MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED...

28
MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY PHASE FOR IMPLEMENTATION IN 2007 AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SYLLABUS GRADES 5-7

Transcript of MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED...

Page 1: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

MINISTRY OF EDUCATION

UPPER PRIMARY PHASE

FOR IMPLEMENTATION IN 2007

AFRIKAANS SECOND LANGUAGE

SYLLABUS

GRADES 5-7

Page 2: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia

© Copyright NIED, Ministry of Education, 2006 Afrikaans Second Language Syllabus Grades 5-7 ISBN: 99916-15-50-7 Printed by NIED Website: http://www.nied.edu.na Publication date: December 2006

Page 3: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding .................................................................................................................................... 1

2. Rasionaal en doelstellings......................................................................................................... 1

3. Vaardighede en leeruitkomste ................................................................................................. 1

4. Spesifieke kenmerke van die fase ............................................................................................ 2

5. Geslagskwessies ....................................................................................................................... 2

6. Lokalisering van leerinhoud ..................................................................................................... 2

7. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre kwessies ............................................................ 2

8. Onderrig-leer-benadering.......................................................................................................... 4

9. Samevatting van die leerinhoud ............................................................................................... 5

10. Leerinhoud ............................................................................................................................... 6

11. Assessering................................................................................................................................ 14

11.1 Inleidende opmerkings............................................................................................................... 14

11.2 Doel met assessering ................................................................................................................. 14

11.3 Tipes assessering........................................................................................................................ 14

11.4 Assesseringsmetodes.................................................................................................................. 15

11.5 Assesseringsdoelstellings........................................................................................................... 15

11.6 Deurlopende assessering: in Tweede Taal …............................................................................ 16

11.7 Eindeksamen: Uiteensetting van vraestelle............................................................................... 18

11.8 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle ………………………………….. 19

11.9 Graadomskrywings.................................................................................................................... 19

12. Woordelys.................................................................................................................................. 20

Bylaes:

Bylae A: Merkskema: Praatvaardigheid

Bylae B: Merkskema: Hardoplees

Bylae C: Merkskema: Skriftelike Stelwerk

Deurlopende Assesseringspuntelys

Page 4: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1

1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf die leeruitkomste en assessering van Afrikaans Tweede Taal in die Senior Primêre fase. As vak hoort Tweede Taal tot die taal- en geletterdheidsleerarea in die kurrikulum, maar het tematiese skakels met ander vakke in die kurrikulum. Een van die primêre doelwitte van die kurrikulum is die ontwikkeling van funksionele geletterdheid en taalvaardighede by die leerder. Dit behels: • die ontwikkeling van positiewe gesindhede teenoor die taal • die verwerwing van ‘n funksionele woordeskat en uitspraak op formele sowel as informele wyses, met die

doel om die taal vlot en korrek te kan verstaan, praat, lees en skryf • die ontwikkeling van die vermoë om die taal met selfvertroue in die skool, asook in die daaglikse lewe te

gebruik. Onder optimale omstandighede word 6 periodes van 40 minute elk in elke 5-dagweek benodig vir die onderrig van die vak. 2. RASIONAAL EN DOELSTELLINGS Taal is die belangrikste sleutel tot suksesvolle leer. Geletterdheid en kommunikasie word beskou as inherent deel van menslike ontwikkeling en lê die basis vir lewenslange leer. . Die oorkoepelende doelstelling met die onderrig van Afrikaans Tweede Taal is die ontwikkeling van die kommunikatiewe vaardighede van die leerders, ter wille van betekenisvolle interaksie in ‘n multi-kulturele en meertalige gemeenskap. ‘n Tweede taal het dieselfde potensiaal as enige ander taal om persoonlike groei te stimuleer en te help met die ontwikkeling van ‘n wye algemene kennis, gesindhede, kritiese vaardighede, morele waardes en estetiese aanvoeling. Met hierdie sillabus word daarna gestreef om die volgende algemene doelwitte te verwesenlik:

• om kreatiwiteit en intellektuele ontwikkeling te ondersteun • om leerders te help om selfvertroue te ontwikkel, asook ‘n beter begrip van die wêreld waarin hulle leef • om positiewe gesindhede en waardesisteme te ontwikkel, asook begrip vir plaaslike sosiale en kulturele

kwessies • om groter bewustheid en verantwoordelikheid te kweek ten opsigte van gesondheids- en

bevolkingskwessies, demokrasie en menseregte, MIV & Vigs en omgewingskwessies. Die sillabus wil die leerders bemagtig om oor hierdie aangeleenthede te praat, te lees en te skryf.

Die sillabus wil ook die volgende spesifieke doelwitte verwesenlik:

• om leerders in staat te stel om mondelings en skriftelik effektief te kommunikeer • om leerders in staat te stel om uiting te gee aan gedagtes, idees, ervaringe en waardes as ‘n noodsaaklike

deel van persoonlike ontwikkeling • om vaardigheid in die taal te ontwikkkel

3. VAARDIGHEDE EN LEERUITKOMSTE Met die aanvang van die Senior Primêre fase word veronderstel dat leerders reeds begin het om die taal effektief te gebruik vir kommunikasie, selfontwikkeling en intellektuele groei. Al die vaardighede in hierdie sillabus is noodsaaklik en dui die minimum vlak van vaardigheid aan wat leerders aan die einde van elke graad in die Senior Primêre fase behoort te bereik. Die bedoeling is nie om die inisiatief van die onderwyser of die klas te beperk nie. Onderwysers moet hulle leerders verby die minimum vlakke neem waar enigsins moontlik. Aan die einde van die Senior Primêre fase behoort alle leerders in staat te wees tot betekenisvolle interaksie, hulleself duidelik in ‘n verskeidenheid genres en situasies kan uitdruk en ‘n verskeidenheid tipes tekste kan lees en krities interpreteer.

