Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van...

28
Beter Gars, Beter Bier Ouditkontrolelys The South African Breweries

Transcript of Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van...

Page 1: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

1

Beter Gars, Beter BierOuditkontrolelys

The South African Breweries

Page 2: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

SAB verbind tot volhoubare ontwikkeling

Tien Prioriteite, Een Toekoms:

• Vervaardiging van meer bier met minder water

• Ontmoediging van onverantwoordelike drinkgewoontes

• Verkleining van energie- en koolstofvoetspoor

• Vermindering van verpakking se gewig, die herbenutting

van bottels en aanmoediging van herwinning

• Om te werk in die rigting van bedrywighede met geen

uitskot

• Bou van verskaffingskettings wat die maatskappy se

waardes en ondernemings weerspieël

• Om tot voordeel van gemeenskappe op te tree

• Om by te dra tot die afname van MIV/Vigs

• Respektering van menseregte

• Deursigtigheid in verslagdoening van die maatskappy se

vordering

Page 3: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

1 1

Beter Gars, Beter Bier: Ouditkontrolelys

Ouditkontrolelys

Hierdie ouditkontrolelys is gemik op die aanmoediging van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry-wighede aan die SAB se Beter Gars, Beter Bier-kriteria te meet. Die SAB het in vennootskap met die WWF-SA ’n raamwerk ontwikkel om garsboere te ondersteun sodat hulle ’n dieper begrip van die waarde van volhou-bare landboupraktyke kan kry.

Gegewe die uitdagings rondom klimaatsverandering, waterrisiko’s en die bedreiging vir biodiversiteit, word inisiatiewe in talle bedrywe ontwikkel om volhoubare landbou te bevorder. Hierdie drievoudige minimumver-eiste-benadering het ten doel om die herstel van grond te bevorder en risiko’s soos vloede te verminder. “Beter Gars,Beter Bier” is bedoel as ’n gebruiksvriendelike riglyn vir die verhoging van die ekonomiese waarde van die plaas, die beskerming van die omgewingsin-tegriteit van die grond en om volhoubare maatskaplik-ekonomiese toestande te verseker. Hierdie kontrolelys moet saam met die hoof-verwysingsdokument gepub-liseer deur die SAB en die WWF, Beter Gars, Beter Bier: bevordering van volhoubare landbou in Suid-Afrika, gebruik word.

Hierdie inisiatief is ’n verfyning en aanpassing van die WWF se Living Farms vir toepassing in Suid-Afrikaanse garsverbouingstoestande. Elk van die drie Beginsels – ekonomies, maatskaplik en omgewingsbewaring – word deur ’n stel kriteria en aanwysers ondersteun, wat as dit toegepas word, saam die doelwit van goeie plaasbestuur sal verifieer. Daar word gehoop dat hi-erdie stel voorwaardes – of verifieerders (in die vorm van vrae) – mettertyd ’n volhoubare landboubedryf tot gevolg sal hê.

Die kontrolelys of ouditstelsel is ontwerp om ’n boer in staat te stel om die huidige prestasie van ’n spesifieke garsplaas teen die aanwysers te meet. Die kontrolelys is in die vorm van vrae, wat ’n boer help om te bepaal of hy/sy op daardie vraag ja of nee kan antwoord. As die vraag nie op die boer se spesifieke bedryf van to-epassing is nie, is die derde opsie “nie van toepassing”. Die uitslag van ’n voltooide kontrolelys stel ’n boer in staat om sy/haar sterk en swak punte uit te lig en ’n aksieplan op te stel om enige ooglopende tekort-

kominge reg te stel. Die aanwyser is die hoofmaatstaf van prestasie, en die mate waarin die boer aan die aanwyser voldoen, kan bepaal word deur die antwoord op die vraag – of verifieerder.

Die kontrolelys is van toepassing op besproeiingsge-biede sowel as droëlande. Vanweë die beduidende ver-skille tussen die twee gebiede, maak die kontrolelys voorsiening daarvoor dat die boer sekere verifieerders kan oorslaan as dit nie op sy/haar boerderygebied van toepassing is nie. Dit is veral die geval wat betref die teenwoordigheid/afwesigheid van vleilande en of die gewas op droëland of onder besproeiing is.

Die Living Farms-verwysingsgids het ook alle wet-gewing in ag geneem wat verband hou met boere se doelwit van ’n finansieel stabiele, maatskaplik aanvaar-bare en biologies produktiewe plaas waar risiko beperk en die natuurlike hulpbronne waarvan hul boerdery afhanklik is, beskerm word. Dieselfde benadering is gevolg met die pasmaking van die Verwysingsgids vir die Beter Gars, Beter Bier-inisiatief.

Wetlike Vereistes

Voldoening aan nasionale, provinsiale en plaaslike wet-gewing is ’n minimum vereiste vir die bereiking van ’n finansieel stabiele, maatskaplik aanvaarbare en bi-ologies produktiewe plaas wat die risiko vir die natu-urlike omgewing minimaliseer. Die Beter Gars, Beter Bier-inisiatief neem dus alle relevante Suid-Afrikaanse wetgewing wat garsboere kan raak, in ag.

Strukturering van die Verwysingsgids

Die raamwerk is rondom beginsels en kriteria gestruk-tureer. Ná elke beginsel en sy ondersteunende kriteria is ’n aanwyser wat ’n essensiële aspek van ’n kriterium vorm en gebruik kan word om aan te dui of aan die kriterium voldoen word.

Om die betekenis van die beginsels, kriteria, aanwysers en verifieerders konseptueel te begryp, is die volgende definisies uit die internasionale literatuur aangepas.

’n Beginsel: ’n Fundamentele waarheid of wet as die basis van beredenering of optrede.

Page 4: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

2

Beginsels voorsien die primêre raamwerk vir volhou-bare plaasbestuur en omvat konvensionele wysheid. ’n Voorbeeld van ’n beginsel sou wees: Natuurlike bates word bewaar, ekosisteemdienste en ekologiese pros-esse word onderhou en landbou- en biodiversiteits-bronne word volhoubaar gebruik.

’n Kriterium: ’n Beginsel of standaard waarteen iets beoordeel word.

Kriteria is “tweede-ordebeginsels” wat betekenis to-evoeg tot ’n beginsel sonder om self ’n regstreekse prestasiemaatstaf te wees. Kriteria is die intermediêre punte waar die inligting wat deur aanwysers verskaf word, geïntegreer kan word en waar ’n assessering kristaliseer. ’n Voorbeeld van ’n kritierium, met die gebruik van die voorbeeld van ’n beginsel hierbo, sou wees: Biodiversiteitsbates en bedreigde ekosisteme word bewaar.

