Health • Rural Development • Employment • Safety ...

3
Cont. page 2 Forward to universal healthcare Sulaiman Philip T he Department of Health recently published its policy document on the National Health Insurance system. This lays the groundwork for South Africa to move forward to health care for all. The Minister of Health, Dr Aaron Motsoaledi, believes all South Africans deserve free and equitable access to healthcare. He has argued that the 45 million South Africans, mainly poor, rural and black, who rely on the overburdened public health system deserve the same quality of healthcare as fel- low citizens who can afford private healthcare. Universal coverage The proposed National Health Insurance (NHI) aims to integrate the efficient, but expensive, private health sector with the improving but overloaded public health sys- tem. Since 2011 this model has been tested in 11 pilot projects across the country. This is the preparation pe- riod, when the department can test its infrastructure and financing models. Once national rollout begins, it could take up to 14 years to achieve universal coverage. The minister explained in October last year: “We are preparing the clinics in terms of infrastructure, human re- sources, primary health care and in terms of equipment.” At its heart, the NHI is a fi- nance model that pools funds to provide the same quality health services to all South Africans no matter their economic circumstances or where they live. In October 2016 the minister told del- egates at the South African Pharmacy Conference that the NHI does not aim to re- place private healthcare with a “poor public healthcare sys- tem that is corrupt, inefficient and unable to deliver”. Through the 11 pilot projects, the department is refining its ability to utilise and allocate resources better. The NHI is designed to provide essential care no matter where you live with private medical aids cov- ering specialised treatment. THE DEPARTMENT of Health’s National Health Insurance is a plan to make healthcare available to all South Africans by improving the quality of clinics, hospitals, staff and equipment across the country. English/Afrikaans JOBS INSIDE: JOBS INSIDE: Health • Rural Development • Employment • Safety & Security Education Produced by Government Communications (GCIS) | July 2017 Edition 2 @VukuzenzeleNews Vuk'uzenzele Websites: www.gcis.gov.za www.vukuzenzele.gov.za E-mail: [email protected] Tel: (+27) 12 473 0405 Free Copy ALSO AVAILABLE ON: Page 5 Page 7 Schools Moot Court Competition opens Do you know the signs of viral hepatitis? Life and legacy of OR TAMBO. 100 YEARS OR Tambo speaking at the launch of the "Nelson Mandela: Freedom at 70" campaign at the Wembley Stadium in London in 1988: "This occasion is about the 70th birthday of a great human being who, for millions of people in his own country and across the globe, has served as an inspiration by the way he has consistently and persistently upheld the nobility of the human spirit. And yet he is in jail … because he would not abandon his conviction that every person is entitled to justice, freedom and happiness."

Transcript of Health • Rural Development • Employment • Safety ...

Cont. page 2

Forward to universal healthcare

Sulaiman Philip

The Department of H e a l t h re c e n t l y published its policy

document on the National Health Insurance system. This lays the groundwork for South Africa to move

forward to health care for all.

The Minister of Health, Dr Aaron Motsoaledi, believes all South Africans deserve free and equitable access to healthcare. He has argued that the 45 million South Africans, mainly poor, rural

and black, who rely on the overburdened public health system deserve the same quality of healthcare as fel-low citizens who can afford private healthcare.

Universal coverageThe proposed National Health Insurance (NHI) aims to integrate the efficient, but expensive, private health sector with the improving but overloaded public health sys-tem. Since 2011 this model has been tested in 11 pilot projects across the country.

This is the preparation pe-riod, when the department can test its infrastructure and financing models. Once national rollout begins, it could take up to 14 years to achieve universal coverage. The minister explained in October last year: “We are preparing the clinics in terms of infrastructure, human re-

sources, primary health care and in terms of equipment.”

At its heart, the NHI is a fi-nance model that pools funds to provide the same quality health services to all South Africans no matter their economic circumstances or where they live. In October 2016 the minister told del-egates at the South African Pharmacy Conference that the NHI does not aim to re-place private healthcare with a “poor public healthcare sys-tem that is corrupt, inefficient and unable to deliver”.

Through the 11 pilot projects, the department is refining its ability to utilise and allocate resources better. The NHI is designed to provide essential care no matter where you live with private medical aids cov-ering specialised treatment.