Page 5: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 2

4. SPESIFIEKE KENMERKE VAN DIE FASE Deur gereelde blootstelling aan ryk vorme van kommunikasie, sal leerders toenemend bewus word van korrekte en betekenisvolle taal en die korrekte gebruik van grammatikale strukture. Ten einde groei en ontwikkeling in die taal soveel as moontlik aan te help, is dit belangrik dat die taalvaardighede geïntegreerd onderrig word. Baie van die vaardighede wat in die Senior Primêre fase ingesluit is, was reeds deel van die Junior Primêre fase. Die rede waarom dit in die Senior Primêre fase herhaal word, is om die belangrikheid van progressiewe ontwikkeling van hierdie vaardighede aan te dui. In opeenvolgende jare sal van leerders vereis word om die vaardighede met toenemende vlakke van gesofistikeerdheid te ontwikkel. 5. GESLAGSKWESSIES Onderwysers moet bewus wees van verskille wat verband hou met geslag, sowel as van probleme wat kan voortspruit uit die verskillende rolle van mans en vroue in die gemeenskap. Mans en vroue gebruik taal op verskillende wyses. Hierdie verskille kan as bron benut word in die klaskamer deur seuns en dogters in dieselfde groepe in te sluit. Rolspelsituasies kan gebruik word om geslagstereotipes uit te wys en leerders te leer om materiaal te analiseer om te bepaal of dit vry is van geslagstereotipe. Seuns en dogters kan meng en soms rolle omruil. Taal as vak is ook uitstekend geskik vir die onderrig van waardes. Die verskillende wyses waarop mans en vroue neig om oor waardes te dink, kan aangewend word om mekaar te verryk. Daar moet seker gemaak word dat alle leer- en onderrigmateriaal geslagsgelykheid bevorder. 6. PLAASLIKE VERBAND EN INHOUD Die onderrig van Afrikaans as tweede taal moet op elke moontlike wyse put uit die kulturele rykdom van die onmiddellike gemeenskap en verbande lê tussen onderwerpe wat in die klas aan die orde kom en die onmiddellike omgewing. In skoolverband is taal die medium waardeur alles gekonseptualiseer word. 7. SKAKELING MET ANDER VAKKE EN INTERKURRIKULÊRE KW ESSIES Opvoeding in aangeleenthede rakende bevolkingskwessies, MIV en Vigs, menseregte, demokrasie, omgewingsbewustheid en inligtingstegnologie is nie beperk tot slegs enkele vakke nie, maar oorspan die hele kurrikulum. Hierdie kwessies kom in verskillende vaksillabusse aan die orde. In die lig van die MIV en Vigs-pandemie is dit by uitstek belangrik om taallesse te benut om leerders in staat te stel om uitdrukking te gee aan hulle opvattings en gevoel oor MIV en Vigs en die effek wat dit op die individu sowel as die gemeenskap het. Leerders moet leer om openlik en onbevange oor die aangeleenthede te wees en om ‘n positiewe ingesteldheid en selfvertroue te ontwikkel wat hulle kommunikasievermoëns sal versterk, ten einde persone wat deur MIV en Vigs geraak word, te ondersteun. Hulle moet hulleself ook teen enige vorm van seksuele molestering kan beskerm. Die voorstelle in die onderstaande tabel het ten doel om leiding te verskaf aan onderwysers oor die integrering van interkurrikulêre kwessies in die daaglikse taalonderrig. Dit staan onderwysers vry om hierdie onderwerpe en aktiwiteite aan te vul en te verander om te pas by die ontwikkelingsvlak en belangstelling van hulle leerders.

Page 6: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 3

Aktiwiteite Interkurrikulêre kwessie

Onderwerp Luister Praat Lees Skryf

Omgewings-opvoeding

• Waaruit betaan ons omgewing?

• Parke en ontspanning

• Bewaring • Boomplantdag

• Luister na tekste en rangskik inligting wat op stukkies papier geskryf is

• Voer ‘n onder-houd met ‘n natuurbewaar-der

• Lewer ‘n praatjie oor maniere om elektrisiteit te bespaar

• Vind inligting oor geskikte plante / bome vir die skoolterrein

• Pas woorde by korrekte bete-kenisse in teks-te oor omge-wingskwessies

• Briefie van bedanking aan die burge-meester vir sy / haar deelname aan boom-plantdag by die skool

Bevolkings-kwessies

• Namibië se bevolkingsame-stelling

• Namibië se vroeë geskiede-nis

• Lewensomstan-dighede in ver-skillende dele van die land

• Luister na ‘n voorlesing en merk korrekte antwoorde af

• Luister na ‘n voorlesing en beantwoord eenvoudige begripsvrae daaroor

• Bespreek in-vloedryke per-sone in die ge-skiedenis van Namibië

• Debatteer aan-geleenthede rondom die huidige bevol-kingsgroei in Namibië

• Dra inligting oor kulturele groepe in Na-mibië in op ‘n tabel

• Lees ‘n tabel oor lewensver-wagting

• Ontwerp ‘n plakkaat om verskillende as-pekte van die bevolkings-groepe in Namibië uit te beeld

MIV en Vigs • Leef positief saam met MIV en Vigs

• Voorkoming • Regte van

MIV-positiewe mense

• Luister na ‘n teks en beantwoord waar / vals vrae

• Luister na verhale oor per-sone wat MIV-positief is

• Voer ‘n onderhoud met ‘n gesondheids-werker oor be-paalde aspekte rondom MIV & Vigs

• Debatteer die vraag of dit goed is om jou MIV-status te ken

• Soeklees ‘n teks vir voorkomende maatreëls

• Ontleed en be-spreek plakkate oor aspekte van MIV en Vigs

• Dra data oor die voorkoms van MIV & Vigs in op ‘n tabel

• Ontwerp plak-kate om die boodskap van voorkoming oor te dra

Menseregte en demokrasie

• Die bevorde-ring van vrede

• Verstaan kultu-rele verskeiden-heid

• Regte en ver-antwoordelik-hede

• Dag van die Afrika-kind

• Luister na tekste oor regte en verantwoor-delikhede en voltooi verskil-lende take

• Bespreek as-pekte van ver-skillende kul-ture, bv. taal, stapelvoedsel, kleredrag, ens.

• bespreek ver-pligte skoolby-woning

• Lees en be-spreek koerant-artikels oor demokrasie

• Lees verhale waaruit inlig-ting oor bepaal-de kulture afge-lei kan word

• Stel riglyne op oor hoe om ‘n vredebewaarder te wees

• Skryf ‘n brief aan ‘n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind

Inligtings-tegnologie

• Ontwikkeling in inligtingsteg-nologie

• Maniere van kommunikasie

• Groot uitvinders

• Luister na ‘n beskrywing van ‘n rekenaar en skryf die name van dele in op ‘n skets

• Luister na stories oor beroemde uitvinders en gebruik die inligting om opdragte uit te voer

• Bied ‘n radio- of TV-program aan oor ont-wikkelinge in die tegnologie

• Vluglees ‘n teks oor die ontwikkeling van inligtings-tegnologie en stel ‘n tydlyn op

• Lees artikels oor groot uitvinders

• Vul inligting in op ‘n grafiek, bv. oor die getal leerders in die skool wat ‘n radio, selfoon en rekenaar besit

