Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria en die ...

7
24 South African Journal of Cultural History 19948(1) Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria en die Baardmannekoor (1949) Retha van Niekerk Departement Geskiedenis, Vaaldriehoekkampus, PU vir CHO, Posbus 1174, Vanderbijlpark, 1900 Republiek van Suid-Afrika The Society of Beardmen of Pretoria and the Beardmen's choir (1949). The Society of Beardmen of Pretoria was founded in 1949. A founders' meeting was held at the Afrikaans Koffiehuis in Pretoria on 13 May 1949. The objective of the society was to promote the growing of traditional Boer beards. However, the society functioned in an organised fashion by means of a constitution, a committee and regular communication with members. This society established a beardmen's choir which was a unique pheno- menon in the cultural history of the Afrikaner, as the choir combined and revived the traditions of beard-growing and Singing which had been practised by previous generations. The choir was well supported by members of soci- ety; the members also participated enthusiastically in choir practices. The choir sang only traditional Afrikaans songs, e.g. Die Stem, Transvaalse Volkslied, DierlJaar Suid-Afrika, 0 Boereplaas, Vryheidslied, Land, Volk en Taal, and Afrikaners landgenote. In this way, the Choir wanted to encourage Afrikaners to turn the inauguration of the Voortrekker Monument into a typical Boer festival. The choir received numerous invitations to appear at pre- liminary festivals and at the inaugural festival of the Voortrekker Monument. The choir contributed to the inaugural festival of December 1949, by parti- Cipating in choir performances, mass choirs and historical presentations. Although the society and choir were disbanded after December 1949, they had, indeed, made a special contribution to the festivities of 1949. It had been another opportunity for the Afrikaner nation to demonstrate its national feelings. Inleiding Die ontstaan van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria ge- durende 1949 en die daaruitvolgende Baardmannekoor het in 'n unieke feesgety van die Afrikaner se geskiedenis sy beslag gekry. Die belangstelling onder Afrikaners vir die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 is op verskeie wyses aangewakker. Een voorbeeld van die entoesiasme waarmee die inwydingsfees begroet is, was die baardgroeigier wat net soos in 1938 weer vroeg in 1949 begin het. Die gedagte om 'n vereniging te stig het onder die geledere van 'n paar Pretorianers ontstaan wat die kweek van tra- disionele Boerebaarde wou bevorder. Hierdie ontwikkeling het tot die stigting van 'n Baardmannekoor gelei. Die koor se deelname aan die inwydingsprogram van die Voortrekkermonument het rondom die dra van tradisionele Voortrekkerdrag, die kweek van tradisionele Boere- baarde, koorsang en optredes in historiese voorstellings gewentel. Die besondere bydrae wat die vereniging en koor tot die Afrikaner se kultuurgeskiedenis gemaak het, en die feit dat die verhaal nie voor- heen beskryf is nie, vereis nadere ondersoek en wyer bekendstelling. Vir die doel is die dokumente van die Vereniging van Baardmanne in die Transvaalse Argiefbewaarplek, wat deur die stigter van die vereniging S.J. Schoeman geskenk is, nagevors. Die aanwins bestaan uit aile cIokumentasie oor die stigting van die vereniging, notules van vergaderings, omsendbriewe aan lede, lidmaatregister, koerantberigte en 'n foto-album. Die dokumente en ander sekondere navorsingsmate- riaal is volgens erkende wetenskaplike navorsingsmetodes wat vir die geskiedeniswetenskap geld, ontgin. Baarde en volkstradisies Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria het baie lede van die manlike geslag ge'inspireer om weer 'n tradisionele Boerebaard te kweek. In 1949 was baardkwekery aan die orde van die dag. Daar is na die baarde as die 'patriotisme van die onderkaak' verwys.' Die tradisie van baarde het egter nie net onder ywerige baard- kwekers in Pretoria sy ontstaan gehad nie. Baarde se geskiedenis Die Verenlglng van Baardmanne van Pretoria en die Baardmannekoor (1949). Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria het in 1949 ontstaan. 'n Stigtingsvergadering is op 13 Mei 1949 in die Afrikaanse koff16huis in Pretoria gehou. Die Vereniging se doel was om die groei van tradisionele boerebaarde te bevorder. Die Vereniging het egter op 'n georganiseerde grondslag gefunksioneer, deur 'n grondwet, bestuur en gereelde skakeling met lede. Hierdie vereniging het 'n baardmannekoor gestig, wat 'n unieke verskynsel in die Afrikaner se kultuurgeskiedenis was, omdat die koor die tradisie van baardkwekery en sang wat algemeen onder die voorgesJagte voorgekom het, gekombineer en laat her/eef het. Die koor is goed deur die lede van die vereniging ondersteun; die lede het ook met entoosiasme aan kooroefeninge deelgeneem. Die koor het slegs tradisionele Afrikaanse lied- ere gesing, bv. Die Stem, Transvaalse Volkslied, Dierbaar Suid-Afrika, 0 Boereplaas, Vryheidslied, Land, Volk en Taal, en Afrikaners landgenote. Hierdeur wou die koor Afrikaners besiel om 'n ware boerefees van die inwyding van die Voortrekkermonument te maak. Die koor het talle uitno- digings vir optredes by voorfeeste en die inwydingsfees van die Voortrek- kermonument ontvang. Die koor het sy bydrae tot die inwydingsfees in Desember 1949, in die vorm van kooroptredes, optredes in massakore en met historiese voorstellings, gelewer. Alhoewel die vereniging en koor na Desember 1949 ontbind het, het dit 'n besondere bydrae tot die feesverrig- tinge van 1949 gelewer. Dit was nog 'n geleentheid waardeur die Afrikaner sy volksgevoel en nasietrots kon uitleef. is so oud soos die mensdom self en hang af van faktore soos die mode van die tyd, persoonlike voorkeur en 'n persoon se vermoe om 'n baard te kweek. Reeds van anti eke tye af is baardmodes gevestig. Die ou Egiptenare het 'n gladgeskeerde voorkoms verkies; by geleenthede is 'n klein snorretjie gedra. Van die Farao's het ook per geleentheid vals seremoniele baarde gedra. 2 In tydperke van rou en met reise tussen die barbaarse stamme het hulle wei baarde gekweek om as kamoefle- ring te dien. 3 Die Chaldeers het die bolip skoongeskeer, maar 'n kortgeknipte baard gedra. Die Assiriers het 'n lang baard verkies wat vierkantig geknip is of met 'n lang punt op die bors gehang het. Die punt was dan gekrul. Die Perse het 'n welige baard verkies en dit is dikwels met 'n snor gekombineer. Hebreeuse mans was sonder uitson- dering bebaard; die baard is deur hulle as 'n simbool van vroomheid en vryheid gesien. In die vroee Griekse beskawing het die jongmanne 'n gladgeskeerde voorkoms verkies, terwyl ouer mans stywe, spits- baarde sonder snorre gedra het. Na die val van die Griekse Ryk het die Romeine die modetoon aangegee. Van 117-138 n.C. is 'n skoonge- skeerde voorkoms algemeen onder die Romaine gevind.· Die haarkap- pers in die Romeinse Ryk het ook die warlTM'aterskeer aan die Romaine bekendgestel. Met verloop van tyd het baarde wei onder die Romeine gewild geraak. Toe moes slawe hulle baarde afskeer om hulle van die vrymanne te onderskei. 5 Die Germane het verskillende baardmodes nagevolg: party het baarde met snorre, baarde sonder snorre en selfs gevlegte baarde gedra. Vir die Germane was die baard so belangrik dat hulle daarby gesweer het. 6 In Europa het baardmodes ook sedert die Middeleeue gewissel. Die Middeleeuse man het 'n gladgeskeerde voorkoms verkies, maar wei later, tot ongeveer 1500, baarde van verskillende style gedra. Van die 15de eeu af het vorste soos Hendrik VIII van Engeland met baardmodes die toon aangegee. Hy het begin om 'n geknipte kenbaard en hangsnorretjie te dra. 7 Teen ongeveer 1558 is 'n Spaanse moclegier nagevolg: die meeste mans het 'n klein smal baardjie met 'n spits punt gedra. Die spitsbaard het met die tyd so verklein tot net 'n klossie hare op die ken oorgebly het. Teen 1660 het die meeste mans net 'n snor verkies, soos onder andere Jan van Riebeeck, die volksplanter Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Transcript of Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria en die ...