The DeparTmenT of Health’s National Health Insurance is a plan to make healthcare available to all South Africans by improving the quality of clinics, hospitals, staff and equipment across the country.

English/Afrikaans

JOBSInSIDe:

JOBSInSIDe:

Health • Rural Development • Employment • Safety & Security • Education

Produced by Government Communications (GCIS) | July 2017 Edition 2

Vuk’uzenzele

@VukuzenzeleNews Vuk'uzenzele

Websites: www.gcis.gov.zawww.vukuzenzele.gov.za

E-mail: [email protected] Tel: (+27) 12 473 0405

Free Copy

ALSO AVAILABLE ON:

page 5

page 7

Schools moot Court

Competition opens

Do you know the signs of viral

hepatitis?

Life and legacy of

OR TAMBO. 100 YEARS

OR Tambo speaking at the launch of the "Nelson Mandela: Freedom at 70" campaign at the Wembley Stadium in London in 1988: "This occasion is about the 70th birthday of a great human being who, for millions of people in his own country and across the globe,

has served as an inspiration by the way he has consistently and persistently upheld the nobility of the human spirit. And yet he is in jail … because he would not abandon his conviction that every

person is entitled to justice, freedom and happiness."

Vuk’uzenzele

Entrepreneurs doen voorleggings vir beleggingGaloome Shopane

Vyftien klein, medi-um en mikrogrootte ondernemings (KM-

MO’s) van regoor die Vrystaat is onlangs die geleentheid gebied om aanbiedings oor hul sake-ondernemings voor potensiële beleggers uit die privaat sektor asook regeringsagentskappe te doen.

Die entrepreneurs, wat in die landbou- en landbouverwer- kingsektor werksaam is, het hul senuwees gestaal om hul sakeondernemings te bemark met die hoop dat ‘n lid van die gehoor waarde in hul aanbie- ding sal sien. Die aanbiedings-funksie het plaasgevind twee maande nadat die provinsie die eerste keer in April ‘n landbouverwerkingsberaad aangebied het.

Die provinsiale LUR vir Ekon-omie, Kleinsakeontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake, dr Benny Malakoane, het gesê hy hoop dit die gebeurtenis die eerste van vele sou wees en dat dit positiewe resultate en eindelose moontlikhede vir entrepreneurs sal oplewer.

“Ons hoop om elke kwartaal

– indien nie meer dikwels nie – so ‘n tipe platform te kan aan-bied,” het dr Malakoane gesê.

Die entrepreneurs wat die geleentheid gekry het om hul sakeondernemings aan potensiële beleggers bekend te stel, is uit die departement se databasis van klein sake-ondernemings gekies en het voorheen om befondsing van die departement aansoek ge-doen.

Dr Malakoane het hom sterk uitgespreek teen sogenaamde

“kletsprogramme” wat geen resultate oplewer nie, en het almal wat by die proses be-trokke is van raad bedien. “Dit help nie om so 'n kletssessie te hou nie. Duidelikheid is baie belangrik in die sakesektor, en beleggers moet dit duidelik maak of hulle die entrepre-neurs sal kan help of nie, en in welke mate hulle bystand sal kan bied,” het hy gesê.

“Beleggers moet dit duidelik maak of hul hulp die vorm van geld, advies, mentordienste

of vaardigheidsoordrag sal aanneem, het hy bygevoeg. “Moenie beloftes maak wat julle nie kan nakom nie. Dit is ‘n baie ernstige kwessie en moet as sulks hanteer word.”

Dr Mbulelo Nokwetu van die Vrystaatse Ontwikkelingskor-porasie het gesê dat een van die kriteria vir befondsing is indien die onderneming kan help om die werkloosheidsyfer in die provinsie, wat tans op 35 persent staan, te verminder.

Ontwikkel werksgeleenthede, ontwikkel sakeondernemings“Befondsingsgeleenthede sal op die provinsie se strategie om werksgeleenthede te skep, gegrond wees,” het hy gesê.

Een van die entrepreneurs was Ntsiuoa Kobo van Thita-poho Farm in Tweespruit, wat op soek was na “ondersteu- ning wat die onderneming sal help om te groei van waar ons ons tans bevind”.

