FINAL REPORT - SAWIS library · List trial sites, treatments, experimental layout and statistical...
Transcript of FINAL REPORT - SAWIS library · List trial sites, treatments, experimental layout and statistical...
CFPA Canning Fruit Producers’ Assoc.
Submit to: Wiehahn Victor
PO Box 426 Paarl, 7620
Tel: +27 (0)21 872 1501
DFPT Deciduous Fruit Producers’ Trust
Submit to: Louise Kotzé
Suite 275, Postnet X5061 Stellenbosch, 7599
Tel: +27 (0)21 882 8470/1
DFTS Dried Fruit Technical Services
Submit to: Dappie Smit
PO Box 426 Paarl, 7620
Tel: +27 (0)21 872 1501
Winetech
Submit to: Jan Booysen
PO Box 825 Paarl, 7624
Tel: +27 (0)21 807 3324
���� ����
Indicate (�) client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required.
FINAL REPORT
FOR 2000/01
PROGRAMME & PROJECT LEADER INFORMATION
Programme leader Project leader Title, initials, surname Mr. P.J.E. Louw Dr. P.A. Myburgh
Present position Assistant director Senior researcher Address Private bag X5026
Stellenbosch, 7599 Private bag X5026 Stellenbosch, 7599
Tel. / Cell no. 021 809 3070 021 809 3103
Fax 021 809 3002 021 809 3002 E-mail [email protected] [email protected]
PROJECT INFORMATION
Project number WW 04/10
Project title Bepaling van die waterverbruik en gewasfaktore van wingerde op die
buitegronde van die Benede-Oranjeriviervallei.
CFPA DFPT DFTS �
Winetech
Industry programme
Other Fruit kind(s) Grapes
Start date (dd/mm/yyyy) 01/04/1996 End date (dd/mm/yyyy) 31/03/2001
FINAL SUMMARY OF RESEARCH PROJECT
PROGRAMME & PROJECT LEADER INFORMATION
Programme leader Project leader Title, initials, surname Mr. P.J.E. Louw Dr. P.A. Myburgh
Institution ARC Infruitec-Nietvoorbij ARC Infruitec-Nietvoorbij Tel. / Cell no. 021 809 3070 021 809 3103
E-mail [email protected] [email protected]
PROJECT INFORMATION
Project number WW 04/10 Project title Determining evapotranspiration and crop coefficients of vineyards on
outer soils of the Lower Orange River Valley Fruit kind(s) Grapes
Start date (dd/mm/yyyy) 01/04/1996 End date (dd/mm/yyyy) 31/03/2001
Evapotranspiration and crop coefficients of vineyards on the outer soils along the Lower
Orange river were determined in two separate field trials at Augrabies and Gariep,
respectively. Effects of irrigation cycle length on evapotranspiration (ET) as well as yield and
quality of table, raisin and wine grapes were investigated. Due to low water holding capacity
of the weathered gneiss soil and hot climate at Augrabies, drip irrigation had to be applied
daily throughout the season to meet the water requirements of the grapevines. Peak ET for
drip and micro-sprinkler irrigation amounted to ca 4.5 mm/day and 8.5 mm/day, respectively.
This is probably the highest ET for table and dried grape vineyards in South Africa. Micro-
sprinkler irrigation applied at longer intervals, i.e. 3 days in December, resulted in the best
yield and quality for table as well as dried grapes compared to 2-day intervals. Although
considerably less irrigation water was applied, yield and quality obtained with drip irrigation
were inferior compared to micro-sprinkler irrigation. Furthermore, daily drip irrigation applied
at a low flow rate over the warmest part of the day held no significant advantages over the
same amount of water applied at a high drip flow rate before sunrise.
At Gariep, peak ET for 7-, 14- and 21-day irrigation cycles amounted to 5.5 mm/day, 4.6
mm/day and 4.2 mm/day, respectively. There was no difference in ET between 21-day and
28-day irrigation cycles. The longer irrigation cycles tended to reduce vegetative growth and
resulted in smaller berries, but reduced yield significantly compared to 7-day cycles. Wine
quality tended to increase with irrigation cycle length and the best quality was obtained with
irrigation applied at 28-day intervals. This trend was consistent over three seasons.
Final report 3
FINAL REPORT
(Relevant publications may replace the final report)
1. Problem identification and objectives State the problem being addressed and the ultimate aim of the project.
Tot dusvêr was die bepaling van waterverbruik en gewasfaktore van wingerde hoofsaaklik tot
die Wes-Kaap beperk. Gewasfaktore verskil egter van streek tot streek en daar moes dus ook
bepaal word hoe die waterverbruik van wingerde langs die Benede-Oranjerivier deur grondtipe,
klimaat, verbouingspraktyke asook die spesifieke eindproduk beïnvloed word. Met sodanige
kundigheid kan riglyne vir ontwerp van besproeiingstelsels en optimale benutting van
besproeiingswater opgestel word om volgehoue produksie en hoë gehalte te verseker.
Doelwitte van die verslagjaar
• Meet lootmassas. Julie 2000
• Doen finale dataverwerking. Maart 2001
• Skryf finale navorsingsverslag. Mei 2001
2. Workplan (materials & methods)
List trial sites, treatments, experimental layout and statistical detail, sampling detail, cold storage and examination stages and parameters.
Die waterverbruik en gewasfaktore van wingerd op buitegrond is in twee afsonderlike
veldproewe op Augrabies en op Gariep vanaf die 1996/97 tot 1999/00 seisoene bepaal.
Terselfdertyd is die effek van verskillende besproeiingbehandelings nie net op waterverbruik
nie, maar ook op produksie sowel as gehalte geëvalueer.
Sedert November 1997 is die drupbesproeiing by Augrabies daagliks in plaas van teen
dieselfde siklusse as die mikrospuit behandelings toegedien om die grondwaterspanning in die
wortelsone hoër as –20 kPa te hou. Die aanvanklike kort siklus drup besproeiing (B1) is
sodanig aangepas dat die besproeiing daagliks voor sonop met 3.5 L/uur druppers toegedien
is. In die geval van die aanvanklike lang siklus drup (B2), is besproeiing elke dag oor die
warmste deel van die dag met 2.3 L/uur druppers toegedien. Daar is dus gedurende die piek
waterverbruik periode van die dag besproei. Die besproeiingbehandelings, soos toegepas
vanaf die 1997/98 tot 1999/00 seisoene, word in Tabel 1 uiteengesit. Aangesien
wingerdboutoestande tussen die twee lokaliteite heelwat verskil het, sal die waterverbruik en
wingerdboukundige resultate vir Augrabies en Gariep afsonderlik in hierdie verslag bespreek
word.