24 South African Journal of Cultural History 19948(1)

Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria en die Baardmannekoor (1949)

Retha van Niekerk Departement Geskiedenis, Vaaldriehoekkampus, PU vir CHO, Posbus 1174, Vanderbijlpark, 1900 Republiek van Suid-Afrika

The Society of Beardmen of Pretoria and the Beardmen's choir (1949). The Society of Beardmen of Pretoria was founded in 1949. A founders' meeting was held at the Afrikaans Koffiehuis in Pretoria on 13 May 1949. The objective of the society was to promote the growing of traditional Boer beards. However, the society functioned in an organised fashion by means of a constitution, a committee and regular communication with members. This society established a beardmen's choir which was a unique pheno­menon in the cultural history of the Afrikaner, as the choir combined and revived the traditions of beard-growing and Singing which had been practised by previous generations. The choir was well supported by members of soci­ety; the members also participated enthusiastically in choir practices. The choir sang only traditional Afrikaans songs, e.g. Die Stem, Transvaalse Volkslied, DierlJaar Suid-Afrika, 0 Boereplaas, Vryheidslied, Land, Volk en Taal, and Afrikaners landgenote. In this way, the Choir wanted to encourage Afrikaners to turn the inauguration of the Voortrekker Monument into a typical Boer festival. The choir received numerous invitations to appear at pre­liminary festivals and at the inaugural festival of the Voortrekker Monument. The choir contributed to the inaugural festival of December 1949, by parti­Cipating in choir performances, mass choirs and historical presentations. Although the society and choir were disbanded after December 1949, they had, indeed, made a special contribution to the festivities of 1949. It had been another opportunity for the Afrikaner nation to demonstrate its national feelings.

Inleiding

Die ontstaan van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria ge­durende 1949 en die daaruitvolgende Baardmannekoor het in 'n unieke feesgety van die Afrikaner se geskiedenis sy beslag gekry.

Die belangstelling onder Afrikaners vir die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 is op verskeie wyses aangewakker.

Een voorbeeld van die entoesiasme waarmee die inwydingsfees begroet is, was die baardgroeigier wat net soos in 1938 weer vroeg in 1949 begin het. Die gedagte om 'n vereniging te stig het onder die geledere van 'n paar Pretorianers ontstaan wat die kweek van tra­disionele Boerebaarde wou bevorder. Hierdie ontwikkeling het tot die stigting van 'n Baardmannekoor gelei. Die koor se deelname aan die inwydingsprogram van die Voortrekkermonument het rondom die dra van tradisionele Voortrekkerdrag, die kweek van tradisionele Boere­baarde, koorsang en optredes in historiese voorstellings gewentel.

Die besondere bydrae wat die vereniging en koor tot die Afrikaner se kultuurgeskiedenis gemaak het, en die feit dat die verhaal nie voor­heen beskryf is nie, vereis nadere ondersoek en wyer bekendstelling. Vir die doel is die dokumente van die Vereniging van Baardmanne in die Transvaalse Argiefbewaarplek, wat deur die stigter van die vereniging S.J. Schoeman geskenk is, nagevors. Die aanwins bestaan uit aile cIokumentasie oor die stigting van die vereniging, notules van vergaderings, omsendbriewe aan lede, lidmaatregister, koerantberigte en 'n foto-album. Die dokumente en ander sekondere navorsingsmate­riaal is volgens erkende wetenskaplike navorsingsmetodes wat vir die geskiedeniswetenskap geld, ontgin.

Baarde en volkstradisies

Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria het baie lede van die manlike geslag ge'inspireer om weer 'n tradisionele Boerebaard te kweek. In 1949 was baardkwekery aan die orde van die dag. Daar is na die baarde as die 'patriotisme van die onderkaak' verwys.'

Die tradisie van baarde het egter nie net onder ywerige baard­kwekers in Pretoria sy ontstaan gehad nie. Baarde se geskiedenis

Die Verenlglng van Baardmanne van Pretoria en die Baardmannekoor (1949). Die Vereniging van Baardmanne van Pretoria het in 1949 ontstaan. 'n Stigtingsvergadering is op 13 Mei 1949 in die Afrikaanse koff16huis in Pretoria gehou. Die Vereniging se doel was om die groei van tradisionele boerebaarde te bevorder. Die Vereniging het egter op 'n georganiseerde grondslag gefunksioneer, deur 'n grondwet, bestuur en gereelde skakeling met lede. Hierdie vereniging het 'n baardmannekoor gestig, wat 'n unieke verskynsel in die Afrikaner se kultuurgeskiedenis was, omdat die koor die tradisie van baardkwekery en sang wat algemeen onder die voorgesJagte voorgekom het, gekombineer en laat her/eef het. Die koor is goed deur die lede van die vereniging ondersteun; die lede het ook met entoosiasme aan kooroefeninge deelgeneem. Die koor het slegs tradisionele Afrikaanse lied­ere gesing, bv. Die Stem, Transvaalse Volkslied, Dierbaar Suid-Afrika, 0 Boereplaas, Vryheidslied, Land, Volk en Taal, en Afrikaners landgenote. Hierdeur wou die koor Afrikaners besiel om 'n ware boerefees van die inwyding van die Voortrekkermonument te maak. Die koor het talle uitno­digings vir optredes by voorfeeste en die inwydingsfees van die Voortrek­kermonument ontvang. Die koor het sy bydrae tot die inwydingsfees in Desember 1949, in die vorm van kooroptredes, optredes in massakore en met historiese voorstellings, gelewer. Alhoewel die vereniging en koor na Desember 1949 ontbind het, het dit 'n besondere bydrae tot die feesverrig­tinge van 1949 gelewer. Dit was nog 'n geleentheid waardeur die Afrikaner sy volksgevoel en nasietrots kon uitleef.

is so oud soos die mensdom self en hang af van faktore soos die mode van die tyd, persoonlike voorkeur en 'n persoon se vermoe om 'n baard te kweek.

