Heide dameskoshuis orakel
Click here to load reader
-
Upload
nika-claassen -
Category
Documents
-
view
327 -
download
41
description
Transcript of Heide dameskoshuis orakel
ORAKEL
Vir die HEIDE Dames, deur die HEIDE Dames, oor die HEIDE dames
Augustus 2014
…AND WE DANCED, and we cried, and had a really really really good time.
Take my hand, let’s have a blast
and remember this moment for the rest of our lives…
My Superfantastiese Heidedogter
Bazooka en Bubblegum! Wat is daai
liedjie se naam? Dis „n baie lekker
Heideliedjie en verseker my gunsteling.
Ek dink ons sing hom te min. Miskien
sing ons oor die algemeen te min... Ek
dink sommer aan sing nou terwyl ons die
nuwe HK in Heide gaan verwelkom en die
bestaande HK die “ou” HK maak. Die
liedjies wat in my kop opkom is „n
interessante mengsel van upbeat
opspring en dans tunes, en semi-sad
songs wat jou iewers wil laat gaan sit met
„n glas rooiwyn en lank verlang na goeie
tye.
Ek wens die koshuis kon meer beleef wat
ek beleef het in daai HK-vergaderings
hierdie jaar. Dit was so lekker! Hierdie
HK het my laat skaterlag met al hul
joligheid en prettigheid. Hulle het „n vibe
geskep wat Heide gedra het in „n jaar vol
dinge. Ek het net weer besef dat „n
Heidedame per definisie dinamies is; met
„n Heidedame by jou kan jy menigte
uitdagings aanpak.
This time of the year is a great time for all
sorts of excited conversation built on
topics such as who the new HK will be,
who will end up in which gang and / or
room, who will get a room to stay in, and
for many seniors, who will get engaged
and who’ll get invited to weddings. I hope
you enjoy the general buzz of excitement
and confront it with a song in your heart.
Be assured that Heide will go on in many
hearts (what? Isn’t there a Celine Dion
song about that?) and that we’ll deal with
all the wrecking balls in our way (hello
Miley!).
So, vat hierdie laaste paar dae van
Augustus vas. Bazooka jou pad oop en
kou jou Bubblegum asof jy toestemming
het.
Met liefde van jou koshuispa,
G.P.
Huismoles Aandag alle stasie, aandag alle
stasie. Daar is „n groot hoeveelheid
opgewondenheid in die koshuis wat
kan lei na gebroke vriendskappe en
treurende gangverlaters. Ja HK-skiet
tyd is op ons. Dis nou „n kombinasie
van HK-verkiesing en kamerskiet. Dit
wat ons nou gaan ervaar is mense wat
jou ewe skielik met die grootste
vriendelikheid gaan groet en sommer
uit hul pad gaan om die lift vir jou te
gaan haal, van vloer 7 af. So kyk uit
dore, ag ek bedoel eerstejaars, mense
gaan nou iets met julle uit te waai wil
hê.
So gepraat van eerstejaars, ek wonder
of die koshuis nou al oor die skok is
dat post-matriek buurvrou „n man in
haar kamer mag hê. Dalk kom die
koshuis eerder nog oor die skok van
die eerstejaars se optredes. Om al
jouself as „n “local” in die draak te
beskou op eerstejaar is nou nie iets
wat jy op jou CV kan sit nie. Nog
minder dat jy 4 uit die 5 aande van die
week skaars kan onthou wat gebeur
het. Ons kyk maar lekker diep in
daardie bottel in neh?
Nie te min, voel dit vir my of die
koshuis darem nog goeie gees het oor
die hele “verander alles van die hele
PUK”. Mense daag op vir aksies,
vergaderings lyk vol en daar vind selfs
„n woordewisseling plaas as daar
sprake is van vrae wat in Engels gevra
wil word.
Dit is eers al vir Huismoles, maar tot
volgende keer:
may the shots be ever in your favour.
DEUR die Oë van ‘n kind…
Informal 2014 neem ons terug na ons
kinderdae… Ballonne, helder kleure,
lolliepops, lekkers, roomys, karakters
in kostuums en baie entoesiame het „n
heerlike aand vol pret opgetower.
Almal het soos klein dogtertjies en
seuntjies by „n regte kinderpartytjie
gevoel.
Weke voor die tyd het Madeli met die
hulp van haar Sosiale kommitee koppe
bymekaar gesit om die Informal van 15
Mei „n onvergeetlike gebeurtenis op
Heide se kalender te maak. Die Heide
Dames het al van vroeg af geskarrel
om hul manne en nog belangriker die
uitrustings agtermekaar te kry.