’n Aanwyser: Enige veranderlike of komponent van die boerderyonderneming wat gebruik word om die status van ’n spesifieke kriterium af te lei.

Aanwysers moet ’n enkele betekenisvolle boodskap oordra. ’n Voorbeeld van ’n aanwyser, met die krite-rium hierbo, sou wees: Bedreigde en beskermde spe-sies, soos in wetgewing aangedui, word beskerm.

’n Verifieerder: Data of inligting wat die hoedanigheid van ’n aanwyser versterk, of die assessering daarvan vergemaklik.

Verifieerders of riglyne gee spesifieke detail wat ’n wenslike toestand van ’n aanwyser aandui of refle-kteer. Dit voeg betekenis, presiesheid en dikwels plek-spesifisiteit tot ’n aanwyser toe. Dit kan ook ’n prestasiedrumpel of teiken definieer. Voorbeelde van verifieerders, met die gebruik van die aanwyser hierbo, sou wees:

• Beskermde boomspesies op die plaas soos jaarliks gelys ingevolge die vereistes van die Nasionale Bos-bouwet, Wet 84 van 1998, bly beskermd.

• Nasionaal bedreigde of beskermde spesies op die plaas, soos geïdentifiseer ingevolge die Nasionale Omgewings- en Biodiversiteitswet, bly beskermd.

Ná elke aanwyser volg teks wat inligting verskaf wat gebruik is om verifieerders of standaarde eie aan gar-splase te ontwikkel. ’n Aanwyser soos die voorkoming van veld- en bosbrande sal byvoorbeeld soos volg lui:

Voorbeeld: Aanwyser 3.3.6: Veld- en bosbrande word voorkom.

Om dit vir ’n grondeienaar moontlik te maak om te verifieer en seker te maak dat dit gebeur, is ’n oudit-kontrolelys opgestel met gebruik van die beste bestu-ursprakyke of wetlike vereistes soos beskryf in die teks van die hoofdokument. Die ouditkontrolelys word aangebied in die vorm van vrae waarop ’n boer JA, NEE of NIE VAN TOEPASSING kan antwoord.

Implementering

Hierdie riglyn is bedoel as ’n raamwerk waarvol-gens garsboere vrywillig die volhoubaarheid van hul boerderypraktyke sistematies kan verbeter. Daar is geen verpligte afdelings nie en geen eksterne oudit word in die vooruitsig gestel nie. Die denkwyse is om plaaslike boere te bemagtig om internasionale land-boutendense te verstaan en te antisipeer terwyl hulle terselfdertyd hul ekonomiese, omgewings- en maats-kaplike bates uitbou.

Die SAB en die WWF beoog om met boere saam te werk in ’n proses van onderlinge bereidheid om te leer en te verbeter. Hierdie kontrolelys is nie in beton gegiet nie en sal ná ’n tydperk gewysig word om wat prakties en haalbaar is, te weerspieël. Daar word voorgestel dat die self-ouditeringstelsel deur die boere bedryf word en almal by die uitslae en wat geleer is, betrek word. Dit sal die grondslag bied vir ’n wedersyds voordelige en volhoubare garsbedryf in Suid-Afrika.

Page 5: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

3 2

Beter Gars, Beter BierEkonomiese Beginsel

Page 6: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

4

B K A V EKONOMIESE BEGINSEL VOLDOENING

1 Ekonomies lewensvatbare plaasproduksie word

gehandhaaf of verbeter

1.1 Die agronomiese, vee-, veld- en voerbronne en die

meganisasiepraktyk van die plaas is geïntegreer met die

klimaat, grondtipes, water en topografie om die optimum

en volgehoue ekonomiese produksie vir die boer te

handhaaf.

1.1.1 ’n Skriftelike grondgebruikplan (GGP) bestaan wat

volhoubare plaasproduksie bevorder. Ja Nee Nvt

1.1.1.1 Is daar ’n grondgebruiksplan beskikbaar vir die

boerdery? (bv. kaart, enige ondersteunende

dokumentasie, ens.)

1.1.1.2 Is grondtipes beskryf of gekarteer volgens gronddiepte,

erosiegraad en organiese materiaalinhoud, of in

voldoende detail beskryf om besluitneming oor

plaasbestuur toe te laat?

1.1.1.3 Is daar natuurlike plantegroei op die plaas; is dit

gekarteer of beskryf?

1.1.1.4 Is die waterbronne (bv. damme, riviere, strome,

boorgate, vleilande) gekarteer of beskryf?

1.1.1.5 Meet die produsent die reënval en temperatuur op die

plaas?

1.1.1.6 Is daar reënval- en temperatuurrekords beskikbaar?

1.1.1.7 Is daar rekords/kaarte van die gebiede van koring, gars,

lusern of enige ander gewasse (aartappels, hawermout,

mielies, katoen, pekanbome, grondboontjies, ander)?

1.1.1.8 Indien toepaslik, is daar genoeg grondvogmeters,

elk met ’n eie reënmeter om inligting te verskaf oor

besproeiingskedulering?

1.1.1.9 Indien toepaslik, het die produsent rekords oor

besproeiingskedulering?

1.1.1.10 Is alle infrastruktuur op die kaart/GGP aangedui/

geïdentifiseer (paaie, gruisgate, laagwaterbrûe, brûe,

afvalstortingsterreine, skure, werkwinkels, behuising)?

1.1.1.11 As weidingsboerdery toegepas word, is weikampe op die

kaart kaart/GGP aangedui?

1.1.1.12 Is afstande na silo’s bekend (pad of spoor of albei)?

Page 7: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

5 4

1.1.2 Winsgewendheid of lewensvatbaarheid van boerdery

word op ’n jaarlikse grondslag beplan. Ja Nee Nvt

1.2.1.1 Is daar ’n jaarlikse finansiële beplanning (FB) met

doelwitte en operasionele planne?

1.2.1.2 Dui die FB die vlak van kapitaalbesteding vir die jaar

aan?

1.2.1.3 Voorspel die FB verkope van die verskeie gewasse en/of

vir nuwe gewasse?

1.2.1.4 Word ’n proforma-inkomstestaat gebruik om die

verwagte winsvlakke te voorspel?

