Hartsgoedfees NAMPO 2015 ‘n ware landbou-vertoonvenster of 01 May KOSH 2015.pdf · 2015. 4....

1
P04 WANTED The suspect is wanted by the SAPS in connection with a case of rape which occurred on 25 Sep 2014 in the veld behind Boys High in Potchefstroom. The suspect is a black male in his early twenties. He has scars on his neck that looks like burn marks. Any person with information regarding this suspect must please contact the investi- JDWLQJ RI¿FHU :2 0RWVXPL IURP 3RWFKHI stroom FCS on 073 826 2375. Marthys Marthinus (54) went missing on 30 March 2015 at approximate- ly 13:20 in Putfontein, Gauteng. He was heading to Heidelberg on foot and no one has heard from him since. It is unknown what he was wearing at the time. If you have any information on his ZKHUHDERXWV SOHDVH FRQWDFW 6$36 3XWIRQ- tein Sgt. Joubert at 082 332 3532 or 011 845 6317. S A P S S A P S MISSING MISSING Kagiso Maite (8) went missing on 25 April 2015 at approximately 11:00 in Tembisa. Kagiso is a spe- cial needs child with lim- ited verbal ability. He was wearing blue jeans, a lime green long sleeve shirt, a black jacket and brown boots. If you have any LQIRUPDWLRQ RQ KLV ZKHUHDERXWV SOHDVH FRQWDFW 6$36 7HPELVD :2 'LQD\H DW 926 2917 or 076 616 8091. Platinum Publishers (Pty) ltd t/a Platinum KOSH disclaims all liability for any loss, damage, injury or expense, however caused, arising from the use of or reliance upon, in any matter, the information provided through this publication and does not warrant the truth, accuracy or completeness of the information provided. 0D\ 3/$7,180 .26+ )D[ $OHW _ 2IÀFH _ 6DOHV Klerksdorp – Die Nederduits Hervormde kerk Klerksdorp- Wilkoppies hou op Vrydag 8 en Saterdag 9 Mei 2015 die Hartsgoedfees. Vrydag is die Ossewa Kombuis heeldag oop met die heerlikste gebak, pannekoek, kerrie en rys, basaarpoeding, vetkoekburgers, wors-op-‘n-stok, wors, sosaties, worsbroodjies, jafels, koeke, terte en vele meer. Selfverwerkte vleissnitte van bees, skaap, vark en hoender is teen billike pryse beskikbaar. Feesgangers moet maar die koelhouers saambring... Antieke stukke – meubels en ander kosbare items uit die verlede – is op uitstalling. Feesgangers kan hulle eie items bring om gewaardeer te word. Diegene wat weet hoe om fyn te korrel kan aan die windbuksskiet kom deelneem – eie gewere is welkom. ‘n Versamelaarsmes is op die spel. Overvaal Stereo 96.1 FM saai direk van die feesterrein af uit. “Kom toets jou sang of ander talente oor die radio,” nooi die feesorganiseerders. “Dit kos jou niks. Dalk is jou optrede as sanger, kommentator, nuusleser, grap- of storieverteller ‘n prys werd. Kom probeer gerus.” Kaartjies om ‘n nuwe televisiestel te wen, is te koop teen R20 elk. Van 17:00 tot 18:00 is opskeptyd vir die spitraai. Feesgangers kan vir R75 per persoon skaapspitbraad, wors, slaaie en tuisgebakte brood met konfyt en regte botter geniet – met gemmerbier in die hand. Die boereorkes van André Henning sal die voete kielie terwyl geëet word. Navrae kan gerig word aan 083 458 3190. Etekaartjies is reeds beskikbaar. Diegene wat jukskei speel of vermoed hulle het ‘n verskuilde talent om dit te doen, kan hul slag by die fees wys. Spelers van Vegkop, Klerksdorp se jukskeiklub, sal wys hoe die spel gespeel word. Pryse is op die spel. Die witolifanttafel sal volgepak wees met allerhande bruikbare items. Die vlooimark is ‘n moet om te besoek, en springkastele en gesiggieverf wag op die kleinspan. Die manne word nie vergeet nie. Daar is ‘n spesiale mannetafel. Saterdag duur die fees voort van 08:00 tot 13:00. Die Ossewa Kombuis maak dan sy deure oop. Die lekkerbekke en smulpape durf nie die Hartsgoed Vroeë Ontbyt teen R40 per persoon misloop nie. Dit is van 08:00 tot 10:00 beskikbaar en kaartjies is beperk. Navrae kan gerig word aan 018 468 7008. Die windbuksskiet gaan voort en Overvaal Stereo is weer daar, soos ook die vlooimark, witolifanttafel, mannetafel, springkastele, boereorkesklanke en vele meer. Om 11:00 sê die predikante, voorsitters van komitees en skribas van die gemeentes mekaar die stryd aan in ‘n spankompetisie op die jukskeibaan. “Kom kyk gerus en help toesien dat hierdie kerklikes hul stryd teenoor mekaar kerkordelik voer.” Die wenner speel teen die span van Vegkop. Landbouprodusente en die publiek het van 12 tot 15 Mei 2015 weer die geleentheid om eerstehands te kom kyk hoe moderne landbou lyk en te sien wat nuut op die mark is. Die produkte van 650 uitstallers op een terrein kan behoorlik met mekaar vergelyk word tydens Graan SA se NAMPO Oesdag buite Bothaville in die Vrystaat. Dié vertoonvenster van landbou het oor die afgelope 49 jaar tot ‘n gerekende landbouhandelskou ontwikkel. Tog sorg die boeregasvryheid, plattelandse atmosfeer en die hartlikheid van landbou en sy mense dat sowat 70 000 