Die saal was gevul met karakters uit „n
sprokiewêreld… Van Mickey-Muis,
Tinkerbell, Peter-pan, Tellitubbies, tot
Superman en Badman het almal die
aand meegemaak. Soos sorgelose
kinders het almal tot laataand gekuier
en gedans soos net studente op „n
kinderpartytjie kan!!! Dit was werklik „n
geleentheid wat vir altyd onthou sal
word…
Daar is die aand ‘n paar pryse
oorhandig:
Heide man van die jaar : Marno
Matthee
Kwaaiste senior van die jaar : Jané
Janse van Rensburg
“Shaper” van die jaar : Ané Briel
“Roommates” van die jaar : Tarene
Wium en Wida Bishoff
Couple van die jaar : Idalé Welman en
Jacques Tredoux
Ma en Dogter van die jaar : Corli
Potgieter en Mareli van der Spuy
“Joker” van die jaar : Mariëtte
Sorgdrager
Sluipers van die jaar : Michelle
Agenbacht en Arina Neethling.
Esmi Muller
KIEKIES
Kinderpret…
Dinamika Week
Buurvroudag
Niemand ken hulle buurvrouens so goed soos ons in die Heide-huis nie. Dit is
hoekom buurvroudag gevier moet word. Heide het behoorlik die “Bier” in
buurvroudag gesit met „n worsbroodjie daarby… Beslis „n lekker dag gewees in die
Heide-huis.
Heide Verjaar
Veels geluk liewe Heide! Die pragtige gebou word 44 jaar oud. „n Oop aksie is gehou
waar amper die hele PUK, nee… DIE HELE PUK voor opgedaag het. Heide geluk
met jou nuwe lewensjaar.
Henne Dinee
Heide skop die aand af met een van ons unieke tradisies – Henne Dinee
Dzata glo in “eat a apple a day keeps the doctor away.” Stroop maak net alles beter.
Esparanza geniet dit om te “jiggle” met „n “jelly fight”.
Cool Runnings bring die krieketveld na die gang toe.
Wild West gaan wild en gebruikdie trappe vir “mattress surfing”.
Phenomenal bring al die party tricks uit met Beer Pong.
Deja Vu toets jou algemene kennis.
Emoyeni wys wie die sterk vroue in Heide is…
“Girls just wanna have fun!” Henne dinee is altyd vol pret!
Hierdie is een van die Heide aksies wat
Jaarliks plaasvind en wat jy NIE wil
MISLOOP NIE! Dit wat ‘n groot sukses
en die Patria manne kon nie uitgepraat
raak oor die lekker aksie nie. Die van
julle
wat daar was sal met hierdie manne
saamstem. Madeli het seker gemaak die
aksie vind plaas en ons almal waardeer
haar en Patria se moeite. Dit is ‘n Heide
& Patria tradisie wat altyd sal bly staan
al val O&B weg! Die van julle wat die
lekker aksie gemis het, moenie bekommer
nie want volgende jaar is daar nog
een.
Dr-Dr Aksie Patria & Heide
7 Vloere van moeders, een GROOT familie
Nog meer mamma dinge na ‘n fantastiese ma & dogter naweek. Elke
gang het so ma en dogter wat heeltyd in mekaar se kamers blom,
mens kan hulle nie mis nie, hulle begin al na mekaar lyk en dis hoog
tyd dat hulle vertel waar hierdie lewenslange bande se saadjies
ontkiem het.
Elke mamma het 8 vragies gekry om te antwoord:
1. Wie is jou kind/ers ?
2. Wanneer/hoe het jy geweet SY is jou kind ?
3. Wat was jou (weird) craving ?
4. Wie is die pa ?
5. Beste oomblik saam jou dogter tot dusver ?
6. Waar is jy en jou kind oor 10 jaar ?
7. Enige tips vir toekomstige mammas ?
8. Gee 'n kort beskrywing van jou koshuisfamilie.
Mariëtte &
Ansel
1) My kindol is Ansel Botha
2) Met die eerste zoep wat sy en haar kamermaat
Anri gedoen het. Dit was 'n koppie koffie met 'n
lepel bo op. Op die lepel het gestaan Oppi en op
die beker Koppi. Classic!
3) Gin en lime
4) Die pa was 'n onervare seun gewees wat
wyshede by 'n ouer dame gesoek het.
5) Ons koffie afsprake is altyd 'n wenner.
