Breederivier gazette 27 mei 2014

16
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 27 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212 Vandale verniel ál meer grafte HILDERINE SCHRÖDER Vandalisme in die Robertson-be- graafplaas blyk aan die toeneem te wees. Die prentjie wat besoekers aan dié begraafplaas deesdae begroet – een van talle grafstene wat omgekeer lê en permanente blompotjies wat van grafte afgeruk is – is een wat verskeie naasbestaandes van mense wat hier begrawe lê al hewig ontstel het. Die Gazette het in Oktober verlede jaar berig oor die grootskaalse van- dalisme by die begraafplaas. Sedert- dien, blyk dit, het verskeie meer graf- te onder die hande van vandale deur- geloop. Tanya Joubert van Robertson was onlangs erg ontnugter toe sy die be- graafplaas saam met familie besoek en die stand van sake gesien het. “My skoonsuster en swaer van Dubai was saam met my en was geweldig ont- steld toe hulle die begraafplaas sien.” Wat hulle begroet het was nie net grafstene wat omgeskop is nie, maar kinders wat aan grafstene hang en op hope grond – waarskynlik waar nu- we grafte gegrawe is – gespeel het en drankbottels wat die wêreld vol lê. Die stand van sake by die begraaf- plaas het al meermale onder kritiek deurgeloop. Die Langeberg-munisi- paliteit het by ’n vorige geleentheid gesê die deurlopende vandalisme by die begraafplaas is ’n groot kopseer. Die probleem word onder meer toe- geskryf aan die gereelde diefstal van die draadheining wat om die begraaf- plaas was, soveel so dat die munisi- paliteit doringheinings op die grense van die begraafplaas aangeplant het in ’n poging om verdere diefstal hok te slaan. Dít blyk egter nie ’n afskrik- middel vir die vandale te wees nie. Hoewel die munisipaliteit verant- woordelik is vir die instandhouding van die twee algemene begraafplase en die heldeakker, is families van oorledenes vir die instandhouding van individuele grafte verantwoor- delik. Volgens Joubert is sy teleurgesteld dat plaaslike owerhede nie méér doen om die begraafplaas te beveilig nie. “Dis hartseer. ’n Mens kom elke keer met ’n beklemming om jou hart daar aan en die beskadiging van die grafte maak rou wonde weer oop.” Boonop lei die omgevalle grafstene dikwels tot verdere skade met die massa van dié stene wat daartoe lei dat grafte insak, aldus Joubert. Johan Smit, voorsitter van die Ro- bertson gemeenskapspolisiëringsfo- rum, sê die forum is geweldig bekom- merd oor die situasie. “Die vandalis- me spruit uit dwelm- en drankmisbruik,” meen hy. “Maar ons is ook bekommerd oor elemente van moontlike satanisme.” Smit moedig plaaslike inwoners aan om die polisie onmiddellik in kennis te stel indien hulle enige ver- dagte mense in die begraafplaas op- merk. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoer- der van die Robertson-polisie, sê die polisie is bewus van vandalisme by die betrokke begraafplaas. Sy doen ’n beroep op lede van die gemeenskap om sake aanhangig te maak sou graf- te beskadig word. Vandalisme geniet skynbaar vrye teuels in die Robertson-begraafplaas met ál meer grafstene wat deur vandale omgekeer en gebreek word.

description

Breederivier gazette 27 mei 2014

Transcript of Breederivier gazette 27 mei 2014

Page 1: Breederivier gazette 27 mei 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 27 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

Vandale verniel ál meer grafteHILDERINE SCHRÖDER

Vandalisme in die Robertson-be-graafplaas blyk aan die toeneemte wees.

Die prentjie wat besoekers aan diébegraafplaas deesdae begroet – eenvan talle grafstene wat omgekeer lêen permanente blompotjies wat vangrafte afgeruk is – is een wat verskeienaasbestaandes van mense wat hierbegrawe lê al hewig ontstel het.

DieGazette het in Oktober verledejaar berig oor die grootskaalse van-dalisme by die begraafplaas. Sedert-dien,blykdit,hetverskeiemeergraf-

te onder die hande van vandale deur-geloop.

Tanya Joubert van Robertson wasonlangs erg ontnugter toe sy die be-graafplaas saam met familie besoeken die stand van sake gesien het. “Myskoonsuster en swaer van Dubai wassaam met my en was geweldig ont-steld toehullediebegraafplaassien.”Wat hulle begroet het was nie netgrafstene wat omgeskop is nie, maarkinders wat aan grafstene hang en ophope grond – waarskynlik waar nu-we grafte gegrawe is – gespeel het endrankbottels wat die wêreld vol lê.

Die stand van sake by die begraaf-plaas het al meermale onder kritiek

deurgeloop. Die Langeberg-munisi-paliteit het by ’n vorige geleentheidgesê die deurlopende vandalisme bydie begraafplaas is ’n groot kopseer.Die probleem word onder meer toe-geskryf aan die gereelde diefstal vandiedraadheiningwatomdiebegraaf-plaas was, soveel so dat die munisi-paliteit doringheinings op die grensevan die begraafplaas aangeplant hetin ’n poging om verdere diefstal hokte slaan. Dít blyk egter nie ’n afskrik-middel vir die vandale te wees nie.

Hoewel die munisipaliteit verant-woordelik is vir die instandhoudingvan die twee algemene begraafplaseen die heldeakker, is families van

oorledenes vir die instandhoudingvan individuele grafte verantwoor-delik.

VolgensJoubert issy teleurgestelddat plaaslike owerhede nie méérdoen om die begraafplaas te beveilignie. “Dis hartseer. ’n Mens kom elkekeer met ’n beklemming om jou hartdaar aan en die beskadiging van diegrafte maak rou wonde weer oop.”

Boonop lei die omgevalle grafstenedikwels tot verdere skade met diemassa van dié stene wat daartoe leidat grafte insak, aldus Joubert.

Johan Smit, voorsitter van die Ro-bertson gemeenskapspolisiëringsfo-rum, sê die forum is geweldig bekom-

merd oor die situasie. “Die vandalis-me spruit uit dwelm- endrankmisbruik,” meen hy. “Maarons is ook bekommerd oor elementevan moontlike satanisme.”

Smit moedig plaaslike inwonersaan om die polisie onmiddellik inkennis te stel indien hulle enige ver-dagte mense in die begraafplaas op-merk.

Lt. Cynthia Mngcele, woordvoer-der van die Robertson-polisie, sê diepolisie is bewus van vandalisme bydie betrokke begraafplaas. Sy doen’nberoepopledevandiegemeenskapom sake aanhangig te maak sou graf-te beskadig word.

Vandalisme geniet skynbaar vrye teuels in die Robertson-begraafplaas met ál meer grafstene wat deur vandale omgekeer en gebreek word.

Page 2: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Mei 20142

EERSTE SATERDAG VAN ELKEMAAND

)TeetuinenoggendmarkbyRobert-son Museum. Na-vrae:0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

)TheMontaguAlzheimer’sSupportGroup meets at 15:00 in the bottomlounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

5-8 JUNIE) Wacky Wine Weekend. Besoekwww.wackywineweekend.com virdie volledige lys van aktiwiteite endeelnemende kelders. Vir navrae,skakel 0 023 626 4364.

