White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3...

11
Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd H/A Shango Solutions HHK House h/v. Ethel laan en Ruthsingel Northcliff Gauteng Posbus 2591 Cresta 2118 Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.shango.co.za White Rivers Exploration (Pty) Ltd Prospekteerregverw.: FS 30/5/1/1/3/2/1/10519 EM Prospekteerreg en Omgewingsmagtiging vir die voorgenome Kroonstad-Suid Prospekteerregprojek Julie 2018 Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek. Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare deelnameproses (ODP). Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV). Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek.

Transcript of White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3...

Page 1: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd H/A Shango Solutions

HHK House

h/v. Ethel laan en Ruthsingel Northcliff Gauteng

Posbus 2591

Cresta 2118

Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731

E-pos: [email protected]

Webtuiste: www.shango.co.za

White Rivers Exploration (Pty) Ltd

Prospekteerregverw.: FS 30/5/1/1/3/2/1/10519 EM

Prospekteerreg en Omgewingsmagtiging vir die voorgenome

Kroonstad-Suid Prospekteerregprojek

Julie 2018

Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en

geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek.

Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare

deelnameproses (ODP).

Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die

formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die

omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV).

Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien van u

kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek.

Page 2: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

2

1. INLEIDING

White Rivers Exploration (Pty) Ltd (White Rivers Exploration) het 'n aansoek om prospekteerreg en omgewingsmagtiging ingedien om vir die volgende kommoditeite te prospekteer:

Silwer • Yster • Seldsame aardelemente

• Goud • Mangaan • Swael

• Steenkool • Molibdeen • Uraan

• Kobalt • Nikkel • Wolfram

• Koper • Lood • Sink

• Diamante (Alluviaal) • Platinumgroepmetale

Die aansoek om prospekteerreg is aanvaar deur die Departement van Mineralehulpbronne (DMH): Vrystaatse

Streekskantoor op die 25ste

Junie 2018. Die voorgenome projek sal bekendstaan as Kroonstad-Suid en dit poog om

die potensiële minerale hulpbronne te verken en te kwantifiseer. Ten einde prospekteeraktiwiteite te onderneem,

benodig White Rivers Exploration ʼn prospekteerreg kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en

Petroleumhulpbronne, 2002 (WOMPH, Wet 28 of 2002). Daar word ook van White Rivers Exploration vereis om 'n

omgewingsmagtiging (OM) te verkry kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (WNOB, Wet 107

van 1998) wat die voorlegging van 'n basiese assesseringsverslag (BAV) en 'n omgewingsbestuursprogramverslag

(OBPV) behels, asook dat hulle 'n openbare deelnameproses (ODP) onderneem. Shango Solutions is deur White

Rivers Exploration aangestel as die omgewingsassesseringspraktisyn (OAP) om te help om aan hierdie vereistes te

voldoen.

2. DOEL VAN DIE AID

Openbare deelname maak 'n integrale deel uit van die basiese assesseringsproses. Die AID bied die leser die

geleentheid om inligting te verkry, kommentaar te lewer, kommerwekkende kwessies te opper en met die

ontwikkeling van die proses saam te werk. Die verspreiding van hierdie dokument is noodsaaklik om die leser in te

lig oor hoe om by die proses betrokke te raak.

Hierdie dokument is daarop gemik om die leser van basiese inligting rakende die voorgenome projek te voorsien,

wat die volgende insluit:

'n Bekendstelling van die projek, asook besonderhede oor die ligging.

'n Aanduiding van die voorgenome aktiwiteite en die regsraamwerk waarbinne die projek uitgevoer word.

'n Oorsig van basislyn-omgewingsinligting en omgewingsimpakte wat potensieel kan voorkom.

'n Verduideliking van die openbare deelnameproses (ODP) wat gevolg sal word.

ʼn Verduideliking van hoe om as ʼn belanghebbende en geraakte party (B&GP) betrokke te raak.