6) Ek weet nog nie eers waar ek more is nie.
7) Jy moet goeie musieksmaak hê. Anders gaan jou
kind nie cool zoepe kan uitdink nie, en haar
vriende gaan vir jou lag.
8)Ons is maar 'n familie met 'n reeks enkelkinders.
My ma, Liezl, is enkelkind van my ouma, Natasha.
Hopelik is ek meer vrugbaar en kry genoeg om 'n
gang vol te maak.
Deur Jennifer Williams
Hanet &
Marné
1) Marné
2) Sy het my omgekoop met wie sy is! Die totale
teenoorgestelde van my! Ongelooflik spontaan! Ek het
net geweet!!
3) Caramel toffie melkies (Super M) -> Vir Super
Marné en Super Ma
4) Haar pa (Rean Meyer) is dié eerste liefde! Sy is die
gelukkige kind van ou getroude ouers.
5) Ons het JOOL-week elke aand op die balkon
gekuier en siek geword van té veel CHOMP’s &
marshmallows.
6) Oor 10 jaar sal sy saam my in my huis bly en
betaal word om na my kinders te kyk! HaHa =D
7) Jy moet vir eers net ‘n voorbeeld vir haar wees en
later die verhouding bou.
8) Familie stamboom-> Ouma grootjie: Juandri
Moolman. Ouma: Marike Hugo.
Tannie: Carla van Wyk. Ma: Hanet Maree.
Baba: Marné. Klein baba: Hannelize.
Lenie &
dogters
1) Ciandra Diedericks en Janecke Oosthuizen is my
twinnies en dan het ek vir Alicia Kleynhans aangeneem
aan die begin van die jaar toe haar ma uit die koshuis is.
2) Met Ciandra toe sy met ‘n periodieke tabel instap by
speeltyd as haar 'most prized possesion' en Janecke toe
sy met die fashion show in speeltyd net besluit het sy
bring dit 100%. Met Alicia was dit net ‘n saak van ons
het so goed oor die weg gekom dit kon net nie anders
nie, en sy is ook die langste in haar jaargroep soos ek
hehe.
3) SUUR RASCALS hehe en hulle het baie met dit
gezoep.
4) ...So ander oukie in Excelsior, kom ons gaan nie in op
details nie...
5) Elke familie ete in die Draak wat in epic dance battles
in Picassos dance bar opeindig...
6) Hopelik saam op ‘n oorseese vakansie in die Bahamas
(of so iets) op die strand met cocktails, so nogsteeds
vriendinne!!
7) Kinders gee nie om as jy hulle vra om koffie te maak
nie ;) en geniet elke oomblik.
8) Ons is baie verskillend, maar ons is altyd daar vir
1) Daniella Ollewagen, Fifi, Whitney,
Sarah-lee, Carol-anne, Tara Mentz.
2) By Wild West ma en dogter aksie en
die aannemingseremonies.
3) Mans =D ;) “nudge nudge”
4) Kakkie
5) Shoe! Maar dit was lekker!
6) Hopelik het ek my honneurs dan en
dan kan ons almal saam
koshuisverlatersaksie bywoon.
7) Stop by een.... man ;)
8) Willer as die weste !
Charné &
dogters
Ané & Jessica 1) Jessica du Preez
2) Gedurende speeltyd in O&B het ek dadelik van
haar gehou! Ek het net geweet! Die “deal” was
“geseal” toe sy by my gezoep het met n Castle Light,
„n mango en 10 vissies- al my gunsteling dinge! En
van daar af het ek net al hoe liewer vir haar geraak!
3) Sjoe ek kon nie genoeg kry van groen Steri
Stumpies en padda-boutjies nie- moet seker „n
Phenomenal ding wees!! :)
4) Dis eintlik „n geheim, maar imagine Channing
Tatum se hart, Johnny Depp se stem, Bradley
Cooper se looks en Owen Wilson se sin vir humor-
wel haar pa is nog beter as dit! Hy is tans net besig
om World Peace te bevorder en is daarom ongelukkig
nie beskikbaar vir „n onderhoud nie!
5) Daar is nie vir my een oomblik wat uitstaan nie,
want daar is duisende klein goedjies wat my maak
glimlag op „n daaglikse basis! „n Koppie koffie, „n
Jess-drukkie, saam huil as ons hartseer is, saam lag-
wat bitter baie gebeur, voorhuis-opvang-sessies en
saam partytjie!