besoekers jaarliks hierheen stroom om te kom besigheid doen en om die vee-uitstallings, groot ysters, 4x4’s, boerepatente, eetgoed en plaasatmosfeer te kom geniet. ‘n Vervoerstelsel met ses doelgemaakte waentjies op drie roetes is ingestel om vir mense wat moeilik rondbeweeg, die terrein meer begaanbaar te maak. Aangesien graanboerdery baie wetenskaplik is, ondersteun NAMPO 2015-produsente om hul produktiwiteit en winsgewendheid te verhoog ten einde volhoubare voedselsekerheid vir die land in die hand te werk. ‘n Redelike teenwoordigheid van sonkragenergie- en verwante produkte is ook by die Oesdag te sien aangesien elektrisiteitsvoorsiening deesdae ‘n uitdaging in boerdery is. “Dit is net die land se graanprodusente wat tussen beurtkrag en ‘beurtkos’ staan. As ons nie produsente het wat die risiko’s van die graanbedryf aanvat nie, gaan ons dieselfde situasie met kos as met elektrisiteit hê – te min kos vir Suid-Afrika. Daarom is Graan SA se NAMPO Oesdag ‘n belangrike beeldbou geleentheid om ‘n eenheidsgevoel oor landbou te help skep,” sê Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder. Hy sê die graanbedryf is ‘n onlosmaaklike deel van voedselsekerheid en dat die Nasie in Gesprek- paneelbespreking by NAMPO 2015 bydra tot die debat wat verseker dat die bedryf se volhoubaarheid in plek gehou kan word. Tydens NAMPO ontvang Graan SA ook talle plaaslike en buitelandse politici en beleidmakers as gaste ten einde landbou en sy mense eerstehands te kom ervaar. Aangesien verteenwoordigers van die hele graanwaardeketting NAMPO bywoon, is daar ruim geleentheid om te netwerk, met mekaar te kommunikeer en bande te versterk. Die deelname van nagenoeg 60 internasionale uitstallers uit nege lande toon dat Graan SA se NAMPO Oesdag reg geposisioneer is om vir die ontluikende dinamiek van voedsel- en veselproduksie in Suidelike Afrika en selfs sub-Sahara Afrika ‘n doeltreffende skakelgeleentheid te bied. “Besoek gerus die proefpersele van agt saadmaatskappye op die nuwe standplase aan die oostekant van die terrein. Dit is ‘n nuwe toevoeging tot die Oesdag wat produsente in staat stel om nie net hul saadverskaffer se uitstalling te besoek nie, maar om self ook die kultivars onder praktiese toestande te besigtig,” het Cobus van Coller, Oesdagvoorsitter, gesê. Die veekomponent word aangevul met ‘n afslaerskompetisie in die Veilingskompleks in samewerking met Veeplaas en Toyota. Geskoei op die hoofdoel dat NAMPO deurlopend ‘n platform VNHS RP LQOLJWLQJ WH EHNRP ± VHOIV RRU GLYHUVL¿NDVLH in boerdery – is die getal uitstallers gemik op die wildbedryf hierdie jaar uitgebrei. “Daar is hierdie jaar meer uitstallers van damesprodukte en die SAMPI-saal beloof dus om ‘n nuwe trekpleister vir die skoner geslag te wees,” aldus Van Coller. Ter uitbreiding van die akkommodasie netwerk wat effektief in die streek funksioneer, word ‘n tentehotel aan die suidekant van NAMPO Park opgerig. Dit bestaan uit 100 behoorlike twee-mantente met ablusiegeriewe – en ontbyt is ingesluit. Gaan gerus na www.nampo.co.za of www.harambee.com vir besprekings. “Vir lede van Graan SA is die NAMPO Oesdag ‘n trotse gebeurtenis waaraan hulle deel het. Benewens die eksklusiewe parkering en gratis toegang, word ons lede ook as gaste by die ledelokaal ontvang. Graan SA se leierskap en personeel sien daarna uit om weer eens dié kontakgeleentheid met ons lede te geniet,” het De Villiers gesê. Hoewel die NAMPO Oesdag aan ‘n halfeeu raak, bly tegnologiese ontwikkeling geensins agter nie. ‘n Elektroniese toegangkaartjiestelsel deur TicketPro stel besoekers in staat om toegangskaartjies aanlyn en teen R10 goedkoper as by die hek te koop. Besoek www.ticketpro.co.za of www.nampo.co.za om jou kaartjies vooraf te bekom. ‘n NAMPO-toep (app) is pas ontwikkel en stel besoekers in staat om deur hul slimfoon of tablet produkinligting van deelnemende uitstallers te verkry. Gaan laai gerus die toep af by jou gunsteling aanlynwinkel. Kaartjies kos R90 per persoon by die hekke op Dinsdag en Vrydag en R100 per persoon op Woensdag en Donderdag. Toegang vir voorskoolse kinders en parkering is gratis. Skakel gerus in op Graan SA Radio op 99.2 FM as jy naby kom vir verkeersverslae en aktuele Oesdaginligting. Die hekke open soggens om 07:00 en sluit smiddae RP *HHQ WURHWHOGLHUH ¿HWVH NDUUHWMLHV RI PRWRU¿HWVH ZRUG RS GLH WHUUHLQ WRHJHODDW QLH Toegangsbeheer word op Maandag 11 Mei toegepas VRGDW XLWVWDOOHUV KXO ¿QDOH DIURQGLQJ NDQ GRHQ ‘n Terreinkaart, alfabetiese uitstallerslys, dagprogram en opsomming van verversingspunte is vervat in ‘n hanteerbare boekie, wat gratis beskikbaar is by die toegangshekke. Meer inligting en die dagprogram is ook aanlyn beskikbaar by www.nampo.co.za, www. grainsa.co.za of by nampo.mobi. Hartsgoedfees NAMPO 2015 ‘n ware landbou-vertoonvenster