Final report 4
As gevolg van probleme met die verkryging van persone om die Klas A-panne by Augrabies
en Gariep daagliks te lees, is hierdie metings reeds gedurende die 1997/98 seisoen laat vaar.
Daar kon dus net gewasfaktore vir gebruik met outomatiese weerstasies by beide lokaliteite
bepaal word. Dit is egter nie ’n wesentlike probleem nie aangesien verdampingsyfers in die
toekoms slegs met outomatiese weerstasies bepaal gaan word.
3. Results and discussion State results obtained and list any benefits to the industry. Include a short discussion if applicable to your results. This final discussion must cover ALL accumulated results from the start of the project, but please limit it to essential
information.
Augrabies
Besproeiing en grondwaterinhoud
Gedurende die eerste helfte van die 1996/97 seisoen het probleme met die elektroniese
kontroleerder veroorsaak dat die besproeiingbehandelings nie behoorlik toegepas kon word
nie. As gevolg daarvan het ernstige watertekorte onstaan wat veroorsaak het dat lootgroei
van veral die twee drup behandelings relatief swak was. Alhoewel die behandelings in die
tweede seisoen (1997/98) volgens die aanvanklik beplande skedules toegedien is, het
swakker lootgroei in die geval van drupbesproeiing steeds die produksie en gehalte in
vergelyking met die mikrospuite benadeel. Die in situ bepaling van die waterhouvermoë van
die grond is eers gedurende die tweede seisoen voltooi. Hiervolgens was dit duidelik dat die
meeste beskikbare water bokant -20 kPa vasgehou word (Fig. 1). Hierdie waterhouvermoë
was soortgelyk aan dié wat vir growwe sand met minder as 5% klei in die Hex Rivier Vallei
bepaal is. Intensiewe meting van die grondwaterinhoud oor ’n periode van vyf dae gedurende
Oktober 1997 het getoon dat die grondwaterspanning tussen besproeiings vêr onder -20 kPa
gedaal het (Fig. 2). Die aanvanklike siklusse was dus te lank vir die drup besproeide
behandelings. Op grond hiervan is laasgenoemde behandelings vanaf November 1997
daagliks besproei. Die kort en lang siklusse van die twee mikrospuit behandelings het
onveranderd gebly.
Daaglikse drupbesproeiing voor sonop (B1) het voorkom dat die matrikspotensiaal van die
grond (oftewel tensiometerlesing) nie die kritiese waarde van –20 kPa tot op 600 mm diepte
oorskry het nie (Fig. 3A). Waar gedurende die dag besproei is (B2), is die besproeiingwater
egter sodanig deur die wingerdstokke en verdamping vanaf die oppervlak “onderskep”, dat die
grond nie behoorlik tot op 300 mm en 600 mm diepte benat is nie (Fig. 3B). Dit het
veroorsaak dat die grond gedurende die finale stadium van rypwording toenemend droër
geword het. Hierdie resultate dui daarop dat druppers met ’n hoë lewering nodig sal wees om
die grond dieper te benat waar die besproeiing gedurende die dag onder sulke warm
toestande toegedien word.
Final report 5
Waterverbruik
Gedurende die laaste seisoen (1999/00) is daar deurlopend probleme met die tensiometers
ondervind en waterverbruik kon dus nie bepaal word nie. Gemiddelde daaglikse waterverbruik
(ET) en gewasfaktore vir drup, soos bereken op die totale oppervlak, was heelwat laer in
vergelyking met die mikrospuitbehandelings (Tabel 2). Die gemete waterverbruik is
waarskynlik die hoogste vir tafel- en droogdruif wingerde in Suid Afrika. By beide
besproeiingstelsels was daar ‘n neiging tot effens hoër waterverbruik by die kort siklus
behandelings (B1 en B3) in vergelyking met B2 en B4. Dit dui daarop dat meer verdamping-
verliese vanaf die grondoppervlak by die kort siklus behandelings plaasgevind het. Die
gewasfaktore is slegs vir gebruik met verdampingsyfers wat met behulp van outomatiese
weerstasies bepaal word.
Die totale jaarlikse ET van die drupbesproeide wingerd was ongeveer 46% minder in
vergelyking met die mikrospuit behandelings. Die besproeiinghoeveelhede in Tabel 2 is op
die totale oppervlak bereken. Indien aanvaar word dat ongeveer 30% van die grondvolume
deur druppers benat is, sal die gemiddelde ET op die beperkte benatte gedeelte dus heelwat
meer wees as waar die volle oppervlak met mikrospuite benat is.
Plantwaterspanning
Nadat die drupbesproeiing aangepas is, was daar nie betekenisvolle verskille in die
waterspanning, soos gekwantifiseer aan die hand van blaarwaterpotensiaal (BWP),
gedurende die na-bot fase, asook tydens blom, ertjiekorrel en by deurslaan tussen die
onderskeie besproeiingbehandelings nie (data nie aangetoon). Die effek van hoër
grondwaterspanning net voor oes (Fig. 3) het egter ‘n duidelike tendens tot hoër
waterspanning in stokke van die behandeling waar drupbesproeiing deur die loop van die dag
toegedien is (B2) in vergelyking met met B1, B3 en B4 (Fig. 4) veroorsaak. Hierdie effek was
veral prominent gedurende die na-middag en vroeg-aand. Dit wil dus voorkom of die
besproeiing wat van 10:00 tot 15:00 op die betrokke dag toegedien is, verhoed het dat die
blaarwaterpotensiaal van B2 betekenisvol laer as dié van die ander behandelings gedaal het.