1.2.1.5 Dui die FB die waarskynlike vlak van bates aan die einde

van elke beplanningsperiode aan wat gebruik kan word

vir ’n beraming van die plaas se finansieringsvereistes?

1.2.1.6 Identifiseer die FB die verhouding van intern

gegenereerde fondse, indien nodig, watter bedrag

ekstern gewerf moet word?

1.2.1.7 Neem die FB die uitwerking van seisoenale

produksiekapitaal in ag, soos vir kunsmis, onkruiddoders,

saad en ander?

1.2.1.8 Word die uitwerking van natuurrampe bv. droogte, hael,

oorstromings, koue, plae en siektes in die FB weerspieël?

1.2.1.9 Voorsien die FB vir aanpassings in insetkoste in die lig

van die plaas se voortgesette finansiële prestasie?

1.2.1.10 Is daar beheermaatreëls in die FB om die effektiewe

bestuur van die FB te verseker?

1.1.3 Produksiepotensiaal van die grond word behou of

verhoog. Ja Nee Nvt

1.1.3.1 Word kamprekords gehou waarop aantal hektare grond

en opbrengs van alle gewasse aangeteken word?

1.1.3.2 Word rekord gehou van die soort, spoed en

gereeldheid van die toediening van kunsmis en ander

groeistimulante?

1.1.3.3 Word die gebruik van die soort, spoed en gereeldheid

van kunsmistoediening oor ’n tydperk in verhouding tot

gewasopbrengs gemeet?

1.1.3.4 Word rekord gehou van die soort, spoed en gereeldheid

van die toediening van chemikalieë?

1.1.3.5 Word die effektiwiteit van chemikalieë aangeteken?

Page 8: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

6

1.1.4 Betaling vir ekosisteemdienste word toegepas, waar

moontlik deur ’n biodiversiteitbestuursooreenkoms.

IN HIERDIE STADIUM NIE VAN TOEPASSING NIE

1.1.5 Die effek van klimaatverandering op huidige gewasse

word erken en boere implementeer aanpassingstrategieë,

of beplan om dit te doen, om hul kwesbaarheid vir

klimaatverandering te verminder Ja Nee Nvt

1.1.5.1 Is daar doeltreffende watergebruik op die plaas –

• verbeterde besproeiingsmetodes

• gebruik van reënwatertenks?

1.1.5.2 Is oorweging geskenk aan droogtebestande kultivars of

om oor te skakel na droogtebestande gewasse?

1.1.5.3 Word die minimalisering van braakgrond waar moontlik

in belang van erosievoorkoming en grondwaterverlies

oorweeg?

1.1.6 Die behoefte aan klimaatsverandering-aanpasbaarheid

en energiedoeltreffendheid word besef en waar moontlik

toegepas.

Verhoging van energiedoeltreffendheid Ja Nee Nvt

1.1.6.1 Is energiebesparingsmaatreëls ingestel? (kyk ook na

3.3.5)

1.1.6.2 Is ou elektriese motors vervang met nuwe generasie-

hoëdoeltreffendheid motors?

1.1.6.3 Is die gebruik van alternatiewe energiebronne soos

die son (deur sonenergie en fotovoltaïese selle) of

biogasaanlegte om hitte en elektrisiteit op te wek

ondersoek of geïmplementeer?

1.1.6.4 Is energiegebruik al bereken en die resultaat aangeteken

voor die toepassing van energiebesparende maatreëls?

1.1.6.5 Word gereelde metings gedoen om die uitwerking van

verskillende energiebesparende toepassings te bepaal?

Handige gidse vir energiedoeltreffendheid sluit in:

• www.eskomdsm.co.za

• www.eskomdsm.co.za/?g-Agriculturalsavingstips

• www.climatefruitandwine.co.za

• www.energysavingstrust.uk

• www.carbontrust.co.uk/energy/startsaving

Page 9: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

7 6

1.1.7 Vermindering in die vrylating van kweekhuisgas

(KHG)Ja Nee Nvt

1.1.7.1 Is die huidige vrylating van kweekhuisgas

(koolstofdioksied, metaan en stikstofoksied)

vasgestel voor die ondersoek of implementering van

kostedoeltreffende maniere om hierdie vrylatings

mettertyd te

Vir voorbeelde, kyk na:

• www.cap.org.za

• www.climatefruitandwine.co.za

• www.farmingfutures.org.uk

• www.calm.cla.org.uk

Produsente kan ’n ter plaatse KHG-oudit vir die plaas

oorweeg.

1.1.7.2

Moontlike aksies wat kan lei tot KHG-vermindering is:

Word doeltreffendheid van stikstofkunsmis geoptimaliseer

deur korrekte tydsberekening en hoeveelhede toe te dien,

bv. deur presisieboerdery?

1.1.7.3 Word lusern (of ander peulgewasse) afgewissel met

koring/gars/mielies as ’n gewas wat stikstof vestig?

1.1.7.4 Kan dele met natuurlike plantegroei of houtagtige

gewasse (pekanneute) gevestig word om CO2 te

absorbeer?

1.1.7.5 Word minimum bewerking waar moontlik toegepas

(minimum bewerking verhoog grondkoolstof en verlaag

CO2-vrylating)?

1.1.7.6 Word oesreste op die land gelaat om gronderosie te

bekamp en organiese materiaal op te bou?

Page 10: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

8

Beter Gars, Beter BierMaatskaplike Beginsel

Page 11: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

9 8

B K A V MAATSKAPLIKE BEGINSEL

2 Werknemers en die plaaslike gemeenskap se regte en welsyn word erken en bevorder, produkhigiënepraktyke is in plek en wreedheid teenoor diere van grondeienaars- en werknemers kom nie voor nie.

2.1 Die reg tot billike arbeidspraktyke word gehandhaaf.

2.1.1 Werkgewers kan bewustheid van en voldoening aan die relevante voorwaardes vir billike arbeidspraktyktoestande bewys (Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, en Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet 75 van l999. Kyk na www.labour.gov.za vir alle relevante wetgewing, veral Basic Guides en Find Info by Type.)