Transcript of Hartsgoedfees NAMPO 2015 ‘n ware landbou-vertoonvenster of 01 May KOSH 2015.pdf · 2015. 4....

  • P04

    WANTEDThe suspect is wanted by the SAPS in connection with a case of rape which occurred on 25 Sep 2014 in the veld behind Boys High in Potchefstroom. The suspect is a black male in his early twenties. He has scars on his neck that looks like burn marks.

    Any person with information regarding this suspect must please contact the investi-

    stroom FCS on 073 826 2375.

    Marthys Marthinus (54) went missing on 30 March 2015 at approximate-ly 13:20 in Putfontein, Gauteng. He was heading to Heidelberg on foot and no one has heard from him since. It is unknown what he was wearing at

    the time. If you have any information on his -

    tein Sgt. Joubert at 082 332 3532 or 011 845 6317.

    SAPS

    SAPS

    MISSING MISSINGKagiso Maite (8) went missing on 25 April 2015 at approximately 11:00 in Tembisa. Kagiso is a spe-cial needs child with lim-ited verbal ability. He was wearing blue jeans, a lime green long sleeve shirt, a black jacket and brown boots. If you have any

    926 2917 or 076 616 8091.

    Platinum Publishers (Pty) ltd t/a Platinum KOSH disclaims all liability for any loss, damage, injury or expense, however caused, arising from the use of or reliance upon, in any matter, the information provided through this publication and does not warrant the truth, accuracy or completeness of the information provided.

