bio+graaf of bio+skoop. Dit gebeur ook dat een afhanklike stam met ’n vrye stam verbind, soos eko+park, tele+bemarking en hidro+plaas, of ’n geredu-seerde stam met ’n vrye stam, soos Sanlam+polis en ANC+lid.

Prototipies is een van die twee stamme in die kompositum die kern (dit is die deel wat die hoofbetekenis en woordsoort bepaal) en die ander een die bepaler (dit is die deel wat uitbrei op die betekenis van die kern). In Afrikaans is die regterkantste deel van ’n kompositum in die meeste gevalle die kern. So is ’n boomwortel ’n soort wortel, en telebemarking ’n spesifieke soort bemarking. Uitsonderings hierop is gevalle van saamgestelde ampsbenamings waar die eerste deel die kern en die tweede deel die be- paler is, soos byvoorbeeld direkteur-generaal (’n soort direkteur en nie ’n soort gene-raal nie) of landmeter-generaal (’n soort landmeter).

Die konsep van ’n kern is noodsaaklik vir ’n ander belangrike onderskeid wat getref word tussen komposita, naamlik tussen endosentriese en eksosentriese komposita. ’n Endosentriese kompositum is ’n kompositum waarvan die kern ingesluit is in die woord, soos in al die voorbeelde wat hierbo genoem is. In boom+wortel is wortel die kern, en ons sê dus ’n boomwortel is ’n soort wortel; daarom is boomwortel ’n en-dosentriese kompositum.

In sommige gevalle is die kern buite die woord geleë, en dan is dit eksosentries. ’n Maan+haar is byvoorbeeld nie ’n soort haar nie, maar wel ’n soort leeu (volwasse leeumannetjie); ’n rooi+kop is nie ’n soort kop nie, maar wel ’n persoon met rooi hare. Albei gevalle is dus gevalle van eksosentriese komposita – die kern lê buite die komposita.

Een van die kwessies wat nog nie werklik na bevrediging in die morfologie opge-los is nie, is die klassifisering van komposita: watter soorte komposita kry ons en hoe onderskei ons tussen die verskillende soorte? Baie van die terme word verskillend deur verskillende outeurs gebruik, terwyl dieselfde outeurs selfs soms dieselfde term op verskillende maniere aanwend. In ’n inleidende hoofstuk soos hierdie moet ons volstaan met ’n breë oorsig en moet verfynings en veranderings aan ’n taksonomie (of ander tipe voorstelling) in toekomstige navorsing uitvoerig hanteer word.

Vir die doeleindes van hierdie hoofstuk gebruik ek ’n effens aangepaste weergawe van die universele taksonomie vir komposita wat Scalise en Bisetto (2009) opgestel het. Dié word vervat in Figuur 6.3 as die vier hooftipes komposita, naamlik newe- skikkende komposita (afdeling 5.1.2.1), attribuutkomposita (afdeling 5.1.2.2), appo-sisiekomposita (afdeling 5.1.2.3) en onderskikkende komposita (afdeling 5.1.2.4). Daarnaas bespreek ons kortliks enkele randverskynsels wat op die grens lê tussen ver-skillende soorte morfologiese prosesse en ander sintaktiese prosesse, soos samestel-lende afleiding, samestellende samestelling en samekoppeling (afdeling 5.1.2.5).

Page 23: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

193

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

5.1.2.1 Neweskikkende komposita

’n Neweskikkende kompositum is ’n endosentriese of eksosentriese kompositum waarvan beide komponente gelyk gestel word om na ’n enkele referent te verwys, en waarvan beide komponente die kern van die kompositum is. So byvoorbeeld kan ons sê Etienne Leroux (die referent) was ’n skrywer-boer: hy was gelyktydig skrywer én boer en daarom word beide komponente in die neweskikkende kompositum gelyk gestel. Net so is Breyten Breytenbach ’n skilder-digter of Joan Hambidge ’n skrywer-kritikus. Daar is dus ’n hoë vlak van ooreenstemmende eienskappe in die semantiese struktuur van beide komponente: in bostaande gevalle is dit telkens ’n beroep / ambag / nering (skrywer, digter, boer, skilder, kritikus).

Die grammatikale eienskappe (veral byvoorbeeld die woordsoort) toon ook baie hoë vlakke van ooreenkoms: in die voorbeelde is al die komponente nomina wat na persone verwys. Die komponente is daarom sintakties gesproke eintlik identies. An-der voorbeelde sluit in blou-groen (“blou en groen”, teenoor blougroen “blouerige groen”), konkaaf-konveks, doofstom, bo-op en suster-hulle. Hierdie voorbeelde sou almal gesien kon word as endosentriese neweskikkende komposita, terwyl Scalise en Bisetto (2009: 46) Oostenryk-Hongarye, ma-kind, Bosnië-Herzegowina, ensovoorts as voorbeelde van eksosentriese neweskikkende komposita noem.

In navolging van Booij (2010: 51) se skema vir nominale komposita (sien voorbeeld (6) hierbo), kan die volgende algemene konstruksieskema vir endosentriese newe- skikkende komposita geformuleer word, waar “x” ’n nomen (n), verbum (v), of adjek-tief / adverbium (a) kan wees:

7 [ [a]Xi [b]Xj]Xk 1 [semi en semj]k

5.1.2.2 Attribuutkomposita

Scalise en Bisetto (2009) gebruik die akroniem ATAP om kollektief na attribuut-/ ap-posisiekomposita te verwys, aangesien attribuutkomposita en apposisiekomposita ’n aantal eienskappe gemeen het. In Figuur 6.3 word ATAP-komposita aangedui met ’n stippelblokkie, om aan te toon dat dit ’n kunsmatige etiket is.

In attribuutkomposita is daar ’n passing van die bepaler op ten minste een van die ensiklopediese eienskappe van die kern, of, soos Scalise en Bisetto (2009: 49) dit stel: “... it has the sole function of specifying a trait of the ... head.” In dié sin het dit dus ’n adjektiwiese funksie: as die bepaler ’n nomen is, dan druk daardie nomen ’n bepaalde kwaliteit uit, eerder as iets konkreets.

Tipiese voorbeelde is intensiewe vorme van adjektiewe (byvoorbeeld hond-s+ge-trou), waar die bepaler (hond) ’n prototipiese eienskap getrou het, wat ooreenstem met die kern (getrou). Ander prototipiese voorbeelde van endosentriese attribuutkomposita sluit in ys+koud (n+a) blou+draad (a+n) en rooi+warm (a+a). Ons kan die volgende algemene konstruksieskema vir endosentriese attribuutkomposita formuleer:

8 [[a]Xi [b]Xj]Xk 1 [semj het ’n kwaliteit soos semi]j

Alhoewel Scalise en Bisetto (2009) Engelse gevalle soos blue-eyed en near-sighted ook as gevalle van endosentriese attribuutkomposita beskou, beskou ek dit eerder as

Page 24: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

194

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

samestellende afleiding, soos hieronder in afdeling 5.1.2.5 bespreek sal word. Gevalle van eksosentriese attribuutsamestellings sluit in rooi+kop (persoon), bak+kop (slang), wys+neus (persoon), ensovoorts.

5.1.2.3 Apposisiekomposita

Naas attribuutkomposita kan apposisiekomposita geïdentifiseer word, wat ons definieer as endosentriese komposita waarvan een komponent (die bepaler) ’n kenmerk van die ander komponent (die kern) beskryf deur middel van ’n nomen (’n apposisie) wat optree as eienskap. In teenstelling met ’n attribuutkompositum waar die bepaler ’n kwaliteit aan die kern gee, ken die bepaler hier ’n kenmerk toe aan die kern. Vele n+n-komposita val in hierdie kategorie; vergelyk byvoorbeeld treffer+liedjie (“liedjie met die kenmerk treffer”), gunsteling+boek, sleutel+woord, ensovoorts.