Page 7: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 4

8. ONDERRIG-LEER-BENADERING Die onderrig-leer-benadering is leerdergerig. Dit verseker die optimale kwaliteit van leer indien sekere beginsels nagekom word. Die doel is om begrip te verseker, asook die ontwikkeling van vaardighede en gesindhede wat nodig is om ‘n bydrae tot die gemeenskap te kan lewer. Die uitgangspunt is die feit dat elke leerder ‘n magdom kennis en sosiale ondervinding na die skool bring. Onderrig en leer in die skool moet elke leerder se bestaande kennis en ondervinding verbreed, ontwikkel en uitdaag. Leerders leer die beste wanneer hulle betrokke is by die leerproses deur ‘n hoë mate van aktiewe deelname, bydrae en produksie. Terselfdertyd moet die onderrig-leer-benadering voorsiening maak vir die feit dat elke leerder ‘n individu is met sy/haar eie behoeftes, tempo van leer, ondervinding en vermoëns. Die onderwyser moet in staat wees om die behoeftes van leerders te peil, die aard van die leer wat moet plaasvind te identifiseer en dan die leerervaring dienooreenkomstig te beplan. Daarom moet onderrigstrategieë buigsaam wees in ‘n goed beplande reeks lesse wat verkieslik rondom temas beplan word wat verskillende vakgebiede betrek. Afhangende van die betrokke algemene en spesifieke doelstellings wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer leerinhoud direk onderrig moet word, wanneer dit beter sal wees om leerders die inhoud self te laat ontdek, wanneer gerigte leeraktiwiteite nodig is, wanneer vaslegging of verryking nodig is, wanneer daar ‘n spesifieke opeenvolging van vaardighede of inligting is wat gevolg moet word, of wanneer leerders toegelaat kan word om self te besluit hoe hulle ‘n onderwerp wil aanpak. Die klas kan op verskillende wyses georganiseer word: leerders kan individueel werk, in pare, in groepe of as die totale klasgroep. Die groepering wat gekies word, sal afhang van die taak op hande. Wedersydse ondersteuning en samewerking tussen groepe behoort aangemoedig te word. Om dit te bewerkstellig, moet opdragte so beplan word dat paar- en groepwerk nodig is om dit uit te voer, andersins is groepwerk vir leerders irrelevant. In die lig van die feit dat leerders in hierdie fase reeds bepaalde persoonlike, sosiale en kommunikatiewe vaardighede ontwikkel het, moet hulle onder leiding van die onderwyser toenemend meer en meer by die beplanning en evaluering van hulle werk betrek word. Aangesien leerders in die Junior Primêre fase reeds ‘n groot deel van die taal verwerf het, behoort die onderrig in die Senior Primêre fase afgestem te wees op verdere ontwikkeling van taalvaardighede. Dit moet bou op wat leerders reeds ken en kan doen, dit moet lei tot verfyning van taalstrukture, asook die ontwikkeling van die vermoë om die taal op meer subtiele wyse en in meer komplekse situasies te gebruik. ‘n Belangrike funksie van die vak in hierdie fase is om die woordeskat wat die leerders reeds het verder uit te brei en hulle begrip van betekenis te verdiep. Die onderrig van die taal as tweede taal moet ‘n bewustheid kweek van die feit dat daar ‘n standaardvorm van die taal is wat toepaslik is in skryfwerk en meer formele situasies, terwyl die gesproke vorm van die taal ‘n reeks variëteite insluit, nie net in terme van dialekte nie, maar ook wat betref baie formele en hoflike taal, informele taal en slang. Die klaskamer moet ‘n ryk taalomgewing bied, nie net in terme van die mondelinge gebruik van die eerste taal nie, maar ook sover dit die geskrewe en gedrukte vorm raak. Elke klaskamer behoort ‘n leeshoekie te hê met gepubliseerde boeke, plaaslike stories, poësie en prosa wat in samewerking met die plaaslike gemeenskap geskryf is, die leerders se eie kreatiewe skryfwerk en geannoteerde plakkate wat die leerders self maak. ‘n Wye verskeidenheid onderrigmedia behoort gebruik te word om besprekings uit te lok: rolspel, kreatiewe skryfwerk, uitsendings deur plaaslike radiostasies, prente sonder byskrifte, aspekte van pop-kultuur en kinderliteratuur. Alhoewel min skole rekenaars beskikbaar het vir die leerders se gebruik, moet onderwysers ‘n bewustheid kweek by die leerders van hedendaagse inligtingstegnologie. Dit kan versterk word deur gesprekke oor rekenaars in die leerders se onmiddellike omgewing, asook deur stories te lees en prente oor inligtingstegnologie te bespreek. Leerders wat toegang het tot rekenaars moet aangemoedig word om daarmee te werk en hulle ondervinding met hulle klasmaats te deel.

Page 8: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 5

9. SAMEVATTING VAN DIE LEERINHOUD Die tweedetaalsillabus omskryf die volgende vyf belangrike taalvaardighede wat deur alle leerders verwerf behoort te word: Luister en reageer Praat Lees en reageer Skryf Grammatika en taalgebruik

Vaardighede Leerareas / Aktiwiteite Luister en reageer Ontwikkel luistervaardighede; luister na en reageer op

inligting; verstaan opdragte en aanwysings; begryp gevoelens, bedoelings, emosies en houdings van sprekers; ontwikkel bewustheid van die struktuur van die taal en woordeskat.

Praat Ontwikkel vaardigheid in die korrekte gebruik van die taalstruktuur; kommunikeer met selfvertroue en gebruik gepaste woordeskat effektief en oortuigend in verskillende situasies met ‘n aanvoeling vir die gehoor en doel.

Lees en reageer Ontwikkel stilleesvaardighede asook die vermoë om voor te lees; lees vir begrip en genot; haal inligting uit verskillende soorte tekste; gebruik naslaanbronne.

Skryf Skryf verskillende soorte tekste met ‘n aanvoeling vir die gehoor en doel; gebruik sinstrukture, korrekte spelling en punktuasie in goed gestruktureerde paragrawe.

Grammatika en taalgebruik Skryf met toenemende korrektheid in spelling, punktuasie en verwysing; gebruik geskikte woordeskat, idiome en woordsoorte in ‘n verskeidenheid sinstrukture.

Bostaande tabel dui die leerareas of aktiwiteite aan ten opsigte van elk van die taalvaardighede wat verwerf moet word. Al word hierdie vaardighede hier apart aangedui om dit duidelik te omskryf, moet dit nie in isolasie onderrig word nie. Verskillende taalvaardighede word in die praktyk nie in isolasie gebruik nie, maar wel in verskillende kombinasies. In die taalklas moet dieselfde natuurlike groepering van taalvaardighede dus geïntegreerd onderrig word.

Page 9: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 6

10. LEERINHOUD 10.1 Luister en reageer Ten einde luistervaardigheid te assesseer, sal leerders mondelings of skriftelik moet reageer. Die tekste, asook die vrae en opdragte wat in die verskillende grade gebruik word, sal in lengte en moeilikheidsgraad toeneem in Graad 6 en Graad 7. Die verskeidenheid en tipes tekste wat gebruik word vir die onderrig van luistervaardigheid moet van so ‘n aard wees dat dit pas by die leerders se belangstelling en ontwikkelingspeil en bespreking stimuleer.

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. na ‘n groot verskei-denheid tekste luister, bv. instruksies, stories, gediggies, liedjies

• eenvoudige vragies mondelings en skriftelik te beantwoord

• eenvoudige sketse te maak terwyl hulle na tekste soos stories, radio-uitsendings en aankondigings te luister

• kort antwoorde in frases te gee op vrae oor luistertekste

• vraelyste in te vul na aanleiding van inligting waarna hulle geluister het

• vrae oor luistertekste in kort sinne te beantwoord

• ‘n storie oor te vertel • prente wat ‘n strokie vorm in die regte

volgorde te rangskik • inligting in te vul op ‘n tabel/kaart • ‘n storie te dramatiseer

2. luister om te onderskei tussen feit en opinie, oorsaak en gevolg, gemoedstoestand van spreker

• na vertellings en voorlesings te luister en feite en opinies daarin te identifiseer

• die gemoedstoestand van ‘n spreker in gedigte, stories of liedjies te identifiseer

• tussen oorsaak en gevolg te onderskei en dit te beskryf (bv. die verband tussen optrede en gevolg, ketting van gebeure)

3. na tekste luister vir genot

• eenvoudige gediggies en kort stories te volg en geniet

• gedigte, kort vertellings en fiksie te volg en geniet

• langer vertellings, gedigte, romans asook niefiktiewe tekste te volg en geniet

Page 10: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 7

10.2 Praat Leerders moet gelei word om bedagsaam en sensitief te wees vir kulturele verskille soos aanspreekvorme en verskillende wyses van groet wat verband hou met die verhouding tussen kinders en volwassenes. Aktiwiteite wat vir Graad 5 aangedui word, kan ook in Graad 6 en 7 gebruik word, maar moet hoër eise aan die leerders stel.