    Klerksdorp – Die Nederduits Hervormde kerk Klerksdorp-Wilkoppies hou op Vrydag 8 en Saterdag 9 Mei 2015 die Hartsgoedfees.Vrydag is die Ossewa Kombuis heeldag oop met die heerlikste gebak, pannekoek, kerrie en rys, basaarpoeding, vetkoekburgers, wors-op-‘n-stok, wors, sosaties, worsbroodjies, jafels, koeke, terte en vele meer.Selfverwerkte vleissnitte van bees, skaap, vark en hoender is teen billike pryse beskikbaar. Feesgangers moet maar die koelhouers saambring...Antieke stukke – meubels en ander kosbare items uit die verlede – is op uitstalling. Feesgangers kan hulle eie items bring om gewaardeer te word. Diegene wat weet hoe om fyn te korrel kan aan die windbuksskiet kom deelneem – eie gewere is welkom. ‘n Versamelaarsmes is op die spel.Overvaal Stereo 96.1 FM saai direk van die feesterrein af uit. “Kom toets jou sang of ander talente oor die radio,” nooi die feesorganiseerders. “Dit kos jou niks. Dalk is jou optrede as sanger, kommentator, nuusleser, grap- of storieverteller ‘n prys werd. Kom probeer gerus.”Kaartjies om ‘n nuwe televisiestel te wen, is te koop teen R20 elk. Van 17:00 tot 18:00 is opskeptyd vir die spitraai. Feesgangers kan vir R75 per persoon skaapspitbraad, wors, slaaie en tuisgebakte brood met konfyt en regte botter geniet – met gemmerbier in die hand. Die boereorkes van André Henning sal die voete kielie terwyl geëet word. Navrae kan gerig word aan 083 458 3190. Etekaartjies is reeds beskikbaar.Diegene wat jukskei speel of vermoed hulle het ‘n verskuilde talent om dit te doen, kan hul slag by die fees wys. Spelers van Vegkop, Klerksdorp se jukskeiklub, sal wys hoe die spel gespeel word. Pryse is op die spel.Die witolifanttafel sal volgepak wees met allerhande bruikbare items. Die vlooimark is ‘n moet om te besoek, en springkastele en gesiggieverf wag op die kleinspan.Die manne word nie vergeet nie. Daar is ‘n spesiale mannetafel.Saterdag duur die fees voort van 08:00 tot 13:00. Die Ossewa Kombuis maak dan sy deure oop. Die lekkerbekke en smulpape durf nie die Hartsgoed Vroeë Ontbyt teen R40 per persoon misloop nie. Dit is van 08:00 tot 10:00 beskikbaar en kaartjies is beperk. Navrae kan gerig word aan 018 468 7008.Die windbuksskiet gaan voort en Overvaal Stereo is weer daar, soos ook die vlooimark, witolifanttafel, mannetafel, springkastele, boereorkesklanke en vele meer.Om 11:00 sê die predikante, voorsitters van komitees en skribas van die gemeentes mekaar die stryd aan in ‘n spankompetisie op die jukskeibaan. “Kom kyk gerus en help toesien dat hierdie kerklikes hul stryd teenoor mekaar kerkordelik voer.” Die wenner speel teen die span van Vegkop.