Reeds van anti eke tye af is baardmodes gevestig. Die ou Egiptenare het 'n gladgeskeerde voorkoms verkies; by geleenthede is 'n klein snorretjie gedra. Van die Farao's het ook per geleentheid vals seremoniele baarde gedra.2 In tydperke van rou en met reise tussen die barbaarse stamme het hulle wei baarde gekweek om as kamoefle­ring te dien.3 Die Chaldeers het die bolip skoongeskeer, maar 'n kortgeknipte baard gedra. Die Assiriers het 'n lang baard verkies wat vierkantig geknip is of met 'n lang punt op die bors gehang het. Die punt was dan gekrul. Die Perse het 'n welige baard verkies en dit is dikwels met 'n snor gekombineer. Hebreeuse mans was sonder uitson­dering bebaard; die baard is deur hulle as 'n simbool van vroomheid en vryheid gesien. In die vroee Griekse beskawing het die jongmanne 'n gladgeskeerde voorkoms verkies, terwyl ouer mans stywe, spits­baarde sonder snorre gedra het. Na die val van die Griekse Ryk het die Romeine die modetoon aangegee. Van 117-138 n.C. is 'n skoonge­skeerde voorkoms algemeen onder die Romaine gevind.· Die haarkap­pers in die Romeinse Ryk het ook die warlTM'aterskeer aan die Romaine bekendgestel. Met verloop van tyd het baarde wei onder die Romeine gewild geraak. Toe moes slawe hulle baarde afskeer om hulle van die vrymanne te onderskei. 5

Die Germane het verskillende baardmodes nagevolg: party het baarde met snorre, baarde sonder snorre en selfs gevlegte baarde gedra. Vir die Germane was die baard so belangrik dat hulle daarby gesweer het.6

In Europa het baardmodes ook sedert die Middeleeue gewissel. Die Middeleeuse man het 'n gladgeskeerde voorkoms verkies, maar wei later, tot ongeveer 1500, baarde van verskillende style gedra. Van die 15de eeu af het vorste soos Hendrik VIII van Engeland met baardmodes die toon aangegee. Hy het begin om 'n geknipte kenbaard en hangsnorretjie te dra.7 Teen ongeveer 1558 is 'n Spaanse moclegier nagevolg: die meeste mans het 'n klein smal baardjie met 'n spits punt gedra. Die spitsbaard het met die tyd so verklein tot net 'n klossie hare op die ken oorgebly het. Teen 1660 het die meeste mans net 'n snor verkies, soos onder andere Jan van Riebeeck, die volksplanter

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

Suid·Afrikaanse Tydskrif vir Kulruurgeskiedenis 1994 8(1)

aan die suidpunt van Afrika.8

Pieter die Grote, die Tsaar van Rustand, het in die vroee 1700 'n besoek aan Europa gebring. Na sy besoek het hy, in 'n poging om die Russe te verwesters, 'n gtadgeskeerde voorkoms deur wetgewlng op sy onderdane afgedwing. Indien 'n persoon nie die nuwe idee van 'n kaalgeskeerde gesig wou aanvaar nie, het hy die gevaar geloop om nie net sy baard te verloor nie, maar ook sy kop ! Pieter die Grote het nie gehuiwer om 'n ongehoorsame onderdaan te laat onthoof nie. Indien 'n persoon sou verkies om sy baard te behou , moes hy baard· belasting van 100 roebels betaa,-9

Van die 19de eeu af het baardmodes gewissel van 'n bakkebaard, 'n bakkebaard met 'n snor of skoongeskeerde ken . Ouer persone het volbaarde verkies, terwyl die baardstyl wat net 'n raam om die gesig gevorm het baie gewild was. Gedurende die Victoriaanse era was 'n skoongeskeerde voorkoms in Europa sowel as Suid·Afrika aan die orde van die dag.'o

Teen 1800 was die Westerse beskawing in Suid·Afrika reeds goed gevestig en het die inwoners van die land ook Europese modes nage­volg. Nuwe Europese modes het eers in die groter dorpe in die Kaap

Figuur 1 S.J. Schoeman, Sameroeper en stigter van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria. TAB/A429.

Folo Foto-album Vereniging van Baardmanne van Pretoria

25

inslag gevind, vanwaar dit met verloop van tyd na die binneland oor­gedra is. Teen die tyd dat 'n Europese modegier in die Kaap posgevat het, was dit reeds 'n jaar of langer nie meer in Europa gewild nie."

Die Voortrekkers wat teen 1936 dieper die binneland ingetrek het, het die heersende modestyle in die Kaap die binneland ingeneem.

Die mense sou egter uit die aard van hulle omstandighede hulle eie tipe kleredrag en algemene voorkoms ontwikke'- Die mans sou veral vir hulle baarde bekend word. Uit beskrywings en afbeeldings van die belangrikste Voortrekkerleiers kan algelei word watter baardstyle onder hulle gewild was.

So het Sarel Cilliers 'n kort baard sonder snor gedra. Kommandant Hans de Lange was 'n groot man met 'n yl blonde baard, wat hom die bynaam Hans Dons besorg het. Andries Hendrik Potgieter het 'n knewelbaard met 'n skoongeskeerde bolip gehad. Gerrit Maritz het oor 'n vaalbruin baard sonder a snor beskik. Piet Uys daarenteen kon met 'n dik en welige baard spog .'2

Die sogenaamde uilbaard, wat rondom 1840 in Europa gewild was, is baie deur die Voortrekkers gedra. Die gesig is skoongeskeer, met die baard wat rondom die kakebeen en in die nek laat groei is. Die baard het dan 'n 'raam' vir die gesig gevorm.' 3 Ander belangrike lei­ersfigure in die geskiedenis van Suid-Afrika wat ook vir hulle bebaarde voorkoms bekend was, was presidente J.P. Hoffman, J.N. Boshoff, FW. Reitz, M.T. Steyn, T.F. Burgers, generaals Piet Cronje, J.H. de la Rey, P.J. Joubert, C.R. de Wet.'s

Teen die einde van die 19de eeu het baarde en bakkebaarde ter wille van 'n gladgeskeerde voorkoms begin verdwyn. Die Afrikaner het egter die Voortrekkertradisie van baarddra tot na die Anglo­Boereoorlog voortgesit. Die baard het 'n diep inslag in die kulturele lewe van die Afrikaner gevind en is ook dikwels as simbool van patriotisme beskou. '6 So het die beetd van die boer ontstaan wat alge· meen deur reisigers beskryf is as die 'Boerentype met 'n baard, opge­klapte breerandhoed, bandelier oor die skuoer en geweer in die hand'.17

Van 1900 af was die gladgeskeerde voorkoms meer gewild. Daar sou van tyd tot tyd met volksfeeste 'n oplewing in die baardkweek­tradisie onder Afrikaners gevind word, omdat die volksverlede by sodanige volksfeeste in die brandpunt gestaan het en die voorouers weer as helde vereer is.'8 Met die 1939-Voortrekkerfees en met die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 is bogenoernde tendens ondervind. Die twee feesgeleenthede het ook geleentheid gebied vir ander tradisies om te herleef, soos die dra van tradisionele Voortrek­kerdrag, sang, toneelspel en historiese voorstellings, wat eie aan Afrikanervolksfeeste was. Dit was ook geleenthede wat landswyd gevier is en wat die Afrikaner aangegryp het.'9