DONDERDAG 12 JUNIE)OptogopBonnievalevirdiebewus-making ten opsigte van die mishan-deling van senior burgers. Navrae:Jacobus Jansen, 083 658 0438

SATERDAG 14 & SONDAG 15JUNIE

) Veerpyltjietoernooi by die Hoër-skool Langeberg se skoolsaal. Hopepryse isopdiespel. Inskrywings:R20per speler. Navrae: Jonathon Carel-se, 0 073 646 0208.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21JUNIE

)Robertson Logos Christian Schoolhoenderbraai. Na-vrae:0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE) Liewe Heksie en die Rolskaatsemet Margit Meyer-Rodenbeck om18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Na-vrae: [email protected]/082 978 7020.

Wacky Wine waitingIf you haven’tbooked your ac-commodation forthe Wacky WineWeekendyet, youbetter get start-ing! With thou-sands of visitorsexpected at thisexciting week-end, places tostay are gettingfewer by theminute.The Robertson

Wine Valley’smost famous fes-tival, takingplace from 5 to 8June, definitelydoesn’t need anyintroduction.With a host of activities on offer andhundreds of wines to taste, it is ahighlight on the calendar of wineconnoisseurs all over. Having wonthe Klink Award for the Best WineRoute Event - Crowd Pleaser, theWacky Wine Weekend is definitelyan event not to be missed.Apart from the obvious wine tast-

ing activities, festival goers can alsolook forward to a host of shows, in-cluding Ann Jangle, Sarah TheronandArnoCarstensandaKING,agas-

tronomic feast ofanything onecan thingk of,from oysters totapa platters andburgers, andmore thanenough fun stufffor the kids.With so many

wines to taste itcould be easy tolose track of howmuch you’vebeen drinking.Make sure youenjoy your wineresponsibly byfollowing the fol-lowing advice:

) Pace your-self, drinkplenty

of water) Be careful of topping up drinks) Keep track of your wine con-

sumption) Don’t drink on an empty stom-

ach) Don’t drink & drive) Choose a designated driver) Use the spittoonsTo secure accommodation and for

a complete list of activities and par-ticipatingwineries,visitwww.wack-ywineweekend.com

With a host of activities to look forwardto, the Wacky Wine Weekend is the oneevent this year you definitely do not wantto miss! PHOTO: LARESA PERLMAN

Unogwaja cycles for cancerHILDERINE SCHRÖDER

Cycling close to 1 700 kmin 10 days only to reachyour destination andthen run the Comradesmarathon, might be con-sidered insane by most.Yet this isexactlywhat12cyclists takingpart in theUnogwaja Challenge aredoing.

The group, two of whichare doing the challenge toraise funds forPinkDrive, aregistered non-profit or-ganisation focusing on cre-ating awareness about breast, tes-ticular and prostate cancer, ar-rived in Robertson last Thursdayafter their departure from CapeTown.Also benefiting from the Unog-

waja team’s efforts is the BreedeRiver Hospice. The hospice teamgreeted the cyclists in front of thelocal Pick n Pay, sporting the redsocks worn by all Unogwaja cy-

clistsandwhichserveasaremind-er of loved ones; those still alive aswell as those not with them any-more.The Unogwaja Challenge is in-

spiredbythelifeofPhilMasterton-Smith who in 1933 couldn’t affordthe train fare from Cape Town toPietermaritzburg, so he cycled upinstead and finished 10th in therace. He died in World War Two

in 1942. His nickname was“Unogwaja”meaning hareinZuluandhis legacy liveson in the Unogwaja Chal-lenge.The two cyclists doing

thechallengetoraisefundsfor PinkDrive, Blake Dya-son (26) from Cape Townand Rita Manso (42) fromPortugal, have together al-ready raised more thanR140 000 for this organisa-tion, says PinkDrivefounder and director, Noe-lene Kotschan.During theirvisit toRob-

ertson and Ashton, Pink-Drive focused on creating aware-ness about the early detection ofcancer, amongst other teachingwomen to do breast examinationsto check for lumps. This year wasthe first timemenwere also testedfor testicular and prostate cancer.“Early detection saves lives andthis is what PinkDrive wants todrive home to people across thecountry,” Kotschan says.

PinkDrive’s tent selling pink paraphernalia to createawareness about cancer, was an eye-catcher in front ofPick n Pay last week. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

The Unogwaja team re-ceived a warm wel-come after reachingRobertson. PHOTO: ZEL­DA KLOPPERS

The Breede River Hos-pice, also a beneficiaryof the Unogwaja, alsoreceived a visit fromComunity Chest, whichdonated 300 blanketsto the organisation.

Page 3: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 27 Mei 2014 3

Skryf in virbruidkompetisie enwen groot pryseDie eerste inskrywings is in enValleiers het nou die geleentheidom te stem vir hul gunstelingbruid.

AllebruidewatvanafJulie 2013 totAugustus2014getroud iskan inskryfvir die Breederivier Gazette seBruidskompetisie wat in samewer-king met die Robertson Lenteskouaangebied word.Bruide wat in Robertson, Monta-

gu,Ashton,BonnievaleenMcGregorwoon kom in aanmerking vir diekompetisie. Die inskrywingsfooi isR60 per vollengtefoto.’n Wenner word elke maand ge-

kies.Die12 finalistesalop10Oktobertydens ’n galageleentheidbydieLen-teskou teen mekaar te staan kom,waar die algehele wenner gekroonsal word. ’n Naweek vir twee tel on-der die pryse wat vir die Bruid vandie Jaar op die spel is.Verskeie ander pryse is ook op die

spel, waaronder ’n gratis bootreisvan Viljoensdrift, geskenkbewysedeur AP Stipp, Country Styles, Ro-bertson Apteek en Peckers/Bon Ap-petit, ’n vrugtemandjie van LocarnoDroëvrugte, twee bottels Four Cou-sins vonkelwyn en ’n ysbak van VanLoveren, gratis was- en blaassessiesbyCathy&Sarah’sHair, ’nuurlangefotosessie van C Photography en ’nwegbreeknaweekvanRivierzicht-ri-vieroord.Virmeer inligtingoordiekompeti-

sie, bel Annelda Grootboom by dieGazette se kantoor by 023 626 5212.Diegenewat op trou staan kan ook

uitsien na ’n Bruid-ekspo op 9 en 10

Oktober indieAgriEkspo-saalbydieskouterrein. Enigeen wat belangstelom ’n stalletjie te bespreek kan dieskoukantoor tot 12:30 by 023 626 2512bel. Hierdie is ’n gulde geleentheidvir plaaslike ondernemings wat indiéveldspesialiseereneenwatbeslisnie gemis moet word nie.Lesers kan vir hul gunsteling

bruid stem deur die woord “Bruid”en die naam van die bruid na 35405te SMS. SMS’e kos R1,50. Dié maandse wenbruid sal in die volgende Ga-zette bekendgemaak word.