3. LIGGING

Tabel 1 dui die eiendombesonderhede aan van die prospekteerreg-aansoekgebied. Die gebied waarin daar

belanggestel word, dek altesaam ongeveer 22 202.78 hektaar (ha) wat oor 88 plaasgedeeltes strek en is geleë

in die Kroonstad-Magistraatsdistrik, ongeveer 13 kilometer (km) oos van Kroonstad, in die Vrystaatprovinsie van

Suid-Afrika (Figuur 1).

Page 3: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

3

Tabel 1: Besonderhede van eiendom.

Plaasnaam Plaasgedeelte Algemene landmeterskode

Amo 2288 0 F02000000000228800000

Annex 2135 0 F02000000000213500000

Arcadia 2477 0(RE) F02000000000247700000

Arcadia 2477 1 F02000000000247700001

Arcadia Noord 2534 0 F02000000000253400000

Arcadia Oos 2543 0 F02000000000254300000

Arkadie 2161 0 F02000000000216100000

Barendina 2577 0 F02000000000257700000

Batsfontein 594 0(RE) F02000000000059400000

Beta 678 0(RE) F02000000000067800000

Beta 678 1(RE) F02000000000067800001

Dampoortje 2544 0 F02000000000254400000

De Kleine 1079 0 F02000000000107900000

De Rust 2208 0 F02000000000220800000

Deelfontein 1077 0 F02000000000107700000

Doornkop West 778 0(RE) F02000000000077800000

Driehoek 2215 0 F02000000000221500000

Ebenhaezer 1411 0 F02000000000141100000

Eden 421 0(RE) F02000000000042100000

Eden 421 1(RE) F02000000000042100001

Eden 421 2 F02000000000042100002

Eensgevonden 2213 0 F02000000000221300000

Fonteinlaagte 1086 0 F02000000000108600000

Grootpan 293 0 F02000000000029300000

Helvetia 701 0(RE) F02000000000070100000

Hendriks Deel 2209 0 F02000000000220900000

Hermanus Dal 274 1 F02000000000027400001

Hermanusdal 1218 1 F02000000000121800001

Hermanusdam 1421 0 F02000000000142100000

Holyrood 1273 0 F02000000000127300000

Isabella 1607 0 F02000000000160700000

Jagtsvlakte 60 0 F02200000000006000000

Kaallaagte 2214 0 F02000000000221400000

Kilindini 1963 0 F02000000000196300000

Kitora 2532 0 F02000000000253200000

Klein Roodepoort 1422 0 F02000000000142200000

Kommandant`S Vlucht 1522 0 F02000000000152200000

Kristal 1983 0(RE) F02000000000198300000

Kristal 1983 1 F02000000000198300001

Kromkuil 2212 0 F02000000000221200000

Kroonfontein 1419 0 F02000000000141900000

La Blanche 920 0 F02200000000092000000

Laguna 2322 0 F02000000000232200000

Margherita`S Rust 1414 0(RE) F02000000000141400000

Page 4: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

4

Plaasnaam Plaasgedeelte Algemene landmeterskode

Mooibult 1460 0(RE) F02000000000146000000

Nova Scotia 2504 0(RE) F02000000000250400000

Nova Scotia 2504 1 F02000000000250400001

Oden 1000 0 F02200000000100000000

Olympia 1410 0(RE) F02000000000141000000

Oogiesfontein 242 0 F02200000000024200000

Oudewerf 2521 0(RE) F02000000000252100000

Poplar Grove 2505 1 F02000000000250500001

Rienzi 413 0(RE) F02000000000041300000

Rienzi 413 1 F02000000000041300001

Rietspruit 1413 0(RE) F02000000000141300000

Rondebult 1217 1 F02000000000121700001

Rondebult 1217 2 F02000000000121700002

Roode Poortje 2508 0 F02000000000250800000

Roodepoort 2535 0 F02000000000253500000

Rudolfsbult 1084 0 F02000000000108400000

Rudolfslaagte 1083 0(RE) F02000000000108300000

