Julie 2014

16
1 July / Julie 2014 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible. http://www.dailydwelling.com/31-days-of-dwelling-isaiah-408

Transcript of Julie 2014

Page 1: Julie 2014

1

July / Julie

2014

Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

http://www.dailydwelling.com/31-days-of-dwelling-isaiah-408

Page 2: Julie 2014

2

Groete brief vanaf dr. Lemmer du Plessis

1 Thessalonicense 5:18: “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil

van God in Christus Jesus oor julle.”

Namate 'n mens vorder in jare kom jy agter dat die kosbare

dinge van die lewe nie 'n gegewe is nie, maar 'n gawe. Daar is

sekere dinge wat 'n mens slegs kan verstaan namate jy ouer

word. Gedurende die jare van jou jeug verstaan jy nie die

vreugdes en die eise van die ouderdom nie. Dit is onmoontlik

vir 'n kind om die status van die ouderdom te begryp. Nogtans

kruip daar kort-kort een of ander liggaamlike swakheidjie uit

en dan maak dit jou opnuut dankbaar wanneer dit weer

verbygegaan het. Ek worstel juis op die oomblik met so 'n probleempie, te make met my

gehoor. Ek gaan egter rustig voort om vir God te werk, nieteenstaande. In die eerste

plek wil ek sê: ek is dankbaar vir gesondheid.

Tweedens wil ek die Vader ook dank vir my gesin, familie en vriende. Ek en Helen is

nader aan mekaar as wat ons ooit vantevore in ons 42 jaar van huwelikslewe was. Ons

verstaan mekaar beter, ons verskil byna nooit meer oor dinge nie, ons leef in totale

harmonie. Ek dank God oor my kinders en kleinkinders. Net die ander dag sê Jaco:

“Oupa, ek is baie lief vir Oupa.” En dit net nadat hy gevra het: “Oupa is seker baie oud,

nê Oupa?” Klein Annika is die vreugde van my hart. Sanne, my skoondogter, is so naby

aan my as 'n dogter aan die hart van haar eie vader kan wees. Ek en Lourens, my geliefde

seun, gesels ure lank teologie en Skrif en oor die werksaamhede van die bediening. Oor

die hele Suid-Afrika het ek goeie vriende. Wat 'n rykdom!

Derdens dank ek God vir die werk wat ek vir Hom kan doen. By elke gemeente waar ek

optree, word van die ryke seëninge van die Here getuig. My daaglikse voorbereiding

verloop glad. Ek is fluks besig om Openbaring te memoriseer. Teen Desember sal ek die

hele boek van buite ken.

Om dankbaarheid te beoefen is `n seën. Mag die Vrede en guns van die Vader op elkeen

van julle rus.

Vriendelik en met liefde,

Lemmer

Page 3: Julie 2014

3

“Julle is die sout van die aarde” DEUR LOUWTJIE STRAUSS KONTAK: [email protected]

‘n Paar jaar gelede het Pastoor Gloy een oggend gepraat

oor die eienskappe, die betekenis en die gebruik van sout

in die Bybel. Ek deel graag ‘n paar van die gedagtes.

Sout het soos vandag, ook in die geskiedenis ‘n belangrike

rol gespeel in mense se lewens en daarom die gereelde

verwysing daarna in die Bybel. Ons lees in die Ou

Testament van die soutverbond en ook in die Nuwe

Testament gebruik Jesus die illustrasie wanneer Hy vir Sy

volgelinge sê dat hulle die sout van die aarde is.

In die eerste plek is sout ‘n waardevolle preserveermiddel wat ons herinner aan God

se ewige beloftes, Sy getrouheid en Sy betrokkenheid in mense se lewens. Sout

verbeter ook die smaak van kos. So moet gelowiges ook ‘n “goeie smaak” laat deur

hulle lewens en karaktereienskappe wat die Vrugte van die Gees insluit.

Sout spreek ook die moraliteit van Christenskap aan in ‘n wêreld wat deurtrek is met

geestelike armoede soos sout sonder smaak. God vra Sy mense om te praat met

goeie smaak sonder om terug te deins as woorde van waarheid nodig is.