Kay-leigh Buirman (neé Granger) is op 14Desember verlede jaar in Robertson ge-troud.

Eldorette MesadieSwartz (neé Readien),van Robertson, het op22 Februarie vanjaardie knoop deurgehak.

GOUD VIR BON COURAGE: Bon Courage het geskitter by die onlangse Muskadel SA-toekennings met sy 2013 RedMuscadel, wat met ’n goue toekenning vereer is. Altesaam 25 inskrywings is vir dié jaarlikse kompetisie, wat deurEnartisSAgeborgword, ontvang. VolgensHenri Swiegers, voorsitter vanMuskadelSA,wasdie2013-oesjaar ’nbuitengewonedroë oestyd en dit het gelei tot hoë suikerinhoud en ryk rosyntjiegeure in die druiwe, wat gesorg het vir mooi, volwyne met besonderse muskaatgeure. Die inskrywings vir die kompetisie word blind geproe en volgens ’n puntestelselbeoordeel. Die wenwyne kan in winkels uitgeken word aan die Muskadel SA plakker wat op die bottel aangebringword. Op die foto is van die kelders wat toekennings losgeslaan het. Van links is Henri Swiegers (Muskadel SA voorsitter),Willie Burger (Badsberg), Christo Pienaar (Nuy), Charl Myburgh (Nuy), Steven Baard (verkoopsbestuurder van EnartisSA) en Steven Smuts (Bon Courage). FOTO: JULIAN KRUGER FOTOGRAFIE

Inwoners se vrese oor nuweontwikkeling bespreekHILDERINE SCHRÖDER

Inwoners van die area watgrens aan ’n stuk grond in Ro-bertson wat vir ’n behuisings-ontwikkeling geoormerk is,het verlede week die geleent-heid gekry omhul vrese oor diébeplande ontwikkeling te lug.

Die Gazette het onlangs berigdat verskeie omliggende huiseie-naarsgekant is teendiéontwikke-ling wat vir die area tussen Po-lack-, Tienvoet- en Coetzeestraatbeoog word.Verteenwoordigers van die

Graham&RhonaBeckOntwikke-lingstrust, wat agter dié beplandeontwikkeling sit, tesame met ver-teenwoordigers van die Lange-berg-munisipaliteit, enanderver-teenwoordigers betrokke by dieontwikkeling, het verlede Don-derdag (22 Mei) met huiseienaarsvergader om antwoorde te ver-skaf opvandie vraewathullemaghê.Onder die kwessies wat veral ’n

groot bronvankommervir omlig-gende huiseienaars is, is die im-pakwatdiebeoogdeontwikkelingop die huidige rioolkapasiteit,

wat reeds onder druk is, sal hê.Kommer bestaan ook oor die han-tering van stormwater wat ookreeds ’n probleem is, veral tydensswaar reënneerslae.In reaksie hierop het Izak van

der Westhuizen van die Lange-berg-munisipaliteit gesê deten-siedamme op die perseel van diebeoogde ontwikkeling sal allestormwater opvang. Diéwater saldan geleidelik in die huidigestormwaterstelsel vrygelaatword. ’n Groter rioolpypleidingword ook reeds beplan omdie gro-ter vraag na kapasiteit te akkom-modeer sou die ontwikkeling diegroen lig kry. Dié pypleiding salgrootliks deur die ontwikkelaarbefonds word. Sou die ontwikke-ling voortgaan sal die pypleidingvoor die ontwikkeling begin opge-gradeer word. “Die las sal nie opdie belastingbetaler wees nie. Dieontwikkelaar betaal hiervoor om-dat dit sý ontwikkeling is wat diedruk op die stelsel verhoog,” hetVan der Westhuizen gesê.Huiseienaars het ook hul be-

kommernis oor sosiale kwessies,waaronder drank- en dwelmmis-bruik, wat met die ontwikkelingkan gepaardgaan geopper. In re-

aksie hierop het ’n werknemer byGraham Beck, wat ook die verga-dering bygewoon het, Danny Je-lander, gesê maatskaplike kwes-sies is nie tot plase en plaaswer-kers beperk nie, maar is ’nalgemene probleem. “Ons het ge-reelde opvoedingsessies met ’nmaatskaplike werker by GrahamBeckwaarwerkersverskeievaar-dighede aangeleer word soos on-der meer die bestuur van hul eiefinansies. Dié mense wat huise indie ontwikkeling kry sal deeglikbewus wees van hul verantwoor-delikheid,” het Jelander gesê.Sowat 155 word vir die ontwik-

keling beplan. Werknemers watoutomaties in aanmerking komvir huise moet minstens 30 jaardiens by Graham Beck hê. Anderkandidate word op ’n glyskaal opgrond van hul dienstydperk ge-keurominaanmerking tekomvirhuise. Die minimumdienstyd-perk om vir keuring in aanmer-king te kom is 10 jaar.Tydensdievergadering is inwo-

ners opnuut daarop gewys dathulle enige besware ten opsigtevan die beoogde ontwikkelingskriftelik by die munisipaliteitkan indien.

Page 4: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 27 Mei 20144

Rietvallei Wynlandgoed-bestuurder saak uitgestelHILDERINE SCHRÖDER

Die saak teen vier mans, waaron-der die bestuurder van die Riet-vallei Wynlandgoed, WilhelmTreurnicht, is verlede Woensdag(21 Mei) na Junie uitgestel sonderdat enige van die beskuldigdes indie hof verskyn het.

Dít volg nadat landdroste, inslui-tend die voorsittende beampte in diésaak, glo kursusverpligtinge eldersgehad het en die saak nie soos beplankon voortgaan nie.

Treurnicht, die enigste oorbly-wende beskuldigde in die opspraak-wekkende Flippie Engelbrecht-saak,staan in ’n onverwante saak saammet Jakobus Swart (35), Fanie Beuk-man (38) en Daniël van der Merwe(40) tereg op twee aanklagte van aan-randing met die opset om ernstig tebeseer.

Die viertal het in April vanjaar virdieeerstekeeropdiéaanklagte indieAshton-landdroshof verskyn.

Hulle word daarvan beskuldig dathulle twee werkers van Rietvallei,Willem September (38) en Koos Min-naar (40), op 21 Augustus 2009 met ’n

skokstok vir beeste bygedam het.Die voorsittende beampte, Fran-

cois van Deventer, se kursusverplig-tinge het die hof genoop om die saakin die beskuldigdes se afwesigheidna 11 Junie uit te stel, het die aan-klaer, Hilton van Wyk, aan dieGazette gesê.

Reëlings in dié verband is reedsvooraf met die mans se regsverteen-woordiger getref.

Intussen wag die hof steeds op ’nbevinding van die direkteur vanopenbare vervolging, wat ondermeersalbepaal inwatterhofdiesaakverhoor gaan word.

In die ander saak teen Treurnicht,waarin hy teregstaan op aanklag vanaanranding met die opset om ernstigte beseer, sal hy in Augustus weer indie Worcester-streekhof verskyn.