Rudolfslaagte 1083 1 F02000000000108300001

Rus-In-Urbe 2303 0 F02000000000230300000

Saaiplaas 2522 0 F02000000000252200000

Schurwe Randjes 2509 0 F02000000000250900000

Smithfield 1108 0 F02000000000110800000

Strydhoek 748 0(RE) F02000000000074800000

Strydhoek 748 1 F02000000000074800001

Strydhoek 748 2 F02000000000074800002

Strydhoek 748 3 F02000000000074800003

Sunnyside 1531 0 F02000000000153100000

Theefontein 273 1 F02000000000027300001

Theefontein 273 2 F02000000000027300002

Uitkyk 1317 0 F02000000000131700000

Veelsgesukkel 733 0(RE) F02200000000073300000

Vergunning 1167 1 F02000000000116700001

Vredefontein 2179 0(RE) F02000000000217900000

Vrolijkfontein 438 0 F02000000000043800000

Vruchtbaar 1003 RE F02200000000100300000

Vruchtbaar 1003 1 F02200000000100300001

Wonderfontein 1078 0 F02000000000107800000

Zoetvlakte 536 0(RE) F02000000000053600000

Zoetvlakte 536 1 F02000000000053600001

Zoetvlakte 536 2 F02000000000053600002

Zoetvley 537 0 F02000000000053700000

Zoetvley Oost 1069 0 F02000000000106900000

Zoetvley Oost 1069 1 F02000000000106900001

Zwartlaagte 1412 0 F02000000000141200000

Page 5: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

5

Figuur 1: Liggingskaart

Page 6: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

4

4. PROJEKBE SKRYWING

Indringende en nie-indringende prospekteeraktiwiteite sal onderneem word as deel van die voorgenome

prospekteerwerkprogram. Die omvang van hierdie aktiwiteite is soos volg:

Fase 1 1.1. Vind en verkry historiese eksplorasiedata [Jaar 1: 3 maande] Alle historiese data wat die posisie en ekonomiese potensiaal van die teikenhorisonne uiteensit, sal verkry word. Die

data wat verkry word, sal wees in die vorm van historiese boorgatinligting, kadasterkaarte, geologiese kaarte,

geologiese verslae, geofisiese opnames (alle beskikbare, bestaande gepubliseerde gravimetriese, radiometriese,

magnetiese, seismiese data, afstandwaarnemingdata, asook enige inligting ten opsigte van vorige eksplorasie of

mynbou, sal geraadpleeg en geïntegreer word).

1.2 Datavaslegging, GV/GB en vestiging van databasis [Jaar 1: 3 maande] Die data-inventaris sal opgestel word in Microsoft Access-databasiss vir toekomstige verwysing en vir maklike

toegang tot die relevante inligting. Die historiese data sal op gepaste elektroniese databasiss vasgelê word. Die

vasgelegde data sal 'n streng GV/GB-proses ondergaan om te verseker dat dit van die hoogste gehalte en

akkuraatheid is. Wanneer die databasiss hersien is, sal hulle oorgeskakel word in formate wat vir

interpretasiedoeleindes gebruik kan word. Hierdie databasiss sal die grondslag vorm van geologiese inligting wat die

geologiese model en hulpbronskatting van inligting sal voorsien.

1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek word deur 'n span van Witwatersrand-

geologiedeskundiges. Die doel van die oefening is om nomenklatuur te standaardiseer, geologiese verhoudings te

ondersoek, die geologiese omgewing te bepaal en om die afsettingsomgewing van die gouddraende horison te

herkonstrueer om sodoende die faktore wat die mineralisasie beheer, beter te verstaan.