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. korrek praat • die klanke van Afrikaans te onderskei en korrek uit te spreek, bv. kort en lang vokale, geronde en ongeronde klanke (muur x mier; huis x hys)

• meerlettergrepige woorde korrek uit te spreek

• eenvoudige vaste uitdrukkings korrek te gebruik

• gepaste woordeskat te gebruik vir eenvoudige beskrywings

• langer woorde korrek uit te spreek • gepaste woordeskat te gebruik vir

eenvoudige beskrywings, met blyke van begrip vir die doel

• langer en minder gebruiklike woorde korrek uit te spreek

• gepaste woordeskat te gebruik vir eenvoudige beskrywings, met blyke van begrip vir die doel

2. vlot en met vertroue praat in ‘n verskeiden-heid situasies

• eenvoudige stories vlot en op gepaste wyse te vertel

• eenvoudige praatjies (“toesprakies”) aan te bied

• verskillende vorme van groet te gebruik met blyke van ‘n bewustheid van die situasie en persoon

• verskillende vorme van groet te gebruik met blyke van ‘n bewustheid van die situasie en persoon

3. gepaste woordeskat gebruik in verskillende situasies

• verskoning aan te bied • hulleself en ander persone voor te stel • versoeke op gepaste wyse te rig • gepaste taal te gebruik in sosiale

interaksie met persone van verskillende ouderdom en status, bv. in dialoë

• argumente te voer, bv. saamstem of op hoflike wyse verskil

• verskoning en gelukwensings aan te bied en te aanvaar

• instruksies te gee en aanwysings te vra • inligting op gepaste wyse te vra en te

verskaf

• emosies uit te druk • aan eenvoudige debatte, groepbe-

sprekings en dialoë deel te neem en kort praatjies te lewer

Page 11: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 8

10.3 Lees en reageer Die tekste wat in die verskillende grade gebruik word, sal toeneem in lengte en moeilikheidsgraad en moet aanpas by die belangstelling en ontwikkelingsvlak van die leerders. Die aktiwiteite wat vir Graad 5 gelys is, kan ook in die daaropvolgende grade gebruik word. Gepaste Afrikaanse tekste wat handel oor onderwerpe wat in ander vakke behandel word, behoort ook gebruik te word vir die onderrig van leesvaardighede. Leesonderrig moet nie net op die ontwikkeling van bepaalde leesvaardighede afgestem wees nie, maar moet op so ‘n wyse aangepak word dat leerders dit geniet om te lees en lewenslange lesers sal word. Stilleesvaardighede moet toenemend meer aandag geniet soos leerders deur die grade vorder.

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. hardop lees op gepaste vlak en vir ‘n spesifieke doel/gehoor

• eenvoudige tekste soos stories voor te lees met toenemende vlotheid en korrekte gebruik van klem en intonasie

• verskillende tipes tekste soos stories, dialoë en feitelike tekste voor te lees op so ‘n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan

• verskillende tipes tekste soos stories, dramas, feitelike tekste, tabelle voor te lees op so ‘n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan

2. ‘n verskeidenheid tekste, insluitend visuele tekste, stillees

[Voorbeelde van tekste

sluit in stories, verslae, strokies, advertensies, kaarte, plakkate, roosters, kort nuus-berigte, resepte, tyd-skrifte, ensovoorts]

• stilleestegnieke soos vluglees en soeklees toe te pas

• ‘n verskeidenheid tipes tekste te lees en inligting te vind om opdragte uit te voer

• ‘n verskeidenheid aktiwiteite soos woordspeletjies en eenvoudige blokkiesraaisels te voltooi waarin die klem val op woordherkenning en spelling

• deel te neem aan paar-, groep- en klasbesprekings oor aspekte uit gelese gedeeltes

• ‘n roete op ‘n kaart in te vul na aanleiding van ‘n gelese teks

• opdragte te lees en uit te voer

• stilleestegnieke soos vluglees, soeklees en die lees van frases toe te pas met toenemende leesspoed en –begrip

• stilleestegnieke soos vluglees, soeklees, die lees van frases en studielees toe te pas met toenemende leesspoed en

–begrip

3. tekste lees oor inter-kurrikulêre onderwerpe sowel as onderwerpe wat in ander vakke behandel word

• hoofgedagtes te identifiseer • kronologiese orde te onderskei • die einde van vertellings en

beskrywings te voorspel • feit en opinie te onderskei • verskillende taalstrukture te herken

• kernsinne in paragrawe te herken • die hoofgedagte van ‘n storie te herken

• die opinie/standpunt van die skrywer af te lei

• die doel van ‘n teks uit te wys • hoofpunte van ondersteunende

argumente te onderskei

Page 12: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 9

10.3 Lees en reageer (vervolg)

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

4. verhale en stories lees • sleutelaspekte van tekste uit te wys, bv. die volgorde van gebeure, storielyn, karakters

• sinvol deel te neem aan besprekings van sleutelaspekte van tekste, bv. die volgorde van gebeure, storielyn, karakters

• kommentaar te lewer oor sleutelaspekte van tekste, bv. die volgorde van gebeure, storielyn, karakters

5. gedigte lees

• sleutelaspekte van gedigte uit te wys, soos die titel, inhoud, atmosfeer

• kommentaar te lewer oor houdings en emosies soos in gedigte uitgedruk deur digters

• kommentaar te lewer oor temas en taalgebruik van digters

6. verskillende tipes naslaanbronne gebruik

• woorde alfabeties te orden • verskillende tipes naslaanbronne te

gebruik, soos woordeboeke en telefoongidse

• meer gedetailleerde inligting soos die meervoudsvorm van selfstandige naamwoorde en die woordsoort van trefwoorde in woordeboeke te vind

• vaste uitdrukkings en idiome in woordeboeke te vind

• verskillende tipes naslaanbronne te gebruik, soos atlasse en ensiklopedieë

7. opdragte en instruksies lees en uitvoer

• opdragte in handboeke en eksamen-vraestelle te verstaan en uit te voer

• opdragte in handboeke en eksamen-vraestelle te verstaan en uit te voer

• opdragte en instruksies te gee

• opdragte in handboeke en eksamen-vraestelle te verstaan en uit te voer

• duidelike opdragte en instruksies te gee

Page 13: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 10

10.4 Skryf

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. eenvoudige sinne korrek skryf

• sinne te voltooi • eenvoudige sinne te skryf na aanleiding

van prentjies • ontbrekende woorde in te vul • bepaalde woorde in sinne te onderstreep • sleutelwoorde te gebruik • sinne te vorm deur vervangingstabelle te

gebruik

• sinne te voltooi • eenvoudige sinne te skryf na aanleiding

van diagramme • ontbrekende woorde in te vul • bepaalde woorde in sinne te onderstreep • sleutelwoorde te gebruik • sinne te vorm deur vervangingstabelle te

gebruik

• sinne te voltooi • sinne te skryf na aanleiding van ‘n

verskeidenheid visuele stimuli, insluitende kaarte

• ontbrekende woorde in te vul • sleutelwoorde te gebruik • sinne te vorm deur vervangingstabelle te

gebruik 2. langer sinne skryf • langer sinne te skryf in antwoord op

vrae oor tekste • meer komplekse sinne te skryf in

antwoord op vrae oor tekste • meer komplekse sinne te skryf in

antwoord op vrae oor tekste 3. sinne rangskik om paragrawe te vorm

• losstaande sinne te rangskik om ‘n paragraaf te vorm

• losstaande sinne te rangskik om meer as een paragraaf te vorm

• paragrawe te orden om ‘n kort teks te vorm

4. vorms invul en vraelyste voltooi

• eenvoudige vorms en vraelyste in te vul

• vorms en vraelyste in te vul • vorms en vraelyste in te vul

5. kort tekste skryf • ‘n verskeidenheid tipes kort tekste te skryf, bv. poskaarte, uitnodigings, boodskappe

• kort dagboekinskrywings te maak • eenvoudige informele briewe skryf, bv.

aan ‘n vriend of familielid (lengte: 40 - 60 woorde)

• byskrifte by strokiesverhale te skryf • notas, telegramme en kort verslae te

skryf • dagboekinskrywings oor spesifieke

onderwerpe te maak • eenvoudige formele briewe te skryf, bv.