Hy word daarvan aangekla dat hyFlippie Engelbrecht (19) in Januarie2008 onder meer met die vuis byge-dam het en sy kop teen ’n wyntenkgekap het.

Engelbrecht en sy ouers beweerdié aanval het hom blind gelaat endat hy sedertdien epileptiese aanval-le kry. Treurnicht het onskuldig opdié aanklag gepleit.

Wilhelm Treurnicht en een van sy medebeskuldigdes ná ’n vorige verskyning in die Ashton-landdroshof. Die saak teen die vierbeskuldigdes is verlede week tot aanstaande maand uitgestel. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Page 5: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 27 Mei 2014 5

Noakes brings his diet to RobertsonHILDERINE SCHRÖDER

About a year ago the Western Cape Depart-ment of Health’s Langeberg subdistrictstarted a mammoth mission: to get around10 000 chronically ill patients in the areaoff their medication.

A very big part of succeeding in this missionis toconvince thesepatients to followahealthydiet, one that avoids all sugar and cuts out car-bohydrates as much as possible; very muchlike that advocated by the well-known sportsscientist Prof Tim Noakes. And who better toteach locals about this diet than Noaks him-self.

Noakes’ high-fat, low-carb diet might havecreated more than a stir among professionals,but judging by the number of people who at-tended the recent talk he hosted in Robertson,many locals are interested in his theories.

His advice to steer clear from carbohydratesis a complete turnabout from that in his bookThe Lore of Running published in 1986. “I amnot ashamed to admit I was wrong,” Noakesremarked with a wry smile.

According to Noakes people diagnosed withtype 2 diabetes who continue eating carbohy-drates are at risk of developing serious healthissues, which may include heart disease.

Noakes turned to his new diet after develop-ing type 2 diabetes himself. Since he startedfollowing the high-fat, low-carb diet his healthhas improved dramatically, he said.

Instead of following a very specific eatingplan, he simply removed a number of foodsfrom his diet. These include sugar, rice, pasta,bread, potatoes and breakfast cereals.

“Most dieticians would agree that none ofthese foods are essential for health and somelikesugarandotherrefinedcarbohydratesaredefinitely unhealthy. Humans cannot digest

wheat. Furthermore, wheat is the cause ofmany other health problems,” Noakes said.

His return to Robertson to advise people ontheir health, Noakes said, is ironic since helived in this very town in 1981 as part of a studyto do exactly the same thing. Robertson’s resi-dents didn’t do very well in this study, he add-ed with a laugh.

Noakesalsospokeaboutmedicalprofession-als who have for many years been advising pa-tients to follow a low fat diet. This advice, hestated, is misguided to a large extent.

“There isnoevidence thatahigh-fatdietwillraise your cholesterol and thereby cause heartdisease.”

Noakes is also very outspoken about choles-

terol-lowering drugs and claims that althoughthey prolong life, they do not cure or preventheart disease.

“The pharmaceutical industry is not thereto cure people, but to make money.”

Noakes advised people to restrict their foodchoices to eggs, fish (which is an excellentsource of omega 3 fatty acids), meats, dairyproducts (all full cream), vegetables, nuts,fruits (only those with a lower carbohydratecontent like berries and apples) and water.

Most of all, people have to learn how to takechargeof theirhungerinsteadofalwaystryingto satisfy it. “If you are not careful you willdie from what you put in your mouth,” hewarned.

While speaking on the secret to a healthy diet, well-known sports scientist Tim Noakes also took sometime to chat to a few locals attending the talk. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 6: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette Letters - Briewe Dinsdag 27 Mei 20146

Voorvaders draaiin hul grafte omDie doodvan ’n geliefde is altyd ’n pynlike erva-ring en om langs ’n oop graf te staan gaan metgroot hartseer gepaard. Vir die familielede isdie graf van iemandwathulle aandiedoodafge-staan het daarom ’n plek wat hulle dikwels asgewyd beskou. Dit is ’n plek wat hulle besoekas die verlange groot is.Dat vandale grafte teiken as die prooi vanhul

afskuwelike dade is amper ondenkbaar. Nikskan hierdie kriminele optrede goedpraat nie.Om die graf van die geliefde van iemand watjy nie eens ken nie onherkenbaar te verniel,grens aanbarbaarsheid enkan slegs toegeskryfword aan die morele verval van ons gemeen-skap.As kind is ons grootgemaak om respek te hê

viranderseeiendomenwas’nbegraafplaasver-al met groot ontsag bejeën. Om oor ’n graf teloop was taboe, wat nog te sê van grafte beska-dig. Wat het in ons samelewing gebeur dat dítverander het?Dat die opvoeding, of eerder die gebrek daar-

aan, van kinders en jongmense ietsmet dié ver-val te doenhet, kannie betwyfelwordnie. Voeghierby ’n totale gebrek aan dissipline en jy het’n wenresep vir wetteloosheid. Die belangrik-heid dat respek vir joumedemens en sy of haareiendom opnuut op ’n groot skaal onderstreepmoet word deur ouers, kerke en skole was nognooit duideliker nie.Diegemeenskapkanegternievandieowerhe-

de verwag omalleen pa te staan vir die begraaf-plaas se probleme nie. Dit het tyd geword omjou oë oop te hou en in stede daarvan om wegte kyk sake soos dié by die polisie aan te meld.Slegs dán sal kriminele vasgevat kan word.

Ook ’n ander kant aan uithaal van bomeOok ’n ander kant aan uithaal van bomeEkwil net graag reageer opKobusVos se brief“Vallei word vernietig – keer dit” (Gazette, 15April).Kobus is baie duidelik nie ingelig oor wat

langs die Breederivier aan die gang is nie.Daar is op 26 Februarie vanjaar ’n openbare

inligtingsvrystelling deur die “Central Bree-deRiverWaterUsersAssociation”gedoenoordie Breederivier-oewer indringerverwyde-ringsprojek waarin daar breedvoerig beskryfword wat die hele projek behels. As iemanddusmeer ingeligwilweeskanhulleLouisBru-wer se kantoor skakel vir ’n afskrif van hier-die dokument of hulle kan selfs vir my ’n af-skrif per e-mail aanvra by [email protected] wil ook graag verder reageer deur te sê

dat ons voorgeslagte ongelukkig toegelaat hetdat ons vallei en veral ons riviere met uit-heemse indringerplante soos bloekoms enwattels besmet word.Al is dit dekades al deel van ons vallei, moet

ons die verantwoordelikheid neem en die ak-sies uitvoer omdie indringers uit te roei sodatdie natuurlike inheemse plante en bomeweerhervestig kan word om ons vallei te versieren vir ons nageslag na te laat.As Kobus wil sien hoe die Breederivier se

walle in sy natuurlike staat lyk, moet hy die

Bontebok Nasionale Park by Swellendamgaan besoek en daar langs die Breederiviergaan stap want dit is soos dit moet lyk. Daarhoor jy ook die visarend roep en word jou sielverkwik deur die natuurlike rustigheid vandie inheemse plantegroei en bome langs dierivier. Daar is ook roofvoëls, slange en anderroofdiere wat probleemdiere onder beheerhou en insekte wat bestuiwing doen.Ek, en baie ander wat miskien beter ingelig

is as Kobus oor hierdie saak, kan nie saam-stem dat die uitheemse bome ’n belangrikeekologiese rol speel nie. Die teenoorgesteldeis baie nader aan die waarheid, naamlik datnatuurlike inheemse bome soos ons eie Bree-derivier Geelhout, Podocarpus elongatus, weldaardie rol vertolk.As ons dus nie iets aan die saak doen nie

gaan ons nageslagte die vinger na ons wysmaar gelukkig is daar nou aksies wat dit pro-beer verhoed en die nalatigheid van ons voor-geslagteprobeeromkeer.Kobusmoetmiskiendie staanplek vir sy byekorwe na inheemsefynbos toe verskuif sodat hy ook sy deel kandoen om bestuiwing daar te doen en steeds sybye kan behou sodat hulle nie vernietig salwordnie en steeds gebruik kanword omvrug-te en groente te bestuif.