’n Klompie intensiewe vorme met ’n verbum as eerste komponent (dit is v+a), val ook in die kategorie, aangesien die verbum ’n kenmerk toeken aan die adjektief. Vergelyk byvoorbeeld kraak+vars (“so vars dat dit eintlik kraak”) of druip+nat (“so nat soos iets / iemand wat druip”). Alle apposisiekomposita is endosentries; vergelyk die konstruksieskema in voorbeeld (11).

9 [[a]Xi [b]Xj]Xk 1 [semj het ’n eienskap soos semi]k

5.1.2.4 Onderskikkende komposita

Naas neweskikkende en ATAP-komposita, onderskei ons ook onderskikkende kom-posita, dit is endosentriese of eksosentriese komposita waarvan die interpretasie van die kompositum afhang van die moontlikheid om die verskillende ensiklopediese in-ligtingsdele in die argumentstruktuur (Plag, 2003: 149) van die twee komponentstruk-ture met mekaar in assosiasie te bring. Met ander woorde, komponent A pas in ’n se-mantiese rol (of ’n leë gleuf) in die argumentstruktuur van komponent B, byvoorbeeld as agent, onderwerp, instrument, deel, plek, ensovoorts, maar nooit as eienskap nie.

Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat hierdie verhouding een van ver-vulling is: as komponent B (die kern; byvoorbeeld koek) uit bestanddele bestaan, dan moet komponent A (die bepaler; byvoorbeeld sjokolade) as bestanddeel kan optree. Op dié wyse vervul A dus ’n semantiese gleuf van B.

Ons onderskei vier tipes onderskikkende komposita, te wete basiskomposita (in Engels “ground compounds”, ook genoem “root / primary compounds”), verbum-nek-suskomposita (ook genoem “syntactic / secondary compounds” in Engels), frasekom-posita (“phrasal compounds” in Engels) en (neo)klassieke komposita (“neo-classical compounds”).

In die geval van basiskomposita is die komponente normaalweg basisvorme, dus nie afleidings of geflekteerde vorme nie. Prototipiese endosentriese voorbeelde sluit in tafel+poot (n+n), stof+suig (n+v) en stryk+plank (v+n). Eksosentriese voorbeelde sluit in padda+stoel (n+n), boek+staaf (n+v) en suip+lap (v+n). Die konstruksieske-ma in 9 kan as voorbeeld van ’n tipiese basiskompositum beskou word.

’n Verbum-neksuskompositum is ’n tipe onderskikkende kompositum waar die kern van die kompositum altyd ’n gedeverbaliseerde nomen of adjektief is wat as on-

Page 25: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

195

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

afhanklike woord gebruik word (met ander woorde ’n nomen of adjektief wat afgelei is van ’n verbum, soos byvoorbeeld snyer of vegter). Dit is belangrik dat die morfo- logiese afleiding duidelik sigbaar moet wees in die geval van verbum-neksuskompos-ita; gevalle soos draai+bal, skaats+plank en swem+bad word dus as basiskomposita gesien. Voorbeelde van eksosentriese verbum-neksuskomposita sluit in sakkeroller (wat nie nie ’n tipe roller is nie) en trapsuutjies ( wat nie ’n tipe “suutjies” is nie), ter-wyl prototipiese endosentriese voorbeelde insluit:

10 [[a]N [[b]V sufnr]N]N (byvoorbeeld gras+sny-er, grens+vegt-er, weer+voor+spell-ing)

11 [[a]N [[b]V sufar]A]A (byvoorbeeld hand+ge-maak-t-e; munisipaliteit-s+beheer-d-e)

12 [[a]V [[b]V sufnr]N]N (byvoorbeeld eet+stak-ing, rits+sluit-er)

13 [[a]A [[b]V sufnr]N]N (byvoorbeeld kaal+nael-er, groot+prat-er)

Die derde tipe onderskikkende komposita is frasekomposita. ’n Frasekompositum kan gedefinieer word as ’n kompositum waarvan minstens óf die kern óf die bepaler ’n multiwoordeenheid (woordgroep / frase) is. Dit sluit voorbeelde in soos sout-en-peper-stel, bek-en-klouseer, been-voor-paaltjie-beslissing, doen-dit-self-boek, traak-my-nie-houding en help-my-fris-lyk-hempie. Let op dat gevalle soos wag-’n-bietjie nie misgis moet word as eksosentriese frasekomposita nie – dit is eerder ’n geval van inkorting op basis van ’n frasekompositum (<wag-’n-bietjie-boom).

In die vierde plek onderskei ons (neo)klassieke komposita, waar ten minste een (of albei) van die dele ’n afhanklike stam uit die klassieke stratum is. Vergelyk voor-beelde soos fono+logie, biblio+fiel, eko+diesel of Euro+sone; eersgenoemde twee voorbeelde kan gesien word as klassieke komposita, terwyl laasgenoemde gesien kan word as neoklassieke komposita op grond van die feit dat dit verbind met moderne, nieklassieke woorde.

5.1.2.5 Randverskynsels: samestellende afleiding, samestellende samestelling en samekoppeling

Die grense tussen die morfologie en die sintaksis moet as vaag gesien word, soos wat alle aspekte van die grammatika ’n invloed op mekaar het en onlosmaaklik deel van mekaar is. Hierdie wisselwerking tussen die morfologie en sintaksis kan effektief geïllustreer word aan die hand van enkele randverskynsels, te wete samestellende af-leiding, samestellende samestelling en samekoppeling.

Samestellende afleiding (ook genoem woordgroepafleiding; in Engels “synthetic compounding”) is ’n gespesialiseerde proses van afleiding en kan gedefinieer word as die proses waardeur ’n nuwe woord gevorm word as samestelling deur middel van afleiding plaasvind (Booij & Van Santen, 1998: 178), op basis van ’n multiwoord- eenheid (een van die komponentstrukture van so ’n eenheid is ’n sintaktiese frase). Waar ’n kompositum soos dienskontrak tot stand kom wanneer twee nomina (diens en kontrak) met mekaar kombineer, en waar afleiding gevorm word as die verbum skik met die afleidingsuffiks -ing kombineer om skikking te vorm, vind dié twee prosesse

Page 26: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

196

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

gelyktydig plaas in die vorming van indiensneming (in diens neem + -ing). In hierdie geval kan ons nie sê dat -ing eers met neem kombineer om *neming te vorm, en dan daarna met diens (*diensneming), en dan met in vir indiensneming nie.

Ons sê liewer dat die proses van samestelling slegs plaasgevind het deur middel van afleiding – samestelling en afleiding vind gelyktydig plaas. Een belangrike toets is dat die regterkantse deel van so ’n samestellende afleiding meestal nie as selfstandige woord gebruik kan word om die geheel te omskryf nie; ons kan byvoorbeeld nie sê indiensneming beteken *”neming van in diens” nie.

Dieselfde kan ook geïllustreer word aan die hand van geelkleurig, waar -ig nie eers met kleur verbind (*kleurig) en dan daarna met geel (geelkleurig) nie. Ons sien eerder dat die multiwoordeenheid geel kleur met mekaar verbind deur die toedoen van die suffiks -ig. Al drie komponente kombineer gelyktydig en ons kan dus praat van ’n ternêre woordstruktuur (teenoor binêr, waar ons slegs twee komponente op ’n slag met mekaar verbind).

Ons kan die konstruksieskema vir samestellende afleidings soos geelkleurig for-muleer soos in (14), waar -ig die frase pi (wat bestaan uit ’n adjektief (a = geel) en nomen (b = kleur)) verbind in ’n samestellende afleiding. Die geheel beteken “soos pi” (met ander woorde “soos geel kleur”).

14 [[[a]A[b]N]Pi ig]Aj 1 [soos semi]j

Op ’n nog meer abstrakte vlak sou ons kan sê dat ’n frase (pi) met behulp van een of ander suffiks (suf; meestal -er, -ster, -ing en -ery) verbind om ’n woord te vorm met woordsoort x, soos bepaal word deur die suffiks. Sien konstruksieskema 15.