Kobo se koöperasie bedryf ‘n gediversifiseerde boerderyon-derneming wat leerprodukte, kruie, vlugtige olies en groente produseer. Volgens Kobo ge-

bruik Thitapoho Farm tydens die seisoenswerkers

Sy het gepraat oor die uitdag-ings waarvoor die koöperasie te staan kom, “soos klimaats- patrone, arbeidskwessies en befondsing”.

Dumisani Mngadi van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde het gesê dat die KMMO’s wat by die geleent-heid teenwoordig was, groot potensiaal toon. “Ons kyk na voldoening met betrekking tot die produkte wat die entrepre-neurs produseer,” het hy gesê.

Tshepo Moremi van die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming was bly om te sien dat daar heelwat sakeondernemings was met die potensiaal om groot rol-spelers in landbouverwerking te word.

Na afloop van die geleenth- heid het enkele van die potensiële beleggers hul be-langstelling getoon om party van die aanbiedings op te volg, en die entrepreneurs se kontakbesonderhede gevra of vaardigheidsontwikkeling aangebied. v

generalalgeMeen

Ekonomiese hupstoot vir landbou-koöperasies en opleiding

Jong KMMO-eienaars deel hul entrepreneursgeesdrif en stel hul sakeondernemings aan potensiële beleggers bekend.

Siya Miti

Die Oos-Kaapse Kantoor van die Premier en die Departement van

Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming (ECRD-AR) het ongeveer R60 miljoen beloof om landbouinisiatiewe wat op die jeug gerig is in die provinsie ‘n hupstoot te gee.

Dit het onlangs verskeie implemente soos trekkers aan 12 landboukoöperasies in jeu-gdiges se besit, geskenk.

Die Laer Zingcuka Landbou-koöperasie, wat ‘n volledige trekkerstel, saailinge en om-heiningsmateriaal ontvang het, het hom daartoe verbind om sy gewasproduksie-onderne-ming uit te brei om armoede te bestry en meer werksgeleen-thede vir werklose jeugdiges te skep.

Die voorsitter, Thembekile Hele, het gesê dat die hulp-

bronne die onderneming sal uitbrei en inkomste verhoog.

Die koöperasie produseer mielies, aartappels, kool en botterskorsies, wat aan win-kels in Oos-Londen en King Williamstown en aan plaaslike inwoners verkoop word.

Groot dromeECRDAR LUR Mlibo Qo-boshiyane het die jeug geprys omdat hulle die inisiatief neem en werksgeleenthede skep. Die Laer Zingcuka Landbou-koöperasie het werksgeleen-thede vir werklose jeugdiges geskep, wat hulle help om ‘n inkomste te verdien, het die ondervoorsitter van die koöperasie, Nosiviwe Mayalo, gesê.

“Noudat hulle aan markte verbind is, gee die regering vir hulle implemente om hoëge-halteprodukte te verseker. Dit sal landelike welvaart skep en

verseker dat hierdie landelike ondernemings deel van die landbouwaardeketting is,” het Qoboshiyane gesê.

Die koöperasie se produkte sal binnekort op die winkel-rakke pryk.

“On het groot drome vir hierdie projek. Ons het [die koöperasie] met niks begin nie; aanvanklik het ons gewasse op een hektaar grond geplant en nou het ons tot nege hektaar gegroei. Ons droom is om die Laer Zingcuka Landbou-vrugte-en-groentemark te begin,” het Mayalo gesê.

Premier Phumulo Masualle is opgewonde oor die projek. “Dit wys dat die beroep wat ons op inwoners gedoen het positief ontvang is, veral deur jongmense. Ons doel is om landbou ‘n aantreklike en byderwetse loopbaan te maak, sodat jongmense die waarde van deelname aan

landbouaktiwiteite insien. Dit is net een so ‘n projek; daar is nog heelwat soortgelykes.”

Die provinsie fokus nou op die opleiding, heroriëntering

en toerus van jongmense en mense met gestremdhede met nuwe vaardighede sodat hulle by die landbouwaardeketting kan baat vind. v

LUR Mlibo Qoboshiyane met die Laer Zingcuka Jeuglandboukoöperasie se Siyabonga Somdaka en Nosiviwe Mayalo en die Oos-Kaapse Premier Phumulo Masualle inspekteer kool, terwyl die dorpskaptein, Ndlovu Ulana, toekyk.