1.4 Lessenaarstudie [Jaar 1: 3 maande] Die uitkomste van die interpretasie tesame met die mineralisasie-model sal voorgelê word in die vorm van 'n

geologiese lessenaarstudieverslag. Die bevindinge van hierdie verslag sal die grondslag vorm vir die toekomstige

eksplorasiestrategie.

1.5 Aanvanklike veldbesoek [Jaar 1: 2 weke] 'n Veldbesoek sal onderneem word om die applikant vertroud te maak met die oppervlakkenmerke (soos historiese

myne, infrastruktuur, dagsome, waterliggame en moeraslande) in die projekgebied en om die

oppervlakgrondeienaars te ontmoet. Gedurende hierdie besoek sal plaasgrense en plaasaktiwiteite binne die

projekgebied geverifieer word. 'n Poging sal aangewend word om enige faktore te identifiseer wat 'n impak kan hê

op die eksplorasieprogram. Daarbenewens sal daar 'n poging aangewend word om die krae van die historiese

boorgate te vind.

Fase 2 2.1 Opsporing en verkryging van toegang tot die historiese kern [Jaar 2: 3 maande] Sleutelboorgate wat voorheen in die gebied gesink is, sal geïdentifiseer word en daar sal met die eienaars

onderhandel word om toegang tot die kern te verkry.

2.2 Aantekening en hertoetsing van relevante kern [Jaar 2: 5 maande] Wanneer toegang tot die historiese kern verkry is, sal die kern weer aanteken en, indien nodig, hertoets word.

Hierdie aktiwiteit sal toelaat dat historiese boorgat-logboeke geverifieer word en sodoende vertroue verhoog in die

data wat die geologiese model ondersteun.

Page 7: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

7

2.3 Interpretasie en integrasie van data in 'n databasis [Jaar 2: 4 maande] Wanneer die aantekening en toetsing voltooi is, sal die vasgelegde inligting ingesluit word in die databasis vir

verdere gebruik in geologiese modellering en hulpbronskatting.

Fase 3 3.1 Geofisiese opname (indien nodig) [Jaar 3: 2 maande] Geofisiese opnames wat in die verlede deur mynmaatskappye uitgevoer is, is beskikbaar en kan verkry word sonder

dat verdere opnames gedoen moet word. Aëromagnetiese streeksopnames is toeganklik en, op grond van ʼn

gunstige uitkoms vir die werk in jaar 1 en 2, sal die besluit geneem word om hierdie opnames aan te koop. Die

geofisiese opname se resultate (indien aangekoop) sal geïntegreer word by die geologiese databasis en in digitale

formaat voorgelê word.

3.2 Vestiging van ʼn voorlopige geologiese model [Jaar 3: 5 maande] Die historiese data sal gebruik word om 'n voorlopige 3-dimensionele geologiese model te ontwikkel. Hierdie model

sal gebruik word om die eksplorasieprogram verder te verfyn.

3.3 Doen teikenontwikkeling en baken boorgatliggings af [Jaar 3: 5 maande] Die voorlopige geologiese model sal gebruik word om die hoofboorgatliggings te identifiseer om vertroue verder te

verhoog in die geologiese model.

Fase 4: 4.1 Boor van 2 diamantboorgate tot op ʼn diepte van 800m [Jaar 4: 11 maande] Afhangende van die aanvanklike geologiese model wat vasgestel is, sal 'n boorprogram van twee boorgate

onderneem word. Vir hierdie fase sal diamantboorgate oorweeg word (Figuur 2 en 3).

4.2 Aantekening en toetsing van boorgate [Jaar 4: 11 maande] Wanneer die boorgate gesink is, sal die boorgatinligting getoets en in die databasis aangeteken word.

4.3 Verfyning van die geologiese model [Jaar 4: 1 maand] Die data wat uit die boor en aantekening van die gate bekom word, sal by die geologiese model geïntegreer word

om die geologie te bevestig en toekomstige boorteikens te verfyn. Die bygewerkte geologiese model sal gebruik

word om die terrein vir die boorgate wat vir Jaar 5 se boorprogram beplan word, vas te stel.