aan ‘n onderwyser of skoolhoof (lengte: 60 - 80 woorde)

• die volgende kort tekste te skryf vir ‘n groter verskeidenheid doeleindes en gehore: vriendskaplike briewe, dialoë, verslae

• ooggetuie verslag vir polisie • die volgende formele briewe te skryf:

klagte, uitnodiging, bestelling (lengte: 80 - 100 woorde)

6. tekste skryf in same- werking met ander

• in pare of klein groepe idees te lys • kort skryfstukke te beplan en te herskryf • kort skryfstukke af te rond sodat ander

dit kan lees

• in pare of groepe saam te werk om gedagtes te orden

• eie skryfstukke sowel as ander s’n te proeflees

• in pare of groepe ‘n kort opstel te skryf • eie skryfstukke sowel as ander s’n te

proeflees

Page 14: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 11

10.4 Skryf (vervolg)

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Leerders sal: Graad 5 Graad 6 Graad 7 7. goed georganiseerde en

samehangende tekste skryf

• gebeure kronologies weer te gee in kort skryfstukke

• stukke te skryf vir ‘n bepaalde doel en gehoor

• skryfstyl aan te pas vir verskillende gehore en doeleindes

• meer gevorderde instruksies te skryf, bv. hoe om ‘n kitsbank te gebruik

8. langer tekste skryf • kort verhalende opstelle te skryf (lengte: 60 - 80 woorde)

• verhalende en beskrywende opstelle te skryf (lengte: 80 - 100 woorde)

• verhalende, beskrywende en feiteopstelle te skryf 100 - 120 woorde)

Page 15: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 12

10.5 Grammatika en taalgebruik Die korrekte gebruik van taalstrukture deur voldoende blootstelling en inoefening moet beklemtoon word, eerder as om taalkundige terminologie te probeer vaslê.

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. progressief meer korrek spel, asook punktuasie en grammatikale strukture korrek gebruik

• die klanke, spelling, punktuasie en grammatika van Afrikaans redelik korrek te gebruik

• diktee van tot 4 lyne te skryf

• die klanke, spelling, punktuasie en grammatika van Afrikaans progressief meer korrek te gebruik

• diktee van tot 7 lyne te skryf

• die klanke, spelling, punktuasie en grammatika van Afrikaans meestal korrek te gebruik

• diktee van tot 10 lyne te skryf 2. gepaste woorde en idiome

gebruik • nuwe woorde wat hulle uit leeswerk

verkry in hulle skryfwerk te gebruik • gepaste woorde en eenvoudige

idiomatiese uitdrukkings te gebruik

• woorde en uitdrukkings te kies om spesifieke effekte te verkry

• Afrikaanse woorde uit ander vakgebiede in hulle skryfwerk te gebruik

• sinonieme en antonieme korrek te gebruik

• ‘n gevarieerde woordeskat in hulle skryfwerk te gebruik

• gepaste woorde en idiomatiese uitdrukkings in hulle skryfwerk te gebruik

• homonieme korrek te gebruik • Anglisismes te herken en te vermy

3. nuwe woorde vorm n.a.v. woorde wat hulle ken

• voorvoegsels en agtervoegsels te gebruik

• voor- en agtervoegsels sowel as samestelling te gebruik

• bykomend by Graad 6-werk, afleidings deur klankverandering te vorm

4. verskillende woordsoorte effektief gebruik

• die volgende woordsoorte korrek in sinsverband te gebruik: - selfstandige naamwoord (enkelvoud

x meervoud, verkleining, geslag, versamelname, die kies/invul van die korrekte woord)

- voornaamwoord - lidwoord - werkwoord (tye) - byvoeglike naamwoord (trappe van

vergelyking, intensiewe vorme, vergelykings, verboë vorme)

- bywoord - telwoord (hoof- en rangtelwoorde) - voorsetsels - voegwoorde

• bykomend by Graad 5-werk, ook voegwoorde korrek in sinsverband te gebruik

• bykomend by Graad 6-werk, die woordvolgorde ná voegwoorde korrek aan te wend

Page 16: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 13

10.5 Grammatika en taalgebruik (vervolg)

DOELSTELLINGS BASIESE VAARDIGHEDE

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Leerders sal: Teen die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Teen die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

5. ‘n verskeidenheid sinstrukture gebruik

• enkelvoudige sinne korrek te gebruik • stel- vraagsinne te gebruik en te

onderskei • die negatief in kort sinne korrek te

gebruik

• veelvoudige sinne te gebruik • enkelvoudige sinne saam te voeg om

saamgestelde sinne te kry (sonder om noodwendig met die begrippe eenvoudig en saamgesteld te werk)

• die negatief korrek te gebruik in langer sinne

• sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik

• meer komplekse sinstrukture korrek te gebruik

• langer sinne saam te voeg deur spesifieke voegwoorde te gebruik

• die negatief korrek te gebruik in langer sinne

• sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik

• die aktiewe (bedrywende) en passiewe (lydende) vorm van die werkwoord te gebruik

Page 17: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 14

11. ASSESSERING 11.1 Inleidende opmerkings

In leerdergerigte onderrig is die deurlopende assessering van elke leerder se vordering ‘n integrale deel van die onderrig- en leerproses. Die hoofdoel van assessering is om so ‘n getroue beeld as moontlik te kry van die vordering van elke leerder ten opsigte van die vaardighede soos uiteengesit in die sillabus, asook algemene lewensvaardighede. 11.2 Doel van assessering • Inligting vir die leerder

Die inligting wat verkry word uit leerders se vordering en prestasies behoort gebruik te word om leerders in te lig oor hulle sterk- en swakpunte, aspekte van die werk wat hulle goed bemeester het, en aspekte wat meer aandag verdien.

• Inligting vir die ouers

Ouers moet gereeld ingelig word oor die vordering wat hulle kind maak, aangemoedig word om prestasies te beloon en duidelike riglyne kry oor hoe hulle hul kind in die vak kan ondersteun.

• Evaluering van die onderrig-leerproses

Inligting verkry uit informele en formele deurlopende assessering moet deur die onderwyser gebruik word om vas te stel in watter gevalle dit nodig is om metodes en materiaal aan te pas by die individuele vordering en behoeftes van elke leerder. Aan die einde van ‘n bepaalde hoofafdeling van die werk en aan die einde van elke termyn moet die onderwyser saam met die kinders die leerproses evalueer in terme van voltooide take, deelname, wat die leerders geleer het, en wat gedoen kan word om voortdurend die werkatmosfeer en prestasies van die klas te verbeter.

11.3 Tipes assessering • Formatiewe assessering

Assessering is formatief omdat die waarnemings wat gemaak word en die inligting wat verkry word gebruik word om leiding te gee aan die leerder sowel as die onderrig- en leerproses. Assessering het formatiewe waarde vir leerders as en wanneer: - dit gebruik word om leerders te motiveer om hulle kennis en vaardighede uit te brei, waardes te vestig

en gesonde studiegewoontes te bevorder; - assesseringstake leerders help om probleme op intelligente wyse op te los deur dit wat hulle geleer het,

toe te pas; - die onderwyser die inligting gebruik om onderrigmetodes en –materiaal te verbeter.

• Deurlopende assessering

Deurlopende assessering (DA) behoort aan die begin van die jaar beplan te word, so eenvoudig as moontlik gehou word, en nie te veel tyd in beslag te neem nie. Punte wat toegeken word vir klasaktiwiteite, take, tuiswerk of kort toetse na afhandeling van ‘n bepaalde aspek van die werk kan op die puntelys vir deurlopende assessering aangeteken word.