PIET VAN ZYL, Robertson

POTMAKERS WOEKER VIR TEHUISE: Die Dros se onlangse potjiekoskompetisie was ’n reusesukses met altesaam 12 potmakers wat om die potte gewoekerhet om as potmaker van die dag aangewys te word. Die potjiekos en geld wat met die kompetisie ingesamel is, is aan plaaslike tehuise vir senior burgersgeskenk. Op die foto is (van links) Gert Vosloo (eienaar van die plaaslike Dros), Poppie Bosman, Pieter Venter (Huis le Roux), Lulama Nentsa (JosephMatwa Old Age Home) en Carel Meiring. FOTO: ZELDA KLOPPERS

RubriekRubriek

Dra die merk van hoop in jou hartDievrouregoormygesels lustigvoort; ver-telmyopgewondevanhaargrootwordjare.Ek luister beleef na haar maar my oog

vang die dik, swart merk op haar linker-duim se nael. ’n Bewys dat sy haar demo-kratiese reg uitgeoefenhet deur haar krui-sie te gaan trek op verkiesingsdag. ’n Te-ken dat sy hoop haar stem sal nuwe hoopbring vir baie moedeloses en beter tye virdie toekoms.Vir ander is ditweer ’n bewysvan ’n lekker afdag van die werk en ’n kui-ertjie rondom die braaivleisvuur.Van 7 Mei af loop miljoene mense met

hierdie teken ...gemerkte mens.Dit laat my dink aan die skrifgedeelte in

die Bybel wat praat van die merk van diedier. Daardiemerk gaandiemens se toege-wydheid aan sy geloof in Jesus Christustot in sy fondamente beproef. Vir die swak-kes van geloof en van hart, gaan die merk’n tydelike uitkoms wees, maar onver-

skrokke geloofshelde sal nie twee keer daar-na kyk en só hul ewige heerlikheid verruilnie.Ons gaan vir baie lank met hierdie ge-

merkteduimeloop. Ekweet niehoekomnie, maarek het alopgelet datsommigemensehierdiemerk met trots dra, terwyl dit weer lyk asofander dit wil wegsteek. Is hulle miskienbang dat hulle gekonfronteer word metmoeilike vrae oor hul politieke sienings?Donker naelpolitoer help vroue so bietjie,

maar die mans lyk asof hulle almal hul dui-

me in een of ander deur vasgeslaan het. Hoedit ook al sy, diegene met die gemerkteduime het hul punt gemaak. Of hul stemswaar genoeg was om die politieke skaal in

hul rigting te laat swaai of nie,dis gedoen.Ten minste verklaar dit een

gemeenskaplike ding oor al-malmet diemerk van die rege-ring en dít is dat almal wathierdie merk dra, hoop het.Dis ’n voldonge feit: as jy nie

meer hoop het nie kan jymaarbegrawe word.Vandag kry mens baie

mense wat net eenvoudig hoop opgee. Of diepolitieke party waarvoor jy gestem het ge-wenhet of nie, komonshoop dat diewenpar-ty die integriteit sal hê ombyhulmooi belof-tes van ’n beter toekoms vir almal in onsmooi land te bly.

) Ek hoop dat daardie verkiesingsplakkate sovinnig verwyder gaan word as wat dit opge-hang is.

) ’n Ernstige suurpruim aan ons Robertsoninwoners sowel as die Langeberg-munisipali-teit. Dit is skokkend hoe vuil ons woonbuurte(Môreson, Droëheuwel, Nkqubela ens.) is. Ro-bertson bestaan nie net uit die middedorp nie.Daar is ’n ernstige tekort aanwerk enonsmen-se kry swaar. Stel mense aan om die strateskoon te hou en die slaggate reg te maak. Sitgeld op die gemors wat rondlê en kyk net hoeskoonsalonsstratenieweesnie.Hou’nkompe-tisie vir die skoonste straat of woonbuurt. Ekkan nie glo dat ons een van die skoonste dorpewas nie. Wat het van daardie geld geword watons dorp gewen het?

) ’n Suurpruim aan alle padgebruikers watnie ’nsnarsomgeevirpadreëlsnie.Onskuldigelewens word deur julle arrogansie in gevaargestel!

Page 7: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 27 Mei 2014 7

Bome-droombewaarheidToe ’n tuinman vanBonnievale verledejaar vir sy werkge-wers vertel het vansy droom om bomeinsystraatinHappyValley buite diédorp te sien pryk,het hy waarskynliknie gedink diédroom sou ooit be-waarheid word nie.

Simon Moloi het al by verskeie geleenthedevir sy werkgewers, Niki en Attie Louw, vertelhoe graaghydie straatwaarinhywoonsomooisoosverskeievandié inBonnievalewil laat lyk.DiédroomhetNiki só geïnspireerdat sybesluithet om ’n plan te maak om hom te help.

Methaarverjaardagverledejaarhetsy’npar-tytjie met ’n verskil gehou: ’n hoedeparty waargaste versoek is om iets te bring om Simon seHanepootstraat mooi te maak. Dít het gelei totbydraes van blomsaad, geldelike donasies enselfs steggies. Hierna is die Langeberg-munisi-paliteit genader om toestemming te verkry om’naantalbomelangs’nheiningbydierugbyveldinHappyValleyteplant.Diéproseswaseffe tyd-saam en teen die tyd wat toestemming verkryis, het die seisoen gedraai.

Simon se droom het egter nie vergete geblynie en toe die werksdruk van die somerseisoenonlangs ten einde loop en die ergste hitte watbegin afneem, is 17 boompies by ’n kwekery indiePaarl aangekoopmetdie geldwat tydensNi-ki se verjaardag verlede jaar ingesamel is.

Diebomeisonlangsmetdiehulpvanverskeiejongmense in Happy Valley geplant. ’n Sken-kingvankomposhetversekerdiegrondwaarinhulle moet wortelskiet is gesond.

IntussenhetSimonbyalsyburegaanaanklopen elk versoek om eienaarskap van ’n boom teneemenookomdieareaskoontehou.’nJaarlik-se kompetisie gaan gehou word om die bes ver-sorgde boom aan te wys.