6) Ek sien hoe ons êrens in Mosambiek saam lekker
vakansie hou, uitkyk oor die see- terwyl ons eie
kinders rustig in die sand speel- en ons praat oor
die “best days of our lives”.
7) Geniet elke liewe oomblik, al die klein dingetjies,
want dis wat saak maak en wat mens
se verhouding sterk maak! Dis „n voorreg, en „n
bitter groot bederf om „n koshuis kind te kan kry-
waardeer dit en koester elke oomblik! Onthou as ma
het „n mens „n verantwoordelikheid om jou kind te
leer van Heide se gees, te wys hoe word dinge hier
gedoen en hoe om dinamies jou universiteitslewe aan
te pak! LAG BAIE!
8) Ek het eintlik „n baie interessante koshuis familie,
omdat my regte egte sussie, Nicolette Venter ook
haar eie koshuis familie het. So as gevolg daarvan is
ek ook Elmari en Nanna se kind (Nicolette se ma‟s)
en het nog twee awesome sussies, Maryke en Ananja
(Nanna se kinders) . En dan natuurlik my pragtig
kiddo- Jess!
Minika &
Natasha
1) Nash =P
2) Na my heeel beste zoep ooit!!
(Powerpoint presentation BOOM)
3) Wil heeltyd onderstebo op my bed lê (vang.. soos met
my bene teen die muur op)
4) Benro Naudé.. sy was bang vir hom in die begin, sy’t
letterlik probeer weg hardloop =P – die verhouding het
vinnig versterk oor tyd.
5) Elke oomblik (ma & dogter 2013) sy was wel laat
vir die oomblik ;)
6) Sy’s ‘n masjien Forensiese rekenmeester, ek is
afgetree..
7) ... doen moeite !
8) Van Bronkhorst, Hamman, Te Baerts tot Skoczynski,
het ons een van die langstes, kortstes en average, ‘n
pools sprekende en suuper sporty... noem ons sommer
net Awesome.
Corli &
Mareli
1) Mareli van der Spuy is my kido en Nicolette Venter is
my peetkind.
2) Ek het Nicolette aangeneem op seniornaweek haha.
Mareli - Op HK vakansie toe ons die eerstejaars plaas op
gange het ek daardie breë glimlag een kyk gegee en geweet
daardie krulkop gaan my baba wees!!
3) Speckled eggs.
4) Matthew Mole (Mareli trek nogals na haar pa).
5) Ons motiveringsgesprekke laat in die aand voor 'n toets.
Mareli trek gewoontlik haar plaaitje aan en hou dan vir my
konsert.
6) Hopelik het sy dan al by daardie tyd 'n "legit" pa. Ek
sien ons as ware vriendinne wat saam kan lag oor tye wat
ons saam beleef het. En natuurlik getroud met baie
aantreklike mans haha!!
7) Drink baie koffie saam jou kind en maak baie memories
want dit gaan vinnig verby!!
8) As ek my koshuisfamilie moet beskryf sal ek begin om te
sê mal. Dit is die coolste klomp mense bymekaar en in
hierdie familie mag jy net JOUSELF wees!!
Ma & dogter
2013
Ma & dogter
2014
Heide-terest
Health & Fitness
Woman Fashion
Die Kruis en n kampvuur
Niemand sal dié jaar se Geestelike
Kamp vergeet nie. VMN, Kasteel en
Heide het na sononder Potchefstroom
verlaat en in die Dome gaan ontspan.
Jacqui, ‘n Ds en boervrou, het met ons
kom praat oor ons identiteit in Christus
en hoe mense verskillende
verhoudings met God kan hê. Ons het
heerlik gelag vir al haar stories en ‘n
meer passievolle pluimvee boer is daar
nie. Daar is roosterkoek gemaak,
gebraai en gekuier tot laatnag toe.
Ons het teen die Vaalrivier gebly een
die hele Heide moes saam in een huisie
slaap. Ons het n groot krismisbed
gemaak en almal het heerlik saam
gesnoes in die sitkamer.
Die oggend was daar ‘n pragtige
sonsopkoms oor die rivier en ons het
bybelstudie gehou en koffie en beskuit
geniet. ‘n Gids het ons later kom haal
en ons het die berge ingestap.
Sommiges was meer opgewonde oor
die wandeling as ander. Die
natuurskoon en stilte was die perfekte
geleentheid om weer bewus te word
van God se liefde vir ons. Ons kyk nou
met nuwe oë na ons self en weet
identiteit word nie in vriende of familie
of status gekry nie maar in Hom alleen.