Sout in die Ou Testament was ‘n teken van ware vriendskap. Dit is soos’n band tussen

die mense van God met die doel tot ware verhouding en vertroue tussen hulle. Die

soutverbond was ‘n vaste beginsel wat ewige lojaliteit uitbeeld. Vandag is Christene

onder die verbond van die Gees en Genade, maar die beginsels van die soutverbond

bly steeds dieselfde.

Tussen mense vandag is sout steeds ‘n teken van eer, vriendskap en gasvryheid, soos

vele uitdrukkings van sout wat vandag nog gebruik word. Die Bybel verwys meer as

30 keer na sout. Dit is ‘n simbool van reinheid, noodsaaklik vir gesondheid, keer

infeksies, maak kieme dood en daar is ongeveer 14 000 verskillende gebruike van

sout .

Dit is dus duidelik dat wanneer Jesus sê: “ Julle is die sout van die aarde,” ons daaraan

herinner word om getrou te wees, as volgelinge van die erfenis- wat Jesus self is, en

Hom in die wêreld moet uitleef.

Page 4: Julie 2014

4

Praktiese Christen-Wees: Wat is ‘n Christen BYDRAE DEUR ANTOINETTE DIEDERICKS KONTAK: [email protected]

Ons almal weet dat dit ons geloof in Jesus Christus is wat maak dat jy jouself ’n Christen kan noem. Ons weet ook dat dit nie ons werke is wat ons siele red nie, maar God se genade en ons geloof in die Verpersoonliking van hierdie genade, naamlik Jesus. Efesiërs 2:8-9 stel dit baie duidelik “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julle self nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

Elke keer as ek hierdie verse lees, voel ek so verlig dat my eie saligheid nie van myself afhang nie. Ek het dit klaar ontvang. Verniet. Dis myne. Ek moet dit net in geloof aanvaar. Maar saam met hierdie wonderlike genade-geskenk kom die verantwoordelikheid om ons Christenskap prakties in die wêreld uit te leef. Dis nou hier wat die kat uit die boom val of die pôpô die fan strike of die groot gelol begin, want Christen-wees is ’n uitdaging. Dis nie altyd so maklik om ’n praktiese Christen te wees nie. Christen-wees is ’n vreugde en ’n kruis. Dit laat jou lag en huil, maak jou moedeloos en opgewonde. Christen-wees het net een sekerheid: God se allesomvattende liefde. Vir die res is dit op en af op ’n rollercoaster van oorwinnings en flaters, van struikel en opstaan, van geloof en twyfel.

Was jy al ooit in ’n situasie waar jy net eenvoudig nie geweet het hoe om Christelik op te tree of wat om te sê nie. Het jou dade al gevolge gehad wat jy nie weet hoe om weer reg te maak nie. Het jy al ’n krisis of beproewing deurleef waar jy vir ander ’n getuienis is oor Christen-wees ? Ons almal weet dat ons altyd in gebed alles aan ons Hemelse Vader se voete kan lê, maar Hy stuur ook mede Christene om mekaar te bemoedig en die regte pad aan te wys. Soms hoor ons duideliker wanneer God met ’n mens se stem met ons praat.

Kom ons as Christene in Montagu begin om mekaar te help met praktiese Christen-wees. Is daar grys areas in jou geloofs- of daaglikse lewe waarmee jy worstel? Is daar vrae waarop jy desperaat antwoorde wil hê en jy wonder hoe ander Christene dit sou hanteer of dalk al hanteer het, maar jy is te skaam om te vra? Is daar enigiets wat nie direk op jou van toepassing is nie, maar waaroor jy tog soms wonder wat jou as Christen te doen staan, sou so iets jou pad kruis? Is daar vrae oor jou huwelik, homoseksualiteit, jou kinders, jou vriende, jou werksomstandighede, jou besigheid, jou gesondheid, die regering of enigiets anders waaroor jy graag insette van ander Christene wil hê?

Indien jy so ’n vraag het, stuur dit per epos aan [email protected] of skryf dit op ’n stukkie papier, merk dit Praktiese Christen-Wees en gooi dit in die offerhandebordjie na die erediens. Die vrae sal in die Nuwe Lewe Maandblad geplaas word, waarna enigeen wat praktiese Christen-wees oplossings/raad het hierop kan reageer. Hierdie “antwoorde” sal dan weer in die volgende maandblad geplaas word saam met die volgende vraag/vrae. Alle vrae en antwoorde sal anoniem hanteer word indien jy dit so verkies.