• Summatiewe assessering

Aan die einde van elke skooljaar word die vordering en prestasies wat die leerder deur die jaar behaal het, saamgevat. Dit word summatiewe assessering genoem. Vir promosiedoeleindes sal die summatiewe assessering bestaan uit beide die deurlopende assessering sowel as ‘n finale assessering. Die besluit om ‘n leerder na die volgende standerd te promoveer of nie, berus hierop.

Page 18: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 15

11.4 Metodes van assessering • Informele metodes

Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die basiese vaardighede in die sillabus bemeester, en hieruit ‘n beeld kry van die algehele vordering van die leerder. Dit kan in ‘n groot mate op ‘n informele wyse geskied deur gestruktureerde waarneming van elke leerder se vordering in leersituasies terwyl hulle besig is om dinge te ondersoek, bevindings te evalueer, kennis toe te pas, te kommunikeer, waarde-oordele te vel, asook in hulle algemene deelname.

• Formele metodes

Wanneer dit nodig is om assessering meer formeel te struktureer, moet die onderwyser so ver as moontlik dieselfde tipe situasie as in gewone leer- en oefensituasies gebruik om die vaardigheid van die leerder te toets. Gewone skriftelike en mondelinge toetse kan slegs ‘n beperkte reeks vaardighede toets en moet daarom nie te veel tyd in beslag neem nie. Toetse moet tot een periode, of ‘n gedeelte daarvan, beperk word.

• Kriteria-gerigte assessering Wanneer punte toegeken word, is dit belangrik dat die leerder se werklike vlak van prestasie ten opsigte van die basiese vaardighede in die sillabus en nie ten opsigte van die ander leerders nie, weerspieël word. Die beste manier om begrip te assesseer, is om van kriteria gebruik te maak. Kriteria wat in ‘n merkskema gegroepeer is, kan gebruik word om normatiewe punte te verkry wat op die gewone puntelys aangeteken kan word. Die wyse waarop skriftelike en mondelinge stelwerk in taalonderrig gemerk word, is ‘n voorbeeld hiervan.

11.5 Assesseringsdoelstellings

11.5.1 Luister en reageer Die leerder behoort in staat te wees om:

1) na inligting te luister en dit te verstaan 2) instruksies en aanwysings te herken en te volg 3) hoofpunte in ‘n mondelinge teks te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te identifiseer

11.5.2 Praat Die leerder behoort in staat te wees om:

1) hardop te lees om begrip van die teks oor te dra 2) gepaste woordeskat te gebruik om effektief te kommunikeer

11.5.3 Lees en reageer Die leerder behoort in staat te wees om:

1) hardop te lees om begrip van die teks oor te dra 2) spesifieke inligting te verkry deur stillees van ‘n verskeidenheid tekste 3) ‘n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste te lees en daarop te reageer

11.5.4 Skryf Die leerder behoort in staat te wees om:

1) enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne te skryf 2) goed gestruktureerde paragrawe te skryf 3) ‘n verskeidenheid formele en informele kreatiewe skryftake uit te voer 4) ‘n aanvoeling te toon vir die gehoor en doel

11.5.5 Grammatika en taalgebruik Die leerder behoort in staat te wees om:

1) korrekte spelling, punktuasie en grammatikale strukture te gebruik 2) gepaste en verbeeldingryke woordeskat en idiome te gebruik 3) verskillende woordsoorte effektief te gebruik 4) ‘n verskeidenheid sinstrukture te gebruik

Page 19: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 16

11.6 Deurlopende assessering in Tweede Taal

11.6.1 Byhou van punte Die punte wat leerders behaal in deurlopende assesseringstake moet deur die loop van die jaar bygehou word en gebruik word om die leerder en ouers in te lig oor vordering en prestasies. Dit behoort ook gebruik te word om aspekte uit te wys waarin die leerder aanvullende onderrig nodig het.

11.6.2 Riglyne

Assessering sal uit beide informele en formele deurlopende assessering bestaan. Interne toetse word toegelaat as deel van formele deurlopende assessering. Geen eksterne eksamen sal in Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 geskryf word nie. Deurlopende assessering sal 50% bydra tot die finale jaarpunt en ‘n interne eksamen aan die einde van die jaar sal 50% tel. [50 + 50 = 100]. ‘n Verskeidenheid vraagtipes moet gebruik word om ‘n wye verskeidenheid vaardighede te toets.

Luister en praat Leerders se luisterbegrip moet ten minste een keer per termyn formeel getoets word. Vir hierdie doel sal onderwysers ‘n luistertoets moet opstel wat skriftelik beantwoord word. Die punte word aangeteken in die kolom vir Luisterbegrip op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Leerders se praatvaardigheid moet ten minste een keer per termyn bepunt word. Die punte word aangeteken in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys.

Lees en literatuurstudie Hardoplees moet ten minste een keer per termyn getoets word. Dit moet verkieslik gedoen word deur middel van ‘n teks wat die leerders voorberei het. Die onderwyser kan begrip van die voorgelese gedeelte toets deur enkele vrae te vra wat die leerder mondelings moet beantwoord, maar dit is belangrik om daarop te let dat die formele toetsing van begrip in die Lees en Gerigte Skryfwerk-take gedoen word. Ten minste een kort taak of toets oor die voorgeskrewe literatuur moet per termyn bepunt word. Die punte word in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys aangeteken. Die studie van literatuur bestaan uit twee aspekte: prosa en poësie. Beide prosa en gedigte kan deel uitmaak van die formele mondelinge toetsing en ook skriftelik getoets word.

• Prosa (roman of kortverhale) Die inhoud moet informeel bestudeer word wat betref karakters, verhaalverloop, gebeure en gevolge. Geskrewe vrae moet kontekstueel wees. Leerders behoort in staat te wees om die vrae te beantwoord deur die teks te raadpleeg. In die primêre fase word nie ‘n diepgaande studie van die tekste vereis nie.

• Gedigte Leerders behoort geleer te word om gedigte te waardeer en te geniet. Om dit te bereik, is dit belangrik dat die leerders die inhoud van ‘n gedig verstaan. Gedigte moet nie gememoriseer word nie. Leerders moet eerder gelei word om die gedigte met gevoel en ‘n interpretasie van die emosies wat ter sprake is te lees. Afgesaagde en “singerige” koorlees van gedigte moet nooit aangemoedig of toegelaat word nie. Minimum voorgeskrewe leeswerk per graad: Graad 5: 4 gedigte (verpligtend) en ‘n seleksie van 3 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar

Graad 6: 5 gedigte (verpligtend) en ‘n seleksie van 4 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar Graad 7: 6 gedigte (verpligtend) en ‘n seleksie van 5 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar

Page 20: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 17

Lees en gerigte skryfwerk Ten minste een taak wat uit ‘n leesstuk met ‘n verskeidenheid tipes vrae bestaan moet per termyn deur die onderwyser gemerk word en die punte ingedra word op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Die vrae kan vrae insluit wat kennis van die grammatika toets. Dit is egter belangrik om daarop te let dat grammatikale kennis altyd in sinsverband getoets moet word. Die vrae moet ook begrip toets. Diktee Diktee in die vorm van sinne of ‘n paragraaf wat voorgelees word moet gebruik word om leerders se spelvermoë te toets. Dit is belangrik dat leerders gereeld oefening kry in die skryf van diktee. Die paragraaf (of sinne) moet woorde insluit wat in die onderrig opgeduik het en pertinent onderrig is in die loop van die week, termyn of jaar. Dit kan deur die leerders self of deur klasmaats gemerk word. Ten minste een dikteetoets per termyn moet deur die onderwyser gemerk word vir doeleindes van formele deurlopende assessering en die punte moet aangeteken word op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Deurlopende skryfwerk Ten minste een opstel en een korter skryfstuk per termyn moet volledig nagesien word en die punte op die Deurlopende Assesseringspuntelys aangeteken word. Die onderstaande aanduiding van die lengte van skryfstukke is op die verskillende grade van toepassing: Opstelle: Graad 5: 60-80 woorde Graad 6: 80-100 woorde Graad 7: 100-120 woorde Korter skryftake: Graad 5: 40-60 woorde Graad 6: 60-80 woorde Graad 7: 80-100 woorde 11.6.3 Samevatting van Deurlopende Assessering:

Vaardigheid Punte Totaal

1. Luister Luisterbegrip 10 Luisterbegrip 10 Totaal: 20 2. Praat Voorbereide toespraak 10 Onvoorbereide praat 10 Totaal: 20 3. Lees en Literatuurstudie Hardoplees 10 Leesbegrip 10 Literatuurstudie 10 Totaal: 30 4. Lees en gerigte skryfwerk Lees en gerigte skryfwerk taak 10 Diktee 10 Totaal: 20 5. Deurlopende skryfwerk Opstel 10 Korter skryfstuk 10 Totaal: 20÷2 = 10

TOTAAL 100

Page 21: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 18

11.7 Eindeksamen: Uiteensetting van vraestelle Die eksamen aan die einde van die jaar bestaan uit twee vraestelle:

GRAAD 5 & 6 Tyd Punte

Vraestel 1: Lees en Gerigte

Skryfwerk

Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, vrae waarin die antwoord aan ‘n stelling gekoppel word, volsin antwoorde en vrae oor taalgebruik. Afdeling A: Leesvaardigheid (15 punte) Drie vrae sal gevra word: een gebaseer op ‘n verhalende teks, een op ‘n feitelike teks, en een op ‘n beskrywende teks. Vrae sal begrip toets en ‘n verskeidenheid tipes vrae insluit. (3 x 5 punte) Afdeling B: Gerigte Skryfwerk (15 punte) Drie vrae sal gevra word. Vraag een (5 punte) sal van die leerders verwag om ‘n vorm in te vul of ‘n vraelys te beantwoord. Vraag 2 en 3 sal gerigte skryfwerk opdragte wees gebaseer op kort lees- of visuele tekste soos strokiesprente, advertensies, prente, en sal ‘n verskeidenheid tipes vrae insluit. (3 x 5 punte)

1½ uur

30 Vraestel 2:

Deurlopende Skryfwerk

Vraestel 2 bestaan uit 2 afdelings. Afdeling A: (10 punte) Leerders sal ‘n opstel oor een van 4 onderwerpe skryf, wat beskrywende en verhalende opstelle en eenvoudige verduidelikings insluit. Stimulusmateriaal sal verskaf word waar nodig. (Graad 5: 60-80 woorde, Graad 6: 80-100 woorde) Afdeling B: (10 punte) Leerders sal oor een van 3 onderwerpe skryf. Stimulusmateriaal sal verskaf word waar nodig. Daar sal van leerders verwag word om taal vir ‘n spesifieke doel te gebruik, bv. om ‘n informele brief te skryf, of ‘n verslag, of dialoog. (Graad 5: 40 – 60 woorde, Graad 6: 60 – 80 woorde TOTAAL

1 uur

20 50

GRAAD 7

Vraestel 1: Lees en Gerigte

Skryfwerk

Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. .Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, vrae waarin die antwoord aan ‘n stelling gekoppel word, vrae wat volsin antwoorde verwag en vrae oor taalgebruik. Afdeling A: Leesvaardigheid (30 punte) Die afdeling sal uit drie vrae bestaan wat gebaseer is op verhalende, feitelike, beskrywende en visuele tekste. Vrae sal begrip toets en ‘n verskeidenheid tipes vrae insluit. (3 x 10 punte) Afdeling B: Gerigte skryfwerk (25 punte) Drie vrae sal gevra word. Vraag een (5 punte) sal van die leerders verwag om ‘n vorm in te vul of ‘n vraelys te beantwoord. Vraag 2 en 3 sal gerigte skryfwerk take wees gebaseer op kort lees- of visuele tekste soos strokiesprente, advertensies, prente.

1½ uur

55 Vraestel 2:

Deurlopende Skryfwerk

Vraestel 2 bestaan uit twee afdelings. Afdeling A: (10 punte) Leerders sal oor een van 4 onderwerpe skryf. Die onderwerpe sal ‘n beskrywende, verhalende en feitelike opstel en ’n eenvoudige verduideliking insluit waaroor die leerders 100-120 woorde moet skryf Afdeling B: (10 punte) Leerders sal 80-100 woorde skryf oor een van 3 onderwerpe. Stimulusmateriaal sal verskaf word waar nodig. Daar sal van leerders verwag word om taal vir ‘n spesifieke doel te gebruik, bv. om ‘n informele brief te skryf, of ‘n verslag, of dialoog.

1 uur

20

TOTAAL 75 x 2

÷ 3 = 50

Page 22: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 19

11.8 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle

Assesseringsdoelstellings Deurlopende assessering Vraestel 1 Vraestel 2

Luister en reageer 1 √ Luister en reageer 2 √ Luister en reageer 3 √ Praat 1 √ Praat 2 √ Lees en reageer 1 √ Lees en reageer 2 √ √ Lees en reageer 3 √ √ Skryf 1 √ √ Skryf 2 √ √ √ Skryf 3 √ √ Skryf 4 √ √ √ Grammatika en taalgebruik 1 √ √ √ Grammatika en taalgebruik 2 √ √ √ Grammatika en taalgebruik 3 √ √ √ Grammatika en taalgebruik 4 √ √ √ 11.9 Graadomskrywings Die leerder se bemeestering van die basiese vaardighede wat in die sillabus aangedui is, sal met die letters A – E aangedui word. A verteenwoordig die hoogste graad en E die laagste. Die verband tussen die grade en die basiese vaardighede word in die tabel hier onder aangedui.

GRAAD GRAAD-

INTERVALLE (%)

OMSKRYWING

GRAAD A 80-100 Bemeester basiese vaardighede uitsonderlik goed. Die leerder het die basiese vaardighede uitsonderlik goed bemeester.

GRAAD B 60-79 Bemeester basiese vaardighede baie goed. Die leerder het die basiese vaardighede baie goed bemeester.

GRAAD C 45-59 Bemeester basiese vaardighede. Die leerder het die basiese vaardighede bevredigend bemeester.

GRAAD D 30-44

Bemeester die minimum getal basiese vaardighede om te slaag. Die leerder kon sommige van die basiese vaardighede nie bemeester nie, maar word as vaardig genoeg beskou om na die volgende graad oorgeplaas te word.

GRAAD E 0-29 Kon nie die minimum getal basiese vaardighede bemeester om te slaag nie. Die leerder was nie in staat om die minimum vlak van vaardigheid te bereik nie en benodig remediërende hulp.