Veral met Geloftefeeste is gepoog om die Afrikaner se sangywer te laat herleef. 'n Geloftefees het die geleentheid gebied om van volk en vaderland te sing. Met die Voortrekkereeufees in 1938 het 'n bui­tengewone sang Ius na yore getree. Van die gewildste liedere wat onder andere gesing is, was Gedenk, Slaap rustig dapper heide, Vir die dJaos van die eeue, Die lied van jong Suid·Afrika en Afrikaners landgenore. Dit was alles liedere wat tot die volksgevoel gespreek het en die waar­dering vir die verlede van die Afrikaner benadruk het.20

By volksfeeste was dit ook die gebruik om deur toneelopvoerings en historiese voorstellings die volksverlede weer te gee. Sodanige opvoerings is daarop gerig om die gehoor aan te gryp en te ontroer.2'

Die Voortrekkerfees van 1938 het latere feeste be'invloed in die sin dat die fees met 'n omvangryke program gevier is. Opelugbyeen­komste is met tradisionele gebruike soos boeresport, die speel van jukskei , die optrede van perdekommando's , vlagseremonies, optogte en historiese voorstellings gekombineer.22 Die dra van tradisionele Voortrekkerdrag en die kweek van baarde is ook deur die fees op die voorgrond gebring. Die baard het veral die teken van verwantskap met mekaar en die voorgeslag beklemtoon. Tradisionele aanspreek­vorme so os oom, tante, neef en niggie was weer gewild.23 Die talle bebaardes van die 1938-fees het die Afrikaanse digter A.D. Keet na die pen laat gryp om 'n gediggie oor die 'harige verskynsel' die lig Ie laat sien:

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

26

DIE BAARDE

Op dees aarde, kyk die baarde Die jonge, die bejaarde, Die penkop, die grysaarde, Die niksnuts, die vermaarde, Die raaspot, die bedaarde, Die helde en lataarde, Die esels en die paarde, Die seuns in sub-standaarde. En selts sy Hoogeerwaarde -

Almal dra net baarde!24

Teen die agtergrond oor baarde en die tradisie daaraan verbonde moet die ontstaan en bydrae van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria van 1949 gesien word.

Stigting van die Vereniging van Baardmanne

Die stigtingsvergadering van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria is op 13 Mei 1949 om 20:00 in die Afrikaanse Koffiehuis, 'n gewilde bymekaarkomplek van die Afrikaners in die Sanlamgebou, Pretoria gehou. Die drieerlei doel van die vergadering was om 'n Vereniging van Baardmanne te stig, om 'n grondwet vir die vereniging op te stel en om 'n bestuur te verkies om die vereniging se toekoms­tige werkverrigting en optredes te koordineer.25

Die grondwet wat op die stigtingsvergadering opgestel is, het bepaal dat die vereniging se naam amptelik Die Vereniging van Baardmanne sal wees; dat 'n register van al/e lede saamgestel word ; om alle baardmanne met mekaar te laat kennis maak; dat die lede van die vereniging as brandwagte sal optree om teen moontlike uit­buiting van die volksgevoel op te tree; om die kweek en dra van tradisionele Voortrekkerbaarde aan te moedig met die oog op die inwyding van die Voortrekkermonument, en om uit die geledere van die baardmanne 'n koor te stig wat by feesgeleenthede in 1949 kon optree.26

Figuur 2 Die Baardmanne in die Afrikaanse Koffiehuis. TABlA429.

South African Journal of Cultural History 19948(1)

Tydens die vergadering is ook 'n bestuur verkies. Die grondwet het bepaal dat die bestuur uit agt lede sou bestaan en dat die lede op 'n jaarvergadering verkies sou word. Indien dit nodig is, kan addisionele bestuurslede ook gekoopteer word. Enige blanke mans­persoon wat die inskrywingsgeld van 5 sjielings betaal het, die doel­stellings van die vereniging onderskryf en die lidmaatskapregister geteken het, kon as bestuurslid verkies word. Die eerste bestuur van die unieke vereniging was mnre. J. Combrinck (President), S.J. Schoeman (Sameroeper en stigter), N. Reinach, I. Scholtemeyer, F. de M. Cel/iers, A.W. Schoeman, H. Potgieter en ds. H.J.F. Kruger.27

Daar kan uit die doelstellings en verkiesing van 'n bestuur afgelei word, dat die vereniging op 'n behoorlike wyse bestuur en geadmini­streer is. Dit was nie net 'n losse sameflansing van 'n aantal voor­nemende baardkwekers nie. Die vereniging wou deur behoorlike beheer 'n daadwerklike bydrae tot die inwydingsfees en die Afrikanerkultuur lewer.

Een van die lede van die bestuur, mnr I. Scholtemeyer, was so begeester deur die ontstaan van die vereniging en die baardkwekery, dat hy met die stigtingsvergadering 'n gedig aan die voornemende baardmanne voorgedra het. Die gedig was bedoel om die manne te begeester en 'n gevoel van patriotisme onder die teenwoordiges te laat posvat. Die volgende strofes is sprekend van bogenoemde :

ONS IS DIE MANNE VAN DIE BOEREBAARD

Naandse boere, naandse weer. Glo my - dis vanaand 'n eer Om met hierdie stoppelbaard Hier by julie - heel bedaard Een en ander voor te dra En om julie tog te vra Om van nou at glad nie meer Jul gesigte skoon te skeer.

Los die Baard, al is hy yl Maak nie saak al is hy styl. Laat hom groei al is hy rooi

Folo Foto-album Vereniging van Baardmanne van Pretoria

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 1994 8(1)

Vir rradiesie is hy mooi Al sou vroutjie ookal se Dar sy dir nie graag wil he Al sou noointjie proresreer Laar hom groei vir hierdie keer.

Die geralle groei at aan Van die manne war wi! sraan Vir rradiesie met 'n baard Vas van moed- maar tog bedaard. Ons is almal een van gees Ons wi! regmaak vir die fees Want die fees van feeste kom­fees van Afrikanerdom.

Komaan manne - wie's daarvoor Kom ons stig 'n mannekoor. Mannekoor- met manne war Singend aan die baard kan vat Kom ons stig 'n mannekoor Van ses·duisend wat laar hoor Oat ons manne ook kan sing Singend ook ons hulde bring. 28

Uit die stigtingsvergadering se notule, opvolgvergaderings se notules en briewe aan lede, kom die belangrike feit na vore dat die vereniging goed beheer is en dat 'n willekeurige baardkwekery nie toegelaat is nie, omdat dit geen doel sou dien nie. Die vereniging het gepoog om die Pretoriase baardmanne op 'n georganiseerde wyse en met definitiewe doelstellings saam te snoer.