Hanepootstraat in Happy Valley buite Bonnievalespog nou met ’n ry bome danksy die droom van ’ninwoner van dié straat watmet die hulp van Bonnieva-lers bewaarheid is.

Page 8: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette Advertisement - Advertensie Dinsdag 27 Mei 20148

Page 9: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazettePeople - MenseDinsdag 27 Mei 2014 9

Jeanette Bosman hasbeen living in Robert-son for three years.

) What makes theLangeberg special toyou?

Friendly people,beautiful countrysideand lots of fresh air!

) What would youlike to change in theLangeberg?

I would like to seepeople in the five towns interacting and work-ing together more. This would make us a morecohesive region for tourism too.

) If you did not live in the Langeberg, wherewould you live?

I can’t think of a better place to be!) What sort of work do you do and why do

you enjoy it?I work in the tourism industry, mainly in

training and development. I have a passion forteaching and sharing our beautiful region andprovince with visitors.

)Whichthreepeoplewouldyouliketoinvitefor dinner (past or present) and why?

Mygrandmother.Wewereveryclose,butshedied when I was a teenager. I would love to beable to talk to her now. Nelson Mandela. I nevergot to meet him so would love the opportunitynow, and Helen Zille. I would really like to findout where she gets her energy from!

)Whatisthebestadviceyouhaveevergivenor received?

Fiverulestobehappy:1.Freeyourheartfromhatred 2. Free your mind from worries 3. Livesimply 4. Give more 5. Expect less.

Jeanette Bosman

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Juffrou tree afANNELDA GROOT-BOOM

’n Entoesiastiese, toege-wyde en gedissiplineer-de onderwyseres wat so-veel belê het in die leer-ders, het die merk vanboeke en klasgee vaar-wel toegeroep.

Rachel Anne Bailey(62), ’n gebore en getoëRobertsonner, het na 41jaar in die onderwys-diens die tuig neergelê. Bailey het in 1971 methaar laer onderwysstudies aan Zonnebloemkollege in Kaapstad begin. Hierna het sy haarhoër onderwysdiploma deur afstandsonderrigaan die destydse Kuilsrivier Onderwyskollegeverwerf. In1973beginsyonderwysgeebyHasieJonkheer Skool op die plaas Klaasvoogds buiteRobertson. Daarna het sy in 1976 begin skool-houbydieLaerskoolDagbreek,waarsy totmethaar aftrede gewerk het.

VolgensBaileyhetsydieuitkomsgebaseerdeonderwys baie geniet, want sy was vir 18 jaarbetrokke en verantwoordelik vir die kindersmet spesiale behoeftes. In dié tyd het sy huisbe-soeke ná skool gedoen om ouers meer te leeroorkindersseomstandighede.Sywasbaiesuk-sesvol in haar werk omdat sy daaraan geglo hetom kinders aan die hand te vat.

Deur die spesiale klas wat sy aangebied het,het sy ook agtergekom dat sy kreatief aangelêis en kon sy ook hiér haar talent as kunsonder-wyseres uitleef. Kinders is ook geleer oor entre-preneurskap, om eendag hul eie besighede tekonbestuur.Metdieveranderingvandiekurri-kulum in die onderwys was sy baie buigsaamen het sy die beste gemaak van haar taak asonderwyseres.

Haar boodskap vir jong onderwysers is omvoorbereid skool toe te kom omdat onderwy-sers ’n atmosfeer in die klas skep, en om altydpositief te wees. “Probeer die kind se omstan-dighede verstaan, dan sal jy die kind beter kanbenader.”

Vir leerders is haar raad om uit te styg bohulomstandighede.“Moenievaskykinjousitu-asie en omstandighede nie. Al gaan dit moeilikin die huishouding, weet net jy kan ’n verskilmaak deur jou uithouvermoë.”

Vir nou gaan Bailey net haarself geniet. Sywil ook die Here dank dat Hy haar krag en wys-heid gegee het in haar beroep en ook die ouersvir die vertroue wat hul in haar gehad het.

Rachel Anne Bailey

Page 10: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Mei 201410

EENSTOP NAALDWERKBESTEMMING: As jy lief is virnaaldwerk is The Fabric Place nét die plek om tebesoek. Hiér sal jy ’n groot verskeidenheid soorteen kleure materiaal kry asook ’n wye verskeidenheidander naaldwerkbenodighede vir brei- en hekelwerk.Nog ’n diens wat hiér gelewer word is die diens enherstel van enige fabrikaat naaimasjien.

JOU KLEREKAS SEMAAT: Soek jy iets nuut vir jou klere-kas? La D Da boutique spesialiseer in bekende reekseformele en informele drag sowel as bykomstighedesoos serpe, juweliersware en vele meer. Hiér is styl,eksklusiwiteit en gehalte aan die orde van die dag.Bekende reekse sluit in So Good Candy handsakkeen beursies, Little Black Dress en G-Couture Prittily,Revenge en Purple Daizy om net ’n paar te noem.

JOU DEUR NA DIE LANGEBERG: Robertson Toerismeisdeel vandie groot familie hier bydieVoortrekkersen-trum. Hiér heers eenheid onder die ondernemingsen is vriendelikheid en warmte aan die orde van diedag. Te danke aan Lettie Van Zyl (middel, bestuurder),Johan Cookson en Aphiwe Kwinana is Robertson endie Langeberg-area goed bekend onder besoekersen toeriste en word die streek op ’n deurlopendebasis bemark. Hierdie span bly goed ingelig met akti-witeite en gebeurtenisse in die area en verleen uitste-kende hulp aan groot gebeure soos die Absa CapeEpic. Robertson Toerisme dien ook as agent vir be-sprekings vir busdienste soos Trans Lux, Interkaapen City to City. Paspoorte vir dieWackyWineWeekendwat op 5 Junie afskop is ook hier te koop.

BUST BAD HAIR DAYS AT GLAMORIZE: Glamorize Hair& Beauty is a popular destination for men and womenalike. The salon now also specialises in GHD andKerashape Technology. Glamorize stocks productsfrom the best ranges such as Goldwell and Matrix.Feel at home with the friendly staff and leave full ofconfidence with your look. The professional team isKrisna Kleinhans (back), Annonicia Claassen, AniskaRegester and Aneen Philander.

NUWE VERE: Die Robertson Wynvallei het die ope-ning van sy spoggerige nuwe gebouop16April gevier.Die gebou sal voortaan die tuistewees vanRobertsonWynvallei en sy 54 lede. Die instansie is met regtrots op die talle toekennings wat hy al losgeslaanhet. Hieronder tel ’n Klink-toekenning vir die bestewynroetegeleentheid (Wacky Wine Weekend) en ’ntoekenning van die Kaapse Wynland Distriksmunisi-paliteit vir die toerismeonderneming van die jaar.Met die dinamiese span by Robertson Wynvallei isdié toekennings geen verrassing nie.