Page 5: Julie 2014

5

Die eerste vraag aan jou as mede Christen is dit:

HOE KRY JY DIT REG OM IEMAND TE VERGEWE,

REGTIG TE VERGEWE...

TOT SEWENTIG MAAL SEWE KEER! Terwyl ek besig was om hierdie bydrae vir die Nuwe Lewe Maandblad te skryf, het ek hierdie eerste vraag aan ’n gelowige vriend gevra. Hy het my peinsend aangekyk, sy kop geskud en stadig en afgemete geantwoord:

“Dis klippe kou, tande breek, Tandarts toe gaan, en verder kou!”

Kom deel julle praktiese Christen-wees raad met almal en bid saam dat ons God daardeur sal verheelik en dat ander daardeur na Hom toe gelei sal word.

Something for the kids (young & old)!

Page 6: Julie 2014

6

Worship Ministry

LEADER: ANNIE NAUDÉ EMAIL: [email protected]

The story behind “It is well with my soul”

Horatio Spafford (1828-1888) was a wealthy Chicago lawyer with a thriving legal practice, a beautiful home, a wife, four daughters and a son. He was also a devout Christian and faithful student of the Scriptures. His circle of friends included Dwight L. Moody, Ira Sankey and various other well-known Christians of the day.

At the very height of his financial and professional success, Horatio and his wife Anna suffered the tragic loss of their young son. Shortly thereafter on October 8, 1871, the Great Chicago Fire destroyed almost every real estate investment that Spafford had. In 1873, Spafford scheduled a boat trip to Europe in order to give his wife and daughters a much needed vacation and time to recover from the tragedy. He also went to join Moody and Sankey on an evangelistic campaign in England. Spafford sent his wife and daughters ahead of him while he remained in Chicago to take care of some unexpected last minute business. Several days later he received notice that his family's ship had encountered a collision. All four of his daughters drowned; only his wife had survived.

With a heavy heart, Spafford boarded a boat that would take him to his grieving Anna in England. It was on this trip that he penned those now famous words, When sorrow like sea billows roll; it is well, it is well with my soul.

Philip Bliss (1838-1876), composer of many songs including Hold the Fort, Let the Lower Lights be Burning, and Jesus Loves Even Me, was so impressed with Spafford's life and the words of his hymn that he composed a beautiful piece of music to accompany the lyrics. The song was published by Bliss and Sankey, in 1876.

For more than a century, the tragic story of one man has given hope to countless thousands who have lifted their voices to sing, It Is Well With My Soul.

Page 7: Julie 2014

7

It Is Well With My Soul

When peace, like a river, attendeth my way, When sorrows like sea billows roll;

Whatever my lot, Thou hast taught me to say, It is well, it is well with my soul.

It is well (it is well),

with my soul (with my soul), It is well, it is well with my soul.

Though Satan should buffet, though trials should come,

Let this blest assurance control, That Christ hath regarded my helpless estate,

And hath shed His own blood for my soul.

My sin, oh the bliss of this glorious thought! My sin, not in part but the whole,

Is nailed to His cross, and I bear it no more, Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!

For me, be it Christ, be it Christ hence to live:

If Jordan above me shall roll, No pang shall be mine, for in death as in life

Thou wilt whisper Thy peace to my soul.

And Lord haste the day, when my faith shall be sight, The clouds be rolled back as a scroll;

The trump shall resound, and the Lord shall descend, Even so, it is well with my soul.

“Be careful for nothing; but in every thing by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known unto God. And the peace of God, which passeth all

understanding, shall keep your hearts and minds through Christ Jesus

(Philippians 4:6-7)

www.sharefaith.com/guide/Christian-Music/hymns-the-songs-and-the-stories/it-is-well-with-my-soul-the-song-and-the-story.html

Page 8: Julie 2014

8

Boer se vrou

GEDIG DEUR GIZELA UYS

Boer se Vrou Ek sien jou hande is broos Jou voete loop swaar Ons plant en God laat groei Jy boer met die Here aan jou sy Jou geduld bewonder ek Jou geloof is ‘n inspirasie Ek bid in stilte vir jou insig en wysheid Dis ‘n harde lewe en sonder God kan jy nie. Ons spreek lewe en sien hoe groei en blom die veld en boorde God se liefde en genade vloei oor ons grond en ons harte. Dankie Liewe Here vir U goedheid en genade. Here U is goed vir ons en voorsien. Gee ons die krag om U te dien met oorgawe. Alles wat ons doen is in U woord. Amen