Ja Nee Nvt

2.1.1.1 Het elke werknemer skriftelike besonderhede van indiensneming ontvang, insluitend –

• die regulering van werktyd (Hoofstuk 2 van die WBDV);

• verlof (Hoofstuk 3 van die WBDV); • die besonderhede van indiensneming en vergoeding

(Hoofstuk 4 van die WBDV); en • diensbeëindiging (Hoofstuk 5 van die WBDV)

2.1.1.2 Is die produsent bewus van die verbod op indiensneming en gedwonge arbeid vervat in die WBDV (Hoofstuk 6)?

2.1.1.3 Is die produsent in besit van die jongste Sektorale Bepaling van minimum lone vir plaaswerkers?

2.1.1.4 Is daar ’n afskrif van die Kode vir Goeie Praktyk oor die Reëling van Werktyd (RK R1440 in SK 19453 van 13 November 1998) op die plaas, wat die werkgewer en werknemer voorsien van inligting en riglyne oor die reëling van werktyd en die impak van werktyd op die werker se gesondheid, veiligheid en gesinsverantwoordelikhede?

2.1.1.5 Is daar ’n afskrif van die Kode vir Goeie Praktyk vir die Beskerming van Werknemers tydens Swangerskap en na Geboorte van ’n Kind (RK R1411 in SK 19453 van 13 November 1998) wat werkgewers en werknemers inlig oor die toepas van Artikel 26(1) van die WBDV wat werkgewers verbied om van swanger of borsvoedende vroue te verwag om werk te verrig wat gevaarlik is vir die gesondheid van die vrou of die kind?

2.1.1.6 Is daar ’n kopie van die Algemene Administratiewe Regulasies (RK R1438 in SK 19453 van 13 November 1998 – gewysig by RK R936 in SK 23610 van 25 Julie 2002) op die plaas wat die werkgewer en werknemer inlig oor bepalings van die WBDV?

Page 12: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

10

2.1.2 Werkgewers kan bewys lewer dat bydraes betaal is aan die Werkloosheidversekeringsfonds.

Ja Nee Nvt

2.1.2.1 Is daar dokumentêre bewys dat maandelikse bydraes aan die Werkloosheidsversekeringsfonds oorbetaal word soos vereis kragtens Artikel 6(1)(a) of soos voorgeskryf in SK 17976 RK 860 Regulasie 8301 van 2 September 2005?

2.1.3 Werkgewers is bewus van die vereistes vir die vergoeding vir ongeskiktheid of dood voortspruitend uit beroepsaktiwiteit. (Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, Wet 130 of 1993). Ja Nee Nvt

2.1.3.1 Is die produsent by die Vergoedingskommissaris geregistreer (Artikel 80 van die Wet)?

2.1.3.2 Het die produsent ’n register (bygehou vir die afgelope vier jaar) van alle werknemers t.o.v. lone, tyd gewerk, ens. ooreenkomstig Artikel 81 van die Wet?

2.1.3.3 Het die boer ’n jaarlikse opgawe waarin hy sy inkomste verklaar aan die kommissaris gestuur? (Artikel 82 van die Wet)?

2.1.3.4 As enige werknemer ongeskik geraak het of dood is a.g.v. ’n beroepsaktiwiteit, het die boer die voorgeskrewe prosedure (Artikels 38 – 44 van die wet) gevolg?

2.2 ’n Werkomgewing wat veilig en risikovry is vir die gesondheid van werknemers word voorsien en onderhou.

2.2.1 Werkgewers kan bewys lewer van bewustheid en voldoening aan die toepaslike voorwaardes vir mense se gesondheid en veiligheid by die werk (Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet 85 van 1993, en die Nasionale Regulasies vir Padveiligheid, 93/19965).

Ja Nee Nvt

2.2.1.1 Is daar ’n afskrif van die WBGV op die plaas?

2.2.1.2 Kan die boer bewys lewer dat – • daar genoeg drinkwater beskikbaar is; • werkers persoonlike beskermende klere ontvang; • daar toegang tot noodhulp is; • redelike stappe gevolg is om enige gevaar of

potensiële gevaar vir die veiligheid van die werkers uit te skakel of te verminder;

• inligting, instruksies, opleiding en toesig soos nodig, en sover moontlik prakties, gegee is ten opsigte van die gesondheid en veiligheid van mense in die werkplek;

• wanneer werk verrig en masjinerie en toerusting gebruik word, daar toesig deur ’n opgeleide persoon is?

Page 13: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

11 10

Ja Nee Nvt

2.1.2.3 Het die produsent afskrifte van die wetsvoorskrifte toepaslik op boerdery gepubliseer kragtens die Wet op beroepsgesondheid en veiligheid op die plaas nl. –

• Algemene Veiligheidsregulasies • Omgewingsvoorskrifte• Regulasies m.b.t. aangedrewe masjinerie • Regulasies m.b.t. algemene masjinerie • Regulasies m.b.t. elektrisiteitsinstallasies • Regulasies oor gevaarlike chemiese middels • Asbesregulasies • Geraas-geïnduseerde gehoorverliesregulasies • Algemene administratiewe regulasies • Konstruksieregulasies

2.3 Die reg van verblyfreg van woonarbeiders en plaasbewoners word erken.

2.3.1 Die regte van woonarbeiders en plaasbewoners om grond te bewoon en waar toepaslik te verkry, is gedokumenteer (Wet op Grondhervorming (Woonarbeiders), Wet 3 van 1996, en Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997) Ja Nee Nvt

2.3.1.1 Handhaaf produsente die wetlike reg van grondbewoners op die grond, soos vervat in die Wette op Grondhervorming en dié op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg?

2.4 Ontwikkeling van plaasarbeiders se vaardighede word bevorder.

2.4.1 Bydraes tot die heffing vir ontwikkeling van plaaswerkers se vaardigheid kan bewys word (Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 97 van 1998, en Wet op Heffings vir Vaardigheidsontwikkeling, Wet 9 van 1999). Ja Nee Nvt

2.4.1.1 Het die werkgewer aansoek gedoen by die Kommissaris van die SA Inkomstediens om as werkgewer geregistreer te word vir die doeleindes van die heffing?

2.4.1.2 Het die werkgewer ’n maandelikse heffing van 1% van die hefbare bedrag vir vaardigheidsontwikkeling betaal [Artikel 3(4)]?

2.5 Die bydrae tot die plaaslike ekonomie kan bewys word.

2.5.1 Werkgewers kan deelname in optrede bewys wat die plaaslike ekonomie versterk.

Ja Nee Nvt

Page 14: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

12

2.5.1.1 Kan boere bewys lewer van pogings om by te dra tot die vestiging van ’n volhoubare plaaslike ekonomie, bv. deur ’n voorkeurbeleid te aanvaar vir indiensneming van inwoners van die plaaslike gemeenskap of woonarbeiders op die plaas?