Gedurende die warmste deel van die dag was die BWP in stokke van al die behandelings laer
as -1.2 MPa (Fig. 4). Dit het daarop gedui dat nie een van die besproeiingbehandelings in
staat was om matige waterspanning op daardie stadium van die seisoen te voorkom nie. Die
feit dat die blaarwaterpotensiaal voor sonop hoër as -0.5 MPa was, het egter getoon dat die
stokke genoegsaam van water voorsien was om deur die nag te kon herstel. Die
waterspanning deur die dag is dus k nie soseer deur watertekorte nie, maar eerder deur die
heersende klimaat veroorsaak. Dit is bekend dat hoë dampdruktekorte waterspanning in
wingerdstokke deur die dag kan verhoog ten spyte van voldoende watervoorsiening.
Final report 6
Voedingstatus
Die besproeiingbehandelings het nie ‘n betekenisvolle effek op die voedingstatus, soos
gekwantifiseer aan die hand van blaarontledings op verskillende groeistadiums, gehad nie
(Tabel 3). Oor die algemeen was die voedingstatus ten opsigte van die belangrikste elemente
binne die aanvaarbare grense. Net na bot en tydens blom was daar egter ‘n duidelike tendens
tot laer P en K by die twee behandelings waar drupbesproeiing toegedien is (B1 en B2). Die
kleiner benatte grondvolume het waarskynlik veroorsaak dat minder opgeloste P en K vir
opname beskikbaar was in vergelyking met die groter benatte grondvolume in die geval van
mikrospuite (B3 en B4). In die geval van drupbesproeiing was daar oor die algemeen ‘n
neiging tot hoër element konsentrasies waar gedurende die warmste deel van die dag
besproei is (B2) in vergelyking met besproeiing voor sonop (B1). Aangesien die P status van
die blare naby die onderste grens was, sal P bemesting vir drupbesproeide wingerde
gedurende die vroeë seisoen aangepas moet word om voldoende vegetatiewe groei te
verseker.
Vegetatiewe groei
Blaaroppervlak van drup- sowel mikrospuitbehandelings het na bot vinnig gedurende
September toegeneem en daarna afgeplat om ’n maksimum in Desember/Januarie te bereik
(Fig. 5). Gedurende die eerste gedeelte van die 1997/98 seisoen het onnodige watertekorte
(Fig. 2) egter blaaroppervlakontwikkeling van die drupbesproeide wingerd (B1 en B2) in
vergelyking met mikrospuite benadeel (Fig. 5A). Die gemiddelde maksimum blaaroppervlak
was ongeveer 39 m2/stok en 58 m2/stok vir die drup- en mikrospuitbehandelings
onderskeidelik. Aangesien die lowerbedekking oor die werkrye bykans volledig was, kan
aanvaar word dat die lower van die drup besproeide stokke uit ongeveer vyf blaarlae bestaan
het teenoor agt lae in die geval van mikrospuite. Gedurende die na-oes periode het die
blaaroppervlak stadig afgeneem tot by blaarval. Nadat die drupbesproeiing aangepas is, was
die blaaroppervlak van die drup- en mikrospuitbehandelings vergelykbaar (Fig. 5B).
Gemiddelde blaaroppervlak van die drupbehandelings het egter steeds effens laer geneig in
vergelyking met die mikrospuitbehandelings. Die neiging tot meer waterspanning as gevolg
die kleiner benatte volume (Fig. 4) het dus steeds blaarontwikkeling van die drup besproeide
stokke tot ’n mate beperk.
Nadat die drupbehandelings aangepas is, was die gemiddelde vegetatiewe groei van die twee
drupbesproeide behandelings (B1 en B2), soos gekwantifiseer aan die hand van lootmassa,
vergelykbaar met die behandelings wat met mikrospuite besproei is (B3 en B4) (Tabel 4). Die
beter watervoorsiening as gevolg van daaglikse drup het dus vegetatiewe groei heelwat
verbeter in vergelyking met die eerste twee seisoene waar die matrikspotensiaal reeds vroeg
in die seisoen laer as –20 kPa tussen besproeiings was. Die relatief swak lootgroei van die
Final report 7
drup besproeide behandelings in vergelyking met die mikrospuite, soos gemeet in die
1997/98-seisoen (data nie aangetoon), was dus hoofsaaklik as gevolg van waterspanning en
nie soseer as gevolg van voedingtekorte nie.
Sapvloei
Soos verwag, het daaglikse sapvloei oor die seisoen toegeneem met ’n toename in
blaaroppervlak tot ’n maksimum van ongeveer 8 L/dag in November (data nie aangetoon).
Die sapvloei per eenheid blaaroppervlak, oftewel transpirasie effektiwiteit van die totale
blaaroppervlak, was egter die hoogste in September (Fig. 6A). Die effektiwiteit van
transpirasie het daarna afgeneem namate die aantal blaarlae, en dus gevolglike beskaduing
binne die blaredak toegeneem het (Fig. 6B). Alhoewel die blaaroppervlak redelik hoog gebly
het (Fig. 5A), het transpirasie effektiwiteit gedurende laat somer en herfs afgeneem (Fig. 6C)
en ’n minimum net voor blaarval bereik (Fig. 6D). Dit dui daarop dat die vermoë van die blare
om effektief te transpireer, afgeneem het namate die blare verouder het. Aan die begin van
die seisoen het die spesifieke besproeiingstelsel nie ’n prominente effek op transpirasie
effektiwiteit van die totale blaredak gehad nie (Fig 6A). Die minder digte lowers van die drup
besproeide stokke het egter later in die seisoen geneig om die transpirasie effektiwiteit in
vergelyking met dié van mikrospuit besproeide stokke te verhoog (Fig. 6B, 6C en 6D).
Produksie
Op grond van redes hierbo bespreek, kan produksies van die eerste twee seisoene nie as
realisties beskou word nie en sal dus nie in hierdie verslag aangebied word nie. Alhoewel
korrelmassa nie betekenisvol tussen behandelings verskil het nie, het die neiging tot groter
korrels veroorsaak dat die trosmassa van die kort siklus mikrospuit besproeide stokke hoër
was in vergelyking met dié van die drup besproeide stokke (Tabel 4). Die gesamentlike effek
van ’n tendens tot sterker lootgroei, groter korrels en swaarder trosse was waarskynlik die
rede vir hoër produksie van B3 en B4 in vergelyking met B1 en B2.