Fase 5: 5.1 Boor van 2 diamantboorgate tot op ʼn diepte van 800m [Jaar 5: 9 maande] Afhangende van die aanvanklike geologiese model wat vasgestel is, sal 'n boorprogram van twee boorgate

onderneem word.

Sou die boorprogram suksesvol wees, sal bykomende gate gesink word. Dit sal in die vorm van ʼn S102-aansoek,

saam met die voorgenome hersiene prospekteerplan en OBPV, aangedui word.

5.2 Aantekening en toetsing van boorgate [Jaar 5: 9 maande] Wanneer die boorgate gesink is, sal die boorgatinligting getoets en in die databasis aangeteken word.

5.3 Finalisering van die geologiese model [Jaar 5: 1 maand] Die data wat verkry word van die sinking en aantekening van die gate sal geïntegreer word in die geologiese model

ten einde die model te finaliseer. Die gefinaliseerde geologiese model sal gebruik word om die 3D-posisie van die

ertsliggaam te bepaal, wat sal help as 'n inset vir die hulpbronskatting.

5.4 Hulpbronskatting [Jaar 5: 2 maande] Die geologiese databasis tesame met die toetsingdata sal gebruik word om 'n hulpbronskatting te doen.

Page 8: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

8

5. GEOLOGIESE FORMASIE EN PROSPEKTEERTEIKENS

Die gebied waarvoor aansoek gedoen is, is hoofsaaklik gekies op grond van die historiese data wat vir die streek

beskikbaar is, en hierdie data dui op die moontlikheid dat ekonomies lewensvatbare hulpbronne voorkom. Die

Vrystaatse Goudveld is gedurende die 1930’s op geofisiese wyse ontdek, toe dr. R Krahmann die rand van die

Witwatersrandkom afgebaken het deur die magnetiese skalie van die Wes Rand-groep met ʼn magnetometer te

karteer. Dit is gevolg deur uitgebreide eksplorasieboorwerk vir diamante, wat die goudhoudende konglomeraat van

die Sentrale Rand-groep (Figuur 4) gesny het. Die gevolg was die ontwikkeling van een van die grootste goudvelde

op aarde.

Welkom, die grootste dorp in die Vrystaatse Goudveld, lê ongeveer 270 kilometer suidwes van Johannesburg, en

ongeveer 1 370 meter bo gemiddelde seevlak. Welkom se goudveld het elf myne in die driehoek tussen Allanridge,

Welkom en Virginia opgelewer. Hierdie myne het gesamentlik meer as 9.6 miljoen kilogram goud gelewer.

Die Sentrale Rand-groep van die Witwatersrand-supergroep is binne die voorgenome Kroonstad-Suid

Prospekteerreg teenwoordig, met vier moontlike ekonomiese spoelertsafsettings, naamlik Basaalrif, Big

Pebblekonglomeraat, A-rif en B-rif. Die hoofteikens vir prospekteerwerk is die moontlike gouddraende konglomerate

(riwwe) van die Sentrale Rand-groep binne die Witwatersrand-supergroep.

Die Witwatersrand-supergroep, wat goud dra, is oor die algemeen bedek deur 500 meter Karoo-supergroepstrata,

wat hoofsaaklik bestaan uit horisontale lae sandsteen en skalie van die Ecca-groep. Die Ecca-groep bevat

steenkool op lae vlakke, wat ontginbaar kan wees. Bykomend tot goud, is die primêre prospekteerteiken silwer,

uraan, swael, diamante, seldsame aardelemente en metale in die platinumgroep tans en ook histories as

neweprodukte van goud onttrek. Basismetale (kobalt, koper, mangaan, molibdeen, nikkel, lood, wolfram en sink)

kan moontlik in mafiese intrusies teenwoordig wees.

.