2.6 Grondeienaars voorsien huisvesting en verwante basiese dienste aan plaaswerkers en eiendomsregbewoners.

2.6.1 Huisvesting vir plaasarbeiders en grondbewoners is struktureel gesond en voorsiening is gemaak vir drinkwater en voldoende afvalverwydering. Ja Nee Nvt

2.6.1.1 Die huisvesting wat die grondeienaar vir plaaswerkers voorsien beskik oor die volgende –

• struktureel gesonde en waterdigte geboue; • duursame en waterdigte dakke; • kookareas; • bad- en wasgeriewe; • geriewe vir afvalstorting en sanitasie; • voldoende lig en ventilasie;• toepaslike voorsiening vir stormwaterbestuur; en • voldoende toerusting vir brandbeskerming?

2.6.1.2 Die tradisionele huisvesting wat grondbewoners voorsien bestaan uit –

• struktureel gesonde en waterdigte geboue met • voorsiening vir drinkwater en • voldoende geriewe vir afvalbestuur en -storting.

2.7 Produkveiligheid- en -higiënestandaarde word gehandhaaf.

2.7.1 Praktyk vir voedselveiligheid en higiëne word nagekom. Ja Nee Nvt

2.7.1.1 Is daar ’n higiëne-prosedure in plek om aan SAB-graderingsregulasies te voldoen?

2.8 Voorkoming van wreedheid teenoor diere word aktief bevorder.

2.8.1 Daar is geen wreedheid teenoor diere deur ’n grondeienaar in die boerdery nie (Dierebeskermingswet, Wet 71 van 1962, die Wysigingswet op Dierebeskerming, Wet 7 van 1991 en die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede, Wet 42 van 1993).

Ja Nee Nvt

2.8.1.1 Kom die grondeienaar sy/haar verantwoordelikheid teenoor diere, soos in die wetgewing saamgevat, aktief na? Bv. om nie die dier in vuil toestande aan te hou nie.

Page 15: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

13 12

Beter Gars, Beter BierOmgewingsbeginse

Page 16: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

14

B K A V OMGEWINGSBEGINSEL

3 Natuurlike hulpbronne en biodiversiteit word bewaar, kritiese ekosisteme en ekologiese prosesse word gehandhaaf en landboubronne word volhoubaar benut.

3.1 Biodiversiteitbates en ekosisteme word bewaar.

3.1.1 Bedreigde en beskermde spesies, soos in wetgewing omskryf, word beskerm.

Ja Nee Nvt

3.1.1.1

Inheemse bome en bosse (Nasionale Bosbouwet)

Is daar inheemse bome (soos jaarliks in die Staatskoerant gelys – spesies soos geelhout, kameeldoring, silwerboom, stinkhout, ens.) op die plaas?

3.1.1.2 Indien teenwoordig, word gelyste bome of bosse beskerm teen afkapping, beskadiging of vernietiging?

3.1.1.3

Bedreigde of beskermde spesies onder Nasionale Wet op Omgewingsbestuur: Biodiversiteit

Is Bedreigde of Beskermde Spesies (BBS), soos gelys in RK Nr. 29657 R150, 151 en 152 van 23 Februarie 2007, op die plaas teenwoordig?

3.1.1.4 As beskermde spesies op die plaas gejag word, is dié aktiwiteit deur ’n permit gemagtig?

Bestuursprogram

Is daar ’n bestuursprogram vir die biodiversiteit op die plaas t.o.v. beskerming en bestuur van inheemse spesies?

3.1.2 Probleem-roofdiere word volgens etiese beginsels beheer. Ja Nee Nvt

3.1.2.1 Is daar probleemdiere (knaagdiere uitgesluit – kyk hieronder) teenwoordig op die plaas?

3.1.2.2 Is dit nodig om probleemdiere te beheer vir die beskerming van –

• gewasse, • vee, en • ander?

3.1.2.3 Is enige van die probleemdiere gelys as Bedreigde of Beskermde Spesies?

Page 17: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

15 14

Ja Nee Nvt

3.1.2.4 Het die produsent ’n permit om probleemdiere te beheer?

3.1.2.5 Word beheer, veral in die geval van roofdiere op vee (skape) op so ’n manier gedoen dat dit nie-dodelik en eties is? (Kyk by www.landmarkfoundation.org.za vir landbouprodusente se praktykkode vir die bestuur van roofdiere; handleiding van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (www.ewt.org.za) vir konflik tussen mens en wild en na 3.1.2 in hierdie teks.

3.1.2.6 Word drade, die eerste verdedigingslinie teen roofdiere, behoorlik onderhou? (Word gebruik by veekuddetegniek.)

3.1.2.7 As roofdiere d.m.v. ’n permit beheer word (gewas- of veeverliese), word daar aan alle vereistes van die permit voldoen?

3.1.3 Knaagdiere wat probleme veroorsaak word bestuur deur toepaslike beheermaatreëls.

Ja Nee Nvt

3.1.3.1 Het die grondeienaar ’n doeltreffende beheerprogram vir knaagdierplae wat eerstens op biologiese beheer en tweedens op geregistreerde knaagdierdoders berus?

3.1.3.2 Watter vorm van biologiese beheer word toegepas? – • bevordering van natuurlike vyande (uilkaste,

sitpale vir roofvoëls in landerye); • teenwoordigheid van natuurlike plantegroei; • deeglike oes van landerygewasse; en • verandering (sny) van habitat langs kwesbare

landerye om skuiling vir knaagdiere te verminder.

3.1.3.3 Watter vorm van kunsmatige beheer word gebruik? – • produsente het professionele raad ingewin; en • produsente is bewus van impak op diere

wat nie geteiken word nie en gebruik slegs geregistreerde knaagdierdoders.

3.1.4 Bedreigde eksosisteme word beskerm. Ja Nee Nvt

3.1.4.1 Is die produsent bewus van die bewaringstatus van die ekosisteem in sy/haar area?

3.1.4.2 Het grondeienaars bestuursplanne om alle natuurlike ekosisteme op hul grond te beskerm?

Page 18: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

16

3.2 Die bydrae van ekosisteme word gehandhaaf en beskerm.

3.2.1 Die bydrae van ekosisteme is geïdentifiseer en word beskerm.

Ja Nee Nvt

3.2.1.1

Biologiese bydrae

Is daar natuurlike plantegroei-areas op die plaas wat die potensiaal het om bydrae te maak soos –

• die beheer van plae en siektes; • die voorsiening van nektarkorridors vir

migrerende bestuiwers; en • die voorsiening van habitat langs landerye vir

bestuiwers se neste en voedsel.