Om die hegte eenheid meer prakties te iIIustreer, is besluit om die Boeregewoonte dat elke man met 'n 'kenteken' (baard) sy volksgenoot as 'oom', 'neef' of 'buurman' sou aanspreek. Van aile lede is ook verwag om 'n lojale gesindheid te openbaar, om sodoende tot die geslaagdheid van die vereniging by te dra.29

Die lede van die vereniging kon egter nie na willekeur baarde kweek nie, maar moes aan sekere voorskrifte voldoen. Tradisionele Boerebaarde is aan die voornemende baardkwekers as voorbeelde voorgehou. Die tradisionele baarde wat deur die baardmanne ge­kweek kon word, is in vier tipes Boerebaarde ingedeel, nl. die volbaard soos dlt deur Carolus Trichardt, generaal Piet Joubert en president Steyn gedra is; die puntjiebaard soos dit deur waamemende president Schalk Burger en generaal Burgers gedra is; die uilbaard soos dit deur Paul Kruger gedra is en die halfmondpuntjiebaard soos dit deur Piet Retief, A.D.W. Wolmarans en generaal L. Botha gedra is.30

Spesiale reelings is ook deur die vereniging met 'n bejaarde haarkapper in Pretoria getref om die baardmanne se baarde te ver­sorgo Die haarkapper was goed in die kuns van baardversorging onderle omdat hy bekende Boeregeneraals se baarde versorg het, soos die van generaals Beyers en Kemp. Daar is gevoel dat 'n ver­sorgde baard wat skoon deurgekam en selfs met olie behandel is om glans te verleen, 'n pronkstuk vir die draer kan wees. Die vere­niging was ook van mening dat 'n goed versorgde baard respek en agting afdwing by almal wat met die draer in aanraking kom.3

'

Die belange van die lede van die vereniging is beskerm deur op 'n georganiseerde wyse op te tree en duidelike riglyne neer te Ie. Op die wyse is die lede ook beskerm teen moontlike bespotting, verkleine· ring en uitbuiting ter wille van geldalike gewin. Die lade kon dus met gerustheid die herlewing van 'n boeretradisie van baardkwekery en opregte volksgevoel uitleef. Volgens die vereniging was die 'kenteken' (baard) van die baardmanne geen handelsmerk nie, dit het suiwer om die huldiging van die voorouers tydens die inwydingsfees gegaan.32

Reaksie op die stigting

Die reaksie van die publiek op die stigting van die Vereniging van

27

Baardmanne van Pretoria kan veral uit die berigte en briewe wat in die daaglikse dagblaaie en 'n plaaslike koerant van Pretoria verskyn het, afgelei word.

Op 10 Junie 1949 het die Transvaler berig dat sowat elke vyfde man at met 'n baard kan spog.33 Selfs die Afrikaner Kultuurraad van Pretoria het 'n beroep op werkgewers gedoen om niein die weg van die baardkwekers te staan nie. Die beroep is gedoen as gevolg van 'n persoon wat deur 'n Pretoriase firma ontslaan is.o.mdat hy nie aan die eis van sy werkgewer wou voldoen om sy baarctaf te skear nie.34

Aile werkgewers was nie so entoesiasties oor hulle werknemers se baardkwekery nie. Twee Pretoriase verkeersmanne moes na 'n besluit van die Werkekomitee van die Stadsraad onbetaalde verlof neem om hulle baarde te kweek. By hulle terugkeer, is hulle baarde net soos hulle uniforms elke dag vir netheid gei"nspekteer. Die manne kon ook net die sogenaamde 'Van Dyk'·tipe baard (slegs 'n kenbaard) dra.35

Ook die SA Leer en SA Lugmag het 'n minder positiewe siening van baarde gehad. Volgens hulle regulasies is geen lid toegelaat om 'n baard te dra nie, met die uitsondering van baarde.wat om mediese redes aanbeveel word. In die Vloot was die posisienet omgekeerd, indien 'n persoon wei 'n baard kweek of reeds het, moes toestemming verkry word om dit af te skeer.36

Na die stigting van die Vereniging van Baardmanne het die idee landwyd posgevat. In 'n stadium is gepoog om 'n nasionate organisasie van baardmanne te stig, met 'n federate rood om sodoende eenvormig­heid onder baardkwekers te bewerkstellig. Die idee is laat voor onTede 'n nasionale vereniging te veel onkoste sou meebring. VOlgens die sekretaris van die Vereniging van Baardmanne van Pretoria, mnr E.G. Schoeman, is individuele verenigings in De Aar, Lydenburg, Port Elizabeth, Kimberley, Stellenbosch, Johannesburg en Windhoek gestig.

Die verenigings wat gestig is, het nie net die geesdrif waarmee die gedagte van baarde vir die inwyding van die Voortrekkermonument begroet is, weerspieel nie. In hulle geestesoog het hulle die terrein van die Voortrekkermonument as 'n paradys van baardmanne gesien. AI die verenigings het hulle toegespits op die kweek van tradisionele Boerebaarde en het gekonstateer dat die fees in tradisionele volksdrag bygewoon moes word.37

Die baardkwekery is verder aangemoedig deur 'n kompetisie wat deur dr G.E.N. Ross uitgeskryf is. Hy het gevoe! dat die baardwedstryd ook iets tasbaars vir die volk moes inhou. Enige persoon wat aan die wedstryd wou deelneem. moes 'n inskrywingsvorm invul en inskrywingsgeld van 5 sjielings betaal. Die bedrag wat so ingesamel word, sou oon die Ambulansfonds van die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga geskenk word. Beoordeling sou eers op streekvlak plaasvind, waarna die streekswenners op 16 Desember 1949 beoordeel sou word. Die wenner sou 'n 1rofee ontvang. Die weds1ryd het ook die kweek van baarde volgens Voortrekkertradisie voorgestaan om aan die gedagte van die huldiging van die voorvaders te voldoen.38

Die algemene publiek se reaksie op die baardkwekery in 1949 het nie agterwee gebly nie. Oar die algemeen was die menings wat gehuldig is positief en het soms aan verering gegrens. Die voorstoonders van 'n baard het dit beskou as 'n simbool van ontsag teenoor die Skepper en van gesag oor die vrou. Dit is teen die manlike agtergrond dat die skoonheid van die vrou tot haar reg kom, soos een leser dit gestel het. Van die manne was so gesteld op hulle baarde 'yl of weelderig soos 'n leeumannetjie op sy maanhaar en 'n kodoebul op sy horings'. 'n Leser het per geleentheid laat blyk dat sy baard vir hom meer werd is as die 'stars and stripes' waarvan hy vroeer 'n slaaf was. 39 'n Leser wat onder die skuilnaam 'Swartbaard' aan die Transvaler geskryf het, het gese dat hy glo dat die Voortrekkers 'n streng godsdienstige lewe gelei het, en dat hulle baarde gedra het om God 1e eer en 1e respekteer. Ooreenkomstig die siening het hy op aile mede-Afrikaners 'n beroep gedoen om die baard iets blywends en eie aan die Afrikanervolk 1e maak, ook ter wille van die godsdienstige implikasies doorvan.40

Daar was ook negatiewe reaksie op die baardkwekery. 'n Leser van die Transvaler, mnr G.J. Fourie van Mopani, het geskryf dat mans hulle nie leliker met baarde moet maak om sodeonde die vroulike geslag se skoonheid te laat uitstaan nie. Volgens 'n mev. Van Tonder

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

28 South African Joumal of Cultural His/ory 1994 8(1)

Figuur 3 Die Baardmannekoor. TAB/A429. Folo Foto-album Vereniging van Baardmanne van Pretoria

Figuur 4 Die Baardmannekoor voor die Voortrekkermonument, Desember 1949. TAB/A429.