15 [[a b]Pi sufk]Xj 1 [semk semi]j

Gevalle soos teraardebestelling ([[ter aarde bestel]ing]), besluitneming ([[besluit neem]ing]) en laatslaper ([[laat slaap]er]) word dus alles deur hierdie skema gesanksioneer (konstruksieskema 15 beskryf al hierdie konstruksies). Vergelyk Booij (2010: 48–50) vir ’n soortgelyke beskrywing van samestellende afleidings in Nederlands.

Dit is belangrik om daarop te let dat gevalle soos boekrakagtig en natuurkundig nie gesien word as samestellende afleidings nie, maar eerder as afleidings van reeds bestaande samestellings. Die samestellings boek+rak en natuur+kunde word eers gevorm en eers ná die proses van samestelling word ’n afleidingsuffiks (-agtig en -ig onderskeidelik) toegevoeg. Hierdie gevalle verteenwoordig nie ’n spesiale woord-vormingsproses nie, maar is gewoon afgeleide samestellings.

Waar samestelling deur áfleiding plaasvind in die geval van samestellende aflei- ding, vind samestelling plaas deur middel van sámestelling in die geval samestellende komposita (ook genoem samestellende samestellings), soos onder+water+kamera, vier+slaap+kamer+huis en blou+oog+kind, asook verhandelbare+dokumente+reg, hoë+hak+skoen en vuurspuwende+berg+gids.

In laasgenoemde geval het ons byvoorbeeld nodig om (soos by samestellende af-leiding) ’n ternêre woordstruktuur te postuleer: die frase vuurspuwende berg word saamgestel deur middel van samestelling met gids. As ons aan die woord ’n binêre in-terpretasie wou gee (met ander woorde berg+gids, en dan ?vuurspuwende+berggids),

Page 27: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

197

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

sou die kompositum met ander woorde geïnterpreteer word as ’n berggids wat vuur-spuwend is. ’n Ternêre struktuur laat ons egter toe om die woord korrek te interpreteer.

’n Ander interessante verskynsel in vele Germaanse tale is skeibare, saamgestelde verba soos op+skryf (Hy skryf dit in sy dagboek op), goed+keur (Sy keur nie sy gedrag goed nie) en klavier+speel (Ek het jarelank klaviergespeel). Skeibare, saamgestelde verba kom tot stand deur die proses van samekoppeling (De Haas & Trommelen, 1993: 31; Booij & Van Santen, 1998: 226–229); ook genoem “pseudo-compounds” (Marchand, 1969) of “coupled verbs” (De Rooij-Bronkhorst, 1980)).

Anders as in die geval van gewone komposita waar twee vrye morfeme ook met mekaar verbind om ’n nuwe woord te vorm, kan ’n samekoppeling wél deur middel van sintaktiese en morfologiese prosesse geskei word. Vanuit dié perspektief is die gevalle in voorbeelde (16) en (17) dus samekoppelinge, terwyl die gevalle in voorbeel-de (18) en (19) komposita is:

16 oor+kom: Hulle sal môre oorkom vir tee; Hulle het gister oorgekom vir tee.

17 fees+vier: Sy sal volgende jaar wéér feesvier; Sy hou daarvan om elke jaar fees te vier.

18 oor+kom: Hy sal sy probleme oorkom; Hy het sy probleme oorkom.

19 stof+suig: Hy sal môre weer moet stofsuig; Hy het sy sitkamer gister ge- stofsuig.

5.1.3 Vloekwoordinlywing en reduplikasie

Ten slotte onderskei ons onder kombinasieprosesse twee prosesse wat al redelik om-vattend in Afrikaans beskryf is, te wete vloekwoordinlywing (vergelyk Feinauer, 1981) en reduplikasie (vergelyk Botha, 1988; Conradie, 2004; Den Besten, Luijks & Roberge, 2003; Van Huyssteen & Wissing, 2007). Vloekwoordinlywing is die proses waartydens ’n bisillabiese, adjektiwiese vloekwoord tussen twee lettergrepe (gewoon-lik vóór die lettergreep wat hoofklem dra) in ’n woord ingevoeg word, meestal sonder inagneming van die morfologiese struktuur van die woord; vergelyk byvoorbeeld as-se-bleddie-blief of fan-flippen-tasties.

Reduplikasie is die proses waartydens twee identiese komponentstrukture met me-kaar kombineer om ’n nuwe vorm met ’n nuwe betekenis te vorm. So byvoorbeeld beteken lag-lag “maklik” en klop-klop “aanhoudend klop”. Ons onderskei tussen egte reduplikasies (soos gou-gou en die kinderspeletjie dokter-dokter), eggowoordredu- plikasies waar die tweede woord naastenby klink soos die eerste woord (soos woer-war en wielie-walie), en onomatopeïese reduplikasies (soos tjoef-tjoef en hoep-hoep).

Let wel dat reduplikasies ook ontleed sou kon word as neweskikkende komposita, aangesien geen van die komponentstrukture as kern van die kompositum geïdentifi- seer kan word nie. Waar neweskikkende komposita altyd ’n “en”- of “of”-interpretasie het, het reduplikasie nooit een van dié twee interpretasies nie, maar eerder byvoor-beeld “maklik” (speel-speel), “aanhoudend” (knip-knip), ensovoorts (vergelyk Van Huyssteen, 2004).

Page 28: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

198

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

5.2 Reduksieprosesse

Ons kan reduksie definieer as die proses waar woorde gevorm word deur middel van weglating van morfeme of woorddele. Tradisioneel word daar nie veel aandag aan reduksie as woordvormingsproses in inleidende (en selfs omvattende) boeke oor die morfologie gegee nie, waarskynlik omdat mense nie aan verkorte / gereduseerde woord- vorme dink as die resultaat van woordvormingsprosesse nie.

Oor die algemeen lê die navorsingsveld met betrekking tot reduksieprosesse ook redelik braak (internasionaal en vir Afrikaans). Combrink (1990a: 55) sê ook dat dit ’n verskynsel is wat veel meer algemeen is as wat ’n mens sou dink. In die digitale era sien ons dit dikwels in SMS- en internettaal – dink aan voorbeelde soos d vir die, biqi vir bietjie, LMGA vir lag my gat af, lkr vir lekker, ensovoorts. In Figuur 6.3 word ’n onderskeid getref tussen afkorting, inkorting en truvorming.

5.2.1 Afkorting

Die proses van afkorting kan algemeen beskryf word as die proses waardeur ’n nuwe woord gevorm word op basis van die beginletters van ’n woord of woordgroep. Verge-lyk byvoorbeeld egte afkortings soos prok. (<prokureur), dr. (<dokter) en a.g.v. (<as gevolg van), teenoor akronieme (ook ’n resultaat van die algemene proses van afkor-ting) soos VSA (<Verenigde State van Amerika) en PanSAT (<Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad). Egte afkortings het twee kenmerkende eienskappe wat dit onderskei van akronieme:

• Egte afkortings word gewoonlik met punte geskryf. Hoofstuk 3 in die AWS (Taalkommissie, 2009) gee talle reëls, riglyne en uitsonderings.

• Egte afkortings word nooit uitgespreek nie – die oorspronklike vorm waarop dit ge-baseer is, bly die fonologiese beeld van die afkorting. As ons a.g.v. lees, sê ons nie “a punt g punt v punt” nie, maar eerder “as gevolg van”. Die afgekorte vorm kom dus slegs in geskrewe taal voor.

Akronieme is ’n uitsonderlike geval van afkorting, aangesien dit wel in geskrewe en gesproke taal voorkom. ’n Akroniem wat volgens die alfabetname van die letters uit-gespreek word, word ’n letternaamwoord genoem, soos byvoorbeeld BA ([be: ɑ:], VLU ([fe: ɛl y], NWU, WNNR, ensovoorts. Wanneer dit as woord uitgespreek word, word dit ’n letterklankwoord genoem, soos Avbob (<Afrikaanse Verbond Begraf-nisondernemers Beperk), Sasol, Absa, ensovoorts.