3.2.1.3

Fisiese bydrae

Is daar natuurlike plantegroeiareas op die plaas met die potensiaal om die fisiese omgewing te kontroleer en te reguleer soos: -

• grondstabilisering, veral langs waterbronne; en • voorsiening van windskerms.

3.2.1.4 Is daar vleilande of oewergebiede op die plaas wat nog dien om –

• vloedskade te verminder; • water te filtreer en sediment afsetting aan te

moedig; • waterbeskikbaarheid te verhoog; en • nutriënte op te vang?

3.2.1.5 Is daar enige planne om benadeelde vleilande op die plaas te herstel?

3.2.1.6 Was produsente in staat om ’n stelsel van aangrensende habitatte (met gebruik van riviere of ander natuurlike terreine) op hul plase te skep; of om saam met ander buurplase ’n netwerk van natuurlike habitatte te vestig waar elke plaas riviere gebruik as “ideale” korridor met ’n buffer van natuurlike plantegroei aan albei kante van die rivier?

3.2.2 Uitheemse indringerplante word beheer. Ja Nee Nvt

3.2.2.1 Is produsente bewus van hul wetlike verpligting om verklaarde onkruid en indringerplante van hul grond te verwyder bv. wattel, bloekom, hakea, Spaanse riet, suidwesdoring, ens.

3.2.3 Brande word deur ’n brandbestuursprogram beheer. Ja Nee Nvt

3.2.3.1 Het die produsent ’n toepaslike brandbestuursplan om die plaas se ekosisteem (savanne/fynbos) te beskerm?

Page 19: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

17 16

Ja Nee Nvt

3.2.3.2 Word brandpaaie gemaak en onderhou soos vereis deur die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, Wet 32 van 1998 – besoek www.dwaf.gov.za)?

3.2.3.3 Het die produsent voldoende brandbestrydingstoerusting en geriewe met toeganklike waterpunte?

3.2.3.4 Is die produsent lid van die plaaslike brandbeskermingsvereniging wat ’n vroeë waarskuwing d.m.v. ’n brandindeksraming bied?

3.2.4 Aktiwiteite op die plaas waarvoor omgewingsmagtiging vereis word, is goedgekeur.

Ja Nee Nvt

3.2.4.1 Voldoen alle geaffekteerde boerdery-aktiwiteite (bv. ploeg van braakgrond) aan die voorwaardes vervat in enige omgewingsmagtiging (rekord van besluit)?

3.2.5 Besoedeling en benadeling van die omgewing word voorkom, beperk, geminimaliseer of reggestel.

Ja Nee Nvt

3.2.5.1 Word anorganiese misstof weg van natuurlike waterbronne of grondwater gestoor om waterbesoedeling te voorkom?

3.2.5.2 Word die anorganiese misstof so gestoor dat die wind dit nie versprei nie en dit weg is van stilstaande water?

3.2.5.3 Het alle plaaswerkwinkels waskaaigeriewe vir implemente?

3.2.5.4 Het die plaas se waskaaigeriewe ’n beskermde sinkput om afloopwater van die waskaaie te versamel en so besoedeling van grondwater of waterlope te beskerm?

3.2.5.5 Word alle ou enjinolie in houers gestoor en herwin of word dit herbenut?

3.2.5.6 As voertuie op land gediens word, word die olie in houers afgetap en verwyder saam met foutiewe-onderdele?

3.2.6 Die produksie van afval word vermy en waar dit nie moontlik is nie, word afval verminder, herbenut, herwin en finaal mee weggedoen. Ja Nee Nvt

3.2.6.1 Het die boer enige maatreëls getref om –(i) afval te verminder; (ii) afval te herbenut; (iii) afval te herwin; (iv) afval te herstel?

Page 20: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

18

Ja Nee Nvt

3.2.6.2 Is afvalstortingsterreine wat minder as 1 ton algemene huishoudelike afval per dag ontvang –

• buite ’n waterbron geleë en bo die 1:50-jaarvloedlyn;

• voldoende omhein om toegang deur dier en mens te voorkom;

• nie op ’n terrein met ’n vlak of stygende watertafel nie;

• waar dit nie bure benadeel as dit verbrand word nie; en

• waar dit nie ’n teelplek vir knaagdiere vorm nie.

3.3 Natuurlike landbouhulpbronne (grond, water en plantegroei) word beskerm en/of volhoubaar benut.

3.3.1 Grondgehalte word gehandhaaf of waar nodig verbeter. Ja Nee Nvt

3.3.1.1 Word grondgehalte deur een of meer van die volgende bevorder –

• korrekte bewerking (gedoen teen die korrekte grondvog en spoed);

• minimum bewerking; • deklaagbewerking; • verminderde gebruik van sintetiese misstowwe; • toenemende gebruik van organiese bemesting; • bepaling van die nutriëntbehoeftes d.m.v. grond-

en blaarmonsters; en • verminderde gebruik van chemikalieë.

3.3.1.2 Erken die produsent die noodsaaklikheid om gronderosie te beperk deur een of meer van die volgende –

• bewerking van braakland binne die vorige 10 jaar word behoorlik gemagtig (WBLH- en OIA-regulasies)?

• Bewerking van grond met ’n helling van meer as 20% is goedgekeur onderhewig aan WBLH-regulasies?

• Bewerkte grond word beskerm teen gronderosie deur water en wind d.m.v. toepaslike strukture (soos begroeide, korrek beplande bewaringsterrasse t.o.v. spasiëring, helling, grond en bestuurspraktyk)?

3.3.1.3 Is plaaspaaie beplan –• om sensitiewe areas te vermy? • om waterlope teen 90° te kruis (of so na aan 90°

as prakties moontlik) en is op- en afritte goed met gras bedek?

• om konsentrasie van watervloei na ’n rivier te beperk deur goedbegroeide of geplaveide dreinering?

Page 21: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

19 18

Ja Nee Nvt

3.3.1.4 Kan duikwalle en plaasbrûe op sekondêre paaie ’n 1:10-jaar vloed hanteer, en ’n 1:20-jaar vloed op primêre paaie?

3.3.1.5 Word duikwalle beskerm deur klippe in te gooi en gereeld onderhou om blokkering deur opdrifsels te voorkom?

3.3.1.6 Word gewasboerdery beplan deur topografie, grondtipes (erodeerbaarheid en verdigting), klimaat, toegangsroetes en ander aspekte toepaslik by die oesmetode in ag geneem?