Ie die Afrikanerman se nasionale trots in hulle harte en nie in hulle baarde nie. Volgens haar is die meeste nasion ale leiers baarddraers, maar party van die 'spoggerige' baarddraers se baarde is die enigste bydrae wat hulle tot die stryd kan lewer."'

Buiten sterk uitsprake deur die publiek het voornemende baard­kwekers ook voor probleme te staan gekom, so os eggenotes en nooi­entjies wat nie met die baarde gediend was nie. Uitsprake wat ook

Foto Foto-album Vereniging van Baardmanne van Pretoria

voorgekom het, was dat 'n man sonder 'n baard '5005 'n eier sonder sout is' of dat 'n man sonder 'n baard 5005 "n tert sonder 'n vulsel is' . 'n Rugbyspeler wat ook 'n geesdriftige baardkweker was, het egter 'n paar pynlike ervarings in die skrum beleef toe sy volbaard as vashouplek gebruik is. 'n Stoeier wat 'n ywerige baardkweker en sport man was, moes dit ook in die stoeikry1 ontgeld omdat sy teenstanders sy baard as vashouplek gebruik het.42 Van die

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

Suid~Aftikaanse Tydskrif vir Ku/tuurgeskiedenis 1994 8(1)

baardkwekers het ook met die probleem van grys strepe in hulle baarde gesukkel. 'n Boer maak 'n plan en haarkleurmiddels is toe ingespan. Die resultate was in party gevalle verstommend, maar het nietemin vir 'n 'nuwe voorkoms' gesorg.43

'n Haarkapper van Pretoria het na talle navrae s6 oor die baardkwekery en sy probleme gereageer: 'vier maande was genoeg om 'n netjiese Franse baard te kweek; indien 'n persoon egter met 'n volbaard wil spog, sou meer tyd nooig wees'. Volgens hom was daar geen haargroeimiddels beskikbaar om die groeiery aan te help nie. Volgens 'n navraag aan hom, sou seHs 'hulpmiddels' uit die hoenderhok nie help nie. Tyd, geduld en goeie versorging was die haarkapper se wyse raad."

Sterk reaksie op die baardkwekery is ook van die publiek ontvang, veral oor die uitsprake wat gemaak is oor waner tipe baard die Voor­trekkers gedra het en hoe dit gelyk het. Hulle het dit veral gehad teen die voorgeskrewe 'bakkebaarde', 'ringbaarde' en 'volbaarde' wat laas­genoemde volgens sketse en albeeldings gedra het. Die vraag wat ontstaan het, was 01 die 'regte' tipe baarde vir die inwydingsfees gekweek word.4S Persone wat oor die Voortrekkers se baarde en voor­koms getwyfel het, is deur lede van die publiek daarop gewys dat die baard slegs 'n simbool, 'n 'kenteken' is, dat dit 'n saak van beginsel en nie van na-apery is nie. Indien mense nie saamstem met die idee van patriotisme en verering van hulle voorouers nie, moes hulle maar hulle baard alskeer en in Sondagpakke in plaas van tradisi­onele Voortrekkerdrag gaan feesvier. Die idee van perdekommanOO's moes dan ook uitgeskakel word, en die Rapportryers moes dan met Harley Davidsons ry!6

Ten spyte van die positiewe, negatiewe en sells humoristiese reaksie uit die publiek se geledere, het niks die geesdriftige baardkwekers van die Vereniging van Baardmanne gestuit nie. Die vereniging het van krag tot krag gegaan, in soverre dat 'n Baard· mannekoor uit hulle geledere saamgestel is.

Die Baardmannekoor en sy optredes

Die baardmanne wou ook die geesdrif vir sang in Afrikaanse geledere aanwakker. Die vereniging wou nie net baarddraers wees nie, maar ook hulle tradisionele volksgevoel uitleef en sodoende die Afrikaner se kultuurerfenis bevorder. Hoewel elke lid 'n baard moes kweek om lidmaatskap te verkry, is gevoel dat die lede ook 'n verdere bydrae tot die inwydingsfees kon lewer deur aan 'n koor te behoort, omdat sang dikwels deur die voorvaders beoefen is. Die gedagte van 'n koor het te midde van al die voorbereidings vir die inwyding van die Voor­trekkermonument ontstaan. 'n Mannekoor is as die aangewese koor beskou. So 'n koor sou egter tot mislukking gedoem wees indien die taak nie met die nodige ywer aangepak word nie.

Daar is bepaalde vereistes vir die koorlede geste!. 'n Register van aile koorlede moes opgestel word; 'n koor van minstens 300-1 000 persone moes saamgestel word; elke persoon wat aanbied om deel te neem, moes onderneem om hom aan die beslissing van die keur­ders te onderwerp; koorlede moes ook gereeld oefeninge bywoon en bereid wees om skorsing te aanvaar indien drie oefeninge agter­eenvolgens nie bygewoon is nie.

Indien die lede bereid was om volgens die voorwaardes deel te neem, sou 'n administratiewe en tegniese komitee gestig word om die verantwoordelikhede van die mannekoor op hulle te neem. 'n Verdere ideaal van die koor was om in seremoniele Voortrekkerdrag op te tree.47

Die Afrikaanse Kultuurraad van Pretoria en die Krugergenootskap het na aanleiding van die stigting van die Baardmannekoor 'n pers· verklaring uitgereik. Die organisasies het die koor se stigting goedgekeur en dit bestempel as 'n koor wat 'n unieke deel van die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner sou wees. Hulle het ook gevoel dat die koor met groot geesdrif gestig is en 'n suiwer Afrikaanse karakter het. Met hierdie grondslag behoort die Baardmannekoor die trots van die betrokke jaar se volksfeeste te wees. Die twee gemelde organisasies het ook gevoel dat 'n goeie invloed en leiding van die koor sou uitgaan om die regte gesindheid en stemming by die volks-

29

feeste deur hulle sang te skep. Die betrokke organisasies het 'n beroep op aile baarddraers in en om Pretoria gOOoen om by die vereniging en koor aan te sluit. '8 O~m Zachie de Beer het ingewillig om as afrigter van die koor op

te tree en T.P. Coetzee as begeleier. Gereelde sangaande en koor­oefeninge is In die Afrikaanse Koffiehuis in Pretoria gehou!9 By die byeenkomste en veral kooroefeninge is ook besluit watter liOOere gesing sou word. Die keuses het meestal op tradisionele Afrikaanse liedere geval, soos: Die Stem; Transvaa/se Volks/ied; Oranje-Vrystaatse Volks­lied; Dierbaar Suid-Afrika; 0 Boereplaas; Die lied van jong Suid-Afrika; Waar Tatelberg begin; Oranje-Blanje-Blou; Psalm 130; Vryheids/ied; Slaap rustig dapper helde; Land, volk en taal; Verlange na die Vader­land; Afrikaners Landgenote; Op-op met de Vierkleur en Mijn Vaderland Suid-Afrika.50 Die keuse van liOOere het getuig van 'n hunkering na die Afrikaner se verlede en 'n trots op sy geskiOOenis.

