Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat...

6
16 Maart 2014 Jaargang 3 #10 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Prys die Here! Ondanks die sondegebrokenheid gaan Hy voort om sy beloftes te vervul. Rev Willem Steyn Theme: Jesus is our glory to the glory of God Scripture reading: John 2:1-12 Focus verses: John 2:11 11:30 International Service Ds Willem Steyn 18:00 Aanddiens Tema: Here, ek kan nie meer nie – maar U kan en het en sal... Sing: Ps.100-1:1,2,3,4 Sing: Ps. 105-2:1,2 Sing: Ps. 105-2:5 (Kinderbegeleiding) Wetlesing: Eks.20 en HK Sondag 41 Sing:Ps.19-3:4,5 Skriflesing: Genesis 29:31-30:24 Teks: Genesis 29:35a en 30:2 Sing: Ps.135-2:1,2,3 Sing: Ps. 68-1:9,12,15 Amen: Sb.13-1 Sing: Ps. 42-1:1, 3 (sit) Sing: Ps. 126-1:1, 2 (sit) Sing: Sb. 12-4: 1-3 (staan) Sing: Ps. 107-1:1, 107-2:3 (staan) Sing: Sb. 12-2: 1, 4 Skriflesing: Matteus 3:13-4:11 Teks: Matteus 3:17b-4:1 Nagmaal Sing: Sb. 17-3:2 Sing: Ps. 116-1:7, 10 Sing: Ps. 130-3: 1, 2 Amen: Sb. 13-3

Transcript of Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat...

Page 1: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

16 Maart 2014Jaargang 3 #10

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Prys die Here! Ondanks die sondegebrokenheid gaan Hy voort om sy beloftes te vervul.

Rev Willem SteynTheme: Jesus is our glory to the glory of God

Scripture reading: John 2:1-12 Focus verses: John 2:11

11:30 International Service

Ds Willem Steyn18:00 Aanddiens

Tema: Here, ek kan nie meer nie – maar U kan en het en sal...

Sing: Ps.100-1:1,2,3,4Sing: Ps. 105-2:1,2

Sing: Ps. 105-2:5 (Kinderbegeleiding)Wetlesing: Eks.20 en HK Sondag 41

Sing:Ps.19-3:4,5Skriflesing: Genesis 29:31-30:24 Teks: Genesis 29:35a en 30:2

Sing: Ps.135-2:1,2,3Sing: Ps. 68-1:9,12,15

Amen: Sb.13-1

Sing: Ps. 42-1:1, 3 (sit)Sing: Ps. 126-1:1, 2 (sit)Sing: Sb. 12-4: 1-3 (staan)Sing: Ps. 107-1:1, 107-2:3 (staan) Sing: Sb. 12-2: 1, 4

Skriflesing: Matteus 3:13-4:11Teks: Matteus 3:17b-4:1NagmaalSing: Sb. 17-3:2Sing: Ps. 116-1:7, 10Sing: Ps. 130-3: 1, 2Amen: Sb. 13-3

Page 2: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

2

Emeritaatsfonds – Om die emerituspredikante, weduwees en wese van die Gereformeerde Kerke met lewensonderhoud en mediese bystand eer-vol te help versorg. Riglyn van die Admin Buro: R20 per belydende lidmaat per jaar. (Daar is sewe kollektes hier voor per jaar.)

Liefdegawesby die deure16 Maart

Oggend: EmeritaatsfondsAand: Meelewingsfonds23 MaartOggend: Viëtnam SendingAand: Meelewingsfonds30 MaartOggend: Deputate JeugsorgAand: Meelewingsfonds

Waarvoor word vandag se Liefdegawes gebruik?

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

MeelewingRina de Beer (083-277-6996) moet weer vir kankerbehandeling gaan. Die proses is nog nie heeltemal duidelik uitgespel nie. Mag die hemelse Vader in sy sorg weer met julle wees. Geluk aan Marida Coetzee (084-678-3863) wat die week verloof geraak het aan Dian van Eeden. Mag die Here julle voorneme ʼn werklikheid laat word.