IS HERRE
REGTIG VIR
STERRE? „n Tweede kans word gedefinieer as die geleentheid om iets weer te probeer... Vir die algemene Puk student beteken dit baie meer as net dit. Dit behels onder andere: reiskoste, her-koste, etes tydens die tweede geleentheid en om te leer by die huis in die vakansie. Dan bo en behalwe dit lei dit tot intense eensaamheid, „n ongewone begeerte om see toe te gaan en gewigstoename. Spanning om die vak deur te kom kan lei tot werklike angsaanvalle en swaardgevegte teen OCD’s wat jou pimple en pers laat... „n Paar opinies oor herre...
“2nd opps are like a life-saver”.
“I hate them, because they‟re kind
of make or break”.
“I feel badly for people who have
second ops”.
“Ek‟s baie bly vir herre maar hulle
suck”.
“Herre is „n baie goeie plan”.
“Ek haat dit, maar ek dink dis „n
goeie ding. Ek weet by Rhodes as
jy eerste geleentheid nie gemaak
het nie; her jy eers in Desember”.
“The 2nd opp did not feel so good”.
Verkies jy die herre voor of na die
vakansie?
“Ek verkies dit soos dit nou was,
want mens het baie tyd om te
leer.Dit hang ook af hoeveel werk
die vak is. In Kovsies skryf hulle
hul herre die week na die
eksamen eindig so hulle vakansie
word nie beïnvloed nie”.
“Ek sou voor die vakansie wil her”.
“Ek sou na die vakansie wou her”.
“Before the holiday”.
Dink jy herre is „n status simbool op
kampus?
“Ek sou nie trots wees om te her
nie”.
”I think the phrase herre is vir
sterre is a way for people to feel
better about themselves”.
Dink jy ons kampus moet promoveer, of
sal dit ons graad kwaliteit beïnvloed?
“Ja, ek dink mense wat 75 of meer
kry moet nogsteeds eksamenskryf
en her.”
“Ek sou graag wou promoveer,
maar as ek die eksamen geskryf
het, sou ek steeds wil her as ek die
eerste geleentheid druip al het ek
75 deelname
Die prys wat jy betaal...
“Ek is bewus daarvan dat mens
betaal vir „n her”.
“It‟s not fair to pay for a 2nd opp”.
Ma en Dogter Naweek
“A daughter is a little girl that grows up to be a friend”
Na Ma en Dogter naweek 2014 is ek
seker elkeen wat die naweek
bygewoon het sal hiervan kan getuig:
Die kwaliteit tyd (ook die tema vir die
naweek) wat die Ma`s en dogters
saam spandeer het het regtig waar die
vriendskapsverhouding wat daar
tussen elke ma en dogter is versterk.
Die naweek het die Vrydagaand
afgeskop met “Heide`s got talent” en
daarna het almal kaas en wyn in
oorvloed geniet. Saterdag het almal in
Potch se „mall‟ en koffiewinkels
ingevaar en lekker opgevang. Die
aand is Mej Heide by Lyons Paradise
gehou waar Jeané Botha as Mej Heide
vir 2014 gekroon is en Drey-Andra
Otto Mej Heide Eerstjaar. Dit is dan
ook die laaste jaar waar daar 2 dames
gekroon sal word.
Die naweek het op „n spesiale noot
afgesluit met „n mooi boodskappie
deur Ds. Sanré van Kandelaar oor hoe
wonderlik God ons elkeen geskape het
en dat ons elke aspek van ons lewe
moet aanvaar en vrede daarmee moet
maak
Die anderkant van die mal nege… Die huidige HK van 2013/2014 is „n paar
vrae gevra: Wat was jou weirdste,
snaaksste of interresantste ding wat jy in
jou termyn gedoen het? Watter ander HK-
lid se snaaksste, weirdste oomblik staan
vir jou uit?
Elané: Die snaakste ding was Dené se
toonnael episode toe sy haar hele
toonnael by Dagboekdinee verloor het met
„n danspassie en ons in die oggendure
moet ongevalle toe.
Dené: Die snaakste ding wat met my
gebeur het was om my toonnael te verloor
en vir Frikkie te kry en te versorg. Die
oomblik wat vir my uitstaan is natuurlik
Corli se YOLO oomblik (wie maak U-turns
oor „n snelweg?)
Madeli: Die snaakste ding van my termyn
– Moet nie saam met Ziets see toe ry na
nuwe jaar nie. Die oomblik wat uitsien is
toe ek en Eyssel agterop Roftie tweeling
toe ry en heelpad kliphard J D B sing!