Julie 2017 Uitgawe 2 9

Vuk’uzenzelegeneral

Siya Miti

Sestig werklose jong-mense is by ‘n voed-selsekerheidsprogram

betrek, wat na verwagting voed- sel-sekerheid vir ‘n beraamde 300 huishoudings sal verstewig en positiewe gevolge vir nog honderde ander mense sal in-hou.

Die regering beoog om die program na ander gebiede wat onder armoede gebuk gaan uit te brei.

As deel van die program, waarin die Oos-Kaapse Depar-tement van Landelike Ontwik-keling en Landbouhervorming (DRDAR) bykans R2 miljoen belê het, gaan jongmense

aan die Universiteit van Fort Hare opleiding ontvang in die vorm van ‘n eenjaarkursus in gewasproduksie.

Passie vir landbouDRDAR het die Universiteit van Fort Hare genader om jeug- diges uit armoedegeteisterde Dyamala, Tyali, Lower Ncera, Upper Ncera en Krwakr-wa-dorpies naby Alice op te lei en hulle sodoende van vo-edseltuinproduksietegnieke te voorsien.

Hoop om lewens te veranderSinethemba Mangqangqa, 24, het gesê dat hy sedert hy in 2012 gematrikuleer het, ‘n

vaste werk gesoek het. Hy het by die program aangesluit om sy tannie se groentesmous-on-derneming aan te vul.

“My ma en tannie is albei werkloos. Hulle koop groente in King Williamstown, wat hulle dan aan die plaaslike mense hier in Alice verkoop. Ons wil nou ons eie groente produseer en aan die plaaslike inwoners verkoop.

“Ek het werk gesoek, maar sonder enige sukses. Ek wil nou deur hierdie program seker maak dat ek op my tuin fokus om groente te produse-er om aan plaaslike kopers te verkoop,” vertel Mangqangqa.

Nondwe Galela, 18, wat passievol oor landbou is, sê dat haar deelname aan hierdie voedselsekerheidsprogram haar met vaardighede vir ge-wasproduksie sal beklee om haar tuisvoedseltuin te laat herleef en werk vir haar werk-lose pa te skep.

“Ek is deur my passie vir landbou na hierdie program gelok. Ek wil meer oor voed-selsekerheid leer. Niemand sien na ons tuisvoedseltuin om nie en ek wil nou seker maak dat ek dit sal kan versorg,” sê Galela.

Die Universiteit van Fort Hare se dekaan van landbou,

dr Nomakhaya Monde, sê die universiteit wil die land-boulandskap in die provinsie transformeer deur ‘n positiewe impak op die sosio-ekonomiese status van die gemeenskappe rondom die universiteit te maak.

“Ons is baie bly dat ons by hierdie gemeenskapsinisiatief betrokke kan wees sodat ons student kan leer en daardie ervaring kan beleef,” het dr Monde gesê, en het bygevoeg dat studente ook veldwerk in die gemeenskap doen. “Dit is ‘n formele tipe gemeenskaps-betrokkenheid.”

‘n Veiligheidsnet vir gemeenskappeDie Oos-Kaapse LUR vir Lan-delike Ontwikkeling, Mlibo Qoboshiyane, het gesê dat die program ‘n reaksie op die provinsie se hoë jeugwerkloos-heidsyfers is. Volgens Stats SA is die provinsie se werkloos-heidsyfer 41 persent; 55 persent van hierdie jongmense het nie ‘n matriekkwalifikasie nie.

Die departement het ongeveer R1.9 miljoen in die program belê vir registrasie- en onderrig-gelde, en die betaling van hon-oriums aan al die deelnemende jongmense vir die duur van die program.

Qoboshiyane sê dat die departement jongmense wil bemagtig om aktief stappe te doen om armoede in landelike gemeenskappe uit te wis.

“Ons besef dat die plaag van armoede in die Oos-Kaap ‘n groot probleem is. Ons gaan verseker dat ons jongmense met produksie-insette help,” het hy gesê, en bygevoeg dat opleidingsinisiatiewe tot ‘n erkende kwalifikasie (NKR 4) sal lei.

Qoboshiyane het genoem dat die jongmense saam met studente van die Universiteit van Fort Hare sal werk en dat elke groep aan vyf huishou- dings, ‘n skool en ‘n kliniek of gemeenskapstuin verbind sal word. Daar word beraam dat ongeveer 300 plaaslik huis- houdings by die program sal baat vind voordat dit na ander areas uitgebrei word.