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Ouderlinge en Diaken aan diensOuderlinge: Carools ReineckeGP Schoeman

Diaken: Albie van Dijk

Dankie aan die ouderlingeOns sê nie altyd genoeg dankie vir die dienswerk wat die ouderlinge in ons ge-meente doen nie. Verlede week het ons predikante weer besef hoe bevoorreg ons in die gemeente is om toegewyde en begaafde ouderlinge te hê. Die ouder-linge vergader elke kwartaal voor elke ver-slagvergadering in vier groepe saam met die predikante. Tydens die geleenthede gesels ons oor die bediening en toerusting aan ons lidmate. Neem nou maar slegs die feit dat net twee van die 41 ouderling nie teenwoordig was nie – en dit met versko-ning. Dink net vir ʼn oomblik aan hoeveel gesamentlike ure elke kwartaal aan die diens werk afgestaan word. Die onmeet-bare van die dienswerk is egter die ver-houdinge wat gebou word en die voorreg om die Here Jesus Christus se liefde aan mekaar te mag bedien.As bemoediging aan julle die woorde van Petrus aan die ouderlinge nadat hy hulle op hulle taak as herders gewys het: “En dan, wanneer die Opperherder kom, sal jul-le die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.” Ons bid vir julle.

Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Welkom hier!Riaan, Julie, Antoinette en

Jana de Lange083-656-3597

Gerhardus Middel082-566-4227

Boitumelo Serake083-762-3209

@gkpotchBult #potchG5 #gkbult

Page 3: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

3

Teeskinkbeurte

Baie dankie!

16 MaartKG 11 (Annemarie Schoeman) &

Wyk 11 (Mariette Fourie)

Geen teeskinkbeurte word geskeduleer

tydens die vakansie nie.

6 AprilKG 12 (Sanet van der Merwe) & Wyk 12 (Nannie van der Schyff)

Verjaarsdae

Weet jy van iemand wat kosnood het? Ons gemeente het ‘n kosbank waaruit ons mense kan help – veral in ‘n nood-geval. Skakel gerus met die kerkkan-toor vir meer inligting. Die kerkkantoor is weeksdae van 08:00 tot 13:00 oop.

Vandag, 16 MaartBabie van der Walt 061-233-9813Louise Wyma 082-336-8466

Maandag, 17 MaartSusan Campher 083-335-7731

Dinsdag, 18 MaartElsa Els 082-460-0939Jonelle Kuyler 079-504-5143

Donderdag, 20 MaartMonty Jacobs 083-468-2729

Vrydag, 21 MaartMatthys Coetzee 072-383-0282Alicia Klem 084-920-3500

Saterdag, 22 MaartRineé Pretorius 083-507-7782Mart-Marie Schutte 072-228-5108

80

CHRISTENWEES 101

Hierdie week gaan ons voort met ʼn kort drie-weke geleentheid waartydens ons oor die kernaspekte van die Christelike geloof met mekaar gaan praat. As gevolg van baie nuwe mense wat by ons gemeente in-skakel gaan ons die geleentheid DV elke semester aanbied.

Ons wil regtig oor kern van die Christelike geloof met mekaar saampraat. • Wat gee vir my hoop en troos in hierdie stukkende lewe? • Hoe kan ek op ʼn kort en bondige manier die Christelike godsdiens verstaan en aan ander verduidelik? • Is vandag se mense regtig so verlore en sondig?• Verstaan ek werklik wat Jesus Christus vir my gedoen het? • Hoe wil die Here hê moet ek as Christen IN, OP en OOR die Bult lewe?

ALMAL word uitgenooi om saam met die nuwe intrekkers en belangstellendes te kom saampraat. Dalk bring dit vir jou ʼn nuwe verstaan van jou huidige situasie mee. Bring gerus ook ander mense saam wat op die rant van die geloof staan.Om dit toeganklik te maak vir meer mense, vind dit op twee gelyklopende geleent-hede plaas. Dieselfde gesprek vind dus of op Maandagaande of Dinsdagmiddae in die Koffiekamer (aan die suidekant van die kerksaal) plaas. - Maandagaande vanaf 19:00 – Ds Fanie- Dinsdagmiddae vanaf 17:00 – Ds WillemSelfs al kon jy verlede week nie bywoon nie kan jy met vrymoedigheid die week êrens inskakel.

Vergewe my, Vader, want ek sondig: Ek glo wel dat alles, álles genade is, maar vind by myself min genade, veral vir sommige onaan-gename mense. Dankie vir U vergifnis! Amen. (Uit: Lééf se Gebedskalender)

Page 4: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

4

(Naby Champagne Castle in die Drakensberge)

vir werkende wesens en senior studente

Kont

ak Er

na D

reye

r by

011

866

0580

erna

@gk

rand

burg

.org

.za

http://www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../BultInternationalChurch

Plek: Die plaas Zorgvliet, net buitekant Tweeling in die Oos VrystaatKostes: R350 per persoon en sluit ’n middagete en 2 aandetes in.

Daar is net plek vir 60 mense. Sluitingsdatum: 16 Maart 2014.