Suiker, suur en pH van die mos
Kort siklus besproeiing met mikrospuite (B3) het veroorsaak dat die suikerinhoud van die mos
betekenisvol laer was in vergelyking met die twee drup besproeide behandelings (Tabel 5).
Nie een van die behandelings het ’n positiewe óf negatiewe effek op die totale titreerbare suur
of pH van die mos gehad nie.
Tafeldruifgehalte
Daar was nie drastiese verskille in die uitvoergehalte tussen die onderskeie besproeiing-
behandelings nie. Waterspanning wat by drupbesproeiing deur die dag (B2) voorgekom het,
het wel ’n neiging tot ’n laer persentasie Super Thompsons veroorsaak (Tabel 6). Beide B1 en
Final report 8
B2 het ook minder Thompsons as die mikrospuit besproeide behandelings tot gevolg gehad.
Nie een van die besproeiingbehandelings het die kleur, fermheid of smaak van die druiwe,
soos beoordeel na ses weke koelopberging, betekenisvol beïnvloed nie (Tabel 7). Die
algehele gehalte indruk van druiwe wat teen lang siklusse met mikrospuite besproei is (B4),
was egter betekenisvol beter as dié van die ander behandelings. Hierdie effek kan
waarskynlik in ’n groot mate aan die neiging tot beter smaak van die druiwe van B4 toegeskryf
word (Tabel 7).
Groei, produksie en gehalte van droogdruiwe
Soos in die geval van die tafeldruiwe, was daar slegs ’n neiging tot laer lootmassa by die drup
besproeide behandelings in vergelyking met die mikrospuit behandelings (Tabel 8).
Aangesien dit ’n split-perseel proefontwerp was, is die bespreking van die vegetatiewe groei
van die tafeldruiwe hierbo dus ook van toepassing op die wingerdstokke waarvan die rosyne
gemaak is.
Korrelmassa van die druiwe wat gedurende die dag drupbesproeiing ontvang het (B2), het
reeds in November stadiger begin toeneem in vergelyking met dié van die res van die
behandelings (Fig. 7). Daarteenoor het die korrelmassa van druiwe wat voor sonop besproei
is (B1), eers in Desember stadiger as die van die twee mikrospuit besproeide behandelings
toegeneem. Dit bevestig dat drup deur dag op ’n vroeër stadium van die seisoen
waterspanning in vergelyking met drup voor sonop veroorsaak het. Alhoewel die
korrelmassas van die twee mikrospuitbehandelings dus by oes betekenisvol groter as dié van
beide die drup besproeide behandelings was, was daar slegs ’n neiging tot swaarder trosse by
die mikrospuitbehandelings (Tabel 8). Hierdie effekte het, soos in die geval van die
tafeldruiwe, tot hoër produksies gelei waar die wingerd met mikrospuite besproei is.
Besproeiing voor sonop met druppers (B1) het veroorsaak dat die suikerinhoud van die mos
betekenisvol hoër was in vergelyking met die res van die behandelings (Tabel 9).
Daarteenoor was die suurinhoud van druiwe wat met mikrospuite oor kort siklusse besproei is,
hoër as dié van B2 en B4. ’n Soortgelyke tendens het by die tafeldruiwe voorgekom (Tabel 5).
Die onderskeie besproeiingbehandelings het nie enige effek op die pH van die mos gehad nie
(Tabel 9).
Drupbesproeiing wat deur die dag toegedien is (B2), het minder keurgraad en meer
standaardgraad sondroog rosyne in vergelyking met die twee mikrospuit besproeide
behandelings tot gevolg gehad (Tabel 10). Die gehalte van die geloogde rosyne van die
meeste behandelings was oor die algemeen redelik hoog (Tabel 11). Drupbesproeiing wat
Final report 9
deur die dag toegedien is, het egter ook swakker geloogde rosyngehalte in vergelyking met
res van die behandelings tot gevolg gehad.
Gariep
Waterverbruik
Gedurende die laaste seisoen is die watermeters waarmee die besproeiinghoeveelhede
gemeet is sodanig beskadig dat die waterverbruik nie bepaal kon word nie. Waterverbruik en
gewasfaktore het duidelik afgeneem met ’n toename in besproeiing-sikluslengte (Tabel 12).
Die verskil tussen 21- en 28-dag besproeiingsiklusse (G3 en G4) was egter ignoreerbaar klein
en kan dus vir praktiese doeleindes as dieselfde beskou word. Alhoewel ’n baie akkurate
kalibrasie teenoor gravimetriese grondwaterinhoud gedoen is, was die neutronvogmetings
waarskynlik nie sensitief genoeg om die verskille tussen G3 en G4 te kwantifiseer nie.
Aangesien lootgroei nie betekenisvol tussen behandelings verskil het nie (Tabel 13), was die
afname in waterverbruik met ’n toename in besproeiingsikluslengte hoofsaalkik as gevolg van
’n afname in verdampingverliese vanaf die grondoppervlak. Minder gereelde, hoë
verdampingverliese in die geval van die langer besproeiingsiklusse (G2 tot G4) het dus die
waterverbruik in vergelyking met die 7-dag siklus (G1) verlaag. Die totale jaarlikse
waterverbruik van G2 en G3/G4 was onderskeidelik ongeveer 14% en 25% minder as dié van
G1 (Tabel 12).
Waterverbruik van die wyndruiwe op Gariep was heelwat laer in vergelyking met die
tafeldruiwe wat by Augrabies ook met mikrospuite besproei is (Tabel 2). Hierdie verskil was
nie net as gevolg van die warmer klimaat en groter lower by Augrabies nie, maar ook as
gevolg van die korter besproeiingsklusse wat by laasgenoemde lokaliteit met die mikrospuite
toegepas is. Meer gereelde, hoë verdampingverliese het dus ’n groot bydrae tot die hoër
waterverbruik gemaak.
Vegetatiewe groei
Lootmassa het slegs geneig om af te neem met ‘n toename in besproeiingsikluslengte (Tabel
13). Aangesien lootgroei normaalweg geredelik op watertekorte reageer, is daar nie ’n
aanvaarbare verklaring vir die gebrek aan betekenisvolle verskille nie.