Die LUR het gesê dat ander leerderskappe bestaan om jong-mense in sowel gewas- as diere-produksie op te lei. Daarbene-wens is die departement besig om ‘n sentrum vir die skepping van landelike welvaart by Fort Cox Kollege te stig wat werk-lose landbougegradueerders sal bevoordeel. Dit sal jong-mense help om selfstandig te kan wees. v

Sinethemba Mangqangqa, dekaan van landbou, dr Nomakhaya Monde, Nondwe Galela en LUR Mlibo Qoboshiyane, wys die spinasiesaailinge tydens die bekendstelling van die voedselsekerheidsprogram. (Foto: Universiteit van Fort Hare)

LANDELIKE ONTWIKKELING EN GRONDHERVORMING

Jeug kry voedselsekerheid van universiteit‘N AANTAL INISIATIEWE is tans in die Oos-Kaap aan die gang om honger te beëindig, voedselsekerheid te bereik, voedingsgehalte te verhoog en gemeenskappe se vaardighede te verbeter.

Een Huishouding, Een Hektaar-program op dreef

Galoome Shopane

Sedert die bekendstel-ling twee jaar gelede het die Een Huishou-

ding, Een Hektaar-program verskeie huishoudings oor ses terreine bevoordeel.

Die program, onder aanvo-ering van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het ten doel om armoede uit te wis en ‘n klas swart kleinboere, pro-dusente en landbouvervaar-digers te skep.

In ‘n onlangse parlementêre inligtingsessie deur die parle-ment is daar benadruk dat die Een Huishouding, Een Hek-

taar-inisiatief belangrik is vir werkskepping en inklusiewe groei in die landbousektor. Dit help ook die regering om ek-witeit in grondbesit, -toegang en verblyfsekerheid te bereik.

Tot dusver het 6 683 huis- houdings uit 182 terreine regoor die land voordeel uit die departement se verskeie inisiatiewe getrek. Ongeveer 10 500 huishoudings sal na verwagting net by die Een Hektaar, Een Huishoud-ing-program baat vind.

Dit moet help om armoede te verminder, volhoubare werksgeleenthede in lande-like huishoudings te skep, landelike mense se bekwaam-

hede te ontwikkel en die vaar-digheidsbasis van teikenhuis- houdings en gemeenskappe uit te brei terwyl dit verskeie klein tot medium landelike landbouondernemings skep.

Die departement het vir die eerste jaar van die implemen-tering van die program R100 miljoen deur sy Herkapitali- sasie-en-Ontwikkelingsbe-groting geoormerk.

Tydens die oorhandiging van die meer as 14 hektaar grond aan die eerste begunstigdes van die program by Kenton-on-Sea se Gorah Agribusiness and Multipurpose Co-opera-tive in 2015, het die Minister van Landelike Ontwikkeling

en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, gesê dat sy doel was om die menswaardigheid van landelike inwoners te herstel en die landelike ekonomie te transformeer.

Sdertdien het die koöpera-sie – wat in die Oos-Kaapse plaaslike munisipaliteit van Ndlambe geleë is – daarin geslaag om kontrakte met Pick n Pay en ‘n groente-en-vrugtemark in Port Elizabeth te sluit om hul produkte by die plaaslike winkels te verkoop.

Tydens ‘n terreininspeksie verlede jaar het die minister ook verneem dat die gemeen-skap beoog om 20 persent van hul inkomste in die plaas te-

rug te ploeg en ook na le-wende hawe te diversifiseer.

Hy was aangenaam verras om te sien dat die bevoor-deeldes ook aartappels en pampoen geoes het, ten spyte van die verlammende droogtepatrone waaronder die land gebuk gegaan het.

Al die bevoordeeldes van die Een Huishouding, Een Hektaar-program ontvang ‘n sertifikaat wat hulle as kola- teraal of sekuriteit kan ge-bruik wanneer hulle ‘n bank om finansiële hulp nader. Die grond of die sertifikaat kan egter nie verkoop word nie, omdat die grond aan die staat behoort. v

DIE EEN HuISHOuDING, Een Hektaar-program is daarop gerig om lewensvatbare klein tot medium landelike landbouondernemings te skep – en om menswaardigheid te herstel.

12 Julie 2017 Uitgawe 2