    Landbouprodusente en die publiek het van 12 tot 15 Mei 2015 weer die geleentheid om eerstehands te kom kyk hoe moderne landbou lyk en te sien wat nuut op die mark is. Die produkte van 650 uitstallers op een terrein kan behoorlik met mekaar vergelyk word tydens Graan SA se NAMPO Oesdag buite Bothaville in die Vrystaat.Dié vertoonvenster van landbou het oor die afgelope 49 jaar tot ‘n gerekende landbouhandelskou ontwikkel. Tog sorg die boeregasvryheid, plattelandse atmosfeer en die hartlikheid van landbou en sy mense dat sowat 70 000 besoekers jaarliks hierheen stroom om te kom besigheid doen en om die vee-uitstallings, groot ysters, 4x4’s, boerepatente, eetgoed en plaasatmosfeer te kom geniet. ‘n Vervoerstelsel met ses doelgemaakte waentjies op drie roetes is ingestel om vir mense wat moeilik rondbeweeg, die terrein meer begaanbaar te maak.Aangesien graanboerdery baie wetenskaplik is, ondersteun NAMPO 2015-produsente om hul produktiwiteit en winsgewendheid te verhoog ten einde volhoubare voedselsekerheid vir die land in die hand te werk. ‘n Redelike teenwoordigheid van sonkragenergie- en verwante produkte is ook by die Oesdag te sien aangesien elektrisiteitsvoorsiening deesdae ‘n uitdaging in boerdery is.“Dit is net die land se graanprodusente wat tussen beurtkrag en ‘beurtkos’ staan. As ons nie produsente het wat die risiko’s van die graanbedryf aanvat nie, gaan ons dieselfde situasie met kos as met elektrisiteit hê – te min kos vir Suid-Afrika. Daarom is Graan SA se NAMPO Oesdag ‘n belangrike beeldbou geleentheid om ‘n eenheidsgevoel oor landbou te help skep,” sê Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder.Hy sê die graanbedryf is ‘n onlosmaaklike deel van voedselsekerheid en dat die Nasie in Gesprek-paneelbespreking by NAMPO 2015 bydra tot die debat wat verseker dat die bedryf se volhoubaarheid in plek gehou kan word.Tydens NAMPO ontvang Graan SA ook talle plaaslike en buitelandse politici en beleidmakers as gaste ten einde landbou en sy mense eerstehands te kom ervaar. Aangesien verteenwoordigers van die hele graanwaardeketting NAMPO bywoon, is daar ruim geleentheid om te netwerk, met mekaar te kommunikeer en bande te versterk.Die deelname van nagenoeg 60 internasionale uitstallers uit nege lande toon dat Graan SA se NAMPO Oesdag reg geposisioneer is om vir die ontluikende dinamiek van voedsel- en veselproduksie in Suidelike Afrika en selfs sub-Sahara Afrika ‘n doeltreffende skakelgeleentheid te bied.“Besoek gerus die proefpersele van agt saadmaatskappye op die nuwe standplase aan die oostekant van die terrein. Dit is ‘n nuwe toevoeging tot die Oesdag wat produsente in staat stel om nie net hul saadverskaffer se uitstalling te besoek nie, maar om self ook die kultivars onder praktiese toestande te besigtig,” het Cobus van Coller, Oesdagvoorsitter, gesê.Die veekomponent word aangevul met ‘n afslaerskompetisie in die Veilingskompleks in samewerking met Veeplaas en Toyota. Geskoei op die hoofdoel dat NAMPO deurlopend ‘n platform

    in boerdery – is die getal uitstallers gemik op die wildbedryf hierdie jaar uitgebrei.“Daar is hierdie jaar meer uitstallers van

    damesprodukte en die SAMPI-saal beloof dus om ‘n nuwe trekpleister vir die skoner geslag te wees,” aldus Van Coller.Ter uitbreiding van die akkommodasie netwerk wat effektief in die streek funksioneer, word ‘n tentehotel aan die suidekant van NAMPO Park opgerig. Dit bestaan uit 100 behoorlike twee-mantente met ablusiegeriewe – en ontbyt is ingesluit. Gaan gerus na www.nampo.co.za of www.harambee.com vir besprekings.“Vir lede van Graan SA is die NAMPO Oesdag ‘n trotse gebeurtenis waaraan hulle deel het. Benewens die eksklusiewe parkering en gratis toegang, word ons lede ook as gaste by die ledelokaal ontvang. Graan SA se leierskap en personeel sien daarna uit om weer eens dié kontakgeleentheid met ons lede te geniet,” het De Villiers gesê.Hoewel die NAMPO Oesdag aan ‘n halfeeu raak, bly tegnologiese ontwikkeling geensins agter nie. ‘n Elektroniese toegangkaartjiestelsel deur TicketPro stel besoekers in staat om toegangskaartjies aanlyn en teen R10 goedkoper as by die hek te koop. Besoek www.ticketpro.co.za of www.nampo.co.za om jou kaartjies vooraf te bekom. ‘n NAMPO-toep (app) is pas ontwikkel en stel besoekers in staat om deur hul slimfoon of tablet produkinligting van deelnemende uitstallers te verkry. Gaan laai gerus die toep af by jou gunsteling aanlynwinkel.Kaartjies kos R90 per persoon by die hekke op Dinsdag en Vrydag en R100 per persoon op Woensdag en Donderdag. Toegang vir voorskoolse kinders en parkering is gratis. Skakel gerus in op Graan SA Radio op 99.2 FM as jy naby kom vir verkeersverslae en aktuele Oesdaginligting.Die hekke open soggens om 07:00 en sluit smiddae

    Toegangsbeheer word op Maandag 11 Mei toegepas

    ‘n Terreinkaart, alfabetiese uitstallerslys, dagprogram en opsomming van verversingspunte is vervat in ‘n hanteerbare boekie, wat gratis beskikbaar is by die toegangshekke. Meer inligting en die dagprogram is ook aanlyn beskikbaar by www.nampo.co.za, www.grainsa.co.za of by nampo.mobi.

    Hartsgoedfees NAMPO 2015 ‘n ware landbou-vertoonvenster