Figuur 3: Tipiese diamantboorpunte. Figuur 2: ʼn Tipiese boormasjien.

Page 9: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

9

Figuur 4: Kaart van die Witwatersrandkom (Pretorius, 1964), asook dieptes vir die Sentrale Rand-groep.

6. REGULATORIESE VEREISTES

Suid-Afrikaanse wetgewing vereis dat omgewingsmagtiging vir sekere aktiwiteite verkry word voordat daar met

prospekteerwerk begin word. As deel van die aansoekproses vir omgewingsmagtiging, is dit nodig om die

omgewings en maatskaplike impakte wat met die aktiwiteite gepaard gaan vas te stel, sodat enige moontlike

negatiewe en/of positiewe gevolge wat daaruit kan spruit, geïdentifiseer kan word. Maatreëls moet voorgestel word

om hierdie impakte te vermy of tot die minimum te beperk.

Kragtens die WNOB en sy OIA-regulasies (GN 324/GN 325/GN 327), kan die volgende gelyste aktiwiteit vir die

voorgenome projek geld, en as sodanig is die aansoek aan ʼn basiese assesseringsverslagproses onderhewig:

RK R. 327 (van 2017), Aktiwiteit 20: Enige aktiwiteit, ingeslote die bedryf van daardie aktiwiteit wat ʼn

prospekteerreg kragtens artikel 16 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne, 2002

(Wet 28 van 2002), vereis, ingeslote (a) gepaardgaande infrastruktuur, strukture en grondwerk, wat direk verband

hou met prospektering vir ʼn mineraal, of (b) die primêre verwerking van ʼn minerale hulpbron, ingeslote winning,

onttrekking, klassifikasie, konsentrasie, vergruising, sifting of was; maar uitgeslote die sekondêre verwerking van ʼn

minerale hulpbron, ingeslote smelting, veredeling, reduksie, raffinering, kalsinering of vergassing.

RK 324 (van 2017), Aktiwiteit 12(b): Die uithaal van inheemse plantegroei oor ʼn gebied van 300 vierkante meter of

meer, buiten waar sodanige uithaal van sodanige inheemse plantegroei vir onderhoudsdoeleindes, onderneem in

ooreenstemming met die onderhoudsbestuursplan, nodig is (i) binne enige kritiek-bedreigde of bedreigde ekostelsel

wat ingevolge artikel 52 van die WNOB gelys is, of voor die publisering van so 'n lys, binne ʼn gebied wat as kritiek-

Page 10: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

10

bedreig in die Nasionale Ruimtelike Biodiversiteitsassessering 2004 geïdentifiseer is en (ii) binne kritieke

biodiversiteitsgebiede soos in biostreeksplanne geïdentifiseer

7. TIPIESE IMPAKTE WAT MET HIERDIE AKTIWITEITE VERBAND HOU

Die volgende impakte sal, onder andere, deur die basiese assesseringsverslag beoordeel en daarby ingesluit word:

Veiligheids en sekuriteitsrisiko’s vir grondeienaars en wettige bewoners

Inmenging met grondgebruik

Sin vir die plek

Verlies aan/vernietiging van habitat

Skade aan bestaande infrastruktuur

Persepsies en verwagtinge

Verwydering van plantegroei

Grond-onstabiliteit/ saampersing/besoedeling

Erosie en sedimentasie

Versteuring van/skade aan erfeniskenmerke

Geraas

Bekendstelling van uitheemse spesies

Vlugtige vrystelling (stof)

Koolwaterstofstortings/kontaminasie

Besoedeling van oppervlak en grondwater

Opwekking en storting van afval

8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES

Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese assesseringsproses wat gevolg word, word hier onder beskryf. Aanvang en toepassing

Stel aansoekvorm(s) op en dien dan in by DMH

Openbare deelnameproses

Identifisering van B&GPs

Voorbereiding van kennisgewingdokumente (AID, brief, advertensie, terreinkennisgewing, registrasievorm)