Produksie
Korrelmassa het sodanig afgeneem met ’n toename in besproeiingsikluslengte dat korrels van
G2, G3 en G4 betekenisvol kleiner was in vergelyking met dié van G1 (Tabel 13). Hierdie
effek het ook tot ’n mate veroorsaak dat die trosmassa van G4 kleiner as dié van G1 was. Die
gekombineerde effek groter korrels en swaarder trosse het veroorsaak dat die produksie van
G1 betekenisvol hoër as dié van al die ander behandelings was (Tabel 13).
Final report 10
Suiker, suur en pH van die mos
Die natter grondtoestande van G1 het slegs geneig om suikerinhoud effens te verlaag, maar
het terselfdertyd suurafname betekenisvol belemmer (Tabel 14). Gedurende die 1996/97
seisoen was die gemiddelde produksie ongeveer 60 ton/ha. Dit het veroorsaak dat die druiwe
van G1 eers sowat drie werke na die ander behandelings geoes kon word. In teenstelling met
die 1996/97 seisoen was die produksies gedurende die ander seisoene heelwat laer. Die
tempo van rypwording van al vier behandelings was dus meer vergelykbaar en al die druiwe
kon dus op dieselfde dag geoes word. Hierdie resultate toon dat ’n kombinasie van hoë
oesladings en nat grondtoestande selfs onder warm klimaatstoestande rypwording ernstig kan
belemmer. Nie een van die onderskeie besproeiingbehandelings het ’n betekenisvolle effek
op die pH van die mos gehad nie.
Wyngehalte
As gevolg van onvolledige gisting wat by al die herhalings van die vier behandelings
voorgekom het, kon daar nie gedurende die 1999/00 seisoen eksperimentele berei word nie.
Aangesien alle wingerdboupraktyke, asook die besproeiingbehandelings, soos in die eerste
drie seisoene toegepas was, is daar geen verklaring vir die gistingsprobleem nie. Die
onderskeie besproeiingbehandelings het nie ‘n betekenisvolle effek op enige van die
wyngehalte parameters gehad nie (Tabel 15). Gedurende al drie seisoene was daar egter ‘n
duidelike tendens tot meer prominente gistingsboeket asook beter algehele wyngehalte in die
geval van die 28-dag besproeingsiklus. Die wyne was oor die algemeen nie gedurende enige
van die seisoene van uitsonderlike gehalte nie.
Gevolgtrekkings en aanbevelings
Probleme wat in die eerste seisoen met die besproeiingstelsel by Augrabies ondervind is, het
bevestig dat ongewenste uitdroging van die beperkte volume wat met druppers benat word,
wingerdprestasie kan benadeel. Die risiko met drupbesproeiing is dus groter as in die geval
van mikrospuite. Waterverbruik van drup sowel as mikrospuit besproeide wingerd by
Augrabies is heelwat hoër as in ander wingerdboustreke in Suid Afrika. Dit is selfs hoër as in
die meer oostelike dele van die Benede Oranje. As gevolg van die hoë waterverbruik moet
drupbesproeiing elke dag toegedien word. Alhoewel die tafeldruif- en rosyngehalte van drup
besproeide wingerd vergelykbaar met dié van mikrospuit besproeide wingerd was, sal
drupbesproeiing waarskynlik teen meer as een puls per dag toegedien word om dieselfde
produksievlakke as met mikrospuite te handhaaf. Lae lewering drup (2.3 L/uur) gedurende die
dag kon nie die grond onder die uitermate warm toestande diep genoeg benat nie en dit het ’n
negatiewe effek op produksie en gehalte van tafeldruiwe en rosyne gehad. Aangesien dit nie
prakties haalbaar sal wees om alle besproeiing voor sonop, of deur die nag toe te dien nie, sal
Final report 11
druppers met die hoogs moontlike vloeitempo’s dus moet gebruik word om behoorlike
benatting te verseker. Sodanige vloeitempo’s moet egter nie die infiltrasietempo van die
grond oorskry nie. Aangesien die besparing van water van nasionale belang is, sal daar in die
toekoms waarskynlik meer drup- as mikrospuitbesproeiing geïnstalleer moet word. Dit is dus
noodsaaklik dat effektiwiteit van daaglikse pulse, asook die ideale frekwensie en duur van
sodanige pulse, deur voortgesette navorsing ondersoek moet word.
By Gariep het waterverbruik afgeneem met ’n toename in die besproeiingsikluslengte.
Benewens die feit dat water sodoende bespaar is, was daar ’n neiging tot kleiner korrels en
beter wyngehalte waar die besproeiing elke 28 dae toegedien is. Produksie het egter
betekenisvol afgeneem met ’n toename in beproeiingsikluslengte, terwyl lootgroei nie
afgeneem het nie. Die moontlikheid om die benadering van gedeeltelike benatting van die
wortelsone (“partial rootzone drying“) te gebruik om lootgroei, maar nie produksie te beperk
nie, moet dus met voortgesette navorsing ondersoek word. Indien dit suksesvol toegepas kan
word, mag hierdie praktyk veral voordele inhou waar welige lootgroei op die vrugbare alluviale
gronde wyngehalte benadeel.
Final report 12
Tabel 1. Besproeiingbehandelings soos toegepas vanaf November 1998 tot Junie 2000 op
Augrabies en vanaf Oktober 1996 tot Julie 2000 op Gariep onderskeidelik.
Lokaliteit Behandeling-
nommer
Besproeiingstelsel Periode Besproeiingsiklus
(dae)
B1 Druppers
(voor sonop)
September tot April
Mei tot Julie
Augustus
1
3 en 4
7
B2 Druppers
(deur die dag)
September tot April
Mei tot Julie
Augustus
1
3 en 4
7
B3 Mikrospuite
(kort siklus)
September tot Oktober
November
Desember tot Februarie
Maart tot April
Mei tot Julie
Augustus
3
2
2
3
4
7
Augrabies
B4 Mikrospuite
(lang siklus)
September tot Oktober
November
Desember tot Februarie
Maart tot April
Mei tot Julie
Augustus
3 en 4
3 en 4
2 en 3
7
7
7
Gariep(1)
G1
G2
G3
G4
Mikrospuite
Mikrospuite
Mikrospuite
Mikrospuite
September tot April
September tot April
September tot April
September tot April
7
14
21
28
(1) Vanaf Mei tot Augustus is alle behandelings ongeveer elke ses weke besproei.