Charné: Die oomblik wat vir my uitstaan
was om op die agterkant van Roftie te ry
met pre-new years punch. Die snaakste
ding wat in die termyn agv „n ander hk-lid:
Dené, net oor sy nie kan water kry nie
beteken nie sy kan nie iets anders kry
nie...
Anrica: Die ergste en snaakste is toe ek
by „n vergadering gesê het voorvel inplaas
van VOORVAL. Ek het nie geweet
hoekom lag almal nie. Die snaakste
oomblik van „n ander HK-lid: Corli het
myduim afgeskop. Ek het gelag maar Corli
het gehuil.
Corli: My YOLO oomblik op HK vakansie
( Ja, julle het amper nie „n HK gehad nie)
Villagers zoep aksie (Al wat ek sê is
Zappa en af spiere, neh Nika? )
Michaela: Die snaakste aand van ons
termyn was die eerste aand van HK-
Vakansie toe primi „n „pit-dive‟ in die sand
gevang het. Die ergste oomblik vir my self
was toe ek so baie oppad see toe gepraat
het in die kar.
Nika: Die snaakste oomblik was seker
met trou aksie toe die Caputters ons
uithaal oor allerhande vreemde dinge en
natuurlik enige verbintenis met Villagers.
Die snaakste oomblik van ander HK-lede
sal ek moet sê is toe ek en Eyssel en
Elané in my bed geslaap het…Zappa is
terrible!
Germs: Quote van die jaar: “Ek is nie hier
om vriendinne te maak nie!”
12 maande later: “Ek het slegs vriendinne
gemaak”
Die laaste woordjie…
Hierdie Orakel dra ek op aan my ander nege mede HK-lede. Ek sit met trane in my
oë soos ek dié tik. Daar was dae en soms weke wat ek omgewens het en ek is nou
verskriklik spyt! Dit was die ongelooflikste jaar waar ek so baie gegroei het
emosioneel en geestelik en dit is te danke aan julle. Jul het my elkeen op ‘n ander
manier gevorm en ek kan nie dink ons is dieselfde groep as ‘n jaar terug by
Suikerbos nie. Ek is maar ‘n moeilike mens en julle het besluit om uit te hou met my,
of sal ek sê met ouma Moanie. Daar is ‘n gat in my hart maar ek weet die goeie tye
is dalk verby maar die beste lê nog voor ons! Dankie vir die voorreg om saam jul op
die HK te kon doen en dan dankie aan die koshuis. Elke vriendin, ganglid en
komiteelid wat altyd gehelp het of ondersteun het. Julle is bitter spesiale mense.
Moet nooit ophou om vir ander liefde te gee en om te gee nie want DIT is wat Heide
so spesiaal maak. - Nika
HK Termyn 14/15 is iets wat ek nie in woorde kan beskryf nie, maar saam met so
amazing groep het ek vir die eerste keer ‘Summer of 69’ se woorde werklik verstaan.
(Oh, when I look back now, that summer seemed to last forever, and if I had the
choice, Yeah, I’d always wanna be there, those were the best days of my life!’ Dit
was ‘n voorreg om Heide my huis te kan noem en my hart sal vir altyd hier wees
want die hart van Heide is in sy mense. – Charné
HK Termyn het my gewys wie is my ware vriende! Ek het baie geleer oor myself en
dat mens nooit iemand moet oordeel voor jy hulle nie ken nie. Ek het lewenslange
vriendinne gemaak die jaar! ‘And we danced, and we cried, and had a really really
really good time.’ – Corli
“I’ll look back at this moment and smile because it was life and I decided to live it’
‘Never forget the infinite possibilities that are born in yourself and others.’ Dit was ‘n
besonderse voorreg om as Sport HK lid vir 14/15 te dien en ek sal dit altyd ‘treasure’
- Michaela
You decide every MOMENT of every day who you are and what
you BELIEVE in. You get a second chance every second.
SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
1
Lente dag
2
Zoep begin
3 4 5 6
7 8
Hokkie
somerliga
Sokker
somerliga
9
Kunsteraad
Variete
konsert
10 11
Zoep eindig
WOW sokkie
12
Sleepaan
-kondiging
13
14 15 16 17 18
19
20
FORMAL
21 22 23
Joolympics
24
Vakansiedag
Erfenisdag
SJGD Nappy
run
25 26
Assesserin
gsweek
begin
27
28
29 30 1 2 3 4
VAKANSIE