3.3.1.7 Is operateurs bewus dat hulle stropers versigtig moet hanteer om grondskade te beperk (straallaagbande, lae banddruk, seker maak dat gewig oor alle asse versprei is)?

3.3.2 Die verbouing van moutgarskultivars en verwante gewasse word op ’n volhoubare wyse bestuur.

Vir droëland, gaan na 3.3.2.1

Vir besproeiing, gaan na 3.3.2.16

Droëland verbouing van moutgars Ja Nee Nvt

3.3.2.1 Is grondontleding gedoen om die vrugbaarheidstatus van die grond voor plant te bepaal?

3.3.2.2. Is ’n bemestingsprogram ontwikkel vir al die belangrike plantnutriënte?

3.3.2.3 Word ’n medium- tot langtermyn-wisselboustelsel toegepas om volhoubaarheid te verseker?

3.3.2.4 Is die garssaad gesaai in die optimumperiode met gebruik van die mees koste-effektiewe metode?

3.3.2.5 Is die saaidigtheid toepaslik vir die area se potensiaal?

3.3.2.6 Is die korrelgewig van die saad bepaal en die saaidigtheid dienooreenkomstig aangepas?

3.3.2.7 Is die saad behandel teen swamsiektes?

3.3.2.8 Word reënval en temperature in ag geneem as die besluit oor die hoeveelheid kopbemestig geneem word, sowel as die tyd van toediening sodat die optimum garsopbrengs en -gehalte behaal kan word.

3.3.2.9 Is enige kopbemesting toegedien binne die aanbevole tydperk vir die kultivar na opkoms van die gars?

3.3.2.10 Is landbouchemikalieë (onkruid- en insekdoders) teen die korrekte konsentrasie vir die spesifieke teiken (bv. onkruiddoders vir gras of breëblaaronkruid en insekdoders vir plantluise op die garsplante) en binne die optimum tydraamwerk toegedien?

Page 22: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

20

Ja Nee Nvt

3.3.2.11 Is klimaatstoestande gemonitor en weeklikse fisiese inspeksie van die landerye onderneem om die teenwoordigheid van swamsiektes te bepaal?

3.3.2.12 Is swamdoders teen die korrekte konsentrasie op die regte tyd toegedien?

3.3.2.13 Is insekmiddels teen optimum tydperke toegedien?

3.3.2.14 Het platsny van die gars begin teen ’n voggehalte laer as 24%?

3.3.2.15 Was die gars se voggehalte 13% en minder toe dit geoes is?

3.3.2.16

Verbouing van gars onder besproeiing

Is grondontledings gedoen om die vrugbaarheidsvlak van die grond te bepaal voor plant?

3.3.2.17 Is ’n bemestingsprogram vir alle belangrike plantnutriënte ontwikkel?

3.3.2.18 Was grondbewerking suksesvol om ’n fyn en ferm saadbed voor te berei deur die reste van die vorige gewas in te werk?

3.3.2.19 Is behandelde en gesertifiseerde saad gebruik om te plant?

3.3.2.20 Is die garssaad op die aanbevole diepte (±3 cm) geplant en behoorlik bedek?

3.3.2.21 Is die saaidigtheid aangepas by die potensiaal van die area sowel as die status van die saadbed en besproeiingsmetode?

3.3.2.22 Is die duisendkorrel-gewig van die saad bepaal of meegedeel en die saaidigtheid dienooreenkomstig aangepas?

3.3.2.23 Is die bemesting op die regte tyd toegedien soos aanbeveel?

3.3.2.24 Is gedeelde bemestingtoedienings/kopbemesting gedoen en was die toediening ooreenkomstig die grondtipe, metode van besproeiing en wisselboustelsel?

3.3.2.25 Is landbouchemikalieë (onkruid- en insekdoders) toegedien teen die korrekte konsentrasie, vir die spesifieke teiken (bv. onkruiddoders vir grasse of breëblaaronkruid en insekdoders vir plantluise op die garsplant) en binne die aanbevole tydraamwerk?

Page 23: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

21 20

Ja Nee Nvt

3.3.2.26 Is daar 100%-voldoening aan die garspaspoort-spesifikasies?

3.3.2.27 Is houers van waarin toegediende chemikalieë was op die korrekte wyse mee weggedoen?

3.3.2.28 Het produsente toepaslike/regstellende maatreëls gevolg om omval te voorkom?

3.3.2.29 Is besproeiing ooreenkomstig verdamping en plantbehoeftes?

3.3.2.30 Is die gars kunsmatig gedroog? (NB: Hierdie benadering word nie verkies nie.)

3.3.2.31

Ander verwante gewasse Word alle gewasse in die wisselboustelsel volgens hul eie spesifieke gewasbehoeftes geproduseer?

3.3.3 Die plaas se waterbronne word bestuur met bewaring in gedagte en watergebruik is gewettig

Ja Nee Nvt

3.3.3.1 Is die plaas se vleie/moerasse/vleilande volgens DWW-riglyne geïdentifiseer (kyk in handleiding of besoek www.dwaf.gov.za)? Indien Nee, gaan na 3.3.3.3.

3.3.3.2 Word vleie, moerasse en waterlope ooreenkomstig regulasies kragtens die Wet op Bewaring van Landbouhulpbronne (Regulasie 7) en bestebestuurspraktyk beskerm?

• Benutting van plantegroei in ’n vleiland moet nie die landbouhulpbronne benadeel nie – beheerde brand en beweiding.

• Benutting van plantegroei binne die vloedgebied van ’n waterloop of binne 10 m horisontaal buite die vloedgebied moet nie landbouhulpbronne benadeel nie.

• Geen ongemagtigde verbouing of dreinering van ’n vlei, moeras of enige grond binne die vloedgebied van ’n waterloop of horisontaal binne 10 m buite die vloedgebied van ’n waterloop, word toegelaat nie.

• Verwydering van gelyste onkruid en indringerplante ooreenkomstig die Wet op Bewaring van Landbouhulpbronne (Reg. 15).

Page 24: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

22

Ja Nee Nvt

3.3.3.3 Word water op die plaas wettig opgegaar soos vereis deur die Nasionale Waterwet (Artikel 21(b))?

• Damme met opgaarkapasiteit van meer as 10 000 m3 is geregistreer by die DWW (www.dwaf.gov.za).

• Damme met ’n veiligheidsrisiko is geregistreer by DWW (damme met opgaarkapasiteit van meer as 50 000m3 en wat ’n vertikale hoogte het van meer as 5 m).