Kennisgewing aan B&GPs en relevante belanghebbendes van die projek

Plasing van terreinkennisgewings en advertensie

Basiese assesseringsverslag (BAV) en omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV)

Saamstel van basislyn-omgewingsdata en identifisering van potensiële impakte wat met die projek verband

hou

Assessering van alternatiewe projekaspekte

Spesialisstudies onderneem (indien van toepassing)

Potensiële impakte word getakseer en versagtende maatreëls voorgestel

Moniteringsprogramme word voorgestel om seker te maak dat versagtende maatreëls doeltreffend is

Voorlopige BAV/OBPV word aan die publiek en die owerhede beskikbaar gestel vir openbare oorsig en kommentaar

Finale BAV/OBPV word bygewerk en sluit alle kommentaar in voordat dit voorgelê word aan die DMH

DMH aanvaar die BAV/OBPV of vra vir bykomende inligting

Ons is

hier

Page 11: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

11

Rekord van beslissing

DMH neem 'n besluit en keur die aansoek vir omgewingsmagtiging goed of af

Alle B&GPs word in kennis gestel van die uitslag van die aansoek en van hulle reg om appèl aan te teken

9. TYDPERK WAARVOOR DIE OMGEWINGSMAGTIGING VEREIS WORD

Die omgewingsmagtiging word vir vyf (5) jaar vereis.

10. BEHOEFTE EN WENSLIKHEID VAN DIE PROJEK

Indien die prospekteerwerk suksesvol is en ʼn hulpbron gekwantifiseer word, sal dit op ʼn moontlike lewensvatbare

ekonomiese aktiwiteit in die vorm van mynbou dui. Mynbou sal grootliks tot plaaslike ekonomiese groei bydra deur

middel van direkte indiensneming, toekomstige sakegeleenthede, mynreggelde en belastinginkomste.

11. OPENBARE DEELNAMEPROSES

Die leser word hiermee genooi om vrylik deel te neem, en enige vrae of inligting wat tot die basiese

assesseringsproses kan bydra, in te dien. Openbare deelname is ʼn noodsaaklike komponent van die proses. Dit

spreek tot die reg van B&GPs om oor die voorgenome aktiwiteite ingelig te word en betrokke te wees by die besluite

wat hulle raak. Dit bied ook aan die OAP die geleentheid om die kwessies en bekommernisse wat deur B&GPs

geopper word, aan te spreek, wat die OAP in staat stel om al die moontlike impakte van die voorgenome projek te

assesseer.

12. UITNODIGING OM TE REGISTREER

Indien u as 'n B&GP wil registreer en op hoogte gehou wil word van hierdie projek, moet u asseblief die aangehegte

vraelys invul en terugbesorg aan Shango Solutions teen nie later nie as die 31ste

Augustus 2018.

Enige navrae, kommentaar of bekommernisse ten opsigte van hierdie aansoek kan gerig word aan Shango

Solutions by:

Tel: 011 678 6504

Faks: 011 678 9731

E-pos: [email protected]

Kontakpersoon: Me Zizo Siwendu (Omgewingsassesseringspraktisyn/OAP)

Projeknaam: Kroonstad-Suid Prospekteerreg

Posadres: Posbus 2591, Cresta, 2118, Suid-Afrika

Enige kommentaar of bekommernisse oor hierdie aansoek kan ook gerig word aan die DMH (en 'n afskrif

gestuur na Shango Solutions) by:

Tel: 057 391 1385

Faks: 057 357 6003

E-pos: [email protected]

Kontakpersoon: Me Nkateko Mhlarhi

Posadres: Privaat Sak X33, Welkom, 9460

DMH-verwysingsnommer: FS 30/5/1/1/3/2/1/10519 EM

Vir aandag: Myndirektoraat: Omgewingsbestuur DMH – Vrystaatse Streekskantoor