Beide egte afkortings en akronieme kan as komponentstruktuur optree in reduk-siekomposita. Vergelyk byvoorbeeld o.p.s.-+telling (<omwentelinge-per-sekonde-tel-ling) of MScAgric-+graad (<Magister Scientiae Agriculturae-graad).

5.2.2 Inkorting

Ter wille van ekonomie in taalgebruik maak taalgebruikers dikwels in geskrewe en gesproke taal gebruik van inkorting om iets korter en kragtiger te stel. Sodanige inkor-ting kan geskied met of sonder inagneming van die grondwoord se morfologiese struktuur. Combrink (1990a: 56–57) noem reduksies knipsels sonder inagneming

Page 29: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

199

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

van morfologiese struktuur (in Engels “clippings”) en sluit voorbeelde in soos ad-min (<administrasie), memo (<memorandum), dok (<dokter), prof (<professor), Potch (<Potchefstroom), Liz (<Elizabeth), ensovoorts.

In ’n geval soos admin is die morfologiese struktuur van die grondwoord ad-min-istr-asie; deur admin van administrasie te maak, word die morfologiese struktuur van die grondwoord dus nie in ag geneem nie. Gevalle soos dié kom meestal voor in infor-mele geselstaal, asook in name vir mense en plekke.

Inkorting met inagneming van morfologiese struktuur (net “inkortings” genoem deur Combrink, 1990a) kom daarenteen veel meer algemeen voor, ook in formele taal-gebruik. Ons sien in Afrikaans dat die inkorting aan die linkerkant, regterkant of in die middel van die woord / multiwoordeenheid kan plaasvind:

• Linkerkant: foon (<telefoon)• Regterkant: wilger (<wilgerboom), Sasol (<Sasolburg)• Middel: selfoon (<sellulêre telefoon), waspoeier (<wasgoedpoeier), langvraag

(<langantwoordvraag)

Combrink (1990a: 67) wys dat ’n mens daarop bedag moet wees om nie gevalle soos speurhoof (<speurdienshoof) en rubberplantasie (<rubberboomplantasie) te analiseer as komposita nie (dit is *speur+hoof of *rubber+plantasie). Om kernsentrale seman-ties en sintakties te probeer ontleed (en die sistematiek daaragter te voorspel) sonder om te weet dat kern- hier eintlik na kernkrag verwys, is ’n futiele oefening.

5.2.3 Truvorming

Truvorming (in Engels “back-formation”) is die proses waardeur ’n eenvoudiger woord gevorm word uit ’n meer komplekse woord deur middel van weglating, op basis van ’n verbeelde morfologiese struktuur van die grondwoord. Combrink (1990a: 56) verwys dan ook hierna as “volksmorfologiese ontleding”, na aanleiding van volksetimologiese vorme (in Engels “re-interpretation”). Vergelyk byvoorbeeld boskaas (“erg deurme-kaar en groot haarkapsel”) as voorbeeld van ’n truvorm op basis van die oorspronklike boskasie (“welige haargroei”):

20 boskaas < boskasie (via die Nederlandse bosschage, uit die Oudfranse bosc+age “klomp bome en bosse”)

Ons sien dat boskasie etimologies gesproke bestaan uit bosk-asie; hierdie selfde -asie kry ons in ander Afrikaanse woorde soos plant-asie, pakk-asie, bag-asie, ensovoorts. In ’n volksetimologiese ontleding word boskasie egter gesien as die verkleiningsvorm van boskaas, aangesien dit algemeen bekend is dat kaas se verkleiningsvorm kasie is. As ek dus wil oordryf om na ’n groot bos hare te verwys, dan gebruik ek die ingedinkte basisvorm (boskaas) in plaas van die ingedinkte verkleiningsvorm (boskasie).

Booij (2002: 163) wys daarop dat n+v-komposita soos stof+suig en beeld+hou gevalle van truvorming is, aangesien komposita met ’n verbum as kern nie meer ’n produktiewe proses in Germaanse tale is nie. As ons egter gevalle soos hierdie as tru-vorme ontleed, kan ons dit wel makliker verklaar.

Page 30: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

200

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

5.3 Omskakelingsprosesse

Die proses van omskakeling word in Afrikaans ook transposisie (Botha, 1968: 103), funksiewisseling of meerfunksionaliteit (Kempen, 1969) genoem, in Nederlands “im-pliciete transpositie, conversie, of nulafleiding” (Booij & Van Santen, 1998: 30) en in Engels “conversion” of “zero derivation”. Omskakeling is die proses waardeur ’n woord van woordsoort verander sonder enige eksplisiete morfologiese verandering – die woord word as ʼt ware omgeskakel van een woordsoort na ’n ander. Ons dink hier aan gevalle soos in voorbeelde 21 en 22:

21 Hy gaan bankv sy geld by die naaste bankn.

22 Leesn is lekker.

Booij (2007: 5) stel dat “... conversion ... may be subsumed under derivation”, sonder om dit zeroafleiding te noem; so vermy ’n mens dus die probleem om ’n vae zero-morfeem te probeer identifiseer. Na aanleiding van ’n patroon wat Booij (2002: 135) geformuleer het, kan ons die volgende konstruksieskema vir omskakeling identifiseer:

23 [[x]Ni]Vj 1 [proses waarby semi betrokke is] j

Ons kan dus sê om ’n soekterm te google is die proses waarby Google betrokke is, om iemand te SMS is die proses waarby “short messaging service” betrokke is, ensovoorts. Insgelyks, in die omgekeerde is lees in 22 die ding (“thing”) wat jy doen as jy besig is om te lees.

5.4 Versmeltingsprosesse

Tydens versmelting word twee vrye morfeme met mekaar verbind deur gedeeltes van elk te reduseer, voordat die dele gekombineer word. Hier is meestal sprake van re-duksie sonder inagneming van morfologiese struktuur; vergelyk byvoorbeeld motel (<motor+hotel), midbyt (<middagete+ontbyt), klong (<klein+jong) en stroois (<strooi +huis).

Let op dat Combrink (1990a) die term reduksiesamestelling gebruik vir voorbeel-de soos motel, en die term versmelting vir voorbeelde soos klong, knelter / knalter, stroois en tarentaal. Volgens hom is die onderskeid tussen die twee dat gevalle soos klong “natuurlik” is, terwyl gevalle soos midbyt doelbewus gemaak is. Myns insiens is dit onnodig om dit te verreken in ’n taksonomie waar ’n mens die struktuur van komposita probeer beskryf. Ander name hiervoor is splinterkomposita of samesmel-tings vanuit Nederlands, of “blends” of “portmanteau words” vanuit Engels (Meesters, 2004: 101–102).

6 VOORUITSKOUING

Hierdie inleidende hoofstuk tot die Afrikaanse morfologie dien om basiese hulpmid-dels wat nodig is om morfologiese konstruksies te beskryf, aan die student en navorser beskikbaar te stel. Dit sluit in ’n oorsig (taksonomie) van komponentstrukture (Figuur

Page 31: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

201

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

6.2), ’n oorsig (taksonomie) van komposisiestrukture (Figuur 6.3) en ’n redelik een-voudige beskrywingskonvensie (konstruksieskemas). Hierdie hulpmiddels behoort voldoende te wees om te begin om patrone in data te identifiseer en iets oor hierdie patrone te sê. Hiermee word die deure hopelik vir ondernemende studente en voorne-mende navorsers geopen om braakvelde in die Afrikaanse morfologie te ontgin.

Die hoofstuk word afgesluit met los aantekeninge oor moontlike navor- singsvrae /-onderwerpe wat in die afsienbare toekoms in Afrikaanse morfologie aandag sou kon geniet.