KUNDIGE RAAD: VinPro se konsultasiediens-afdelingin Robertson lewer wingerdboukundige advies aanwynprodusente en kelders in die Robertson- en KleinKaroo-distrikte. Dit sluit leiding van wingerdvestigingtot optimale rypheid en effektiewe wingerdpraktyke vir’n spesifieke wyndoelwit in. Op foto is (van links) Hen-nie Visser, Marie Louise Janse van Rensburg en Johan-nes Mellet.

JOU PLAASLIKE BE-SPROEIINGSKEN-NER: Robertson Be-sproeiing is al jarelank ’n bekende indie landboubedryfsowel as onderplaaslike onderne-mings en spesiali-

seer in ’n wye veld van besproeiingsdienste. Toerien duToit is die trotse eienaar van Robertson Besproeiing.Die onderneming se dienste sluit onder meer die op-meet, beplan, ontwerp en lewering van besproeiingsver-wante toerusting in. Du Toit het sy ondervinding opge-doen by MBB Raadgewende Ingenieurs (14,4 jaar) enWM Spilhaus (waar hy langer as drie jaar die bestuurderwas). Dié ondervinding wend hy alreeds vir 13 jaar suk-sesvol en totaal onafhanklik in die BAR-vallei aan. Hyskryf sy sukses toe aandrie basiese beginselswat gevolgword: Jy moet bereid wees om hard te werk; jy doenten alle tye eerlike besigheid; en jymoet verantwoordelikmet geld kan omgaan.

GIVE YOUR SKIN A WINTER TREAT: At Locarno in theVoortrekker Centre staff always strive for efficient andfriendly service.Receive a 50 ml Aloe Ferox mask freewith every purchase of a mature moisturiser.

Page 11: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 27 Mei 2014 11

WIK EN WEEG: Jy kan slegssuksesvolle leefstylveran-deringsmaakmet die regteinligting en gereelde moni-tering. Die hoë definisie-skaal inWynland Apteek sekliniek kan tot 300 kg han-teer en gee ook die persoonse liggaamsmassa-indeks.Begin jou eerste stap na ’ngesonder lewe vandag nog!Hier wys sr. Gretha Mc Cal-laghan (links) vir Mayvo-reen Isaacs hoe die skaalwerk.

Eseltjies kan tevrede rusHILDERINE SCHRÖDER

As die vaaljasse van Eseltjies-rus kon praat, het hulle waar-skynlikbehoorlikgespogbyan-der vierpotiges van die streekná die afgelope naweek se jaar-likse boekkermis ten bate vandié organisasie se langore.

Mense het van heinde en verregestroom na die boekkermis opMcGregor en weinig het met neteen boek teruggekeer huis toe.Met verkope wat op die eerste

dag van die kermis reeds die eer-stedag-verkopevandievorige jaargeëwenaar het en kinderboekewat reeds opdiédag so te sêuitver-koopwas, was dit gou duidelik datdié fees vanjaar alle verwagtingegaan oortref. En alle aanduidingsis daar dat dit wel die geval gaanwees.Dit is nog nie duidelik hoeveel

geld by vanjaar se kermis ingesa-mel is nie, sê Annemarie van Zijl,maar dit wil voorkom of die in-komstevanverlede jaarbeslisoor-trefgaanword.“Onshetbesoekersvan heinde en verre gehad,” sêVanZijl. “Selfs van so ver asKaap-stad en Swellendam.”Dieopkomsopdiederdedagvan

die kermis, wanneer die oorbly-wende boeke teen halfprys aange-bied word, was ook uitstekend, al-dus van Zijl.Dit was nie net die boekkermis

wat groot getalle besoekers gelokhet nie. Eseltjiesrus sélf het ook ’nrekordgetal besoekers – die mees-te ooit – ontvangmet sy restaurantwat ook sy besigste dag ooit beleefhet.Die geldwat tydens die boekker-

mis ingesamel word sal aange-wendword vir oorhoofse onkostesby Eseltjiesrus, sowel as uitreik-aksies.

Eseltjiesrus se jaarlikse boekkermis het oudergewoontegroot getalle besoekers gelok. Metmeer as 10 000 boe-ke waaruit besoekers kon kies, het dit maar moeilikgegaan om met net een boek by die deure uit te stap.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDEROud en jonk, groot en klein; daar was iets vir elke boekwurm.

Page 12: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Mei 201412

Watter een is die lekkerste potjie op die vuur?Daar is seker gemaak die kole isperfek, potte is met valkoë dopge-hou en dít wat in elke pot gegaanhet was heel dikwels ’n digbe-waarde geheim.

Vir die 12 spannewat onlangs aan-getree het vir die Dros se potjiekos-kompetisie was dié dag se verrigtin-ge ’n ernstige saak, dít alles met ’nknippie vriendskaplikewedyweringen ’n goeie skeut plesierigheid.Die vure, wat sommer vroegdag al

hoog gebrand het, het die yswindjieverdryf en terwyl die mededingersmekaar se potte beloer het, is daarook heerlik saam gekuier by dié ge-leentheid waar die hele gesin ’n biet-jiekwaliteit tydsaamkondeurbring.

Die talentvolle plaaslike groep, TheMoaningYesterdays,hetmethulmu-siek gesorg dat daar geen saai oom-blik gedurende die kompetisie wasnie.Deelnemerssepotstasiesisophigi-

ene, veiligheid en voorkoms beoor-deel terwyl smaak natuurlik ook ’nbelangrike rol gespeel het.’n Stewige bedrag is deur lootjie-

verkope en veiling, wat deur dieplaaslike afslaer Johan Stemmet be-hartig is, ingesamel.Dié geld is saammet die potjiekos aan plaaslike seni-or burgers geskenk.DieDros bedank al die deelnemers

wat van ver gekom het, sowel asplaaslike inwoners wat bygedra hettot die sukses van die dag.

Die Dros se onlangse potjiekos was nét die plek waar gesinne en vriende gesellig saamkon kuier. Met goeie musiek, taai kompetisie onder die potmakers en heerlike samesynwat die geleentheid gekenmerk het, gaan daar sommer nog lank oor dié dag geselsword. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

Page 13: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 27 Mei 2014 13

Hope talent in B’valeHILDERINESCHRÖDER

In Bonnievale seHappy Valley lêdaar ’n goed ver-skuilde diamant-veld; ’n borrelen-de fontein van ta-lent waarvanminmense bewus is.Dié wat dit wel te-ekom,kannieuit-gepraat raakdaaroor nie.

Met die lys dra-matoekenningsvan studente aandie Akademie virLeierskap en Krea-tiwiteit wat ál lan-ger rek en kunswerke wat hul weg na oorseseversamelaars vind, is dit duidelik: dié jong-klomp is vinnig besig om vir hul dorp naamte maak.

Die akademie is sowat twee jaar gelede opdie been gebring; aanvanklik om leerders wathul skoolloopbaan opgegee het en op die ver-keerde pad beland het positief te probeer beïn-vloed, maar deesdae is die fokus op voorko-ming, sê Petro McDonald (uitvoerende direk-teur van die akademie) en word leerders vandie Bonnievale Primêre Skool elke dag op ’nkreatiewe wyse besig gehou.