Final report 13
Tabel 2. Penman-Monteith verwysingsverdamping (ETo) asook effek van besproeiingstelsel en
–sikluslengte op gemiddelde daaglikse waterverbruik en gewasfaktore vir elke maand soos
bepaal oor drie seisoene op Augrabies.
Waterverbruik
(mm/dag)
Gewasfaktor Maand ETo
(mm/dag)
B1(1)
B2 B3 B4 B1 B2 B3 B4
Augustus 4.71 0.9 0.9 2.1 2.1 0.20 0.20 0.45 0.45
September 6.47 1.9 1.9 5.1 4.9 0.29 0.29 0.78 0.75
Oktober 8.56 2.9 2.6 6.3 5.4 0.34 0.31 0.73 0.63
November 10.05 4.3 4.4 7.7 7.2 0.43 0.44 0.77 0.72
Desember 10.05 4.9 4.5 8.8 8.3 0.48 0.44 0.88 0.82
Januarie 9.04 4.5 4.5 8.7 8.2 0.50 0.50 0.96 0.90
Februarie 7.30 4.4 3.8 8.1 7.9 0.60 0.52 1.11 1.08
Maart 6.02 3.7 3.6 6.9 6.2 0.61 0.60 1.15 1.02
April 4.98 2.2 2.2 4.0 4.0 0.45 0.45 0.81 0.81
Mei 3.59 1.4 1.4 2.6 2.6 0.40 0.40 0.72 0.72
Junie 3.22 1.3 1.3 2.0 2.0 0.40 0.40 0.62 0.62
Julie 3.47 1.3 1.3 1.7 1.7 0.38 0.38 0.50 0.50
Totaal per jaar (mm) 1022 987 1938 1829
(1) Raadpleeg Tabel 1 vir verduideliking van besproeiingbehandelings.
Final report 14
Tabel 3. Element inhoud in Sultanina blare op vier groeistadiums soos beïnvloed deur
verskillende besproeiingbehandelings gedurende die 1998/99-seisoen op Augrabies.
Element inhoud (%) Behandeling Element
Na bot Blom Ertjiekorrel Oes
B1, drup voor sonop
B2, drup deur die dag
B3, mikrospuite, kort siklus
B4, mikrospuite, lang siklus
N
3.71
3.31
3.60
3.72
2.30
2.54
2.52
2.43
2.60
2.66
2.32
2.40
2.43
2.44
2.17
2.29
B1, drup voor sonop
B2, drup deur die dag
B3, mikrospuite, kort siklus
B4, mikrospuite, lang siklus
P 0.51
0.49
0.74
0.70
0.37
0.37
0.51
0.47
0.41
0.44
0.44
0.43
0.47
0.59
0.50
0.49
B1, drup voor sonop
B2, drup deur die dag
B3, mikrospuite, kort siklus
B4, mikrospuite, lang siklus
K 0.74
0.94
1.18
1.27
0.85
1.16
1.24
1.22
0.97
1.19
1.29
1.44
0.88
1.18
1.14
1.51
B1, drup voor sonop
B2, drup deur die dag
B3, mikrospuite, kort siklus
B4, mikrospuite, lang siklus
Ca 1.29
1.59
1.66
1.75
1.77
2.14
2.24
2.39
1.60
2.01
2.07
2.28
1.89
2.52
2.38
2.67
B1, drup voor sonop
B2, drup deur die dag
B3, mikrospuite, kort siklus
B4, mikrospuite, lang siklus
Mg 0.24
0.32
0.31
0.31
0.33
0.44
0.39
0.40
0.32
0.42
0.38
0.39
0.35
0.48
0.42
0.46
D-waarde (p [ 0.05) NB* NB NB NB
* NB = Nie betekenisvol
Tabel 4. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op loot-, korrel-, tros
en oesmassas van Sultanina vir tafeldruifproduksie soos gemeet oor twee seisoene by
Augrabies.
Behandeling Lootmassa
(t/ha)
Korrelmassa
(g)
Trosmassa
(g)
Oesmassa
(t/ha)
B1, drup voor sonop 4.7a(1) 6.26a 645b 19.7b
B2, drup deur die dag 5.0a 6.08a 629b 19.2b
B3, mikrospuite, kort siklus 6.0a 6.45a 738a 23.6a
B4, mikrospuite, lang siklus 5.5a 6.20a 691ab 24.9a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Final report 15
Tabel 5. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op suiker, suur en
pH van Sultanina vir tafeldruifproduksie soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Behandeling Suiker
(°B)
Suur
(g/L)
pH
B1, drup voor sonop 18.3a(1) 9.0a 3.69a
B2, drup deur die dag 17.6a 9.1a 3.69a
B3, mikrospuite, kort siklus 16.4b 10.2a 3.65a
B4, mikrospuite, lang siklus 17.3ab 9.8a 3.65a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 6. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op uitvoer
persentasie van Sultanina soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Behandeling Super Thompson
(%)
Thompson
(%)
Binnelands
(%)
Pars
(%)
B1, drup voor sonop 32.5a(1) 46.4b 6.0a 4.3b
B2, drup deur die dag 24.5a 48.8b 10.7a 6.5a
B3, mikrospuite, kort siklus 30.4a 53.6a 8.7a 7.3a
B4, mikrospuite, lang siklus 29.0a 55.0a 7.7a 3.5b
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 7. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op uitvoergehalte
van Sultanina na koelopberging soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Behandeling Kleur
(%)
Fermheid
(%)
Smaak
(%)
Algehele indruk
(%)
B1, drup voor sonop 72.6a(1) 75.7a 61.5a 64.5b
B2, drup deur die dag 68.9a 72.7a 61.9a 63.0b
B3, mikrospuite, kort siklus 72.5a 75.0a 59.1a 63.2b
B4, mikrospuite, lang siklus 71.5a 74.1a 63.8a 67.5a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Final report 16
Tabel 8. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op loot-, korrel-, tros
en oesmassas van Sultanina vir rosynproduksie soos gemeet oor twee seisoene by
Augrabies.