• Gegewe bostaande raamwerk, moet ’n groot aantal morfologiese konstruksies nog in Afrikaans beskryf word. Dink byvoorbeeld aan die meervoudskonstruksie, die partisipium, trappe van vergelyking, persoonsafleidings en adjektiverings van bin-nelandse en buitelandse geografiese eiename (byvoorbeeld Antwerpen – Antwer- pen-aar – Antwerp-s), samestellings met komplekse eiename (byvoorbeeld Dooie See-rolle), die interfiks in Afrikaans, polimorfemiese konstruksies (byvoorbeeld antikoperkabeldiefstaleenhede), die aard en ontwikkeling van affiksoïede, die siste- matiek van reduksieprosesse in die algemeen en spesifiek in SMS-taal, ensovoorts.

• Bestaande beskrywings (byvoorbeeld van die reduplikasiekonstruksie, die diminu- tiefkonstruksie, attributiewe adjektiewe, verskeie afleidingsaffikse, ensovoorts) kan herbesoek word ten einde hipoteses te toets aan die hand van meer omvattende kor-pusse soos wat deesdae beskikbaar is.

• Die debat oor die onderskeid tussen fleksie en afleiding in Afrikaans is nog hoe-genaamd nie beslis nie. Nuwe insigte uit nuwe teorieë en met nuwe data sou die sieninge in afdeling 4.3.2 kon heroorweeg en herbeskryf. So byvoorbeeld moet daar oorweeg word of die diminutief wel as fleksiemorfeem gesien moet word, of waar-om rangtelwoordvormers (vier-de), vroulike uitgange (orrelist-e) of genusaandui- ders (die hond-e in Ek hou van honde) nie in Tabel 6.4 aangedui word nie.

• Die klassifisering van komposita verdien ’n veel meer omvattende beskrywing as wat in afdeling 5.1.2 gegee kon word. So byvoorbeeld moet die aard van en onder-skeid tussen verskillende soorte onderskikkende komposita duidelik gemaak word, die voorkoms van spesifieke soorte komposita moet aan die hand van korpusdata beskryf word, ’n indeling op basis van woordsoortkategorieë moet gedoen word, die rol van metaforiek en metonimie in die vorming van komposita moet ondersoek word, ensovoorts. Ook moet die onderskeid tussen samestellende afleiding, same-stellende komposita en samekoppelings duideliker gemaak word, ook liefs aan die hand van korpusdata. Teoretiese insigte vanuit byvoorbeeld die konstruksiemorfo- logie sou kon bydra om hierdie onderskeide duideliker te ekspliseer en modelleer.

• Komparatiewe en konstratiewe beskrywings met Nederlands en ander Germaanse tale is ook ’n vrugbare terrein vir navorsing. So byvoorbeeld kan beskryf word hoe Afrikaanse en Nederlandse komposita verskil en waarom, of in watter mate watter Germaanse tale meer of minder reduksieverskynsels het, of die gebruik van verskillende soorte konstruksies in verskillende tale om byvoorbeeld aspek uit te druk, ensovoorts. Sulke tipes navorsing sal insig bied in die grammatikalisering of

Page 32: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

202

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

leksikalisering van bepaalde konstruksies in die onderskeie tale, wat weer insig kan bied in die ontwikkeling en groei van taal in die algemeen.

• Die rekenaarmatige modellering van vele morfologiese prosesse sou ook moontlik nuwe insigte in die beskrywing van sulke prosesse kon bring. So byvoorbeeld kan daar nog baie gedoen word om die semantiese verhoudings in verskillende soorte komposita te modelleer (byvoorbeeld die verskil tussen etenstafel, kombuistafel en houttafel), of om verskillende afleidingsprosesse (byvoorbeeld persoonsvormers) te simuleer. Benewens modellering moet praktiese toepassings, soos byvoorbeeld ’n volledige morfologiese ontleder, ook nog ontwikkel word.

• Bittermin psigolinguistiese navorsing is nog in en oor Afrikaans (en spesifiek Afri- kaanse morfologie) gedoen. Deur in die voetspore van Nederlandse navorsers te volg kan interessante komparatiewe studies gedoen word oor die interfiks, of oor meervoudsvorming in Afrikaans. Die psigolinguistiese verbande tussen morfologie en spelling (soos byvoorbeeld die invloed van die vasskryftradisie in Afrikaans op konseptualisering) sou ook verken kon word. Ook sou daar byvoorbeeld deur psigo-linguistiese navorsing vasgestel kon word wat die kognitiewe werklikheid (al dan nie) van skemas is, wat uiteindelik meer insig kan bied in die menslike prosessering van taal in die algemeen.

7 BRONNELYS

7.1 Morfologiebronne oor Afrikaans: Julie 1989–Desember 20127.1.1 Beskrywende, teoretiese en toegepaste linguistiekBreed, C.A. 2012. Die grammatikalisering van aspek in Afrikaans: ’n semantiese studie van perifrastiese

progressiewe konstruksies. PhD-proefskrif. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.Carstens, A. 1990. Komposisionaliteitsbeginsel en die beskrywing van geleentheidskomposita. South Afri-

can Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 8(3): 99–106, Aug.Carstens, A. 1992. Kollokasies: vrye verbindings of lekseme? South African Journal of Linguistics = Suid-

Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(1): 1–11, Febr.Carstens, A. & Swanepoel, P.H. 1993. Komposisionaliteit, motivering en die grammatika van Afrikaans.

South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 14: 1–78, Apr.

Coetzee, A. 2001. Van morfologie tot sintaksis: taalvorme van die Bolandse wingerdwerkers. In Carstens, A. & Grebe, H. (Reds.). Taallandskap: huldigingsbundel vir Christo van Rensburg. Pretoria: Van Schaik, 21–29.

Coetzee, A. 2002. Die 2002-AWS en grammatikale subkategorieë. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 36(3–4): 377–385, Des.

Coetzee, A. & Kruger, J. 2004. Die Afrikaanse verkleinwoord 1: ’n morfo-semantiese grammatika. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 38(2): 316–352, Des.

Coetzee, A.E. 1999. Woordstatus, spelling en betekenis. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 33(4): 305–315, Des.

Coetzee, A.E. 2000. Reduksieprosesse: produktiewe woordvormingsmiddele in Afrikaans. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 34(4): 311–322, Des.

Combrink, J.G.H. 1990a. Afrikaanse morfologie: capita exemplaria. Pretoria: Academica.Combrink, J.G.H. 1990b. Inkorting van naamwoorde en naamwoordstukke. Pretoria: Kongresreferate Lin-

guistevereniging van Suider-Afrika.

Page 33: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

203

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Combrink, J.G.H. 1992. Die kader vir beskrywing van inkorting: repliek op Prinsloo se ander perspektief. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 81–89, Mei.

Conradie, C.J. 1992. Tempus in Afrikaanse Bybelvertalings. South African Journal of Linguistics = Suid- Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 60–67, Mei.

Conradie, C.J. 1998. Preteritumverlies in vroeë Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 38(1): 6–20, Mrt.

Conradie, C.J. 1998. Tempusgebruik in Afrikaanse narratiewe. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 16(2): 37–43, Mei.

Conradie, C.J. 2003. Voltooide deelwoorde in verklarende Afrikaanse woordeboeke. In Botha, W.F. (Red.). ’n Man wat beur. Stellenbosch: Buro van die WAT, 174–182.

Conradie, C.J. 2004. Ikonisiteit en Afrikaanse reduplikasie. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 38(2): 334–348, Des.

Conradie, C.J. 2010. Het Nederlands en de standaardisering van het Afrikaanse werkwoordsysteem. In Van der Wal, M. & Francken, E. (Reds.). Standaardtalen in beweging. Amsterdam: Stichting Neerlandistiek VU, 67–83.

Conradie, C.J. 2012. The Dutch-Afrikaans participial prefix ge-: a case of degrammaticalization? In Keme-nade, A. & De Haas, N. (Eds). Historical Linguistics 2009: Selected Papers from the 19th International Conference on Historical Linguistics. Amsterdam: John Benjamins, 129–154.

Den Besten, H., Luijks, C. & Roberge, P.T. 2003. Reduplication in Afrikaans. In Kouwenberg, S. (Ed.). Twice as meaningful. Reduplication in Pidgins, Creoles and other contact languages. (Westminster Creolistics Series 8). London: Battlebridge, 271–287.