Verjaarsdae & Huweliksherdenkings* in Julie

1 Mila van der Westhuizen 1 Vossie Vos

1 Yolande Wolmarans 2 Frans White

3 Jana Sadie 6 Andreas Janse van Rensburg

9 Jana Groenwald 9 Helen Pieterse

9 Lecinda Uys 9 Anna Visser

13 Lourens Strauss 14 Annetjie Pienaar

16 Divan Nortjé 20 Cindy Anger

20 Johan Burger 21 Henk Strydom

22 Jackie Nortjé 23 Jaco Bruwer

27 Bianca Nortjé 29 Annie Naudé

30 Johan Strydom 30 Ansie van der Westhuizen

31 Carine Piek

1 Helen & Lemmer du Plessis 19 Elsa van Heerden

21 Jackie & Marius Nortjé

Page 9: Julie 2014

9

Kinderbediening BEDIENINGSLEIER: THYS VERREYNNE EPOS: [email protected] Ons Kinderbediening staan bekend as die NL3 Qlub. NL3 staan vir ‘Nuwe Lewe – Derde Generasie’. Hierdie bediening is gerig op kinders tussen 6 en 13 jaar. Op Sondagoggende begelei hierdie bediening ons kinders in lesse en aktiwiteite. Daar word ook gesorg vir uitstappies en kampe. Verder streef die kinderbediening daarna om ouers betrokke te kry by die geestelike opvoeding van hulle eie kinders.

Met die skielike bittere koue het dit verseker 'n effek op ons bywoning en is dit net die wat dapper genoeg is om te kom, wat wel nog kom. Ons is so dankbaar vir die wat nie deur die koue wegbly nie.

Ja, hoe gee jy jou hele lewe oor aan God? Jy kan net jou hele lewe oorgee as jy God vertrou. Weet dat God is jou beste vriend!!! Joh.15:14 "Julle almal is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel." Ons opdrag is om elke dag te bou aan jou vriendskap met God. "Nader tot God, en Hy sal tot julle nader." Ons weet dat jou vriendskap met God moet vir jou die heel belangrikste wees van alles in jou lewe.

By die Kinderkerk is dit altyd lekker om te kom leer van die Groot Nuus wat saak maak. Dankie aan elke getroue kind wat gereeld kom, want sonder julle kan ons niks doen nie. Dankie aan elke bedienaar wat getrou kom om te bedien en vir jou tyd en vir wat jy opoffer.

Onthou: "Die lewe gaan oor gee, oor diensbaarheid"

Abigail Boekkamer

Talle boeke uit die pen van Dr Lemmer du Plessis het die lig

gesien, soos sy heel nuutste boek: ‘n Altas van die Hemel. Elke hoofstuk is soos ‘n toer waarop die leser op pad is. Die Atlas van die Hemel is beskikbaar by die Abigails boek winkel teen R120.

Woestynkind, ook deur Dr Lemmer geskryf, is die hersiene uitgawe van Woestynkind wat in 2000 verskyn het. Hierdie boeke asook baie ander intersante leesstof is beskikbaar by die boekwinkel.

Page 10: Julie 2014

10

If you can’t figure out your purpose, figure out your passion.

For your passion will lead you directly to your purpose.

CONTRIBUTION BY LOUISE BOWKER EMAIL: [email protected] In June 2012, the Montagu Sector 2 Sub Crime Forum (reporting into the Community Policing Forum – CPF) became aware of an increasing number of “street children”. It was discovered that these children were not in school due to the fact that they had special needs and couldn’t cope with the existing curriculum or were teased in a main stream class.

The Ashbury Primêre Skool project, headed up by Astrid Bridger, was created to get these children back into school. These children between the ages of 14 and 18 in the unit (special needs) class at Ashbury Primêre Skool unfortunately fall by the wayside as many of the children show very little cognitive development and cannot read or write due to Foetal Alcohol syndrome amongst other issues. The project had a vision to create a programme that will serve as an exit plan for these children so that they have a work future after school.

A meeting was held between members of the Policing Forum and the Headmaster of Ashbury Primêre Skool (the now retired Mr. Winston Philander). During this meeting it was discovered that there was a much larger need for the special needs children than originally thought and it was not simply a matter of just enrolling them into a school.