Na gelang van hul belangstelling word leer-ders se talent in óf kuns óf drama geslyp. Diepositiewe effek van dié kursusse is dramaties,aldus McDonald. “Jy kan nie glo hoe kreatiefdié kinders is nie. Jy kan toor met hulle,” sêMcDonald oor die studente by die akademie.

Die akademie is destyds op aanbeveling vandie departemente van justisie en maatskaplikeontwikkeling sowel as die plaaslike polisie opdie been gebring en geniet ook die steun vandie Langeberg-munisipaliteit. Deur die muni-sipaliteit word die akademie ook deur die de-partement van kuns en kultuur gesteun.

Sedert dit op die been gebring is gaan dieakademie van krag tot krag en het studentehiér al op verskeie gebiede hul merk gemaak.Onder die rits prestasies tel vier toekenningsby die Suidoosterfees vroeër vanjaar (naas-wenner as die beste gemeenskapsdramagroepby die fees, beste regisseur, beste ondersteu-nende aktrise en beste ondersteunende ak-teur), sowel as drie nominasies by die Baxter-teater se Zabalaza-dramafees. Die akademiehet ook die trofee vir die mees toegewyde engedissiplineerde dramagroep by dié fees ont-

vang, terwyl huldrama,Alibi, as diemees populêre ver-toning van die na-week aangewys is.

Die visuele kuns-studente het ooknie laat slap lê nie.Hulle het op spesia-le uitnodiging bytwee uitsoek-kuns-uitstallings hul bui-ging gemaak: dieStellenbosch Out-door SculptureTrust se jaarlangeopeluguitstalling,sowel as die Moga-lakwena Craft ArtGallery in Kaap-stad se uitstalling.Hiér is een van die

akademie se studente se kunswerke vir R3 500opgeraap.

“Daar is baie onontdekte potensiaal in Bon-nievale, dit moet net ontgin word,” sê McDo-nald. “Met dié studente se prestasies wil onsvir die kinders en hul ouers wys waartoe hullein staat is. Ons wil by ouers ’n bewustheidkweek dat hulle kinders ook iets kan bereik.”

Met die studente wat ál meer begin naammaak, hoop McDonald om van Happy Valley’n toerismebestemming te maak en só ’n posi-tiewe impak op die ekonomie van dié gemeen-skap te bewerkstellig. “Dit gaan alles oor ge-meenskapsbemagtiging en opheffing; om virmense te wys ons kán en dat niemand op onskan trap nie.”

Die Akademie vir Leierskap en Kreatiwiteit in Happy Valley,Bonnievale, se drama Alibi, was die naaswenner in die kate-gorie vir gemeenskapsdrama by die Suidoosterfees.

Die akademie se dramagroep is ook hoë lof by die Baxter-teater se Zabalaza-dramafees toegeswaai.

Beeldende kunste-studente het maande lank gewerkaan hul beeld wat by die Stellenbosch Outdoor Sculp-ture Trust se jaarlange opeluguitstalling te sien is.

Dié studente se kunswerke sal tot einde Julie by die Mogalakwena Craft Art Gallery in Kaapstad te sienwees.

Page 14: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 27 Mei 201414

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

TITUS KATRIENA(Aunt Ous)Geb.17/05/1950Gest.23/05/2014Die Roudiens vind plaasDonderdag, 29 Mei 2014om 7nm in die RoomsKatolieke saal. Die begraf-nis vind plaas Saterdag,31 Mei 2014 by die huis inDagbreekstraat 36 om11vm en 12nm in dieRooms katolieke Kerk.

ALGEMEEN

1055

MILITêRE Veteraan ver-gadering vind plaasWoensdag, 28 Mei 2014om 7nm by VergesigPrimêre skool. Kontakper-soon F. Windvogel073 589 1117.

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

SAKE

DIENSTE

2420

EDT Labour Consultant.Qualified attorney, canassist with all labour rela-ted issues. Contact Elseriat 072 714 2679 [email protected]

LOANS. ConsolidationsR1 000 to R120 000,5 minutes approval.Same day pay-out.Fiona 082 422 2271.

BETREKKINGS

3600

DEELTYDS/TYDELIK

3720

DANKBETUIGINGS1020

DIENSTE2420

Page 15: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 27 Mei 2014 15

NUWE VLOERE VIR SKOOL: Warmbron Preprimêr buiteMontagu se vloere lyk deesdae pragtig danksy ’n sken-king van teëls deur ’n Johannesburgse onderneming.Die skenking volg nadat Charles Davids (links), ’nwerknemerbyPolyflor, namensdie skoolmet diemaat-skappy onderhandel het. Dié maatskappy het alle ma-teriaal kosteloos voorsien, terwyl Davids met ’n spanwerkers die teëlwerk van alle vloeroppervlaktes vandie skool teen ’n minimale koste gedoen het. MetDavids is Dinah Pekeur, hoof van die skool.

NETBAL: Dié leerders van Laerskool Robertsonis opgeneem is die o. 13 Langeberg-netbal-span. Agter (van links) is Lynn Marthinus,Anine van Deventer, Linry Johnson enMaronique Eksteen. Voor is Celeste Maree,Michelle Burger en Theolin Hess.

UITGEVAT! Die 41leerders vandie Laer-skool Montagu hetsommer spoggeriggelyk tydens hul on-langse sporttoer naRiebeeck-Kasteel.Dít danksy plaaslikeinstansies wat dieo. 12- en o. 13-net-bal- en rugbyspannese klere en sportsak-ke geborg het. Dieleerders het die toerterdeë geniet en al-mal het met betervaardighede terug-gekeer. Die skool be-dank die volgendeborge wat die ge-leentheid moontlikgemaak het: Quari-ga-grondverskui-wing, Dunlop, SupaQuick, Swann’s-bus-dienste, Nuwedrift-boerdery, PotgieterBroers, dr. Z Nel ensuster Bruwer, asookLocarno. Op die fo-to’s is die o. 12- eno. 13-netbalspanneen die o. 13 A-rug-byspan.

Page 16: Breederivier gazette 27 mei 2014

Breederivier

Year 18 • 27 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

ROBERTSON BO! Die span van Robertson Social Netball het die afgelopenaweek koning gekraai in sy kragmeting teen Swellendam A toe hy diéop laasgenoemde tuisveld met 21-15 geklop het in ’n baie taai wedstryd.

KARATE: Dié Goju Kai-karatestudente is almal ná ’n onlangse byeenkoms op Worcester in die Noord-Boland-span opgeneem. Met dié prestasie het hulle deurgedring na die Boland-proewe wat binnekort plaasvind.

TENNIS: Die Robertson-tennisklub se gemengde eerste span het rede om breëbors te loop náhy onlangs die Bronn-trofee verower het. Agter (van links) is Hendrik Groblaar, Soekie Louw, JacquesImmelman, Iza Kriel en Gerald Jooste. Voor is Getha Kloppers, Michelle Bruwer, Mari Kloppersen Anneline Gericke. Inlas: Riaan Mouton en Johan Myburgh en Marina Loubser. Rossouw Bruwerwas afwesig met die neem van die foto.