Jansen, C., Schreuder, R. & Neijt, A. 2007. The influence of spelling conventions on perceived plurality in compounds: a comparison of Afrikaans and Dutch. Written Language & Literacy, 10(2): 185–194.

Jenkinson, A.G. 1991. Strukturalistiese en generatiewe benaderings tot die morfologie: ’n metodologiese vergelyking. Acta Academica, 23(3): 120–138, Aug.

Jenkinson, A.G. 1993. Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans. South African Journal of Linguis-tics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 18: 100–122, Nov.

Klopper, R.M. 1989. Attributiewe adjektiewe in Afrikaans. South African Journal of Linguistics = Suid-Afri-kaanse Tydskrif vir Taalkunde, 7(3): 105–111, Aug.

Lee, A.S. 1991. Die voegsel ‘-s’ in Afrikaans. Johannesburg: Taalburo van die SAUK.Lubbe, H.J. 1993a. Die klempatrone van Afrikaans. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse

Tydskrif vir Taalkunde, 11(2): 49–59, Mei.Lubbe, H.J. 1993b. Klem in Afrikaans en die superswaar rym. South African Journal of Linguistics = Suid-

Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 18: 78–99, Nov.Lubbe, H.J. 1994. Leksikale fonologie as ’n beskrywingsraamwerk van fonologiese en morfologiese interak-

sie. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 12(4): 124–134, Nov.Lubbe, J. 1996. Fonologiese en morfologiese interaksie in Afrikaans. South African Journal of Linguistics =

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 31: 113–137, Nov.Otterman, S. 1993. Semantic interpretation of Afrikaans dimunitives. MA dissertation. Stellenbosch: Uni-

versity of Stellenbosch.Perold, M. 1990. Die grammatikale funksie en semantiese waarde van die voorvoegsel be- in Afrikaans.

MA-verhandeling. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.Prinsloo, A.F. 1992. Combrink se inkortingsreëls: ’n ander perspektief. South African Journal of Linguistics

= Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 75–81, Mei.Robbers, K.B.M. 1997. Non-finite verbal complements in Afrikaans: a comparative approach. PhD thesis,

University of Amsterdam. The Hague: Holland Academic Graphics.Savini, M. 1992. On the (non-) discreteness of morphological categories with special reference to affix

categories in Afrikaans. PhD thesis. Pretoria: University of South Africa.Savini-Beck, M. 1993. The old and the new: changing perspectives on the distinction between inflection

and derivation in Afrikaans. Acta Academica, 25(1): 30–48, March.Savini-Beck, M. 1995. Constraints on affixation in Afrikaans: some preliminary findings. South African

Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 13(1): 38–44, Feb.

Page 34: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

204

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Van Huyssteen, G.B. 2000. Die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans: enkele aspekte van ’n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir Afrikaans PhD-proefskrif. Potchefstroom: PU vir CHO.

Van Huyssteen, G.B. 2004. Motivating the composition of Afrikaans reduplications: a cognitive grammar analysis. In Radden, G. & Panther, K-U. (Eds). Studies in linguistic motivation. Berlin: Mouton de Gruyter, 269–292.

Van Huyssteen, G.B. 2010. (Re)defining component structures in morphological constructions: a cognitive grammar perspective. In Michel, S. & Onysko, A. (Eds). Cognitive approaches to word-formation. Berlin: Mouton de Gruyter, 97–126.

Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D.P. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 25(3): 419–439.

Van Marle, J. 1994. De derivationele morfologie: een vergeten hoofdstuk uit de geschiedenis van het Afrikaans. In Olivier, G. & Coetzee, A. (Reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans: opgedra aan Edith H. Raidt. Halfweghuis: Southern, 90–101.

Van Niekerk, A.E. 1989. Die leksikografiese hantering van komposita MA-verhandeling. Stellenbosch: Uni-versiteit van Stellenbosch.

Van Niekerk, L. 2001. ’n Korpusanalise van Afrikaanse eksosetriese komposita MA-verhandeling. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.

Van Rensburg, F.I.J. 1994. Die gebruik van die verboë en die onverboë adjektief in Van Wyk Louw se poësie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 34(2): 77–89, Jun.

Waher, H. 1994. Vernederlandsing en die Afrikaanse afleidingsaffikse: getuienis uit Kaapse Moeslim-Afri-kaans. In Van der Merwe, C., Waher, H. & Hambidge, J. (Samests.). Rondom Roy: studies opgedra aan Roy H. Pheiffer. Rondebosch: Universiteit van Kaapstad, 112–122.

7.1.2 Rekenaarlinguistiek

Daelemans, W, Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2009. Prototype-based active learning for lem-matization. In Angelova, G., Bontcheva, K., Mitkov, R., Nikolov, N. & Nikolov, N. (Eds). Proceedings of recent advances in natural language processing 2009. ISSN: 1313-8502. 14–16 September 2009. Borovets, Bulgaria, 65–70.

De Stadler, L.G. & Coetzer, M.W. 1992. A morphological parser for Afrikaans. In Botha, R.P., Sinclair, M. & Winckler, W. (Reds.). Taalwetenskap vir die taalprofessies = Linguistics for the language profession. Stellenbosch: Departement Algemene Taalwetenskap, Universiteit van Stellenbosch, 439–448.

Fick, M. & Swanepoel, C.J. 2010. Afrikaanse lettergreepverdelingspatrone. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 29(2): 48–65, Jun.

Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Outomatiese lemma-identifisering vir Afrikaans. Literator, 29(1): 65–91, Apr.

Pilon, S. 2005. Outomatiese Afrikaanse woordsoortetikettering. MA-verhandeling. Potchefstroom: NWU.

Pilon, S., Puttkammer, M.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Die ontwikkeling van ’n woordafbreker en kom-positumanaliseerder vir Afrikaans . Literator, 29(1): 21–41, Apr.

Puttkammer, M.J. & Van Huyssteen, G.B. 2006. Automatic text segmentation of Afrikaans using Memo-ry-Based Learning. In: Proceedings of the 17th annual symposium of the Pattern Recognition Associ-ation of South Africa. ISBN10: 0-620-37384-9; ISBN13: 978-0-620-37384-5. Pretoria: CSIR / Meraka.

Van Huyssteen, G.B. & Davel, M. 2010. Learning rules and categorization networks for language standard-ization. In Proceedings of the North American Chapter of the Association for Computational Linguistics (NAACL) Workshop on extracting and using constructions in computational linguistics. 6 June. Los Angeles, 39–46.

Van Huyssteen, G.B. & Pilon, S. 2009. Rule-based conversion of closely-related languages: A Dutch-to- Afrikaans convertor. In Nicolls, F. (Ed.). Proceedings of the 20th annual symposium of the Pattern Recog-nition Association of South Africa. ISBN: 978-0-7992-2356-9. 30 November–1 December. Stellenbosch, South Africa, 23–28.

Verhoeven, B., Daelemans, W. & Van Huyssteen, G.B. 2012. Classification of noun-noun compound se-mantics in Dutch and Afrikaans. In Proceedings of the 23rd annual symposium of the Pattern Recog-nition Association of South Africa. ISBN: 978-0-620-54601-0. 29–30 November. Pretoria, 121–125.

Page 35: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

205

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

7.2 Algemene bronne

Aronoff, M. & Fudeman, K. 2005. What is morphology? Oxford: Blackwell.Badenhorst, B., Carstens, A. & Van Rensburg, C. 1992. Basiskursus: aspekte van die Afrikaanse taalkunde.

Bloemfontein: Patmos.Bauer, L. 1983. English word-formation. Cambridge: Cambridge University Press.Bauer, L. 2003. Introducing linguistic morphology. 2nd ed. Washington, D.C.: Georgetown University Press.Bauer, L. 2004. A glossary of morphology. Edinburgh: Edinburgh University Press.Beard, R. 1995. Lexeme-morpheme base morphology: a general theory of inflection and word formation.