Die lede van die vereniging en Baardmannekoor is gereeld deur middel van omsendbriewe aangespoor om net hulle beste vir die saak te lewer. Die omsendbriewe het gespreek van die ywer waarmee die vereniging aangepak en die koor algerig is. Volgens 'n omsendbrief van 13 September 1949 is die Baardmannekoor met die volgende woorde besiel en aangespoor: 'Die Baardmannekoor wat ons op die been gebring het om tydens die inwyding van die Voortrekkermonument op te tree, gaan enig in sy soort wees, nie net vanwee die sonder1inge aard daarvan nie, maar omdat dit met voortreflike sang groot invloOO kan uitoefen en hoogsnoodsaaklike leiding sal moet gee om die regIe boeregees, waarin die fees gevier behoort Ie word, te help bewerkstellig. Dit sal 'n taak wees wat die Baarddraers op hulleself sal moet neem om te sorg dal die inwydingsfees nie op iets kleurloos en sonder betekenis vir die Afrikaner onlaard nie, en daarom moet die georga­niseerde baardmannekoor SODS 'n magtige dreuning oor die monument­koppies asook oor die eters. Dit moet beslis 'n Afrikanerfees gemaak word'.S!

Die volgende woorde wat in 'n brief aan die IOOe voorgekom het, getuig veral van die besondere volksgevoel wat in 1949 so deel van die Afrikaner was: 'Die Baardmannekoor sal iets unieks wees in die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner, dit sal suiwer Afrikaans wees uit eie bodem gebore wat die liefde van land en volk sal afdwing, dit sal iets wees wat nog nooit tevore bestaan het nie en waarvoor daar in die volgende duisend jaar nie weer 'n geleentheid voor mag ontstaan nie. Daarom mag u nie haHhartig teenoor die saak staan nie en daarom kan daar ook met reg op u, met u baardjie aanspraak gemaak word om getrou te doen wat u as 'n volksaak onderneem het om te OOen'.52

Die Baardmannekoor het groot byval by die publiek en ander organisasies gevind, met die gevolg dat die koor verskeie uitnodigings vir optredes ontvang het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvere· niginge (FAK.) het ook 'n aandeel in die inwydingsfees van die Voor· trekkermonument om 16 Desember 1949 gehad. Die F .A.K. was met die uitvoering van die feesreelings belas.S3 Die Voortrekkermonument­inwydingskomitee (VIK) het die opdrag aan die F.A.K. gagee om die musieknommers en historiese voorstellings tydens die inwydingsfees te beheer.5<I Die VIK het 'n Programkomitee saamgestel wat vir die samestelling van die program vir die inwyding verantwoordelik was. Die program vir so 'n groot volksfees was van die allergrootste belang, omrede dit die 'siel en gees' van die fees sou bepaal. Die oorheersende gees van die program word soos volg saamgevat: 'Die fees by die monument in Pretoria moet van 'n groot omvang wees en vir aile be­langstellende looe van die publiek toeganklik wees, gekenmerk daardeur dat dit 'n program sal aanbied wat kultureel en tradisioneel aanpas by die Afrikaanse lewensbeskouing,.55

Met die samestelling van die program is gepoog om soveel groepe moontlik met loneel, musiek en volkspele te laat optree. 'n Spesiale komitee van die F.AK het dietalle kore van Pretoria (die Baardman­nekoor ingesluit), Stell en bosch , Bloemfontein en baie ander plekke georganiseer, gekeur en tydens die inwydingsfees laat optree.S6

Die Baardmannekoor het verder in 1949 die voorreg gehad om by verskeie voorfeeste en ander geleenthOOe op Ie tree. Daar was bykomend op 15 Oktober 1949 en 12 November 1949 twee rc:Qo-uitsen­dings van die Baardmannekoor. Na die twee uitsaaigeleenthede het

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).

30

die koor lof van oral in Suid-Afrika ontvang.57 'n Uitnodiging is van die Krugerdagkomitee van Krugersdorp ontvang om op 8 Oktober 1949 tydens 'n feesgeleentheid op te tree. Die Krugergenootskap van Pretoria het die koor versoek om tydens 'n kerkdiens in die Pretoria se stadsaal en by 'n feesgeleentheid op 9 Oktober 1949 in die amfi­teater van die Uniegebou op te tree.

Die Baardmannekoor se kooroefeninge en repetisies het hoofsaak­lik om die amptellke feesprogram by die Voortrekkerrnonument gewen­tel, wat ook die hoogtepunt van al sy optredes sou wees en die eintlike doel van die koor sou verwesenlik. Die koor het volgens die fees program reeds op 12 Desember 1949 die geleentheid gehad om tydens die ontvangs van die Rapportryers in Pretoria-Wes op Ie tree. Die liedere wat die koor by die geleentheid gesing het was Gedenk en Dierbaar Suid-Afrika. Die koor het verder ook op 13 Desember 1949 by die Voortrekkerrnonument aan 'n volksaand deelgeneem waar hulle die volgende liedere gesing het: 0 Boerep/aas; Die lied van jong Suid-Afrika; Vryheidslied; Afrikanerfied; Op-op met die Vierk/eur en Mifn Vader/and SUid-Afrika. Dieselfde aand het die koor met aand­godsdiens verskeie Psalms gesing. Op 15 Desember het die koor ter ondersteuning van die Krugersdorpse Munisipale Musiek- en Toneelvereniging en die Volksteater van Pretoria saam met ander kore aan historiese voorstellings deelgeneem. Die voorstellings het uit die volgende tonele bestaan: Piet Retief na Dingaan; Paul Kruger by Paardekraal; 'n Routoneel; Unie en Hede. Die baardmanne het by die geleentheid nie net 'n bydrae met hulle sang gelewer nie, maar terselfdertyd die tradisionele Boer en perderuiter voorgestel.58

Slot

Die Vereniging van Baardmanne en die daaruitspruitende Baard­mannekoor het dus nie uit die niet ontstaan nie, maar op die tradisie van Boerebaarde en -volksfeeste sy doelstellings geskoei.

Die positiewe reaksie van die publiek op die optrede van die koor met die voorleeste en die Voortrekkermonument-inwydingfees in De­sember 1949 het die sukses van die vereniging en koor beklemtoon. Die vereniging het in die gees van opbloeiende Afrikaner-nasionalisme en -patriotisme en 'n teruggryp na die volksverlede syontstaan gehad. Die gevolg was dat die Vereniging van Baardmanne en Baardmanne­koor na Desember 1949 stil-sti! van die toneel verdwyn het.5

'

Tog kan die unieke vereniging se geskiedenis uit die dokumentasie wat behoue gebly het, vir die nageslag bewaar word. Uit aile moontlike gegewens wat oor die vereniging verkry kon word, kan afgelei word datdie Vereniging van Baardmanne ten spyte van positiewe of nega­tiewe kommentaar, 'n unieke bydrae tot die tradisionele volksfees van die Afrikaner gemaak het.