Behandeling Lootmassa
(t/ha)
Korrelmassa
(g)
Trosmassa
(g)
Oesmassa
(t/ha)
B1, drup voor sonop 5.0a(1) 1.92c 317a 25.3b
B2, drup deur die dag 5.0a 1.87c 319a 25.5b
B3, mikrospuite, kort siklus 5.8a 2.01b 364a 31.2a
B4, mikrospuite, lang siklus 5.6a 2.10a 333a 29.2ab
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 9. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op suiker, suur en
pH van Sultanina vir rosynproduksie soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Behandeling Suiker
(°B)
Suur
(g/L)
pH
B1, drup voor sonop 22.6a(1) 6.9ab 3.03a
B2, drup deur die dag 21.2b 6.7bc 2.99a
B3, mikrospuite, kort siklus 21.0b 7.2a 2.99a
B4, mikrospuite, lang siklus 21.4b 6.5c 3.01a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 10. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op die gehalte van
sondroog Sultanina rosyne soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Gradering (%) Behandeling
Keur Standaard Industrieel Vgw(1)
B1, drup voor sonop 69.4ab(2) 21.4ab 4.9a 4.4a
B2, drup deur die dag 62.5b 27.8a 4.5a 5.3a
B3, mikrospuite, kort siklus 76.6a 16.8b 4.4a 2.6a
B4, mikrospuite, lang siklus 75.8a 16.1b 3.8a 4.4a
(1) Vgw = Van geen waarde.
(2) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Final report 17
Tabel 11. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op die gehalte van
geloogde Sultanina rosyne soos gemeet oor twee seisoene by Augrabies.
Gradering (%) Behandeling
Keur Standaard Industrieel Vgw(1)
B1, drup voor sonop 88.0a(2) 6.8b 3.0a 2.5a
B2, drup deur die dag 79.6b 13.8a 3.4a 3.3a
B3, mikrospuite, kort siklus 87.0a 7.3b 2.8ab 3.0a
B4, mikrospuite, lang siklus 88.1a 7.5b 2.3b 3.5a
(1) Vgw = Van geen waarde.
(2) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 12. Penman-Monteith verwysingsverdamping (ETo) asook effek van besproeiing-
sikluslengte op gemiddelde daaglikse waterverbruik en gewasfaktore vir elke maand soos
bepaal oor drie seisoene op Gariep.
Waterverbruik
(mm/dag)
Gewasfaktor Maand ETo
(mm/dag)
G1(1)
G2 G3/G4 G1 G2 G3/G4
September 5.3 2.1 1.9 1.7 0.39 0.35 0.31
Oktober 6.7 3.1 2.6 1.9 0.46 0.38 0.28
November 7.9 4.1 3.6 2.6 0.52 0.46 0.33
Desember 9.3 5.5 4.6 4.2 0.59 0.49 0.45
Januarie 8.7 5.1 3.9 3.2 0.59 0.44 0.37
Februarie 8.6 4.5 3.4 2.7 0.53 0.40 0.32
Maart 6.8 2.9 2.7 2.7 0.42 0.40 0.40
April 4.8 1.6 1.5 1.5 0.33 0.30 0.30
Mei-Augustus 3.7 1.2 1.2 1.2 0.32 0.32 0.30
Totaal per jaar (mm) 1022 881 769
(1) Raadpleeg Tabel 1 vir verduideliking van besproeiingbehandelings.
Final report 18
Tabel 13. Effek van besproeiingsikluslengte op loot-, korrel-, tros- en oesmassas van
Colombar soos gemeet oor vier seisoene by Gariep.
Behandeling Lootmassa
(t/ha)
Korrelmassa
(g)
Trosmassa
(g)
Oesmassa
(t/ha)
G1, besproei elke 7 dae 3.8a(1) 1.65a 193a 44.0a
G2, besproei elke 14 dae 3.3b 1.53b 174ab 39.4b
G3, besproei elke 21 dae 3.2b 1.49b 174ab 38.3b
G4, besproei elke 28 dae 3.1b 1.43b 158b 36.4b
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 14. Effek van besproeiingsikluslengte op suiker, suur en pH van Colombar soos
gemeet oor vier seisoene by Gariep.
Behandeling Suiker
(°B)
Suur
(g/L)
pH
G1, besproei elke 7 dae 19.9a(1) 8.8a 3.29a
G2, besproei elke 14 dae 20.2a 8.4b 3.27a
G3, besproei elke 21 dae 20.3a 8.3b 3.25a
G4, besproei elke 28 dae 20.2a 8.2b 3.25a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Tabel 15. Effek van besproeiingsikluslengte op wyngehalte van Colombar soos gemeet oor
drie seisoene by Gariep.
Behandeling Gistingsboeket
(%)
Suurheid
(%)
Algehele gehalte
(%)
G1, besproei elke 7 dae 55.6a (1) 49.1a 46.6a
G2, besproei elke 14 dae 54.6a 48.5a 47.2a
G3, besproei elke 21 dae 57.4a 51.7a 47.1a
G4, besproei elke 28 dae 58.6a 49.5a 52.9a
(1) Syfers gevolg deur dieselfde letter binne ’n kolom verskil nie betekenisvol nie (P [ 0.05).
Final report 19
0
5
10
15
20
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
Matrikspotensiaal (-kPa)
Gro
ndw
ate
rinhoud
(massa
%)
R2 = 0.776
Y = 15.2x-0.393
Figuur 1. In situ bepaalde waterhouvermoë kurwe vir verweerde gneis grond by Augrabies.
0
20
40
60
80
100
0 24 48 72 96 120
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
Tyd (uur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
Drup Drup Drup
MikroMikroMikro
Figuur 2. Effek van besproeiingstelsel op grondwateronttrekking deur Sultanina op verweer-
de gneis grond soos gemeet gedurende Oktober 1997 op Augrabies. Vertikale pyle
dui besproeiings aan.
0
5
10
15
20
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
Matrikspotensiaal (-kPa)
Gro
ndw
ate
rinhoud
(massa
%)
R2 = 0.776
Y = 15.2x-0.393
Figuur 1. In situ bepaalde waterhouvermoë kurwe vir verweerde gneis grond by Augrabies.