LAASTE KANSDaar is net plek vir 60 mense. Sluitingsdatum: 16 Maart 2014.

Gaan kyk op Facebook vir “Riviertoer vir jong werkendes”

Gee @ Gkafee! Ons het reeds alles deur verlossing in Christus ontvang. Kom ons gaan uit en verkondig hierdie liefde wat God vir ons het! Jy kan by die Gkafee-tent by KKNK dié liefde in Christus met mense deel wat dit nie ken nie. Saam bedien ons feesgang-ers met vriendelikheid, liefde en ‘n koppie koffie. Kom gee jou gawes as gelowige by Gkafee. Wie: Almal is welkomWanneer: 29 Maart - 6 April Waar: KKNK, Langenhoven Gimnasium, Jan van Riebeeckstraat, OudtshoornKoste: R300 per persoonKontak: [email protected] word nie om finansiële redes bedryf nie en daarom is dit, en al die ander gee-projekte van skenkings afhanklik. Kontak die Kruispad-kantoor (by GK Admin Buro) as jy ’n donasie wil gee.

Vroeg in Mei, net voor die winter, maak ons geskenkpakkies vir die 35 mans, 50 vrouens, en 60 kinders van die Venterskroongemeente. Wat kan jy doen om ’n bydrae te lewer? Bring asb jou winter- en somersklere, skoene, komberse, tande-pasta, seep en byna alles wat jy nie meer nodig het nie. Fransa is so vriendelik om dit nou reeds by die kerkkantoor (soggens) bymekaar te maak.

Geskenkpakkies vir Venterskroon

• ADVERTENSIES • ADVERTENSIES • ADVERTENSIES •

Opsoek na ‘n gekwalifiseerde au-pair of oppasser? Hanri Pelser: 082 303 8709 / [email protected]

Woonstel te koop (Inni Hartjie) • 2 Slaapkamer / 1 Bad-kamer • Onderdak parke ring • Goeie sekuriteit • Baie ruim –groot leefarea • Moderne afwerking • Sentraal Potch (Walter Sisulu st) • Kontak Dalize Pelser by 076 810 6622 of [email protected]

Gesoek: Woonstel met 2 slaapkamers op die Bult en ‘n tweedehandse motor tussen R30-40,000. Skakel Dushi-mimana 0799411227. Hy is ‘n PhD-student.

Page 5: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

5

In die laaste paar maande het ek al woes gemurmureer in my binneste aangaande my gesondheidstoestand, maar nes ek dink ek kan nie verder nie, dan kom ‘n vriend of vriendin of familie net gou inloer, stuur ‘n bemoedigende boodskap of bring die mooiste blomme uit haar tuin. En vanaand vir die soveelste keer, die kerk blomme wat elke week vir iemand gegee word, staan trots op my eetkamer tafel.Ek het ook vanaand skielik besef dat die gemeente wat my so op die hart dra, seker wil weet wat met my aangaan. Met so min as moontlik woorde sal ek probeer om te verduidelik. Op 24 Maart 2010, in Vanderbijlpark, ter-wyl ek tjoepstil gestaan het, het my linker femur amper teen die heup gebreek. My beendigtheid is getoets (so ook vir osteo-perose en so aan) maar daar is geen fout gevind nie. Die eerste operasie daar was nie ‘n sukses nie en so ook nie die 2de en 3de nie. Ek is toe na ‘n doktor by Milpark-hospitaal in Johannesburg verwys wat on-middellik onder die direkte sorg van prof Lautenbach ‘n suiweringstelsel in die teater ingesit het, want ek het intussen die “Hos-pitaal Virus” opgedoen. Niemand sal pa staan vir dit nie want niemand wil erken die hospitale en teaters is baie vuil nie. My geloof en toegewydheid is erg op die proef gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon hou nie en die heup is ook verwyder. Die liggaamlike pyn was baie erg, maar die eensaamheid was onbeskryflik. Daar is ook ‘n geweldige sielkundige implikasie, want terwyl jy so lê, kom en gaan die pasiënte langs jou. Toe die infeksie nie die wyk wou