Page 23: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 20

12. WOORDELYS

Deurlopende Assesseringspunt: die totale punt wat in al die vaardighede oor die drie termyne versamel is

Deurlopende skryfwerk: langer en korter skryfstukke soos opstelle, briewe, verslae, dialoë Formele deurlopende assessering: geskied tydens gestruktureerde toetsing onder gekontroleerde

omstandighede Gerigte skryfwerk: korter skryfstukke wat op stimulusmateriaal gebaseer is Informele deurlopende assessering: geskied tydens die les en vorm ‘n integrale deel van die onderrig van

elke dag Interne eksamen: ‘n eksamen wat deur die onderwyser opgestel word en deur die

vakhoof gemodereer word

Kronologiese orde: die orde waarin gebeure plaasvind

Kommunikatiewe: om inligting, nuus, idees op ‘n interaktiewe wyse uit te ruil Leesstrategieë: leesprosesse en –vaardighede Promosiepunt: die gemiddeld van die deurlopende assessering en finale eksamenpunt Soeklees: om slegs vir spesifieke inligting in ‘n teks te soek Trimesterpunt: die totale punt wat in al die vaardighede in een termyn versamel is Vluglees: om ‘n teks baie vlugtig te lees om ‘n oorsig te kry Voorspel: om te sê of te raai wat gaan gebeur voordat ‘n teks volledig gelees is

Page 24: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006

BYLAE A: MERKSKEMA: PRAATVAARDIGHEID Ken vir elke kategorie 'n punt toe uit 10. Deel die totaal deur 3 om 'n finale punt uit 10 te kry.

Punte Korrektheid Vlotheid Toepaslikheid

9-10

Baie goeie en wye woor-deskat; feitlik geen sins-boufoute nie; duidelike en korrekte uitspraak van woorde

Kommunikeer eie idees met vertroue; goed ontwikkelde idees en persoonlike gevoelens; idees, gevoelens en inligting vloei gemaklik

In staat tot gepaste taalgebruik vir verskillende onderwerpe en gehore

7-8

Wye woordeskat; geringe sinsboufoute; geringe foute in uitspraak, praat duidelik

Praat met 'n mate van vertroue en gemak; kan idees en persoonlike gevoelens ontwikkel

Gebruik meestal gepaste woordeskat en sinstrukture

5-6

Bevredigende woordeskat; algemene foute in sinsbou en uitspraak; praat redelik duidelik

Praat met 'n mate van huiwering, maar kan idees en gevoelens oordra

Kan gepaste woordeskat en taalstrukture in alledaagse situasies gebruik

3-4

Beperkte woordeskat; talle foute in sinsbou en uit-spraak; swak kommunikasie

Huiwerig om te praat; sukkel om duidelik te kommuni-keer; idees deurmekaar

Kan slegs in baie bekende, alledaagse situasies geskikte woordeskat en taalstrukture gebruik

1-2

Baie beperkte woordeskat; benodig baie hulp van onderwyser

Het baie aanmoediging en hulp nodig om te praat

Woordeskat en taalgebruik selde toepaslik

Korrektheid : Korrekte woordeskat en sinsbou Vlotheid: Die korrekte hantering van taal, met gemak Toepaslikheid: Kennis en gebruik van woordeskat wat van toepassing is vir bepaalde hoorders in

bepaalde situasies

Page 25: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006

BYLAE B: MERKSKEMA: HARDOPLEES Ken vir elke kategorie 'n punt toe uit 10. Deel die totaal deur 3 om 'n finale punt uit 10 te kry.

Punte Uitspraak Vlotheid Intonasie

9-10 Goeie uitspraak met duidelike artikulasie

Lees vlot en met goeie pousering

Interessante en korrekte intonasie

7-8 Min foute in uitspraak; artikulasie meestal duidelik

Meestal vlot en korrekte pousering; foute gering

Min foute in intonasie en frasering

5-6 Uitspraak steeds bevredigend en verstaanbaar

Voldoende vlotheid en pousering; maak wel foute

Intonasie voldoende om voorlesing te verstaan

3-4 Uitspraak nie voldoende nie; moeilik om te volg

Vlotheid en pousering nie voldoende nie; benodig kort-kort hulp

Talle foute in beklem-toning belemmer begrip van voorlesing

1-2 Foutiewe uitspraak maak dit bykans onmoontlik om leser te volg

Steek aanmekaar vas; kan nie op eie stoom lees nie

Geen intonasie

Page 26: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006

BYLAE C: MERKSKEMA: SKRIFTELIKE STELWERK AFRIKAANS TWEEDE

TAAL

Graad 5-7

[Bv. Inhoud 2 + T/S 2 = 7]

Taalgebruik oorspronklik en verbeeldingryk; idioom en sinsbou feitlik foutloos; duidelike aanvoeling vir gehoor; korrekte & interessante paragrafering

Gepaste taalgebruik vir die taak; blyke van aanvoeling vir die gehoor; enkele kleiner foute; korrekte paragrafering

Taalgebruik gewoon, maar bevredigend; min aanvoeling vir gehoor; foute kom voor, maar belemmer nie begrip nie; leemtes in paragrafering

Taalgebruik beperk en nie effektief nie; talle foute – veroorsaak verwarring; geen aanvoeling vir gehoor; vorm en aanbieding hinderlik

Taalgebruik onvoldoende om opdrag uit te voer, alhoewel soms verstaan-baar; foute oorweldigend

Inhoud Taa

lgeb

ruik

&

Pun

ktua

sie

1 2 3 4 5 Oorspronklik; oortuigend; instruksies ten volle uitgevoer; inligting korrek geïnterpreteer; vorm uiters gepas

1 9-10 8 7 6 5

Nie so oortuigend nie; die meeste instruksies korrek uitgevoer; afwykings affekteer nie die teks as geheel nie; vorm geskik

2 8 7 6 5 4

Net-net oortuigend; sommige instruksies is uitgevoer; nie-relevante inligting word gebruik; afwykings pla; vorm nog aanvaarbaar

3 7 6 5 4 3

Inhoud slegs plek-plek relevant; onsamehangend; die meeste instruksies nie uitgevoer nie; waninterpretasie van onderwerp affekteer inhoud erg

4 6 5 4 3 2

Deurmekaar; glad nie relevant nie; geen instruksies uitgevoer nie; geen vorm

5 5 4 3 2 1

Page 27: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006

DEURLOPENDE ASSESSERINGSPUNTELYS: AFRIKAANS TWEEDE TAAL

GRAAD: _______ KLASGROEP: _______________ JAAR: ____________ SKOOL: ________________________________________ ONDERWYSER: _________________________________________

Luister Praat Lees &

Literatuurstudie Skryf

Gerigte Deurlopende

Luis

terb

egri

p

Luis

terb

egri

p

TO

TA

AL

Voo

rber

eid

Onv

oorb

erei

d

TO

TA

AL

Har

dopl

ees

Lees

begr

ip

Lite

ratu

urst

.udi

e

TO

TA

AL

Taa

k

Dik

tee

TO

TA

AL

Kor

t stu

k

Lang

er s

tuk

TO

TA

AL

(20÷

2)

Tri

mes

terp

unt

Tot

ale

T

rim

este

rpun

t

Ge

mid

deld

e

Tri

mes

-te

rpun

t (3

00÷6

)

Eks

am

enp

unt

Pro

mos

iepu

nt

NAAM T

RIM

ES

TE

R

10 10 20 10 10 20 10 10 10 30 10 10 20 10 10 10 100 300 50 50 100 1 2

3 1 2

3 1 2

3 1 2

3 1 2

3 1 2

3

Page 28: MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY · PDF fileAfrikaans Second Language Syllabus Gr 5-7, NIED 2006 1 1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Tweede Taal Graad 5-7 beskryf

The National Institute for Educational Development P/Bag 2034 Okahandja NAMIBIA Telephone: +64 62 509000 Facsimile: + 64 62 509004 E-mail: [email protected] Website: http://www.nied.edu.na © NIED 2006