Verder het hulle 'n besondere volksgevoel en gesindheid met sy lede se voorkoms en koorsang uitgedra. Die vereniging het daarin geslaag om Afrikanertradisie te laat herleef ter wille van die voorvaders wat met die inwyding van die Voortrekkerrnonument op 1 6 Desember 1949 vereer is.

Verwysings

1. Die Burger, 1949.06.24. 2. A. MALAN, Cor baarde en snorre, Lantern, 1966, p.68. 3. M. BATIERBERRY, Fashion the mirror of history (London, 1962), p.24. 4. A. MALAN, Oor baarde en snorre, Lantern, 1966, p.68. 5. M. BATIERBERRY, Fashion the mirror of history (London, 1982). p.58. 6. A. MALAN, Oor baarde en snorre, Lantern, 1988, p.68. 7. A. MALAN, Cor baarde en snorre, Lantern, 1988, p.68. 8. A. MALAN, Cor baarde en snorre, Lantern. 1966, pp.66-69. 9. Die Burger, 1949.06.25. 10. A. MALAN, Cor baarde en snorre, Lantern, 1986, p.68. 11. R. CARSTENS & PW. GROBBELAAR, Voortrekkerfewe: agler die skerms

op die Groot Trek (Johannesburg, 1988), p.64. 12. R. CARSTENS & P.W. GROBBELAAR, Voortrekkerlewe: agter die skerms

op die Groot Trek (Johannesburg, 1986). pp.63-65; pp.67-69. 13. D.H. STRUTI, Clothing fashion in South Africa (Cape Town, 1975), p.217. 14. A. MALAN. Oor baarde en snorre, Lantern, 1988, p.69.

Sooth African Joumaf of Culll.iral History 1994 8(1)

15. T. BARTMANN, En almal dra 'n baard, Tydskrif vir Vofkskunde en Volkstaal, 40, 1984, p.21.

16. T. BARTMANN, En almal dra 'n baard, Tydskrif vir Vo/kskunde en Volkstaa/, 40, 1984, pp.22-23.

17. FA VAN JAA RSVELD, WieenwatisdieAfrikaner?,(Kaapstad, 1981). p.12. 18. FA VAN JAARSVELD, DieOllNr'ikJ<e/ing van dieAfrikaansenasionale bewlJssyn,

1868-1881 (Johannesburg, 1959), p.177. 19. PH KAPP, Ons Volksfooste. in P.W. GROBBELAAR (red.), Die Afrikaner

en sy ku/wur III. (Kaapstad, 1975), pp.222-225. 20. P.H. KAPP. Ons Volksfeesle, in PW. GROBBELAAR (red.). Die Afrikaner

en sy kultuur Ill. (Kaapstad, 1975), pp.79-80. 21. P.H. KAPP. Ons VoIksfeeste, in PW. GROBBELAAR (red.), Die Afrikaner

en sy kulwur If I, (Kaapstad, 1975). p.80. 22. PH KAPP, Ons Volksfooste, in P.W. GROBBELAAR (red.), Die Afrikaner

en sy kufWur III, (Kaapstad. 1975). p.l 08. 23. A.P.J. VAN RENSBURG. Die simboliese ossewatrek van 1938. Historia, 17(1),

1972, p.35. 24. D. MOSTERT, Gedenkboek van die ossewaens op die pad van Sum-Afrika

Eeufees: 1838-1938 (Kaapstad, 1940), p.104. 25. T ransvaalse Argiefbewaarplek (TAB), Pretoria: A429, Argief van die Vereniging

van Baardmanne: Notule stigtingsvergadering. 1949.05.13. 26. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Bylae by notule

stigtingsvergadering, 1949.05.13. 27. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Register en grondwet

van die Vereniging van Baardmanne, 1949.05.13. 28. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Reglsler en grondwel

van die Vereniging van Baardmanne. 1949.05.13. 29. T AB:A429. Argief van die Vereniging van Baardmanne: Notule stlgtings­

vergadering. 1949.05.13. 30. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: NOlUle stiglings·

vergadering, 1949.05.13. 31. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Bylae by nOlule

sligtingsvergadering. 1949.05.13. 32. TAB:A429. Argief van die Vereniging van Baardmanne: NOIUIe stiglings-

vergadering, 1949.05.13. 33. Die Transva/er, 1949.06.10. 34. Die Transva/er, 1949.03.11. 35. Pre/oria News, 1949.09.14; Pretoria News. 1949.09.18. 36. Die Transva/er, 1949.03.15. 37. Die Vader/and, 1949.08.25. 36. Die Transva/er, 1949.08.28. (Die uitslag van die kompetisle kon nieopgespoor

word nle) 39. Die Transva/er, 1949.09.09. 40. Die Transva/er, 1949.09.16. 41. Die Transvaler, 1949.09.20. 42. Die Transvaler, 1949.03.15. 43. Die Transvaler, 1949.09.20. 44. Die Transvaler, 1949.09.09. 45. Die Transvaler. 1949.09.19. 46. Die Transvafer. 1949.09.16. 47. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: NOlUle sligtings­

vergadering, 1949.05.13. 48. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne; Persv&rklaring Afrikaanse

Kultuurraad en Krugergenootskap van Pretoria, 1949.08.31. 49. TAB:A429, Argiefvan die Vereniging van Baardmanne: Brief aan lede van

Vereniging. 1949.08.06. 50. T AB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: (Datum by benadering

September of Oktober 1949). 51 . T AB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Omsendbrief aan lede,

1949.09.13. 52. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Omsendbrief aan lede,

1949.08.06. 53. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Organiseerder en

sekretarls se oorsig van werksaamhede, 1950.03.09. 54. A.F. WE ICH, Federasie vir Afrikaanse Kl.iftlJtll'Vereniginge (F .A.K.) SiNetjtJbiJeum

1929-1954 (Bloemfontein, 1954), p.29. 55. Sentrale Argiefbewaarplek (SAB) Pretoria: A 141, Sentrale Volksmonumente

Komilee, Band I, 19 September 1948- 31 Maart 1952: Sekretarilile oorsig oor werksaamhede Voortrekkermonumentlnwydingskomillle, Desember 1949.

56. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Organiseerder en sekretaris se oorsig van werksaamhede, 1950.03.09.

57. TAB:A429, Argief van die Vereniging van Baardmanne: Omsendbriel aan lede, 1949.10.05.

58. TAB:A429, Argiefvan dieVerenigingvan Baardmanne: Briel en program aan lede, 1949.12.01: M.e. BOmA. Die HlJ/dejaar 1949 (Pretoria, 1949), p.317-321; Die Transvaler, 1949.12.10.

59. T AB:A429, Argiefvan die Vereniging van Baardmanne: Brief aan Slaatsargief. 1950.03.03.

Rep

rodu

ced

by S

abin

et G

atew

ay u

nder

lice

nce

gran

ted

by th

e Pu

blis

her (

date

d 20

09).