Some of the needs were met through fundraising and acquiring a new prefab schoolroom. This enabled a splitting of the children into junior and senior special needs classes. Over R 70 000.00 was collected by Sub Sector 2 to make this happen.

The next step was the ‘entrepreneurs phase’.

Unfortunately by the end of 2013, despite a lot of discussion between committee members, the Department of Education and the school, there was still NO progress mainly due to the fact that there was a lack of resources and a lack of willing and skilled personnel.

In 2014, after many meetings and discussions with the Department of Education, Mr. Pekeur, the current Headmaster of Ashbury Primêre Skool and various other parties, it was agreed that, due to my situation, experience and teaching qualification, that I would be the ideal candidate. I officially began at the school on 18 June 2014, although a large amount of research and work at the school had already begun.

During the year of inaction, yet another group of learners were released into the world ill equipped and with no real possibilities of employment and no real skill sets. This is

Page 11: Julie 2014

11

indeed a very sad scenario which can be rectified by the implementation of a successful skills development programme.

This programme firstly entails being in the class with the children to determine their individual passions and abilities. The next step is finding businesses which would be willing to accommodate these learners. Skills that learners could be taught are for example, cleaning, gardening, tidying, packing shelves or bags, kitchen preparation, packing boxes, folding and closing of boxes, labelling, sorting and packing fruit and the list goes on. Each individual skill set will have a training module and an assessment module which I will put together in consultation with the department of education. Then the skills training will commence.

The learners would spend the next two terms alternating between the classroom and the various businesses and leave school with a certificate to show that they have a specific skill. We have a couple of businesses on board already but would really like more. The business can benefit from this as it shows a social conscience and if a learner is eventually employed (which is the aim) the business can get points towards their BEE certification.

This is a very exciting project as it is the first time that there is a holistic solution to the special needs children at Ashbury Primêre Skool. The Department of Education’s vision is to role this programme out to the whole of the Western Cape.

This was a day that I taught the skill of gardening. There is one learner Elroy who would really love to work in a garden so I will be looking for a place that he can do some shadow work. The other children have expressed interest in cooking, cleaning, tidying, packing shelves, making clothes so I need to put my thinking cap on about where we can place them. We have had four business so far

that have confirmed that they will help out –Spar, Church Street Jams, Montagu Gooseberries and Kloof Padstal plus a couple of others in process. The skills taught at these business can be – food prep, dish washing for large restaurants, cooking, sorting and cutting of fruit, packing boxes, building boxes, labelling, sorting and packing fruit, general cleaning, packing groceries, tiding shelves and possibly even stock control. Although these skills seem menial, one has to be aware that these learners have problems and are not on a cognitive level of other learners their age. But they are hard working, keen and kind and really a pleasure to work with.

To quote Mr Philander, “… ek het weereens tot die besef gekom dat ‘n Hoër Hand by hierdie projek betrokke is.” and Victor Hugo who wrote “He, who opens a school door, closes a prison door.”

Page 12: Julie 2014

12

Transformasie & Sendingnuus

BEDIENINGSLEIER: TINA VERREYNNE

EPOS: [email protected]

Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie

bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid

in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die

veld.

Met die transformasieweek is daar mooi gebeurtenisse en word daar goed uitgereik in en om die gemeenskap.Dankie aan elk wat in gehoorsaamheid aan God doen soos wat elk gelei is om te doen. Dankie aan elkeen wat gewillig is om 'n verskil in ons gemeenskap te maak.

SENDINGNUUS: Die Ackermans: Bid asseblief vir:

Die administrasie (visum en werkspermit) om suksesvol en spoedig afgehandel te word.

Die aanleer van ‘n nuwe taal en kultuur.

Gesondheid veral vir die kinders. Miga is siek en dit is moeilik om in ‘n vreemde land en vreemde taal die regte mediese hulp te kry.

Vir krag en wysheid en dat die saad op vrugbare grond sal val.