Albany, NY: SUNY Press.Bloomfield, L. 1933. Language. New York: Henry Holt.Booij, G. 2002. The morphology of Dutch. Oxford: Oxford University Press.Booij, G. 2006. Inflection and derivation. In Brown, K. (Ed.). Encyclopedia of language and linguistics. 5th

ed. Oxford: Elsevier, 654–661.Booij, G. 2007. The grammar of words. 2nd ed. Oxford: Oxford University Press.Booij, G. 2010. Construction morphology. Oxford: Oxford University Press.Booij, G. 2012. The grammar of words: An introduction to linguistic morphology. 3rd ed. Oxford: Oxford

University Press.Booij, G., Lehmann, C. & Mugdan, J. (Eds). 2000. Morphologie / Morphology. Ein internationales Hand-

buch zur Flexion und Wortbildung / An international handbook on inflection and word formation. Volume 1. Berlin: Walter de Gruyter.

Booij, G., Lehmann, C., Mugdan, J. & Skopeteas, S. (Eds). 2004. Morphologie / Morphology. Ein interna-tionales Handbuch zur Flexion und Wortbildung / An international handbook on inflection and word formation. Volume 2. Berlin: De Gruyter.

Booij, G. & Van Santen, A. 1998. Morfologie. De woordstructuur van het Nederlands. 2de druk. Amster-dam: Amsterdam University Press.

Botha, R.P. 1968. The function of the lexicon in transformational generative grammar. The Hague: Mouton.Botha, R.P. 1988. Form and meaning in word formation: A study of Afrikaans reduplication. Cambridge:

Cambridge University Press.Bybee, J. 1985. Morphology: a study of the relation between meaning and form. Philadelphia: Benjamins.Combrink, J.G.H. 1974. Soek: Afrikaans se fleksie. In Odendal, F.F. (Red.). Taalkunde – ’n lewe. Kaapstad:

Tafelberg, 21–30.Combrink, J.G.H. 1990a. Afrikaanse morfologie: capita exemplaria. Pretoria: Academica.Comrie, B., Croft, W., Lehmann, C. & Zaefferer, D. 1993. A framework for descriptive grammars. In Cro-

chetière, A., Boulanger, J-C. & Ouellon, C. (Eds). Proceedings of the XVth International Congress of Linguists, Vol. I. Sainte-Foy, Canada: Les Presses de l’Université Laval, 159–170.

Conradie, C.J. 2004. Ikonisiteit en Afrikaanse reduplikasie. Tydskrif vir Taalonderrig : Journal for Language Teaching, 38(2) : 334–348, Des.

De Haas, W. & Trommelen, M. 1993. Morfologisch handboek van het Nederlands. ‘s-Gravenhage: SDU Uitgeverij.

De Klerk, G.J. 1968. Die morfologie van Afrikaans. In Van der Merwe, H.J.J.M. (Red.). Afrikaans – sy aard en ontwikkeling. Pretoria: J.L. van Schaik, 169–208.

Den Besten, H., Luijks, C. & Roberge, P.T. 2003. Reduplication in Afrikaans. In Kouwenberg, S. (Ed.). Twice as meaningful. Reduplication in pidgins, creoles and other contact languages. (Westminster Creolistics Series 8). London: Battlebridge, 271–287.

De Rooij-Bronkhorst, A. 1980. Past participle ge- deletion and the role of stress in Dutch complex verbs. In Zonneveld, W., Van Coetsem, F. & Robinson, O.W. (Eds). Studies in Dutch phonology. Den Haag: Nijhoff, 159–203.

De Villiers, M. 1983. Afrikaanse grammatika vir volwassenes. Kaapstad: Nasou.

Du Toit, P.J. 1982. Taalleer vir onderwyser en student. Pretoria: Academica.

Esterhuizen, H.L. 1986. Semantiese verhoudings tussen die naamwoordkorrelate van Afrikaanse komposi-ta. D.Litt.-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Evans, V. 2007. A Glossary of cognitive linguistics. Edinburgh: Edinburgh University Press.

Page 36: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

206

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Evans, V. & Green, M. 2006. Cognitive linguistics: An introduction. Edinburgh: Edinburgh University Press.Feinauer, A.E. 1981. Die taalkundige gedrag van vloekwoorde in Afrikaans. MA-verhandeling. Stellen-

bosch: Universiteit van Stellenbosch.Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Outomatiese lemma-identifisering vir Afrikaans . Literator,

29(1): 65–91, Apr.Haspelmath, M. 2002. Understanding morphology. London: Arnold (co-published by Oxford University

Press).Haspelmath, M. 2011. The indeterminacy of word segmentation and the nature of morphology and syntax.

Folia Linguistica, 45(2): 31–80.Hockett, C.F. 1958. A course in modern linguistics. New York: Macmillan.Hoge, J. 1932. Ondersoekings oor die gebruik van die verkleinwoord in Afrikaans. Stellenbosch: Universi-

teit van Stellenbosch. (Annale van die Universiteit van Stellenbosch, jg. X, reeks B1, Julie 1932.)Jenkinson, A.G. 1983. Aspekte van die morfologie van Afrikaans. In Kongresreferate Linguistevereniging

van Suider-Afrika 1983, 127–149.Jenkinson, A.G. 1986. Die diminutief: fleksiemorfeem of afleidingsmorfeem? South African Journal of

Linguistics. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 4(3): 13–46.Jenkinson, A.G. 1993. Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans. South African Journal of Linguis-

tics. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde Supplement, 18: 100–122.Kempen, W. 1969. Samestelling, afleiding en woordsoortelike meerfunksionaliteit in Afrikaans. Kaapstad:

Nasou.Langacker, R.W. 2008. Cognitive grammar. A basic introduction. Oxford: Oxford University Press.Lieber, R. 2010. Introducing morphology. Cambridge: Cambridge University Press.Marchand, H. 1969. The categories and types of present-day English word-formation. 2nd rev. ed.

München: Beck.Meesters, G. 2004. Marginale morfologie in het Nederlands: paradigmatische samenstellingen, neo-

klassieke composita en splintercomposita. Gent: Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Let-terkunde.

Nida, E.A. 1949. Morphology: the descriptive analysis of words, 2nd edition. Ann Arbor: University of Michigan Press.

Plag, I. 2003. Word-formation in English. Cambridge: Cambridge University Press.Posthumus, M.J. 1964. Die woordstruktuur van Afrikaans. In Van der Merwe, H.J.J.M. (Red.). Inleiding tot

die Taalkunde. Pretoria: J.L. van Schaik, 135–148.Posthumus, M.J. 1968. Morfologie. In Van der Merwe, H.J.J.M. Afrikaans: sy aard en ontwikkeling. Preto-

ria: J.L. van Schaik, 101–123.Salmon, P. 2000. The term morphology. In Booij, G., Lehmann, C. & Mugdan, J. (Eds). Morphology. An

international handbook on inflection and word-formation. Volume 17.1. Berlin: Walter de Gruyter, 15–22.

Savini-Beck, M. 1993. The old and the new: changing perspectives on the distinction between inflection and derivation in Afrikaans. Acta Academica, 25(1): 30–48, March.

Scalise, S. & Bisetto, A. 2009. The classification of compounds. In Lieber, R. & Štekauer, P. (Eds). The Oxford handbook of compounding. Oxford: Oxford University Press, 34–53.

Schmid, H-J. 2011. English morphology and word-formation: an introduction. Berlin: Erich Schmidt.Spencer, A. 1991. Morphological theory: an introduction to word structure in generative grammar. (No. 2

in Blackwell textbooks in linguistics). Oxford: Blackwell.Sproat, R. 1992. Morphology and computation. Cambridge: MIT.Stump, G.T. 2005. Word-formation and inflectional morphology. In Štekauer, P. & Lieber, R. (Eds). Hand-

book of word-formation. Dordrecht: Springer, 49–71.Taalkommissie. (Samest.). 2009. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 10de uitgawe. Kaapstad: Pharos Woor-

deboeke.Taylor, J.R. 2002. Cognitive grammar. Oxford: Oxford University Press.Tuggy, D. 1985. The inflectional / derivational distinction. Workpapers of the Summer Institute of Linguistics

at University of North Dakota XXIX. Grand Forks: Summer Institute of Linguistics, 209–222.