• In die afwesigheid van watergebruikpermitte moet produsente skriftelike kommunikasie met DWW kan toon.

3.3.3.4 Is die onttrekking van water uit ’n waterbron (vir gebruik om te besproei) wettig soos vereis deur die Nasionale Waterwet [Artikel 21(a)]?

• Wateronttrekking vir besproeiingsdoeleindes is by die DWW geregistreer (www.dwaf.gov.za).

• Onttrekkingstempo word betroubaar gemeet. • In die afwesigheid van waterpermitte moet

produsente skriftelike kommunikasie met die DWW kan toon.

3.3.3.5 Word bestebestuurspraktyk toegepas by besproeiingswater?

• Assessering van die huidige stelsel gevolg deur ’n nuut ontwerpte stelsel?

• Watergehalte-ontleding as hulp by keuse/hernuwing van ’n toepaslike besproeiingstelsel?

• Stelsel neem die boer se behoeftes, gewastipe, gewas se besproeiingsbehoeftes en waterbeskikbaarheid uit die waterbron in ag.

• Besproeiingstoerusting is betroubaar en verkry van ’n erkende besproeiingsmaatskappy.

• Beskik oor die kapasiteit om die stelsel te onderhou en te bestuur.

• Filtertipe is aangepas by watergehalte en die besproeiingstelsel.

• Rekordhoudingstelsel is in plek.• Die stelsel laat toe dat ondernemingsbegrotings

deel vorm van die beplanningsproses vir die behoefte aan besproeiingswater.

• Die stelsel is korrek geïnstalleer. • Besproeiingspype en spuitstukke is versoenbaar. • Selfoon- en rekenaartegnologie word gebruik om

besproeiing te skeduleer en so water en energie te bespaar.

Page 25: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

23 22

Ja Nee Nvt

3.3.3.6 Word besproeiingsgrond beskerm teen versuiping deur enige van die volgende maatreëls: -

• Opvangdamme, vore en toevoerkanale gebruik vir besproeiingswater is waterdig.

• Grond word nie besproei met water waarvan die soutinhoud te hoog is nie.

• Versuiping en versouting van laagliggende grond word voorkom.

• Grondverbeteringsmiddels word toegedien aan grond wat tekens van versouting toon.

• Dreineringspype is gelê om versuiping te voorkom.

3.3.4 Veld en voer word so bestuur dat volhoubare produksie van plantegroei en vee verseker word.

LET WEL: Garsboere is betrokke by intensiewe landboustelsels en die fokus val dus op aangeplante weidings, nie natuurlike veld nie (kyk na handleiding).

Word veeboerdery op die plaas bedryf? –• Indien ja, gaan na 3.3.4.1• Indien nee, gaan na 3.3.6 Ja Nee Nvt

3.3.4.1 Word aangeplante weidings (ruslande) gevestig met inagneming van die volgende belangrike bestuurspraktyke –

• reënval en soort weidingsgewas; • terreinvoorbereiding; • saadbedvoorbereiding; • kampligging; • grondsoort (diagnostiese bogrondhorison,

dominante kleur en ondergronddreinering); • produksie potensiaal en optimum

bemestingsvlakke; • erodeerbaarheid; • kontoerwalle, terasse; en• die ontwikkeling van ’n ekonomiese en

doeltreffende bemestingsprogram vir sowel die vestiging en onderhoud bemesting wat lei tot afloop in die nabygeleë waterlope?

Page 26: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

24

3.3.5 Veesiektes word voorkom en beheer. Ja Nee Nvt

3.3.5.1 Is grondeienaars bewus van enige veesiekte beheermaatreëls van toepassing op hul plaas en kan hulle bewys dat hulle voldoen aan die besondere toepaslike beheermaatreëls?

3.3.5.2 Kan die grondeienaar demonstreer watter stappe geneem is om -

• infeksie van diere met enige veesiekte te voorkom; • verspreiding van enige veesiekte te voorkom; • enige veesiekte of -parasiet op die plaas uit te roei; en • voorgeskrewe behandeling vir enige geaffekteerde

dier toe te pas?

3.3.6 Plantplae word voorkom en beheer. Ja Nee Nvt

3.3.6.1 Het die grondeienaar die Garspaspoortvorm voor aflewering voltooi? (Die paspoortstelsel verklaar dat slegs landboumiddels wat geregistreer is vir gebruik op gars op die plaas gebruik is.)

3.3.6.2 Word landbouchemikalieë veilig in goed geventileerde geboue met stewige konstruksie gestoor en is voldoende waarskuwingstekens aangebring?

3.3.6.3 Word enige gevaarlike middel in ’n afsonderlike stoorarea toegesluit?

3.3.6.4 Word landbouchemikalieë weg van voedsel en veevoer gestoor?

3.3.6.5 Word die stoorkamer gedreineer en is ’n sinkput beskikbaar waar gestorte materiaal versamel word?

3.3.6.6 Is normale veiligheidsvereistes beskikbaar – • water en wasgeriewe; • brandbestrydingstoerusting; en • ander (soos gespesifiseer op die etiket)?

3.3.6.7 Word leë houers van gebruikte chemikalieë op die korrekte en voorgeskrewe manier verwyder?

3.3.6.8 Word toedieningsapparate vir kunsmis- en landbouchemiese middels gereeld gekalibreer om te verseker die korrekte toedientempo word gehandhaaf om sodoende die impak op die grond, omgewing (bv. versuring van grond en nutriëntwanbalans) en water (deur afloop) te minimaliseer?

3.3.6.9 Word alle toerusting wat gebruik is vir die toedien van kunsmis en landbouchemikalieë op so ’n manier gewas dat kontaminasie van die grond en water voorkom word (bv. deur ’n sinkput by ’n toegewyde waskaai)?

Page 27: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

Lees asseblief hierdie kontrolelys saam met die Beter

Gars, Beter Bier riglyne gepubliseer deur SAB en die

WWF. Die dokumente en toekomstige werk is beskikbaar

by www.sab.co.za en www.sabbi.org.

Page 28: Beter Gars, Beter Bier - South African Barley Breeding … Better Barley... ·  · 2012-10-01van garsboere in Suid-Afrika om hul boerderybedry- ... Die kontrolelys of ouditstelsel

Hierdie publikasie is op herwinde papier gedruk, vir die beskerming van die omgewing.

Triple Green Matt

The South African Breweries