‘n Brief van die Sapp-familie Ons is nou reeds 11 maande in Amerika. Oorspronlik was ons plan om net ses maande te bly vir mediese sorg vir Alianna. Op die ou end was dit duidelik dat ons ons planne heeltemal sal moet verander vir die onthalwe van Alianna en ons hele gesin. Genetiese toetse wat ons vir Alianna gedoen het, het gewys dat sy baie genetiese mutasies het wat haar vermoë om van eksterne stowwe, bv. besoedeling, onstlae te raak geweldig verminder. Dit is iets wat ons al self agter gekom het - Alianna se vel is altyd slegter in die stad en beter in die platteland. Ons was ook die laaste paar jaar in China bewus daarvan dat haar gesondheid beter was wanneer ons in Thailand was vir ons visum vir 'n paar dae en dan sal sy in een dag slegter word wanneer ons terugry China toe. Nie net veroorsaak hierdie mutasies (as dit nie aangespreek word met behandeling nie) ekseem, gevaarlike lae cholesterol, anemie en probleme met kognitiewe ontwikkeling vir Alianna nie, dit verhoog ook die moontlikheid van ander meer ernstige siektes en imuunprobleme in haar toekoms. Vir ons was dit dus belangrik om alles in ons vermoë te doen om Alianna se gesondheid te ondersteun. Dit beteken dus dat ons op die oomblik nie weet hoe lank ons in Amerika sal wees nie. Nou bly ons net buite Coeur d'Alene, Idaho waar Karl gebly het voordat hy China toe is. Dis 'n lieflike dorp en ons het vriende hier vir wie ons baie lief is. Een van Karl se broers woon ook hier en sy ouers is minder as twee ure van ons af, so ons kan hulle gereeld sien. Karl werk in die boubedryf en geniet dit. In die langtermyn wil

Page 13: Julie 2014

13

hy steeds in landbou werk, maar in noord Idaho is dit nie regtig 'n opsie nie. Vir nou is ons baie dankbaar vir die geleentheid wat hy het. Ons woon in 'n klein, eenslaapkamer huisie buite die dorp. Dis pragtig rondom ons en my kinders geniet elke oomblik, veral noudat die weer warmer is hier. Ons plan is om die somer hier te spandeer. Dan is daar 'n moontlikheid vir Karl om na Augustus saam met een van sy broers in Utah te gaan werk. Hy wou lankal reeds nader aan sy ouer broers wees, so dis 'n antwoord op gebed.Wat hou die toekoms vir ons in? Wel, na 'n jaar van wroeging oor die einde van ons seisoen in China, het ons vrede oor waarheen die Vader ons neem.

Natuurlik wil ons met alle mag en krag teruggaan Asië toe, maar ook dit het ons aan Hom oorgegee. Vir nou is ons hier en ons probeer in dankbaarheid leef vir dit wat ons hier het en ook vir die tyd wat ons in China gehad het.

Soos almal sekerlik weet, het ons baie goeie vriende in China agtergelaat. Een so familie is Broer Xu en sy gesin. Xu werk nou reeds 'n paar jaar saam met Karl en hulle vriendskap is baie kosbaar. Die laaste jaar in China was ons basies bure en ek en die kinders het baie tyd met Xu se vrou, Yana en haar kroos spandeer. Ons almal mis hulle baie. Xu het 'n hart vir Tibetane, alhoewel hy op die oombik werk in 'n bediening vir dwelmverslaafdes. Hulle lewens is baie moeiliker as ons s'n, met geen ondersteuningsstrukture nie. Toe Yana verlede jaar dodelik siek was met 'n gebarste blindederm, was dit ons gesin wat hulle met kostes en ander behoeftes gehelp het. Hulle families bly ver en is meeste slegter af as hulle. En soos ons self kan getuig, mens loop nie ongeskend weg uit 'n donker area soos Tibet as jy nie genoeg gebed en ondersteuning het nie. Bid asseblief vir Xu en Yana en hulle twee kinders - vir hulle beskerming, bemoediging, voorsiening en passie.

Liefde, Ida

Estie Mellet, sendeling in Malawi, se nuusbrief is beskikbaar op die transformasie bord. Hou asseblief vir Estie in julle gebede.

Page 14: Julie 2014

14

Creche Ministry LEADER: ALET STEMMET

EMAIL: [email protected]

BLESSING YOUR CHILDREN BY DR JOHAN TRENT (PART 1)

As a counsellor I often see the benefits and the heartbreaking results of parental choices. Sometimes it’s as if I hear the cry that Esau made when he found out his bother, Jacob, had taken his father’s blessing. “Esau said to his father; Do you have only one blessing, my father?” Then Esau wept aloud.” (Gen 27 v 38)

Esau’s desperate plea for his father’s approval can be heard in families today. Kids thirst for parental acceptance – they long for their mother and father to reinforce their worth.