Page 37: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

207

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Tuggy, D. 2005. Cognitive approaches to word-formation. In Štekauer, P & Lieber, R. Handbook of word-for-mation. (Eds). Dordrecht: Springer, 233–265.

Van Huyssteen, G.B. 2004. Motivating the composition of Afrikaans reduplications: a cognitive grammar analysis. In Radden, G. & Panther, K-U. (Eds). Studies in linguistic motivation. Berlin: Mouton de Gruyter, 269–292.

Van Huyssteen, G.B. 2010. (Re)defining component structures in morphological constructions: a cognitive grammar perspective. In Michel, S. & Onysko, A. (Eds). Cognitive approaches to word-formation. Berlin: Mouton de Gruyter, 97–126.

Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D.P. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern African Linguistics and Applied Language Studies. 25(3): 419–439.

Van Schoor, J.L. 1983. Die grammatika van Standaard-Afrikaans. Kaapstad: Lex Patria.

EINDNOTE

1 Sieninge in hierdie hoofstuk is die resultaat van jarelange leeswerk, praktiese analises in taaltegnologieprojekte en veral gesprekke met kollegas en studente. Benewens al my voor-graadse en honneursstudente oor ’n hele aan-tal jare, sonder ek graag die volgende persone uit (in alfabetiese volgorde): Hans du Plessis, Suléne Pilon, Bertus van Rooy en Ben Verhoe- ven (vir die gedeelte oor samestellings). Ek is ook dank verskuldig aan die drie keurders van die hoofstuk vir hulle gedetailleerde en op-bouende kommentaar. Alle denkfoute bly egter myne.

2 In hierdie hoofstuk word ’n mengsel van die konvensies vanuit die konstruksiemorfologie (Booij, 2010) en kognitiewe grammatika (Lang- acker, 2008) gebruik, soos waar dit gepas is. In die middel van ’n sin sal ek byvoorbeeld van die kognitiewe grammatika se konvensies gebruik maak om na die morfeem [[nr] / [er]] te verwys, terwyl ek meer dikwels die konstruksiemorfol-ogie se konvensies gebruik om konstruksieske-mas te beskryf. Aangesien hierdie konvensies in geen van die twee teorieë enige konseptuele waarde het nie, en aangesien beide raamwerke teoreties versoenbaar is, lei ’n verbastering van die twee se konvensies nie tot enige verwarring nie.

3 Vir afkortings van morfeme maak ek gebruik van die lys van afkorting vir interliniêre mor-feemvertaling, soos gebruik in Comrie et al. (1993). Die lys van afkortings en simbole is beskikbaar by http://www.eva.mpg.de/lingua/resources/glossing-rules.php.

4 In die Afrikaanse taalkunde word dikwels van Germaanse en / of Klassieke terminologie

gebruik gemaak, byvoorbeeld selfstandige naamwoord en / of nomen, voorvoegsel en / of prefiks. Dit gebeur dikwels (meestal) dat Ger-maanse en Klassieke terminologie na gelang van konvensie en algemene gebruik deurme- kaar gebruik word: ons sal byvoorbeeld maklik-er verwys na adjektiewe (vir byvoeglike naam-woorde), maar nie so maklik na preposisies (vir voorsetsels) nie, hoewel dit so gebruik kan word. Ek probeer sover moontlik (en waar ’n tradisie dit enigsins toelaat) om na die Klassieke terme vir taalkundige fenomene te verwys, maar sal dikwels Germaanse terme vir meer algemene prosesse gebruik. So byvoorbeeld sal ek verwys na die proses van samestelling wat komposita tot gevolg het; daarteenoor sou mens kon ver-wys na die proses van afleiding wat derivata as afvoer het, maar derivatum / derivata is nie gevestigde terme in Afrikaans nie en word daar-om nie hier gebruik nie.

5 Sien Langacker (2008: 23, 219) en Booij (2010: 11–13) vir meer uitvoerige besprekings van terme soos konstruk, konstruksie, skema, patroon, reël, ensovoorts.

6 ’n Mens sien soms in die literatuur dat mor-feme tussen krulhakies geskryf word: onmens-lik bestaan uit [on-], [mens] en [-lik]. Ek skryf dit gewoon as on- en mens en -lik, of alter-natiewelik as [[adjr] / [on...]] en [[n] / [mens]] en [[adjr] / [...lik]].

7 Geen teoretiese waarde word hier aan die term morfeem geheg nie – dit is gewoon die naam wat gegee word vir die kleinste simboliese een-heid in die grammatika. In ander teorieë word die morfeem gesien as ’n abstraksie wat gereali- seer word deur (allo)morwe; die term word dus hier nie so gebruik nie.

Page 38: MORFOLOGIE - Gerhard B van Huyssteen · 2020. 7. 10. · The grammar of words: an introduction to linguistic morphology. 3rd edition. Oxford: Oxford University Press. • Lieber,

208

HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

8 Let daarop dat Booij (2010: 15) nie die morfeem as ’n konstruksie (dit is vorm-betekenispaar) sien nie. Volgens hom is die woord (in plaas van die morfeem) die minimale linguistiese teken. Hy argumenteer dat morfeme slegs as deel van morfologiese konstruksies bestaan en dat hulle betekenis slegs geaktiveer word in die kon-struksies waarin hulle voorkom. Booij (2010) is natuurlik nie verkeerd nie, maar binne die kognitiewe grammatika word die standpunt ge-huldig dat morfeme wel vorm-betekenispare is, dan wel as fonologies afhanklike eenhede met ’n skematiese semantiese pool. Dié standpunt word ook in hierdie hoofstuk gehuldig. Verge-lyk Van Huyssteen (2010) vir ’n uitvoerige be-spreking.

9 Hoewel hierdie terme as internasionaal aan-vaarbaar beskou kan word, is daar tog ook ander terme wat binne bepaalde kontekste han-dig gebruik kan word. Vergelyk byvoorbeeld Posthumus (1963) se indiwidualiseerders, per-soonsvormers, diminueerders, pejoratiewe, pri-vatiewe, negeerders, ensovoorts, of De Klerk (1968) wat die betekeniswaarde verwoord as resultatiewe waarde, gesteldheidswaarde, han-delingsaanduidende waarde, statusaanduidende

waarde, kollektiewe waarde, bedryfsaandui-dende waarde en individualiserende waarde.

10 In afdeling 5 word aangetoon dat ’n mens die proses waar ’n woord van woordsoort verander sonder enige eksplisiete morfeem, kan sien as zeroafleiding (soos in hierdie voorbeeld), of dat dit andersins gesien kan word as ’n algemene omskakelingsproses. In hierdie hoofstuk word laasgenoemde standpunt gehandhaaf.

11 Elders het ek interfikse wel valensiemorfeme genoem. Ek volg hier egter Bauer (2003: 29–30) wat dit “interfixes” noem, as ’n subkategorie van infikse. Hy toon aan dat dit tipies voorkom in Germaanse tale. Esterhuizen (1986: 33) noem dit ’n paramorfeem, en wys daarop dit ook be- kend staan as verbindingskomponent, verbin- dingsklank, bindfoneem, bindelement en va-lensie-element. Botha (1968: 167) noem dit ’n “link phoneme” (bindfoneem), terwyl die AWS (Taalkommissie, 2009) dit ’n voegsel noem. Vele ander name word in die internasionale literatuur gebruik, waaronder “phonomorpheme” en “link-ing element” (“phoneme” / ”grapheme”), of in Nederlands “tussenklank”, “paramorfeem”, “par-amorfematiese vorm” en “verbindingsklank”.