0
20
40
60
80
100
0 24 48 72 96 120
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
Tyd (uur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
Drup Drup Drup
MikroMikroMikro
Figuur 2. Effek van besproeiingstelsel op grondwateronttrekking deur Sultanina op verweer-
de gneis grond soos gemeet gedurende Oktober 1997 op Augrabies. Vertikale pyle
dui besproeiings aan.
Final report 20
Tyd (uur)
Figuur 3. Effek van drupbesproeiing toegedien (A) voor sonop en (B) gedurende die dag opgrondwaterinhoud soos gemeet gedurende Desember 1998 op Augrabies.
0
10
20
30
40
50
07:00 09:00 11:00 13:00 15:00 17:00
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
150 mm
300 mm
600 mm
0
10
20
30
40
50
07:00 09:00 11:00 13:00 15:00 17:00
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
A
B
Tyd (uur)
Figuur 3. Effek van drupbesproeiing toegedien (A) voor sonop en (B) gedurende die dag opgrondwaterinhoud soos gemeet gedurende Desember 1998 op Augrabies.
0
10
20
30
40
50
07:00 09:00 11:00 13:00 15:00 17:00
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
150 mm
300 mm
600 mm
0
10
20
30
40
50
07:00 09:00 11:00 13:00 15:00 17:00
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
150 mm
300 mm
600 mm
0
10
20
30
40
50
07:00 09:00 11:00 13:00 15:00 17:00
Matr
ikspote
nsia
al(-
kP
a)
A
B
Final report 21
-1.8
-1.6
-1.4
-1.2
-1.0
-0.8
-0.6
-0.4
-0.2
Baarw
ate
rpote
nsia
al(M
Pa)
B1 – drup, voor sonop
B2 – drup, deur dag
B3 – mikro, kort siklus
B4 – mikro, lang siklus
04:00 06:00 08:00 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00
Tyd
Figuur 4. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op daaglikse ver-loop van waterspanning in Sultanina soos gemeet gedurende Desember 1998 opAugrabies.
-1.8
-1.6
-1.4
-1.2
-1.0
-0.8
-0.6
-0.4
-0.2
Baarw
ate
rpote
nsia
al(M
Pa)
B1 – drup, voor sonop
B2 – drup, deur dag
B3 – mikro, kort siklus
B4 – mikro, lang siklus
04:00 06:00 08:00 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00
Tyd
Figuur 4. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op daaglikse ver-loop van waterspanning in Sultanina soos gemeet gedurende Desember 1998 opAugrabies.
Final report 22
Tyd (uur)
Figuur 5. Effek van besproeiingstelsel op blaaroppervlak van Sultanina soos gemeet gedurende
(A) die 1997/98 seisoen en (B) die 1998/99 seisoen op Augrabies.
Bla
aro
perv
lak
(m p
er
sto
k)
0
10
20
30
40
50
60
70
Bla
aro
pperv
lak
(m p
er
sto
k)
A
Druppers
Mikrospuite
Sep Okt Nov Des Jan Feb Mar Apr
0
10
20
30
40
50
60
70
Bla
aro
pperv
lak
(m p
er
sto
k)
A
Druppers
Mikrospuite
Druppers
Mikrospuite
Sep Okt Nov Des Jan Feb Mar Apr
0
10
20
30
40
50
60
70
B
Druppers
Mikrospuite
Druppers
Mikrospuite
Sep Okt Nov Des Jan Feb Mar Apr
Final report 23
Figuur 6. Effek van besproeiingstelsel op sapvloei in Sultanina soos gemeet gedurende (A)
September 1997, (B) November 1997, (C) April 1998 en (D) Junie 1998 op Augrabies.
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
A
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sa
pvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
C
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
D
Tyd
Figuur 6. Effek van besproeiingstelsel op sapvloei in Sultanina soos gemeet gedurende (A)
September 1997, (B) November 1997, (C) April 1998 en (D) Junie 1998 op Augrabies.
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
A
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B1 – drup, kort siklus
B3 – mikro, kort siklus
A
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
B
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sa
pvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
C
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sa
pvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
C
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
D
0
5
10
15
20
06:00 12:00 18:00 00:00 06:00 12:00 18:00 00:00
Sapvlo
ei(m
l/m2/u
ur)
D
Tyd
Final report 24
0.0
0.5
1.0
1.5
2.0
2.5
8/10/97 22/10/98 5/11/98 19/11/98 6/12/98 17/12/98 31/12/98
Baa
rwate
rpote
nsia
al(M
Pa
)B1 – drup, voor sonop
B2 – drup, deur dag
B3 – mikro, kort siklus
B4 – mikro, lang siklus
B1 – drup, voor sonop
B2 – drup, deur dag
B3 – mikro, kort siklus
B4 – mikro, lang siklus
Datum
Figuur 7. Effek van besproeiingstelsel, tyd van toediening en sikluslengte op korrelgrootte vanSultanina wat as droogdruiwe verbou is soos gemeet op Augrabies.
Final report 25
4. Accumulated outputs List ALL the outputs from the start of the project. The year of each output must also be indicated.
Technology developed
An apparatus was developed for accurate, non-destructive measurement of grapevine trunk
cross-sectional area required for determining sap flow.
Human resources developed/trained
Male technician developed research skills that allowed him to enrol for a M.Sc. thesis at the
University of Stellenbosch.
Patents
Publications (popular, press releases, semi-scientific, scientific)
Myburgh P.A. & Coetzee F., 2003. Apparatus for non-destructive measurement of grapevine
trunk cross-sectional area. S. Afr. J. Plant Soil, (accepted for publication).
Presentations/papers delivered
Myburgh, P.A. & O’Connell, R.A., 2000. Seasonal variation in transpiration efficiency of
Sultanina grapevines under two micro irrigation systems. 6th Int. Micro Irrig. Congress. Cape
Town, 22-27 October 2000,
Myburgh, P.A., 2001. Effect of irrigation on table grape quality. Irrigation Information Day,
Marchand, 20 March 2001.
Final report 26
4. Total cost summary of project
Year CFPA DFPT DFTS Winetech THRIP Other TOTAL
Total cost in real terms for year 1
Total cost in real terms for year 2
Total cost in real terms for year 3
Total cost in real terms for year 4
Total cost in real terms for year 5
TOTAL