Meeting your childrens’ need for affirmation doesn’t have to be difficult. One way is to do what I call “the blessing”. This blessing has five distinct elements to build up your sons and daughters and help them understand their worth in your family and before God. Those five elements are:

- Appropriate and meaningful touch - Words of love and acceptance - Value placed on the child - Acknowledgement of a special future - Genuine commitment

Interpreting it for your child:

Although there are five elements to this blessing, each child is unique and will interpret those five elements differently.

For my oldest daughter, who has an enthusiastic personality, appropriate touch meant a hug in the morning. My youngest daughter felt affirmed when my wife or I would sit next to her for an extended period of time, perhaps while reading a story to her.

Age is also an important factor in how a child receives a blessing. As your child grows, he or she may require a different type of affirmation. Part of showing children your approval and their value is figuring out how to affirm them in a way they can understand.

Blessing pre-schoolers

Parents can sing a blessing to young children even if their children don’t understand all that ‘s being said. When our girls were between the ages of 2 and 6, my wife and I would sing a song that we made especially for them. It started: “Good morning, good morning,

Page 15: Julie 2014

15

how are you today? The Lord bless you and keep you throughout the day” The song was simple, but it helped our children start each day with words that spoke of our love and God’s love for them.

Young children are affirmed and their hearts remain open to God when they hear words about their parents’ and God’s love for them daily.

Affirming school-age children

As our daughters grew older, my wife and I looked for ways to continue blessing them. We found we could do this during the time it took to drive them to school.

First, we let our kids pick out a CD to listen to on the drive. Then every morning after listening to this song, my wife or I would park in front of their school, turn around, take their hands and pray over them and their day. We might pray for a child’s friendship with someone or about a test that day. This individualized quick prayer included meaningful touch and linked them with God’s special future for them that day. Before they left the car, they knew our love went with them.

Next month we will continue with the article, talking about blessing teens.

Book review BY: ZELDA ROSCHERR EMAIL: [email protected]

For every parent who is looking for hope, encouragement, and miracles

Parenting can be challenging, sometimes even overwhelming. But God is on your side! He has given us promises for our children -things He pledges to do for them-

if we pray and believe. 65 Promises from God for Your

Child gives you the specifics, showing you how to pray and

believe for mercy, peace, spiritual growth, angelic protection, and provision for your children. More than just a blessing, praying these promises could be the pivot on which the future of your family turns. (www.AMAZON.com)

We worked through the promises and prayers in this book as a family. It is very practical and was a great blessing to us all. This is definitely a book worth having on your bedside table!

Download it electronically from http://www.amazon.com/Promises-God-Your-Child-Supernatural/dp/1616389605 for $7.69.

Follow http://sovereignlordfellowship.com/downloads/65Promises.pdf for handy printout.

Page 16: Julie 2014

16

Vrouebediening

BEDIENINGSLEIER: ELSA VAN HEERDEN SEL: 083 641 5826

Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk.

VRIENDSKAP

Die Woord leer dat vriendskap spesiaal is en gekoester behoort te word volgens

Prediker 4:9-12.

13-16 Junie het ons klompie die waarhede in aksie gesit en ervaar dat:

- jy moet werk aan vriendskap - jy moet tyd met vriende spandeer - jy moet jou vriende aanvaar soos hulle is - jy moet vriende waardeer - jy moet positief saai in vriende se lewe en hulle toelaat om jou ook te

beinvloed - jy moet geduld he met die uitdagings waarmee hulle in hul lewe

gekonfronteer word - jy moet vir hulle bid - jy moet hulle ondersteun as hulle swaar dra aan hartseer - jy moet troos en ondersteun wanneer dit nodig is - jy moet toelaat dat vriende jou lewe versier. - jy moet aktief luister wanneer jou vriende praat

Laat hierdie winter toe dat jou vriende jou soos ‘n snoesige kombers toe woel en jou

skans wees teen die koue.

Die Abigails soek asseblief enige Gospel DVD’s

en CD’s asook boeke en kinderboeke vir die

boekwinkel.

Skakel Wendy Strydom – 084 501 7377