neem nie, is ek ook in kwarantyn gesit met die minimum kontak met ander mense. Die kwarantyn het ook beteken dat die per-soneel met die nodige maskers, voorskote ens. in die kamer gekom het. Wanneer die dokters gesien het dat ek emosioneel nie meer die kop kon hoog hou nie, het hulle gesê ek kan huis toe gaan. En so het dit aangegaan vir twee en ‘n half jaar – in en uit die hospitaal en die heup het bly breek. Op laas het ek by my huidige dokter in Jo-hannesburg uit gekom. (Hy sê hy maak net ander dokters se gemors reg.) In totaal het ek tot dusver 19 operasies en prosedures gehad en ek dank die Here dat Hy vir my die nodige helderheid van ver-stand gegee het om op die top opsie van my mediese fonds te besluit. Dit kos aan-sienlik meer, maar ek het nie die nodige finansies om self vir enige bybetalings te betaal nie.Die ander probleem is my rug. Ek het reeds sewe rugoperasies gehad en op die oom-blik is my rug letterlik gebreek. Die skroewe, penne en beeninplantings is op verskeie plekke gebreek en elke beweging wat ek maak steek die skerp punte in die weefsel in wat verskriklik pynlik is. Loop is amper nie ‘n opsie nie want dit is net te seer.So, liewe vriende in Jesus Christus, dis ‘n uiters moeilike tyd wat op my wag. Die vi-rus is ook die oorsaak dat my been geam-puteer moet word en eers dan kan aan my rug aandag gegee word. Die amputasie is vir my ‘n verskriklike berg om oor te kom maar elke dag word die gedagte daaraan makliker. Dankie vir julle gebede en by-stand en ek sal julle van tyd tot tyd probeer op hoogte hou.Groete, Mari Mostert

Liewe Gemeente... n Brief van Mari Mostert,

Die OnderOnsie (ons gemeente se boekie met almal se kontakbesonderhede in) gaan weer binnekort gedruk word. Stuur asseblief jou adres, selfoonnommer en e-posadres vir Fransa

by [email protected] of Whatsapp sommer na 076-391-7578.

Page 6: Jaargang 3 #10 16 Maart 2014 09:30 Oggenddiens · gestel want daar het ek vir 7 maande op die naat van my rug met traksie aan die been omdat daar niks was wat die been in plek kon

6

Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

Hierdie jaar is dit 10 jaar gelede dat ons vier Chinese besoekers in ons Internasionale diens verwelkom het. Hulle het niks van Jesus ge-weet nie, want hulle het niks van Hom gehoor in China nie. Hulle het nie geweet wat Chris-tene is nie.Hulle het nie geweet wat dit beteken om ge-doop te word of om Nagmaal te gebruik nie. Hulle moes dit alles leer. Ons het hulle na ons Bybelstudiegroep genooi, maar hulle het baie vrae gehad. Van ons lid-mate het meer betrokke geraak en hulle elke week besoek. Een was ‘n dame. Sy het nog meer vrae gehad. Ons het probeer om al hulle vrae te beantwoord en een van hulle het tot bekering gekom as gevolg van voorbidding, Bybelstudie en omgee. Hy was bereid om ge-

doop te word. Sy vriende was nog skepties.Toe gebeur dit dat een van hulle se paspoort op die kampus verlore raak. Hy het besef dat hy sal moet teruggaan huistoe. Die Dinsda-gaand het hy sy bekommernis met die Engelse Bybelstudiegroep gedeel en ons het vir hom gebid. Hy het self ook by die huis vir die Here gevra dat Hy sy paspoort aan hom sal terug-besorg. Die volgende dag het iemand vir hom sy paspoort gebring. En hy het net daar en dan tot geloof gekom. Want die Here het sy gebed verhoor. Hy is ook in ons kerk gedoop. Die ander twee persone het wel die Blye Bood-skap gehoor maar het op daardie stadium nog nie gevoel om Christene te word nie. Ons weet hulle is potensiele Christene en daarom bly ons vir hulle bid. Annatjie Verhoef

Ons eerste Chinese lidmate

Onlangs het ons by ekerk ’n studie onderneem oor hoe plaaslike gelowiges die Bybel lees. Van die 1 400 respondente dui 66% aan hulle lees die Bybel daagliks; 20% weekliks; en 2% maandeliks. Die meeste verkies om die Bybel saans te lees. Slegs twee uit elke 100 lesers lees een Bybelboek op ’n slag deur. Die meeste lees losstaande verse. 67% se daaglikse Bybelleestyd is 15 minute en minder, waarvan 95% die Bybel uitsluitlik tuis lees. Die meeste gelowiges is dit eens dat God se Woord lewensbelangrik is. Tog is baie meer nodig as om net ’n paar verse per dag te lees. Bybel-diëte werk nie op die duur nie. Dit is net geestelike noodhulp. Ons gaan God nie dieper ontdek as ons sy Woord nie wyer lees en oordink nie. Ons moet sy reddingsverhale eerstehands leer ken en dit deel maak van ons daaglikse lewe.

(Stephan Joubert “Goeie Nuus” - Beeld 11 Februarie)